1 / 81

Terugvoer oor besoek aan die ramp-gebied in Noord-Oos Japan (Sendai-streek)

Terugvoer oor besoek aan die ramp-gebied in Noord-Oos Japan (Sendai-streek) vanaf Di. 29 Maart tot Don. 31 Maart 2011.

gur
Télécharger la présentation

Terugvoer oor besoek aan die ramp-gebied in Noord-Oos Japan (Sendai-streek)

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Terugvoer oor besoek aan die ramp-gebied in Noord-Oos Japan (Sendai-streek) vanaf Di. 29 Maart tot Don. 31 Maart 2011 Tobie de Wet en Stephan van der Watt (afgevaardig deur Missie Japan) is vergesel deur ds. Kei Kataoka (afgevaardig deur die RCJ* Ring van Shikoku asook Tokushima en Tokushima-Wes gemeentes). Ds. Taka Ashida (verteenwoordiger van RCJ Sinodale Kommissie vir Internasionale Verhoudings) het as begeleier opgetree. *RCJ = Reformed Church in Japan

  2. Die hoofdoel van ons besoek was om: 1)      Soveel moontlik RCJ-gemeentes in die streek te besoek en hulle persoonlik te verseker van ons liefde, gebede en ondersteuning; 2)  Die werklike situasie en die behoeftes van die mense in die rampgebied eerstehands te evalueer; 3)      Vas te stel wat die plaaslike gemeentes doen om die onmiddellike behoeftes van die ge-affekteerde gemeenskappe te help hanteer; 4)      Te hoor wat die Kerk op voetsoolvlak beplan om die situasie op die langtermyn te help hanteer; 5)      So gou moontlik terugvoer te gee en te onderskei op watter manier Missie Japan en die breër Kerk in Suid-Afrika binne die rampgebied kerke kan help om die nood van die omliggende gemeenskappe te verlig.

  3. Oppad van Tokushima na Sendai (ongeveer 1000km)

  4. Polisiekorps in gereedheid oppad na ramp-gebied

  5. Japanese weermaglede paraat met eerstehulp

  6. Ons bid vir leiding op die pad vorentoe saam met Japanese leraars-vriende

  7. Besoekpunt 1: RCJ Shiroishi

  8. Aiba-egpaar - deel van 6e generasie Christene wat destyds kerke help vestig het in Tohoku-area

  9. Aardbewing skade in die Aiba-egpaar se huis

  10. RCJ Shiroishi se voorste kerkmuur het omgeval weens die skudding

  11. Besoekpunt 2 – RCJ Watari sendingstasie

  12. 'n Kollega laai noodverligtings-goedere af

  13. Tobie saam met mnr. Inomata - (rys)broodbakker en lidmaat van RCJ Watari

  14. Die plaaslike kleuterskool wat as deel van die sendingstasie opereer (almal is veilig, ook ds. Hayashi, plaaslike leraar)

  15. Besoekpunt 3: Yamashita treinstasie

  16. Nabygeleë Yamashita-stasie se verwoesting blootgelê

  17. 'n Ouma en haar kleinkind se laaste herinnering...

  18. Die motor voor die stasie waarin hul liggame gevind is

  19. Motors is meegesleur soos stukkies speelgoed

  20. Buurt op buurt staan verlate en geen kinderstemme word gehoor nie

  21. Eetgerei is rondgeslinger tot by leë treinspore

  22. Mnr. Inomata vertel driftig oor alles wat hy verloor het a.g.v. die tsunami...

  23. Sy (brood)bakery is o.a. deur die vloedwaters vernietig

  24. Mnr. Inomata se broodbak-vennoot, mnr. Abe (sy huis in die agtergrond is ook hard getref)

  25. Mnr. Abe se huis se eerste vloer is heeltemal oorstroom

  26. Besoekpunt 4 – RCJ Sendai

  27. Aandete saam met ons kollegas van Tokyo-omgewing (wat ook die ramp-gebiede besoek het)

  28. RCJ Sendai gemeente se aardbewing-skade. Ds. Yoshida (RCJ Moderator) is hier die leraar

  29. Ds. Kataoka sorteer basiese lewensmiddele by RCJ Sendai se verspreidingspunt

  30. Besoekpunt 5 – Takayama (sendelinge vakansie-oord)

  31. Brandstof is steeds baie skaars en meeste mense moet in lang rye wag daarvoor

  32. Die sendeling-vakansieoord by Takayama se tsunami waarskuwings-bord is verwring

  33. Iemand se skoen het agterbly tussen die rommel op Takayama se strand

  34. Een sendelinge se motor (Rod Thomas) is meegesleur naby die oord se ingang

  35. Besoekpunt 6 – RCJ Ishinomaki

  36. Ds. Shiratsu van RCJ Ishinomaki word omhelsdeuronsgroepleier (ds. Taka)

  37. RCJ Ishinomaki se kerkgebou is swaar getref deur die tsunami

  38. Ds. Shiratsu wys hoe die aardbewing hulle aanliggende pastorie beskadig het het

  39. 'n Groep RCJ vrywilligers het kom help met opruimwerk (by Ishinomaki)

  40. Ds. Taka (en Tobie) saam met sy kinders (Kana en Tooru) wat ook as vrywilligers gehelp het

  41. Die aanliggende Ishinomaki-kuslyn is grootliks in puin gedompel

  42. Polisielede besig met opruimwerk

  43. Besoekpunt 7 - Onagawa

  44. By Onagawa was die tsunami brander meer as 20m hoog. Meer as 2000 mense is dood of vermis.

  45. Soos vele ander opsoek na oorblyfsels van 'n 'vorige' lewe tussen die rommel...

  46. 'n Verslae werker peins oor die platgeslane Onagawa (voorheen het meer as 10 000 mense daar gewoon)

  47. 'n Spesialis reddingswerks-span uit Indië, opsoek na liggaamlike oorblyfsels

  48. Mnr. Kimura wys na sy motor op die 3e vloer van 'n gebou - hy het ternouerdood ontkom voor die vloedwaters

  49. Hierdie ingang van Onagawa se hospitaal is meer as 25 m bo seevlak!

More Related