1 / 52

Vitamiene , probiotika , anti- oksidante , patente middels : feit of fiksie

Vitamiene , probiotika , anti- oksidante , patente middels : feit of fiksie. Aangebied deur : Otto Müller A.G.V. – V.P.O. KURSUS te Pretoria 12 September 2009. Waarnem ing , Hipotese , Proefneming , Waarheid.

alamea
Télécharger la présentation

Vitamiene , probiotika , anti- oksidante , patente middels : feit of fiksie

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Vitamiene, probiotika, anti-oksidante, patentemiddels: feit of fiksie Aangebieddeur: Otto Müller A.G.V. – V.P.O. KURSUS te Pretoria 12 September 2009

  2. Waarneming, Hipotese, Proefneming, Waarheid 1850: “Parallel passages on the fungous theory of epidemics”. Boston Med Surg J 1850;4:138-140

  3. Waarneming: Geelkoors word voorkom deur onder muskietnette te slaap en die voorkoms daarvan verminder deur gaas voor vensters te span Afleiding: Epidemies is die gevolg van windgedrewe “besmette spore” afkomstig van verrottende organiese materiaal • Werklike rede: • 1898 (Ronald Ross) – muskiete is draers vanmalariaparasiete • 1902 (Walter Reed) – muskiete is draers van die geelkoors virus

  4. “A treatise of the scurvy”. James Lind (1754) ‘n Vergelykende proef wat aangetoon het dat sitrusvrug skeurbuik (skorbuut) by matrose genees. Lemoene en suurlemoene vs ander “suur” substanse het na 6 dae reeds “genesing” bewerkstellig.

  5. Antioksidante Oksidasie reaksies kan vry radikale (reaktiewe suurstof spesies) produseer (neweprodukte) wat, op hul beurt, kettingreaksies ontketen met gevolglike selskade asook proteïen en DNA verwringing Antioksidante beëindig sodanige ketting-reaksiesdeur verwydering (opruiming) van vry-radikaal tussengangers en deur “plaas-vervanger” oksidasie te ondergaan

  6. Oksidasie en lewe Oksidasie reaksies is krities vir lewe; Reaktiewe suurstofspesies (suurstofmetaboliete) wat biologies noodsaaklik is, kan ook skade aanrig. Dus: Om homeostase te verseker, handhaaf plante en diere ingewikkelde sisteme van ‘n veelvoud tipes antioksidante, bv. glutatioon, askorbiensuur (vitamien C), en vitamien E, asook ensieme soos katalase, superoksied dismutase, en verskeie peroksidases

  7. Oksidatiewe stres volg op verlaagde vlakke van endogene antioksidante, of inhibisie van antioksidant ensieme, wat selskade en seldood kan veroorsaak. Hipotese: Oksidatiewe stres mag ‘n belangrike rol speel in die patofisiologie van baie siektetoestande Dus: Groot belangstelling in die moontlike terapeutiese/voorkomende aanwending van antioksidante, alhoewel dit nog onduidelik is of oksidatiewe stres die oorsaak of gevolg van siekte is.

  8. Reaktiewe suurstof spesies (oksidante) In selle ontstaan: waterstofperoksied (H2O2) hipochloorsuur (HOCl) vry radikale - hidroksiel (OH) - superoksied (O2ˉ)

  9. Vryradikale Atome of groepe atome met ten minste een onpaar elektrone wat veroorsaak dat hulle hoogs-reaktief is • Bevorder voordelige oksidasie watnoodsaaklik is vir energieskepping en, dus,meer parate patogeenafweermeganismes • In oormaat  nadelige oksidasie  skadeaan selmembrane en selinhoud

  10. DNA-beskadiging deur oksidante • Mutasies • Onkogenese

  11. Proteïen-beskadiging deur oksidante • Inhibisie van ensieme • Denatureer proteïene

  12. Antioksidante: Endogene Bronne Liggaamseie sintese Voorbeelde: - glutatioon (meesal intrasellulêr) -ubikinoon (ko-ensiem Q) (meesal intrasellulêr) - uriensuur (meer eweredig versprei)

  13. Antioksidante: Eksogene Bronne Dieet Voorbeelde - askorbiensuur (vitamien C) - α-tokoferol (vitamien E) - karotenoïede (vitamien A) - flavanoïede - selenium

  14. Antioksidante: Dieetbronne Antioksidant verbindingsKossoorte ryk aan oksidante Vitamien C (askorbiensuur)Vrugte en groente Vitamien E (tokoferole)Plantolies (neute, sade en lewertraan) Polifenole (flavanoïede)Tee, koffie, soja, vrugte, olyfolie, sjokolade, origanum, kaneel en rooiwyn Karotenoïede (karotene, luteïen)Vrugte, groente, (helderkleurige vrugte en groente) eiers SeleniumVis en skulpvis, rooivleis, graan, eiers, hoender en knoffel

  15. “Antioksidant”-bemarking Aansprake dat opruiming van vry radikale kan help om: • hartvatsiektes te voorkom • ontstaan en uitbreiding van kanker te voorkom • verouderingsprosesse te rem

  16. Antioksidante – Die waarheid • Beskerm selle teen beskadiging deur onstabielemolekules bekend as vryradikale • Word voorsien deur ‘n gesonde dieet wat bestaan uit ‘n verskeidenheid vrugte en groente

  17. Dieet-gewoontes en oorlewing 1996: Timothy JA et al. BMJ 313:775-779 • Ondersoek na dieet-faktore met betrekking tot mortaliteit onder 11 000 gesondheidsbewuste mense oor ‘n tydperkvan 17 jaar • Daaglikse inname van vars vrugte verbind metbetekenisvolle afnames in sterftes a.g.v.: - iskemiese hartsiekte (24%) - serebrovaskulêre siekte (32%) - enige siekte oorsaak (21%)

  18. Dieet en voorkoming van MI en hartverwante sterftes 2000: Mancini et al. Can J Cardiol 11 (suppl G) 105G-109G. ‘n Kretensies-Mediterreense* dieet vs ‘n “omsigtige Westerse dieet”: 60% afname in miokardinfarkte enhartsterftes oor ‘n 4 jaar tydperk *Ryk aan heilsame olies (olyf, kanola en vis), volgraanplus antioksidante (veral vitamiene) van plantaardigeoorsprong, en laag in cholesterol, trans-vette en skadelike vet van dierlike oorsprong.

  19. Vrugte en groente • Elke plant bevat, eiesoortig, honderde fitochemikalieë, enkel of gesamentlik • Onbekend welke voedselfaktor(e), voordelige effekbemiddel • Onbekend of enige van dié chemikalieë, in pilvorm, enige siektemodifikasie kan bewerkstellig

  20. Antioksidante en Fitofarmaka – Medisinale waarde • Die kernvraag: Veroorsaak dit meer goed as kwaad? • Die antwoord sover: Nee. Kliniese proewe was tot dusver teleurstellend • Die FDA (Amerika) laat nie toe dat enige aansprake van siektevoorkoming gemaak word nie

  21. Antioksidant aanvulling – Omvang 10% tot 20% van volwassenes in die VSA en EUROPA (= 80 tot 160 miljoen) gebruik gereeld antioksidante Aggresiewe kwasi-wetenskaplike bemarkingstrategieë “beroof” die mensdom van skaars bronne en, selfs, gesondheid

  22. Antioksidant “megadosering” aanvulling – Gevare (68 ewekansige studies; n = > 250 000) • Behandeling met beta-karoteen, vitamien A en vitamien Emag mortaliteit verhoog • Die invloed van vitamien C en selenium op mortaliteit vergverdere studie Bjelakovic G, Nikolova D, Gluud LL, et al. JAMA. 2007;297:842-857

  23. Antioksidant p.o. aanvulling,daagliks of op alternatiewe dae, oor 2.7 jaar (med.) (Bjelakovic et al.) Betakaroteen : 1,2 – 50,0 mg (med. 17,8 mg) Vitamien A : 1333 – 200 000 IE (med. 20219 IE) Vitamien C : 60 – 2 000 mg (med. 488 mg) Vitamien E : 10 – 5 000 IE (med. 569 IE) Selenium : 20 – 200 µg (med. 99 µg)

  24. Bjelakovic et al. kommentaar • Geen oortuigende bewyse dat antioksidant-aanvulling enige voordele t.o.v. mortaliteit het nie • Beta-karoteen, vitamien A en vitamien E, enkel of in kombinasie, of tesame met ander antioksidant aanvulings, verhoog mortaliteit (alle siekte oorsake) betekenisvol. Vitamien C en selenium verg verdere ondersoek.

  25. Antioksidante – Moontlike verklarings vir negatiewe effekte Deur uitskakeling van vry radikale in die liggaam meng ons in met sekere noodsaaklike afweermeganismes soos apoptose, fagositose en detoksifikasie

  26. Vitamien “supradoserings”: ?Voorkoming van maligniteite en hartvatsiekte Voorbeelde: betakaroteen, vitamiene A,C en E Maar: Omvattende kliniese navorsing lewer teenstrydige bevindings

  27. 1993: Blot et al. J Natl Cancer Inst; 85:1483-1491 Kombinasie van betakaroteen, vitamien E en selenium – betekenisvolle afname in voorkoms van maagkanker en kanker in die algemeen (Chinese mans en vrouens)

  28. 1994: ATBC Studie. N Engl J Med;330:1029-1035 Longkanker betekenisvol meer in rokers wat betakaroteen geneem het. Vitamien E sonder uitwerking (Finse mans)

  29. 1994: Greenberg et al. N Engl. J Med;331:141-147 Daaglikse inname van plasebo, betakaroteen (25mg), vitamien C (1000mg) en vitamien E (400mg), OF betakaroteen + vitamien C + vitamien E vir 4 jaar Geen bewys dat enige van die behandelings die ontstaan van kolorektale adenome voorkom het nie

  30. 1996: CARET Studie. Omenn et al. N Engl J Med;334:1150-1155 Kombinasie van betakaroteen en vitamien A oneffektief EN binne 4 jaar verhoogde voorkoms van longkanker en voortydige sterfte a.g.v. longkanker, hartvatsiekte en van enige oorsaak by rokers en persone wat aan asbes blootgestel was (n = 18314; 30mg betakaroteen + 25 000 IE retinol (vit A) per dag)

  31. CARET Studie • 28% hoër voorkoms van longkanker in 18 314rokers • 46% hoër voorkoms van sterftes a.g.v. longkanker (1,07 – 2,00*) • 26% hoër voorkoms van sterftes a.g.v hartvatsiekte (0,99 – 1,61*) [*95% vertrouensinterval]

  32. 1996: Hennekens et al. N Engl J Med;334:1145-1149 Plasebo vs betakaroteen (50mg) opalternatiewe dae (n = 22 000 manlike geneeshere) oor 12 jaar (1982 – 1995). Geen voor- of nadelige effekte van betakaroteen waargeneem nie

  33. 1999: Lee et al. J Natl Cancer Inst; 91:2102-2106 Betakaroteen in vroue  45 jaar het geen voor- of nadelige invloed op die voorkoms van kanker of hartvatsiekte gehad nie

  34. 2000: HOPE Studie: Vitamien E in hoë risiko KVS pasiënte. N EnglJMed;342:154-160 400 IE vitamien E/dag vs plasebo n =2545 (mans en vrouens  50 jaar) oor tydperk van gem. 4.5 jaar Bevinding: Geen betekenisvolle uitwerking op voorkoms van sterftes a.g.v. miokardinfaksie en beroerte nie en geen newe-effekte van vitamien E waargeneem nie

  35. 2003: Vivekananthan et al. Lancet;361:2017-2023 (Voorkoming van hartvatsiekte) Vitamien E vs kontrole: 7 studies (n = 82 000) Geen voordeel t.o.v. mortaliteit (0,98 – 1,06 95% VI) of kardiovaskulêre sterftes, of serebrovaskulêre ongelukke nie. Betakaroteen vs kontrole: 8 studies (n = 138 000) – klein, statisties-onbeduidende toenames in mortaliteit en kardiovaskulêre sterftes

  36. Vitamien E en beroerte 2000: Ascherio A. Am J Clin Nutr 72:337-338 Globaal-gesproke: Hoogs onwaarskynlik dat betakaroteen en vitamien C enige beskerming bied Vitamien E (Finse studie): 50% hoër risiko van hemorragiese beroerte in mans (vitamien E vs plasebo) NB: Vitamien E inhibeer plaatjieklomping; potensiëleinteraksie met warfarin Hoë inname van vars vrugte en groente verlaag die risiko van beroerte

  37. Vitamien E aanvulling en mortaliteit 2005: Miller ER. Ann Intern Med 2005;142:37-46 In 9 uit 11 studies (vitamien E  400 IE/dag) is ‘n verhoogde sterfterisiko van enige oorsaak aangetoon ‘n Dosis-respons verwantskap bestaan (>150 IE/dag)

  38. Medical Letter on Drugs and Therapeutics 40:75-77,1998 • Voordele van hoë dosisse vitamien E is nog niebewys nie • Daar bestaan geen oortuigende bewyse datvitamien C-aanvulling siektes voorkom nie • Niemand behoort betakaroteen aanvullings tegebruik nie

  39. B- Vitamiene: Verlaging van homosisteïen 2006: Spence JD. Stroke 37:2430-2435. Hoë vlakke van homosisteïen vergroot voorkoms van trombose, versteurendoteelfunksie en vererger oksidatiewe stres Behandeling met folaat, vitamien B6 en vitamien B12verlaag homosisteïenvlakke NB:Vitamien B12, gebrek en aanvulling; veral in bejaardes: tot 1000µg/dag en meer

  40. Flavanoïede Voorkoms: Meer as 4 000 bekend en kom voor in vrugte, groente en sommige dranke Antioksidantwerking: Word bepaal deur molekulêre struktuur en chemies-fisiese eienskappe; bv. flavanoïede teenwoordig in hops en bier is potente antioksidante, selfs meer as in rooiwyn, tee en sojaprodukte

  41. Flavanoïed-aanvulling 2000: Buhler DR en Miranda C van die Linus Pauling Instituut. “Antioksidant activities of flavanoids” Die veiligheid van flavanoïed-aanvulling is nog ongetoets. Hoë doserings mag selfs skadelik wees

  42. Omega-3 poli-onversadigde vetsure (- 3PUFA) 2009: Lavie CJ et al. J Am Coll Cardiol 54:585-594 2009: Riediger ND et al. J Am Diet Assoc 109:668-679 • Baie belowend t.o.v. voorkoming van hartvatsiektes (4 gekontroleerde studies afgelope 30 jaar; n = 40 000) • Daaglikse teikeninname: minstens 500  1000mg (onderliggende  bekende hartvatsiekte)

  43. -3 PUFA – natuurlike voorkoms α-linoleïensuur – sekere groente-olies (vlassaad, kanola) EPA (eikosapentaenoïese suur) – marine olies en vis DHA (dokosaheksanoïese suur) – marine olies en vis Belang van DHA/EPA verhouding nog onseker

  44. Potensiële voordele van EA en DHA Antiaritmies Verminder plaatjieklomping Vasodilatasie Verlaag bloeddruk Antiinflammatories Verbeter endoteelfunksie Onderdruk ontstaan van aterosklerose Verlaag vry vetsure en trigliseriede Verminder kollageenneerlegging

  45. CardioWise® -3 Visolie 2800mg Fitosteroolesters 1300mg CoQ10 (ubidekarenoon) 2mg Vitamien E 50mg Foliensuur 800µg Vitamien B12 50µg Vitamien B6 20mg (R251/150ml)

  46. Probiotika (“vir lewe”) Definisie: “Lewende melksuur mikroorganismes* wat, in voldoende hoeveelhede, gesondheidsvoordele vir die gasheer inhou” (FDA) * veral Lactobacillus spesies

  47. Probiotika – Gevestigde gebruike Laktose-onverdraagsaamheid: melksuur bakterieë skakel laktose om na melksuur Antibiotikum – geassosieerde diaree

  48. Probiotika – Bemarking • Probiotika word by sg nutraseutika ingedeel watvoorgee omgesondheid te bevorder • Mense kon vir duisende jare hiersonder goedklaarkom • Die afgelope 10 jaar is miljoene liggelowigesoorreed dat dit inderdaad ingeneem moet word

  49. Probiotika – Bemarking • 60% VK huishoudings gebruik gereeld probiotikadranke (ca R2.2bn/jaar) • Actimel®, van Danone, verkope op met 426%a.g.v. aktiewe (?misleidende) bemarking teen caR300m. (“versterk natuurlikeliggaams-afweermeganismes” en help jou immuunstelsel)

  50. Probiotika – Die EFSA [European Food Safety Authority] standpunt Negatief, tot dusver

More Related