1 / 13

KOSTE REKENINGKUNDE

KOSTE REKENINGKUNDE. Studie-eenheid 1: Inleiding tot Koste Rekeningkunde . Inleiding tot Koste Rekeningkunde. Koste Rek poog om onderneming se koste van produksie te bepaal deur: Beoordeling van die insetkoste van elke stap van produksie Beoordeling van vaste koste

keaira
Télécharger la présentation

KOSTE REKENINGKUNDE

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. KOSTE REKENINGKUNDE Studie-eenheid 1: Inleiding tot Koste Rekeningkunde

  2. Inleiding tot Koste Rekeningkunde • Koste Rek poog om onderneming se koste van produksie te bepaal deur: • Beoordeling van die insetkoste van elke stap van produksie • Beoordeling van vaste koste • Help bestuur met besluitneming – staak sekere produksielyn wat nie winsgewend is, maak van ander materiaal gebruik, ens • Is die interne funksie verantwoordelik vir versamel en verslagdoen oor finansiële inligting vir interne sakegebruik

  3. Voordele • Bevorder produkontwikkeling en bemarking-strategieë • Help bestuur met besluitneming om winste maksimeer • Beter sakebesluite • Evaluering van departemente, winste en projekte

  4. Tipes koste rekeningkunde inligting

  5. Tipes koste rekeningkunde inligting 1. Kostetoedelingsverslae Verskafinligting aan bestuur soos bv: • hoeveel items sal vervaardig kan word as masjien A met masjien B vervang word • watter impak het dit op die wins • hoe lank gaan dit neem om masjien A af te betaal • Hoe beïnvloed dit die aantal werknemers • Bepaal of goedere/dienste gelewer produksie-kostes dek en winsmarges bereik

  6. Tipes koste rekeningkunde inligting • Begrotings (bepaal spandering op elke bedryfsfunksie, voorkom oorspandering) Tipes: • Oorhoofse begroting – alle finansiële uitgawes • Standaard begroting – bedrag vir elke spesifieke produksiefunksie • Veranderlike begroting – maak voorsiening vir spesifieke variansiesin produksieproses • Vooruitskattings Bepaal die potensiaal van verkope onder bepaalde marktoestande

  7. Gebruik van rekeningkundige koste inligting • Help met die bepaling van ʼn koste • Help met die beheer van kostes • Help met besluitneming(koop/maak, behou of vervang, voortgaan/staak) • Help met bepaling van verkoopspryse • Help met voorraadbeheer • Help met kostevermindering (nuwe en verbeterde metodes) • Help met die bepaling van doeltreffendheid(vestig standaarde en variansieanalises) • Help met die voorbereiding van begrotings • Help met identifisering van nuttelose aktiwiteite • Help met identifisering van wesenlike verliese • Help in die identifisering van ledige tyd en ledige kapasiteit • Help met die verbetering van produktiwiteit • Help met kostevergelyking • Help met kontrolering van akkuraatheid van finansiële rekeninge VB 1.1 bl23 en Figuur 1.4 bl24

  8. Komponente van vervaardigingskoste

  9. Vervaardigingskoste • Kummulatiewe totaal van hulpbronne • Direk gebruik in vervaardiging van goedere

  10. Direkte en indirekte materiaalkoste • Indirekte materiaal: nie deel van die finale produk, of word nie gebruik om die produk te vervaardig nie. Bv. skoonmaakmiddels • Direkte materiaal: word gebruik in die vervaardigingsproses, word deel van produk. Bv. metaal wat deel vorm van motor. Word as volg bereken: Koopprys van materiaal + vragkoste – aankoopafslag + voorsiening vir vermorsings

  11. Direkte arbeidskoste Direkte arbeid is die werknemers wat direk betrokke is by die produksie van goedere/dienste Hoe bereken ons dit: • Bereken die TOTALE salarisse en lone wat betaal word • Tel by pensioenkoste van al hierdie werknemers • Tel by mediesefonds bedrae betaal vir almal • Tel by bedrae aan werkloosheidsversekering betaal • Tel by die werkgewer se bydrae t.o.v. belasting • Voeg enige bykomende kostes by: werwing van nuwe personeel, ens

  12. Oorhoofse koste • Indirekte fabrieksverwante koste • Oorhoofse koste MOET saam met direkte materiaalkoste en direkte arbeidskoste vir die vervaardiging van die produk in ag geneem en ingesluit word in die berekening van die koste per eenheid • Elektrisiteit, waardevermindering op masjiene • Stappe vir berekening op bl 32

  13. Hoe om oorhoofse koste te bereken: • Stap 1: Definieeroorhoofsekoste en uitgawes. • Stap 2: Beraam die aantalwerksdaebeskikbaar in 'n gegewekalenderjaar. • Stap 3: Vermenigvuldig die aantalwerksdaebeskikbaarvirarbeid met agt (in die geval van ‘n agt-uurwerksdag). • Stap 4: Vermenigvuldig die totalearbeidsure met die gemiddeldearbeidsloon • Stap 5: Voeg al die oorhoofseuitgawes, soosgeïdentifiseer in Stap 1, by die bedrag in Stap 4. Dit is die totaleoorhoofsekoste. • Stap 6: Bepaal die gemiddeldeaantaleenhedeverkoop per jaar • Stap 7: Verdeeltotaleoorhoofsekostedeur die gemiddeldeaantaleenhede. Dit is die oorhoofsekoste per eenheid. • Voorbeeld: • Stap1: R1,200,000 • Stap 2: 365 min Sat/Son min vakansiedae = 246 • Stap 3: 246 * 8ure = 1968 arbeidsure per jaar • Stap 4: 1968 * R115 = R226,320 • Stap 5: R1,200,000 + R226,320 = R1,426,320 • Stap 6: Per maand 1250 * 12 = 15,000 • Stap 7: R1,426,320 / 15,000 = R95 (afgerond) Oorhoofse koste per item

More Related