1 / 14

Die Nuwe Testament is ‘n sleutel wat die geheimenisse van die Ou Testament oopsluit!!

Die Nuwe Testament is ‘n sleutel wat die geheimenisse van die Ou Testament oopsluit!!. Col 1:26 naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy afgesonderdes,

maddox
Télécharger la présentation

Die Nuwe Testament is ‘n sleutel wat die geheimenisse van die Ou Testament oopsluit!!

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die Nuwe Testament is ‘n sleutel wat die geheimenisse van die Ou Testament oopsluit!!

  2. Col 1:26 naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy afgesonderdes, Col 1:26 the secret which has been hidden from ages and from generations, but now has been revealed to His set-apart ones,

  3. Mat 13:35 sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af. 2Pe 1:19 En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; 2Pe 1:20 terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie; 2Pe 1:21 want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Afgesonderde Gees gedrywe, het die afgesonderde mense van Elohiem gepraat.

  4. Rom 15:4 Want alles wat tevore (tanak)geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê. Dit verwys na die ongehoorsaamheid v.d. Volk in Moses se tyd... 1Co 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. (ons kan ook verstrooi word)

  5. Eph 3:1 Om hierdie rede is ek, Shaúl, die gevangene van die Messias יהושע vir julle wat heidene is - Eph 3:2 as julle ten minste gehoor het van die bediening van die guns van Elohiem wat aan my verleen is vir julle, (3 jaar in Arabië) Eph 3:3 dat Hy aan my deur 'n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het; Eph 3:4 waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van die Messias kan verstaan, Eph 3:5 wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy afgesonderde apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik Eph 3:6 dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in die Messias deur die

  6. Watter Bybelboeke en ander materiaal gebruik ons om mense te oortuig van Y’shua? Wat het die Dissipels en Apostels gebruik……

  7. Act 28:23 En hulle het vir hom ‘n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in ‘n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus.

  8. Vandag nog kry ons dieselfde reaksie! Act 28:24 En sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly. Act 28:25 En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek Act 28:26 en gesê: Gaan na hierdie volk en sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. Act 28:27 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.

  9. Nog gedeeltes waaruit die manne gewerk het Act 24:14 Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is, Act 26:22 Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie:

  10. Luk 24:25 En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Luk 24:26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? Luk 24:27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.

  11. Joh 5:45 Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig—Moses op wie julle gehoop het. Joh 5:46 Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe. Joh 5:47 En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?

  12. Van watse skrif praat Timoteus hier? 2Ti 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 2Ti 3:17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

  13. Mat 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Mat 7:22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Meester, Meester, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? Mat 7:23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat wetteloosheid bedryf!

  14. Volgens Efes 4: 3-6 kan daar net een pad wees. Wat kies jy??

More Related