1 / 34

Om Boer te wees – Deel 1

Om Boer te wees – Deel 1. ....daar is iets wat ons volk moet hoor. Niks daarsonder, alleen is dit genoeg. Alle gesprekke sonder redding in Jahshua is futiel. Alle planne, alle werke, alle hoop, alle meriete – sonder redding in Jahshua mors jy jou tyd.

cerise
Télécharger la présentation

Om Boer te wees – Deel 1

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Om Boer te wees – Deel 1 ....daar is iets wat ons volk moet hoor....

  2. Niks daarsonder, alleen is dit genoeg Alle gesprekke sonder redding in Jahshua is futiel. Alle planne, alle werke, alle hoop, alle meriete – sonder redding in Jahshua mors jy jou tyd. Enige trots, enige kennis, enige wysheid – sonder Jahshua is dit waan. Moenie met my praat oor nasionalisme, oor helde, oor roemryke dade uit ons verlede, as Jahshua nie in elk die bron en alleen ontvanger van die eer is nie – is dit afgodery. As jy dink daar is iets soos ‘n “Boerevolk”, sonder Jahshua in elke Boer se hart, dan is jy mislei, en besef jy nie wat die begin, die fondament van ons huis was nie. As jy reken ek slaan die bal mis in my uitsprake, dan my broer, is daar iets wat jy moet hoor!

  3. Adam – die geslag van JHWH • Geloof – dat JHWH bestaan, en beloner is van die wat Hom soek (Heb 11:6) • Kies die lewe, kies Jahshua (Deut 30:19, Joh 11:25) • ‘n Wet op jou hart – regverdigheid, liefde, opregte wandel met JHWH (Mig 6:8, Jer 31:33) • Volhard tot die einde – dan sal jy gered word (Mat 10:22) Joh 11:25JAHshua sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; Joh 11:26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit? Mat 10:22 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

  4. Maar ek is ‘n Boer, en wat van die Boerevolk?

  5. Histories, deur die oë van die vyand: "Neem ‘n Nederlandse gemeenskap van die soort wat hulself vir vyftig jaar verweer het teen al die mag van Spanje, op ‘n tyd toe Spanje die voorste wêreldmag was. Vermeng hulle met ‘n telg van daardie onvermurfbare Franse Hugenote wat hul tuiste en besit prysgegee het, en hul land vir altyd agtergelaat het ten tyde van die Edik van Nantes se herroeping. Die produk moet uiteraard een van die mees geharde, lewenskragtige, onoorwinlike rasse wees om ooit op die aarde gesien te word. Neem hierdie gedugte mense en oefen hulle sewe geslagte lank in volgehoue oorlogvoering teen woesteling manne en wilde dierasies, onder omstandighede waarin geen swakkeling sou oorleef nie, plaas hulle sodat hulle uitnemende aanleg opdoen met wapens en ruiterskap, gee aan hulle ‘n land wat uitnemend gepas is vir die taktieke van die jagter, die skerpskutter, en die ruiter. Voeg dan, eindelaas, ‘n fyner temperament by hul militêre eienskappe deur ‘n onverbiddelike lotvallige Ou Testamentiese geloof en ‘n vurige en verterende patriotisme. Kombineer al hierdie kwaliteite en al hierdie dryfvere in een indiwidu, en jy het die moderne Boer – die mees gedugte teëparty om ooit paaie te kruis met die Britse Ryk. Ons militêre geskiedenis is grootliks opgemaak deur ons konflikte met Frankryk, maar Napoleon en al sy veterane het ons nooit so ru behandel as hierdie vasberade plaasboere met hul antieke godsdiens en hul sorgbarend moderne gewere nie. Kyk na die kaart van Suid-Afrika, en daar, heel in die middel van die Britse besittings, soos die pit binne ‘n perske, lê die uitgestrekte twee republieke, ‘n magtige domein vir so geringe nasie. Hoe het hulle daar gekom? Wie is hierdie Teutoonse volk wat hulself so diep in Afrika ingegrawe het? Dit is ‘n meermaal vertelde verhaal, en tog moet dit weer vertel word om hierdie storie van selfs die mees kunsmatige inleiding te voorsien. Niemand kan die Boer ken of waardeer wat nie die Boer se verlede ken nie, want hy ís wat die verlede hom gemaak het." Sir Arthur Conan Doyle

  6. Landsliefde UIT DIE CHAOS VAN DIE EEUE Woorde: D.F. VILJOEN Musiek: STEPHEN H. EYSSEN Uit die chaos van die eeue het verrys 'n stoere volk. Met die durf van pioniere word ons nasiestryd vertolk. Met die polsslag van ons volksiel word ons dank jou toegedra. Deur ons sangers, skilders, bouers roem ons jou, Suid-Afrika. Ons sal handhaaf, ons sal opbou, ons sal hoog jou vaandel dra; ons sal sterk wees in ons Liefde vir ons Volk, Suid-Afrika. Hoor hoe skoon ruis oor ons velde soetste taal van klein en groot: eerste klanke in ons ore, en die laaste by die dood. Dis die taal van voorgeslagte, van die volksvergadersaal; op ons kansel, in ons howe klink die Afrikaanse taal. Ons sal handhaaf, ons sal opbou, ons sal hoog jou vaandel dra; ons sal sterk wees in ons Liefde vir ons Taal, Suid-Afrika. Een van hart en sin en strewe, vasvertrouend op die Heer, sal ons bou 'n toekoms heerlik op die skone van weleer. Uit die diepte van ons harte smeek ons vurig om gena om te hou wat ons verwerf het, om te bou, Suid-Afrika. Ons sal handhaaf, ons sal opbou, ons sal hoog jou vaandel dra; ons sal sterk wees in ons Liefde vir ons Land, Suid-Afrika.

  7. Waarop is jou huis gebou, Boer? Luk 6:48 Hy is soos ‘n man wat ‘n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.

  8. As dit nog op die Rots was, sou dit nie beweeg het nie – sou jy nog ‘n volk tot Sy eer kon wees....Maar jou huis bly nie staan nie!

  9. Video“War of the flea”

  10. Treurgrond 5 minute x 2617 verhale = 27 dae, 8 ure per dag se luister en huil

  11. Ons weet dat hierdie dinge ons siel nie kan skeur uit die hande van ons Vader nie Rom 8:35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? Rom 8:36 Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. Rom 8:37Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Rom 8:38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge Rom 8:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus JAHshua, onse Here, is nie.

  12. Is dit maar ons lot? • Wat maak ons met hierdie werklikhede? Is ons geloof, ons God, bedoel vir die hemele alleen – en die onreg, die vyand, die leun ons meerdere in die wêreld? • Het JHWH se raadsplan geen waarde geheg aan die liggaam van vlees, die tentwoning van Sy geliefdes nie? Het Hy ons met geen verweer, geen instrument of meganisme gelaat om ons self te handhaaf, te beskerm teen die aanslag teen die liggaam nie? Engele? Was almal wat vermoor is dan ongelowige mense – waar was hul engele? • Mag ons vra – “waarom JHWH?”. Kan ons Hom nader om te hoor of Hy raad het met ons noodtoestand?

  13. Sekerlik, moet daar ‘n oop deur wees, want hoe kom hul verby Psalm 91? Psa 91:1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Psa 91:2 Ek sal tot JAHWEH sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Psa 91:3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. Psa 91:4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser. Psa 91:5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, Psa 91:6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! Psa 91:7 Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie. Psa 91:8 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien. Psa 91:9 Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. Psa 91:10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; Psa 91:11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Psa 91:12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie. Psa 91:13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap. Psa 91:14 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. Psa 91:15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. Psa 91:16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

  14. Is dit net ek wat in my siel ontroer is, ween en worstel met die onreg wat plunder en roof by geredde en ongeredde, Adam en skepsels.Is dit net ek wat met ‘n rou wond in my hart loop, wat nie wil genees nie, ‘n stem wat uitroep, en nie wil stilbly nie.‘n Stem wat sê, en vra – Vader U genade is genoeg - maar mag ons U nie vra vir hulp, sodat daar vrede vir die land kom nie?Is dit net ek wat die koopprys vir spele en genot nie wil aanvaar nie, omdat dit te duur geword het, te veel trane en siele gekos het, en meer eis elke dag?Is ek alleen vreemdeling in Jerusalem vandag?

  15. Pla die onreg niemand nie? • Pla dit nie die duisende wat Sondae die kerkbanke vol sit nie • Pla dit nie die predikers van die kansels af, sodat hul sou uittrek in ‘n Geestelike kruistog daarteen nie? • Pla dit nie die 10,000 de wat hul hart, siel en gees oorgee langs die rugbyvelde, voor die TV sport, by die verslawende “sepie” uur elke dag nie • Pla dit nie die kinders van JHWH nie – dat hul God almagtig is, maar nie magtig genoeg in hul oë, dat Hy sy regterarm sou kon uitsteek en na Hy ons siel gered het, ook ons land kan genees nie? Of pla dit hulle wel, maar net vir ‘n oomblik – tot hul iets anderste vind wat hul gedagtes kan verlos van die plaag, ‘n morfien verdowing van vermaak, werk, planne, godsdiens, uitspattige en “awesome worship” – wat ook al nodig is om te vergeet dat Jerusalem se more nooit gaan kom vir duisende wat in onreg geslag word nie – eerstens in vlees, maar in dit, ook baie in gees.

  16. ‘n Schutte familie verhaal Jes 21:4 My hart duisel, angs oorval my; dit maak vir my die skemeraand wat ek liefhet, tot ‘n verskrikking. Jes 21:5 Hulle maak die tafel gereed, hulle sprei die tapyt, hulle eet, drink…. Staan op, o vorste, salf die skild! Jes 21:6 Want so het die Here vir my gesê: Gaan heen, sit ‘n wag uit; laat hom te kenne gee wat hy sien;

  17. Ek verstaan oupa JHT Schutte vandag.Ek kan insien dat sekere dinge mens lewenslank kan verander – dat ‘n aanskoue van ‘n more sonder God, ‘n permanente indruk op die hart van die gelowige sal maak.Ek verstaan waarom hy so ernstige mens geword het....

  18. As dit al was, was dit reeds ‘n oorvloed.In Jahshua is die dood wins, en die lewe is vrugbare arbeid vir ons Vader. Dit is die deel vir elke gelowige – Boer of Brit, Duits of Frans – onder die grootste verdrukking, onvervreembaar ons wins. Maar die storie is nog nie klaar, wat ons volk betref nie......amper, maar nog nie – al wil die wêreld en sy magte en owerhede dit wegredeneer en preek, daar is iets wat nog gesê moet word, en ons gaan dit sê.....

  19. Video“In die bres”

  20. Die wêreld en sy profete sê: • Dit is ‘n mite – ‘n versinsel van ‘n wit-superioriteits psigose. God sal nooit kant kies tussen rasse nie. • Daar was geen wonderwerk nie, en dus ook geen sprake van ‘n ooreenkoms met die God van die hemele nie – watter voorbarigheid. • Hoe kan voorouers ‘n bindende las op hul nageslag lê – Jahshua het dit kom verander. • Al was dit ook ‘n wonderwerk, dit is nou agter ons, en betaal – daar is ‘n kerkie gebou in Pietermaritzburg, en ons gaan kerk toe op die 16de Desember. • In elk geval is dit net van toepassing op die nageslag van die wat in die laer was – so vêr ek weet was my mense nie daar nie. • Dis nie Skriftuurlik nie – geloftes en verbonde kom uit die OT tyd • Dit het geen toepassing op die NSA nie, die stryd tussen swart en wit het in die versoening tussen swart en wit verander – ons is almal kinders van God.

  21. Die eerste kwessie Is dit waar, is dit Skrif – kan dit wees dat JHWH in die moderne tyd neergebuig het en betrokke geraak het by ‘n gemeente, ‘n versameling van gelowiges, ‘n volk in sy ontstaan. Dit gaan tog in die NT oor die redding van siele, en fisiese verlossing kom eers met die wederkoms – soveel martelare se dood het dit bewys. Kan dit wees, en hoe kan dit wees dat so ‘n Gelofte deur JHWH aanvaar is? Wat van al die teëspraak? Die tweede kwessie As dit waar is – wat is die som van die implikasies vir ons vandag? Wat kan dit vir ons beteken – wat eis dit van ons, wat is die risiko, wat kan die wins wees? Sekerlik die volk sal hul nie bekeer nie – wie is nog die “volk” vandag? Die derde kwessie Wat van die Raadsplan van JHWH? Hy het niks gedoen voor hy dit nie aan sy profete bekendgemaak het nie – is daar enigsins spore van hierdie gebeure in die profesieë? Wat is die profete se uitspraak oor die afloop van die saak, en pas dit enigsins in by die eindtyd, die verdrukking, die afwagting en die wederkoms? Wat verwag ons van uit die Skrifte en profete oor ons einde, of begin?

  22. Eerste Kwessie – Is dit?

  23. Wat is ‘n Gelofte? Gelofte H5088: neh'-der,nay'-der. From H5087; a promise (to God); also (concretely) a thing promised: - vow ([-ed]). G2171: yoo-khay‘. From G2172; properly a wish, expressed as a petition to God, or in votiveobligation: - prayer, vow. Verbond • H1285: ber-eeth‘. From H1262 (in the sense of cutting (like H1254)); a compact (because made by passing between pieces of flesh): - confederacy (an alliance between persons, parties, states, etc., for some purpose), [con-]feder[-ate], covenant, league. G1242: dee-ath-ay'-kay. From G1303; properly a disposition, that is, (specifically) a contract(especially a devisorywill): - covenant, testament. ‘n Gelofte is monoloog, ‘n Verbond is dialoog. ‘n Gelofte (belofte) op voorwaarde, is ‘n aanbod, ‘n voorwaarde vervul, is ‘n antwoord – dit word ‘n kontrak. Sodra die kontrak bekragtig is, word dit bindend en is dit ‘n verbond.

  24. Wat is JHWH se houding mbt beloftes en verbonde? Lev 26:3 As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen, Lev 26:4 sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee. Lev 26:5 En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe oes, en die druiwe oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon. Lev 26:6 Ook sal Ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie. Lev 26:7 En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal voor julle val deur die swaard. Lev 26:8 Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tien duisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard. Lev 26:9 En Ek sal My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek met julle bevestig. Lev 26:10 Julle sal ou koring van vorige jare eet en die oue laat plek maak vir die nuwe. Lev 26:11 En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie. Lev 26:12 En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ‘n God wees, en júlle sal vir My ‘n volk wees. Lev 26:13 Ek is JAHWEH julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop. Lev 26:14 Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; Lev 26:15 en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ‘n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek. Lev 26:16 dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet.

  25. Lev 26:17 En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie. Lev 26:18 En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig. Lev 26:19 En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper. Lev 26:20 En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie. Lev 26:21 En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes. Lev 26:22 En Ek sal die wilde diere van die veld onder julle in stuur, en dié sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodat julle paaie verlate sal wees. Lev 26:23 En as julle hierdeur jul nie deur My laat tugtig nie, maar julle teen My versit, Lev 26:24 sal Ek My ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes. Lev 26:25 En Ek sal ‘n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word. Lev 26:26 As Ek vir julle die staf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versadig word nie. Lev 26:27 As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My versit, Lev 26:28 sal Ek My in grimmigheid teen julle versit, en Ek sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.

  26. Sewevoudig Prd 5:2 Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees. Prd 5:4As jy ‘n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe. Prd 5:5 Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. Prd 5:6 Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ‘n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ‘n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes? Psa 50:14Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; Psa 50:15en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer. Psa 56:11 Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan ‘n mens my doen? Psa 56:12Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal; Psa 56:13 want U het my siel gered van die dood—ja, my voete van struikeling—om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe. Psa 66:13 Ek sal met brandoffers in u huis ingaan; ek sal U my geloftes betaal, Psa 66:14wat my lippe geuit en my mond uitgespreek het toe ek benoud was. Psa 76:11Doen geloftes en betaal dié aan JAHWEH julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike, Psa 76:12 wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde. Psa 116:12 Wat sal ek JAHWEH vergeld vir al sy weldade aan my? Psa 116:13Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van JAHWEH aanroep. Psa 116:14My geloftes sal ek aan JAHWEH betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk. Psa 116:15Kosbaar is in die oë van JAHWEH die dood van sy gunsgenote.

  27. Is dit van toepassing op my ook?

  28. 1838 in die laer, wie was daar?

  29. En in 1949 – wie was daar?

  30. Wie is aanspreeklik vandag? 4650 X 10 1838 465 1.5 – 2.5 mil (2.69 mil 1951 sensus) 1949 X 10 150,000 – 250,000

  31. Ek weet dit het gebeur – en dat die Hand van JHWH daar sigbaar geword het.Ek weet ek was ingesluit by die belofte, in die lendene van my voorsate.Ek besef hul more het donker geword, hul angs was tot die dood.Ek weet hul kennis van die Skrif, het hul gebring tot net een oplossing – na JHWH met ‘n aanbod ter wille van fisiese uitredding.Ek lees dat die beginsel van ‘n belofte aan JHWH van een mens, of ‘n groep mense, heeltemal Skriftuurlik is.Ek verstaan dat hierdie feite in botsing is met die leer van die wêreld wat ontken dat JHWH is, en wat ontken dat Hy ‘n beloner is van die wat Hom soek.Nou wil ek weet, wat is die implikasie hiervan op my, my gesin, my toekoms en my mores wat nog kom. Ons kyk daarna in Deel 2 – die Tweede kwessie.

  32. Onthou dit – sondes van die vaders sal in Jahshua nie my las wees nie – maar die Gelofte was geen sonde nie. Jer 31:27 Kyk, daar kom dae, spreek JAHWEH, dat Ek die huis van Israel en die huis van Juda sal besaai met saad van mense en van diere. Jer 31:28 En soos Ek oor hulle wakker was om uit te ruk en om te gooi en te verwoes en te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle wakker wees om te bou en te plant, spreek JAHWEH. Jer 31:29In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword. Jer 31:30Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word. Jer 31:31 Kyk, daar kom dae, spreek JAHWEH, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; Jer 31:32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek JAHWEH. Jer 31:33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek JAHWEH: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. Jer 31:34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken JAHWEH; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek JAHWEH; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

  33. Kyk, in die hemel is ons getuie... Treurgrond

  34. Amen

More Related