1 / 31

So het dit begin.....

So het dit begin. Mal 2:15 wys die oorsaak – Gen. 1:26 dui op die gevolg.

caspar
Télécharger la présentation

So het dit begin.....

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. So het dit begin..... Mal 2:15 wys die oorsaak – Gen. 1:26 dui op die gevolg.

  2. Gen. 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. Gen. 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. Na ons beeld - H6754 tseh'-lem From an unused root meaning to shade; a phantom, that is, (figuratively) illusion, resemblance; hence a representative figure, especially an idol: - image, vain shew. Na ons gelykenis - H1823 dem-ooth' From H1819; resemblance; concretely model, shape; adverbially like: - fashion, like (-ness, as), manner (Afrikaans - aard), similitude.

  3. So Adam is gemaak om soos JHWH te wees in voorkoms en aard

  4. Adam aard na JHWH, want Hy het hom so gemaak. Is dit dus nie veelseggend dat JHWH self die eerste begeerte van Adam identifiseer, sonder dat Adam dit self eers genoem het? Wat is dit wat JHWH weet Adam, in aard van JHWH, sal begeerte hê aan?

  5. Gen. 2:18 Ook het JAHWEH God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ʼn hulp maak wat by hom pas. Alleen? Tussen duisende diere, wonderlike natuur, heerlike skepping – maar alleen? Omdat van alles om hom, niks soos hy in aard en karakter en vlak was nie.

  6. Boodskap Tema: Iemand wat by Hom pas.... Gen. 2:23 Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. Gen. 2:24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.

  7. Dit is dan ook insiggewend dat Mal 2:15 juis as ewebeeld gegee word van die huwelik tussen man en vrou. Mal 2:14 En julle vra: Waarom? Omdat JAHWEH getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond. Mal 2:15 Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ʼn geslag van God gesoek. (Daarom) Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie. Mal 2:16 Want Ek haat egskeiding, sê JAHWEH, die God van Israel, en dat ʼn mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê JAHWEH van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.

  8. My begeerte aan ʼn metgesel, het ook by jou ontstaan – want Ek het jou na My aard gemaak. Ek het jou begeerte vervul deur aan jou ʼn metgesel te gee, sodat jy ook daarin die ewebeeld van My begeerte sal vind – wat ek met jou het Adam.As ek aan jou dink draai my ingewande, my hart versmag – ek het jou so lief, en het begeerte na liefde. Soos een wat na kinders smag, maar self kinderloos is, die mishandeling van kinders deur ouers wat het, haat – so haat Ek die minagting van ʼn metgesel, terwyl Ek JHWH self ʼn begeerte aan ʼn metgesel wat by my pas, het.

  9. Jer. 31:20 Is Efraim vir My ʼn dierbare seun of ʼn troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom; daarom is my ingewande oor hom in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, spreek JAHWEH.

  10. Daar is onderskeid tussen “behoefte” en “begeerte”.Behoefte = Hnd 17:24 Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. Hnd 17:25 Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee. Hnd 17:26 En Hy het uit een bloed al die nasies van die mens(adam)dom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, Hnd 17:27sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; Hnd 17:28 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag. Hnd 17:29 As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie. G4326 – behoefte pros-deh'-om-ahee From G4314 and G1189; to requireadditionally, that is, wantfurther: - need. Dui op onvolmaaktheid, en iets word benodig om tot volheid te kom. Dit is JHWH nie!

  11. Begeerte = Hos 6:6 Want Ek het ʼn behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers. Hos 6:7 Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel. (daarom haat ek egskeiding) H2654 – behae khaw-fates' A primitive root; properly to incline to; by implication (literally but rarely) to bend; figuratively to bepleased with, desire: - X any at all, (have, take) delight, desire, favour, like, move, be (well) pleased, have pleasure, will, would. Dui op ʼn verlange na iets. –verb : to wish or long for; crave; want. –noun : a longing or craving, as for something that brings satisfaction or enjoyment: a desire to be loved. Mal 2:15 Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ʼn geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie. H1245 – gesoek baw-kash' A primitive root; to search out (by any method; specifically in worship or prayer); by implication to striveafter: - ask, beg, beseech, desire, enquire, get, make inquisition, procure, (make) request, require, seek (for).

  12. ʼn Mens kan alleen deur die lewe gaan, maar ʼn mens wil nie alleen deur die lewe gaan nie.....ʼn Mens is nie ʼn onvoltooide wese sonder ʼn metgesel nie, maar ʼn mens se begeerte om wat mooi is te deel, skep die behoefte aan ʼn metgesel.In dit verstaan ons ook ons Vader se aard.

  13. JHWH treë in die huwelik Sy metgesel (vrou) word ontrou JHWH se eerste kind verwek by Sy vrou. JHWH moet sy enigste kind offer. Die dood kon Hom nie hou nie. ʼn Bruid vir Sy Seun – maak haar mooi. Vreugde van die huwelik ʼn Vader kom woon by Sy kinders

  14. As die vyand.... .....dit kan regkry om mense voor hul op die grond te laat kyk - na die tydelike - te laat vaskyk in die kommer en laste en begeertes wat hierdie wêreld bied,

  15. .....die mens kan laat vergeet - vir ʼn uur, vir ʼn dag, vir ʼn week of maand, vir ʼn lewensduur - om ʼn besluit te maak en te kies,

  16. .....ʼn persoon se binnekant kan verlam, sy behoefte aan warmte en verbinding met ander kan uitloog deur teleurstelling op teleurstelling,

  17. .....die vrede wat alle verstand, rede en oorlog te bowe gaan uit sy hart kan roof,

  18. .....jou eerste liefde laat afkoel, en jou begeerte na ware genootskap laat verander na ʼn sporadiese gryp na bevrediging en uitkoms in nood,

  19. ....as die vyand dit kon doen met die verloofde van Jahshua, dan sou Hy geen rede meer hê om vir die bruilof op te daag nie. Sy behoefte aan ʼn maat wat by Hom pas sou teleurgestel word – want Hy self.....

  20. ....het visie gehad van die heerlikheid wat voorlê na Sy troudag....

  21. ....het vas besluit en gekies om ter wille van Sy bruid, en die liefde van Sy Vader, tot die einde te volbring wat nodig is vir haar lossing,

  22. ....geen teleurstelling te veel geag of so groot geag dat Sy behoefte na Sy bruid verflou het nie,

  23. ....ʼn geskenk spesiaal vir haar agtergelaat as kleinood – Sy vrede,

  24. ....kortstondige verhoudings met tydelike gewin van die hand gewys vir Sy eerste liefde,

  25. En Hy wag al so lank vir die groot dag.... Wie sal dit waag om Sy bruid te skend – wie sal die toorn van die Bruidegom wie se bruid geskend is, teen die wat Sy bruid skend, kan verduur? Wee die wat deel van die skending, en nie deel van die versiering is nie! Skend jy die bruid?

  26. Joh 17:9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. Joh 17:10 En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik. Joh 17:11 En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons. Joh 17:12 Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word. Joh 17:13 Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê. Joh 17:14 Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Joh 17:15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. Joh 17:16 Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Joh 17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. Joh 17:18 Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. Joh 17:19 En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees. Joh 17:20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo— Joh 17:21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. Joh 17:22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Joh 17:23Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het. Joh 17:24 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld. Joh 17:25 Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het. Joh 17:26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.

  27. Al ooit gehoor van “selfskending”? Watter bruid skend haarself voor die huweliksdag? Een wat nie haar Bruidegom lief het nie – wat onwillig in die huwelik tree, wat ʼn ander begeer het, nie lief is vir haar aanstaande nie.

  28. Geskenke aan ʼn geliefde van haar verloofde - om mee mooi te maak, te reinig, gereed te maak vir die groot dag.

  29. 1Pe 3:3Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, 1Pe 3:4 maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ʼn sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God. 1Pe 3:5 Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig, 1Pe 1:22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ʼn rein hart; 1Pe 1:23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.

  30. Gesinslewe – Seun, vrou, kinders, Vader Opn 21:1 En ek het ʼn nuwe hemel en ʼn nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. Opn 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toebereisoos ʼn bruid wat vir haar man versier is. Opn 21:3 En ek het ʼn groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. Opn 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. Opn 21:5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. Opn 21:6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. Opn 21:7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ʼn God wees, en hy sal vir My ʼn seun wees. Opn 21:9 En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.

  31. Amen

More Related