1 / 17

Janie Oosthuysen

Wie is sy?. Janie Oosthuysen-Taylor is op 13 November 1956 in die Paarl as Adriana Maria Oosthuysen gebore.Sy vertel self: "Pa 'n stoere Broederbonder. Ma 'n onderwyser en huisvrou".Woon eerste drie jaar op Kenhardt, daarna Swellendam en uiteindelik Ho

edolie
Télécharger la présentation

Janie Oosthuysen

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


    2. Wie is sy? Janie Oosthuysen-Taylor is op 13 November 1956 in die Paarl as Adriana Maria Oosthuysen gebore. Sy vertel self: "Pa 'n stoere Broederbonder. Ma 'n onderwyser en huisvrou. Woon eerste drie jaar op Kenhardt, daarna Swellendam en uiteindelik Hor Meisieskool Bloemhof op Stellenbosch. Doen BA, HOD, met hoofvakke Afr-Ndl, Sielkunde en Engels - hoewel skaars 'n woord Engels magtig.

    3. Vervolg Begeester deur Engelse fakulteit en mense soos prof Thompson en prof Harvey. Hou skool in Engels (met behulp van my troue Daniel Jones Uitspraakwoordeboek en my Chambers. Berei intens voor, selfs vir 'impromtu' (mondelinge!) Gee later klas aan die Athlone Kollege in die Paarl - ook in Brits. "Trou later, vermenigvuldig en skei na agt jaar. Betree die sakelewe vir 'n aantal jare. Is tans getroud met 'n Engelse Suid-Afrikaner (John Taylor). Is redelik misantropies en onafhanklik van aard. Was altyd 'ha-ha'-snaaks as kind en bekend vir gevatte one-liners.

    4. Deesdae Nou stil en ingeto (al s John ek is 'very silly'). Het 'n redelike sterk dramatiese aanvoeling maar geen drang tot ekshibisionisme nie. Te gebalanseerd en lui om ambisieus te wees. (Ambisie voorveronderstel sublimasie of kompensasie!) Raak al hoe meer begaan oor bewaring en spesiesme. Het in 1994 begin skryf. "Maar s eerder ek was 'n onderwyseres, en is nou 'n huisvrou van Durbanville en liefdevolle moeder van twee wat graag stories skryf."

    6. Humoristiese aksieverhale 1995 - Kara en die blafdemper 1996 - Juffrou Luisenbosch en die breinwassers (Ms Bugbuster and the Brainwashers) 1997 - Professor ExPerimento se ongelooflike formules (Professor ExPerimento's Frightening Formulas)

    7. En 1998 - Sersant Spochter se ongelooflike leuenverklikker (Sergeant Spoofer's Incredible Lie Detector) 1996 1998: Ouma Hester en die Getaway-kar (Grandma Duckitt and the Getaway Car) Ouma Hester en die Zeppelin (Grandma Duckitt and the Zeppelin) Ouma Hester en die Dreadnought Merk 111 (Grandma Duckitt and the Dreadnought Mark 111) Ouma Hester en die intergallactic V-919 Supercomet (Grandma Duckitt and the Intergallactic V-919 Supercomet)

    8. Liefdesverhale Vertalings 1997 - Drome op Duinebaai 1999 - Eggo's van gister 2001 - Dans met die sekelmaan 2000 - Skaduwee van die dood - spanning 1996 - Pokkel wil smokkel - John Ryan 1999 - Kry 'n vliekoekie - Helen Brain 2000 - 2001 Harry Potter en die towenaar se steen Harry Potter en die kamer van geheimenisse Harry Potter en die gevangene van Azkaban Harry Potter en die beker vol vuur

    9. Nog: 2001 - Artemis Fowl - Eoin Colfer 2001 - Eendag as ek groot is - Lapa Uitgewers 2001 - Carmen Toetoeka en die geheim van Isis Huis 2002 - Die perd en sy seun; Prins Kaspian - C.S. Lewis (Narnia-verhale) 2002 - Cheeky the Crocodile - Leon de Villiers - Lapa Uitgewers

    10. Insig, Augustus 2001: 'n Vrou vir fantasie Moenie vir Janie Oosthuysen s daar moet 'n lessie in 'n jeugboek wees of dit moet met gebed eindig nie. Di slanke jeugboekskrywer met die geen-nonsies plat skoene, mooi bene, grimeringlose gesig en oorrompelende eerlikheid glo 'n jeugverhaal gebou is, dit eenvoudig dat as basiese morele waardes die grondslag is waarop nie nodig is om alle verantwoordelikheid af te gee aan 'n "hor wese" nie. "Vir my is dit belangriker om 'n hoofkarakter self verantwoordelikheid te laat aanvaar vir sy keuses. En dat hy leer om ondanks terugslae aan te gaan. Ek het groot respek vir die ou sding 'afgeval, seergekry, opgeklim en weer gery...' "

    11. Insig.. Sy verkies die mark van agt- tot twaalfjariges. "Vir hulle kan jy nog fantasie gee. Ek sou nooit boeke kon skryf oor vigs en verkragting nie. Fantasie hoef nie net fetjies te wees nie, dit kan enigiets wees wat die realistiese perke oorskry en 'n kind se verbeelding op loop sit - eenhorings, vliende karre, mal breinmasjiene.

    12. Insig, vervolg Maar dan moet elke element van daardie wilde wolhaarstorie gemotiveerd wees en vir die kind geloofwaardig. En al is daar dan 'n donker storielyn - soms onlosmaaklik deel van ons stukkende werklikheid - moet dit 'n element van hoop of minstens waardigheid h. Hoewel Janie kla sy skryf "swaar", is sy 'n flukse bydraer tot Human & Rousseau se gewilde "Eerste liefde"-reeks, waarin Dans met die sekelmaan pas verskyn het, en die "Avontuur"-reeks vir seuns.

    13. Verder: Vir haar eksentrieke Ouma Hester-boeke en Professor Experimento se verskriklike formules (wat alles in Afrikaans en Engels verskyn het) ontvang sy die C.P. Hoogenhoutprys vir Kinderlektuur. Tog is dit iemand anders se stories wat Janie die eerste keer in die kollig gesit het: as vertaler van J.K. Rowling se epogmakende Harry Potter-reeks.

    14. Oor vertaalwerk: Haar vertalings, veral haar humoristiese naamveranderings soos die opsigter Filch, wat sommer Fillis word, het wyd lof ontvang. "As 'n Afrikaanse skrywer is 'n mens 'n bietjie oorweldig as jy die eerste keer kontak maak met die massiewe uitgewersmasjien van 'n wreldtreffer soos hierdie. Ek moes byvoorbeeld 'n dokument teken dat ek nrens anders die Afrikaanse name sou gebruik nie." Sy erken ook sy het onskatbaar baie uit die vertaalwerk geleer. "Ek het altyd gedink dis makliker om in Engels te skryf.

    15. Oor woordeboeke Maar toe ek so in woordeboeke ingedwing word, het ek besef die fout l by my. Ek was gewoon nie taalfiks nie. My instrumente - my uitdrukkingsvermo, my woordeskat - was nie geslyp nie. Harry se vertalings het my eie skryfwerk soepeler gemaak."

    16. Oor JK Rowling:- As sy een aspek van Rowling se suksesresep moet uitsonder, s Janie, is dit " 'n lekker, groot, warm einde - 'n slot wat die boek afrond en afwerk en die storie laat eindig in 'n triomf." Al is dit ook 'n triomf van die gees, soos die einde van die boek waaraan sy nou werk: "My eerste dik boek. Oor olifantbewaring. Maar dit gaan nog ja-a-re vat!"

    17. Bronnelys www.humanrousousseau.com www.storiewerf.co.za www.kalahari.net Insig, Augustus 2001

More Related