1 / 59

Sny die anker

Sny die anker. Die storm is hier!. Eens was daar manne op die mure. Kontak!. Boerseun, boerperd – Afrika in hul bloed. Warm op die spoor. Spring die geveg in. Laas jaar 18, nou in bevel van 4. Nog 3 weke dan gaan ek huis toe. Sy ouers weet eers more.

angelo
Télécharger la présentation

Sny die anker

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Sny die anker Die storm is hier!

  2. Eens was daar manne op die mure...

  3. Kontak!

  4. Boerseun, boerperd – Afrika in hul bloed

  5. Warm op die spoor

  6. Spring die geveg in

  7. Laas jaar 18, nou in bevel van 4

  8. Nog 3 weke dan gaan ek huis toe

  9. Sy ouers weet eers more

  10. Gister is sy tweede gebore - wens hy was daar

  11. Ons wag vir die bevel – “aan boord!”

  12. Nou is daar nie eers meer mure om ons stad nie.....

  13. Dis nou ‘n groot gemors, ons lewens, ons toekoms…Waar is die dae wat ons kinders in strate kon loop, ons volk kon werk sonder benadeling, ons ou mensies in goeie fasiliteite versorg kon word…Die valbyl hang elke oomblik oor ons koppe – misdaad, bankrotskap, oorlog…

  14. Net een geslag!

  15. Blaam – dis iemand se skuld Hoër blaam – die verraaiers, die Vrymesselaars, die geldmag - die duiwel Laer blaam – die wat dit moes keer; vorige geslag, ons pa’s, ons mans, ons dominees, die SAPS & SAW

  16. Blaam – die leun help vinger wys Geen vingers na verraaiers, geen blaam na die wêreldmag, geen ontbloting van die sameswering nie – die volle las op die skouers van die vaders en pa’s. Die wat hul verantwoordelikheid in goeder trou gedelegeer het, kry nou die volle blaam – die vorige geslag, soldate van gister in die beskuldigdebank.

  17. Laer blaam - ‘n Fees vir die vyand Kinders (nuwe generasie) Verlies aan vryheid, bywonerskap, slawe, skuld, skuld SKULD VERDEEL Vaders (vorige generasie)

  18. Julle gebrek is jul vaders se skuld

  19. Ons “slegte” mans • Hul het nie hul taak gedoen – priester in hul huis, bewaker van ons toekoms – waar is al die “dapper” mans van gister? • Maar hul blink darem uit in: • sang – “maak die bulle almal bokke” • uithouvermoë – op die golfbaan • voorsiening – van genoeg vermaak om die ledige gesinstyd te vermy • vriendskap – met “pelle” by die werk, kroeg of klub • geloof – in die hoop dat die Lotto eendag sy nommer sal speel • getrouheid – om die geheime in sy lewe van sy vrou te versteek • kennis – oor die nuutste en beste maniere om geld te maak • En hul staan nie heeltemal koud teenoor geloof nie – hul gaan gewoonlik saam met die gesin kerk toe Sondag, of ten minste laai hul die kinders by die Sondagskool af sodat hul iets kan leer van God.

  20. Ons vaders het groendruiwe geëet Esg 18:1 Verder het die woord van JAHWEH tot my gekom en gesê: Esg 18:2 Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?

  21. Skuld – die stille moordenaar Dit kan nie lekker wees om saam te lewe met onbeantwoorde vrae, verwyt, agterdog, teleurstelling – om saam te leef met die stem wat sê: na al die jare, al die diens, al die toewyding, laat ek my kinders DIT erf?

  22. Ons leer iets uit ‘n sprokie

  23. Sprokie-tyd

  24. Die sprokie van ‘n land vêr-vêr van hier Een dag lank-lank gelede In ‘n land vêr van hier Het ‘n vyand met ‘n bose plan Opgetrek teen stad se muur Die mure om die stad was hoog Heeltemal bo die wolke-boog Onsigbaar onder was die grond En wat deur stadpoort kom of loop daar onder rond Maar die manne wat daar bo moes veg Het hul vertroue gestel in ander wat weet wat’s reg Terwyl hul veg en seer daar kry Sal prins en priester onder in die stad eerbaar bly (het hul gedink)  “As ons nie slaag om hier te wen” Sê die manskappe wat mekaar versterk Sal hierdie bose vyand kom En ons kinders soos slawe aan laat werk Ons veg dus vir ‘n toekoms! Vir my kinders en my ouers en my God Vir lewenswyse wat ons ken Waar kinders hoop het, vrede wen

  25. Ons is aan die wen, staan sterk daar bo op die mure! Wyl ons hier bo op stadsmuur hou En ons op prins en priester onder in die stad vertrou Kan niks ons kelder, niks ons wen By dit alles omdat ons God ken. Ons hoor hoe prins en priester roep Daar van onder uit die stad Hul sê: Veg voort, ons is aan wen Hul sê: Glo in priesters wat God ken En ons, ons verlang na huis Na tyd met kinders, by ouers, by vrou Maar dis ons offer wat ons bring Om hul toekoms oop te hou. Ek loop regop, vuur en vlam Ek is ‘n stryder, eks ‘n man Watter mens sou die las kon dra Was dit nie vir Gods gena

  26. Kom af, die oorlog is verby! Daar is rumoer onder in die stad Iemand het die poort vir die vyand oop gelaat Hul, die prinse en die priesters saam Roep met vreugde voor hul uit Hul kyk na bo, na ons op mure Hul skel en vloek en spuug na ons Die prinse en die priesters sê: Dis die mans – met Judas kus. Aan ons kinders word vertel: Jul vaders is verantwoordelik vir jul hel Hul dade, hul skande, en hul vlek Sal jul volg tot die dood of tot jul oorsee vertrek So veel vir waarheid, so veel vir God Als wat ons glo is vals, als wat ons hoop vervloë En almal stem saam, die skares beaam Ons kinders verwyt ons, ons volk het vergaan

  27. Lewe vir vandag, verlore geslag! Al wat nou oor is wat ek nog kan glo Is dit wat ek sien, en dit wat ek het Vergeet al die nonsens van God en van hoop Dit was alles stories, deur priesters verkoop Nou soek ek na vreugde, of wat ek kan kry Ek woeker met dinge wat reik maak vir my Al wat ek het, is die hier en die nou Al wat ek is, is sigbaar vir jou. Hoe groot die val van hul wat eens was Ons vaders en helde, ons wagters en mans Hul gisters vergaan, verslane vandag Gevolg deur hul kinders, verlore geslag

  28. As alles waarin jy geglo het, vals was... ......almal sê so, dan is dit seker so.... ....dan glo ek nooit weer in iets.... ... wie sê more bestaan! Ek glo dit nie.

  29. As die priester jok, kan jy God glo?As die prins verraai, kan jy nog glo in jou ouers?As ontrouheid vereer word, is daar nog sin in vertroue, nog waarde in waardigheid?As jou werklikheid vals geword het, wat is die logika in volharding in hoop op ‘n ewigheid wat nie gesien kan word nie….wat is die waarheid – is daar so iets?Alles is tevergeefs gewees – lewe nou net vir nou!

  30. Waar was die manne se Achilles?

  31. Die dominee weet, die regering dra ons belange op die hart… Fil 2:12Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; Fil 2:13 want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae. Fil 2:14 Doen alles sonder murmurering en teëspraak, Fil 2:15 sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld, Fil 2:16 deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot ‘n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie.

  32. Man - omdat jy die belangrikste take aan ander gedelegeer het, het jy (en ons volk) kwesbaar geword……naak bevind

  33. 2Ko 5:3as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie (maar ons was geestelik naak, in ARMY uniform).

  34. Nou dobber hul rond soos proppe, die manne van gister

  35. Anker toue los gesny

  36. Jy’s dood as jy nie: • Enjinkrag • Stuurman het nie.

  37. Oop see toe!

  38. Party reken dis goed hier in die hawe sonder anker....

  39. Dis nie so erg in die Nuwe SA nie – as mens eers aangepas het is daar ‘n beter toekoms….Wat net bewys dat ons heeltemal onnodig vir so lank vasgehou het aan iets wat nie kon bly nie – apartheid, blanke regering.

  40. Wanneer jy los bo…. …is die val nie seer nie – op die ergste iets om aan gewoond te raak. Maar as jy eers aangepas het, kan jy amper normaal lewe. Dan is dit nie ‘n goeie tyd om te wonder hoekom jy dan met so veel moeite gestry het om vas te hou bo nie.

  41. Die werklikheid kom eers met die trefslag onder! Moenie hul glo wat sê dat die vashou verniet was nie – wanneer ons eendag onder tref, sal almal weet dit was beter om vas te hou, al was dit stryd. Dan is die profete, priesters en prinse wat geroep het “los, los die greep daar bo” openbaar vir wat hul is, en aan hul sal nie meer gedink word nie. Dan is die wat probeer vashou het, teen hoop op hoop, die aangename gedagtenis, die manne van eer.

  42. Hier in Suid Afrika …hier Suid van die riviere van Kus, hier val ons nog – het nog nie die bodem getref nie. Maar dit kom nader, teen terminale spoed – kyk af en sien die bodem… …kyk op en sien die Rots waar jul eens vasgehou het….en weet dit was reg om vas te hou.

  43. Net toe die vyand dink hy het oorwin...

  44. Uit die hawe uit! Luk 5:4 En toe Hy ophou met spreek, sê Hy vir Simon: Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang. Luk 5:5 En Simon antwoord en sê vir Hom: Meester, ons het die hele nag deur hard gewerk en niks gevang nie; maar op u woord sal ek die net laat sak. Luk 5:6 En toe hulle dit gedoen het, het hulle ‘n groot menigte visse ingesluit; en hulle net wou skeur.

  45. Dit was nodig – om te ontdek dat ons Vader nie ken nie. Psa 119:56Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het. Psa 119:57 Die JAHWEH is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar. Psa 119:58 Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte. Psa 119:59 Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse. Psa 119:60 Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou. Psa 119:61 Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie. Psa 119:62Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge. Psa 119:63 Ek is ‘n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou. Psa 119:64 JAHWEH, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge. Psa 119:65 U het goed gedoen aan u kneg, JAHWEH, na u woord. Psa 119:66Leer my ‘n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie. Psa 119:67Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord. Psa 119:68 U is goed en doen goed; leer my u insettinge. Psa 119:69Vermeteles het my leuens toegedig; maar ék bewaar van ganser harte u bevele. Psa 119:70Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ék verlustig my in u wet. Psa 119:71Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer. Psa 119:72Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer.

More Related