1 / 18

Arbeidsreg

Arbeidsreg. ABR 224 Tema 2 Lesing 2. Tema 2 Lesing 2. Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg , LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 3). Tema 2.2 (Leeruitkomste).

dard
Télécharger la présentation

Arbeidsreg

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Arbeidsreg ABR 224 Tema 2 Lesing 2

  2. Tema 2 Lesing 2 Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 3)

  3. Tema 2.2 (Leeruitkomste) • Bespreek volledig die beginsels van toepassing op oortyd, saamgeperste werkweek, gemiddelde werkure, etenspouses en rustye, werk op Sondae en openbare vakansiedae, nagwerk en verlof.

  4. Tema 2.2 (Oortyd) • Oortyd mag slegs per ooreenkoms gewerk word. • Hierdie ooreenkoms verval na een jaar indien dit aangegaan is met die aanvang of binne die eerste drie maande van die diens. • Per dag = Geen beperking, behalwe dat ʼn werknemer nie toegelaat kan word om meer as 12 uur per dag te werk nie. • Per week = nie meer as 10 ure. • Hierdie getal ure kan deur kollektiewe ooreenkoms vermeerder word tot 15 uur oortyd per week, maar die kollektiewe ooreenkoms is dan slegs vir ʼn maksimum periode van 2 maande in ʼn 12-maand periode geldig.

  5. . • Besoldiging: • 1½ die uurlikse tarief. • Partye kan ook ooreenkom op die gewone uurlikse tarief plus betaalde tyd vry van 30 minute vir elke uur oortyd gewerk of • partye kan ooreenkom op slegs betaalde tyd vry teen ʼn koers van 90 minute vir elke uur oortyd gewerk. • Wanneer die maksimum daaglikse en weeklikse oortyd ure bereken word, moet ure wat Sondag gewerk is, ingesluit word indien ʼn werknemer nie normaalweg op ʼn Sondag werk nie.

  6. Tema 2.2 (Saamgeperste werkweek) • ʼn Werkgewer en werknemer mag skriftelik ooreenkom om die werknemer toe te laat om tot ʼn maksimum van 12 ure per dag te werk sonder om oortydbetaling te ontvang, op voorwaarde dat • die werknemer nie vir meer as 45 gewone ure of meer as 10 ure oortyd in enige week werk; • vir meer as 5 dae in enige week nie. Werknemer werk dus 3 / 4 dae p/w en verloor geen besoldiging (en kry geen oortyd).

  7. Tema 2.2 (Berekening van gemiddelde werkure) • Gewone werkure en oortyd mag i.t.v. ʼn kollektiewe ooreenkoms, as ʼn gemiddelde uitgedruk word: • vir ʼn maksimum periode van 4 maande; • Gemiddelde gewone werkure mag nie 45 ure per week oorskryf nie en • gemiddelde oortyd ure mag nie 5 ure per week oorskry nie.

  8. Tema 2.2 (Etenspouses en rusperiodes) • ʼn Werknemer moet ʼn etenspouse van ten minste 1 uur, na 5 ure aaneenlopend gewerk, hê. • ʼn Etenspouse mag by ooreenkoms verminder word na nie minder as 30 minute en • mag mee weggedoen word (indien die werknemer vir minder as 6 uur per dag werk). • ʼn Etenspouse is onbetaald, maar die werknemer moet vergoed word indien daar van hom/haar verwag word om gedurende die etenspouse te werk.

  9. . • ʼn Daaglikse rusperiode van 12 aaneenlopende ure nadat werk beëindig is en voordat werk weer begin, word voorgeskryf. • ʼn Weeklikse rusperiode moet nie minder as 36 aaneenlopende ure wees nie, wat ʼn Sondag moet insluit (tensy anders op ooreengekom). • Rusperiodes mag gewysig word by ooreenkoms.

  10. Tema 2.2 (Werk op Sondae en openbare vakansiedae) • Werk op openbare vakansiedae mag slegs verrig word na sodanige ooreenkoms tussen die werkgewer en werknemer. • Besoldiging vir Sondagwerk: • Gewoonlik werk op Sondae = 1½ x uurlikse tarief • Nie gewoonlik op Sondae = 2 x uurlikse tarief • ʼn Werknemer moet ten minste ʼn gewone dag se loon ontvang of die bogenoemde koerse, wat ook al die grootste bedrag is. • Partye mag ook ooreenkom op die gewone koerse plus tyd vry.

  11. Publiekevakansiedae • Besoldiging: • 2 x daaglikse koers of • gewone daaglikse koers + tyd daadwerklik gewerk, wat ook al die grootste bedrag is. • Skofte: • Indiengroterdeel op ‘n publiekevakansiedagval = bogenoemdebesoldiging.

  12. Tema 2.2 (Nagwerk) • Nagwerk verrig tussen 18:00 en 06:00 • Die werkgewer moet die werknemer ʼn toelae betaal, of • verminderde werksure toestaan. • Vervoer moet beskikbaar wees tussen die werknemer se woonplek en die werksplek. • Nagwerk op gereelde basis - vir meer as 1 uur tussen 23:00 en 06:00 op ten minste 5 geleenthede per maand of 50 geleenthede per jaar • Die werkgewer moet die werknemer inlig rakende enige gesondheids- en veiligheidsgevare wat verbonde is aan die werk. • WN mag versoek om mediese toetse te ondergaan / verplaas word na dagwerk, indien enige mediese kwel bestaan.

  13. Verlof:Jaarlikse verlof • Volle betaalde verlof • 21 opeenvolgende dae verlof per 12 maande siklus • Ten minste 1 dag verlof vir elke 17 dae gewerk • Verlof word met 1 dag verleng vir elke publieke vakansiedag wat binne die verloftyd geval het • Besoldiging t.o.v. verlof moet aan die werknemer betaal word op die laaste werksdag voordat die verlofperiode ʼn aanvang neem, of op die gewone betaaldag. • Jaarlikse verlof moet binne die 6 maande na beëindiging van die verlofsiklus verleen word. • Mag nie gesamentlik met ʼn kennis-periode of enige ander verlofperiode loop nie. • Moet egter uitbetaal word by beeindiging van dienskontrak.

  14. . Siekverlof • Volle betaalde verlof • 36 maande verlofsiklus • Aantal dae normaalweg gewerk gedurende ʼn periode van 6 weke na afloop van die eerste 6 maande van diens • Een dag betaalde siekverlof vir elke 26 dae gewerk gedurende die eerste 6 maande van diens • Siekteverlof betalings mag by ooreenkoms verminder word (nie minder as 75%)

  15. . • Betaling vir siekteverlof moet plaasvind op die gewone betaaldag. • ʼn Mediese sertifikaat • word vereis na 2 dae afwesigheid of na 2 geleenthede van afwesigheid binne ʼn 8 week periode. • Indien geen bewys van siekte in sodanig gevalle voorgelê word nie, is die werkgewer nie verplig om die werknemer daarvoor te betaal nie. • Mag nie gesamentlik met jaarlikse verlof of ʼn kennis-periode loop nie.

  16. . Kraamverlof • 4 Maande opeenvolgende verlof; • Begin 4 weke voor die verwagte datum, of wanneer dokter / vroedvrou stel dat dit in die belang van die werknemer se gesondheid • Werknemer mag nie vir 6 weke na die geboorte diens verrig nie • Miskraam gedurende die 3de trimester of doodgebore kind: • 6 weke kraamverlof na die miskraam/doodgeboorte geregtig • Die werkgewer moet ten minste 4 weke voor datum van kraamverlof in kennis gestel word van datum wat met kraamverlof begin sal word en teruggekeer sal word werk toe. • Kraamverlof is onbetaalde verlof. • Kraamvoordele kan i.t.v. die Werkloosheidsversekeringswet geëis word.

  17. Gesinsverantwoordelikheid • 3 dae betaalde verlof per jaarlikse verlof siklus • Wanneer ʼn kind gebore word, siek word of sterf, of wanneer ʼn gade, lewensmaat, ouer, grootouer, kleinkind of broer of suster sterf • Slegs werknemers wat vir 4 dae of meer per week werk is geregtig op hierdie tipe verlof • Werkgewer kan bewys van die geval eis alvorens betaling geskied • Ongebruikte verlof verstryk aan die einde van die jaarlikse verlofsiklus

  18. Vrae?

More Related