1 / 34

Sonde tot die dood….

Sonde tot die dood…. …wees versigtig oor wat jy weet, ingeligte keuses is finaal!. Alle sonde lei tot die dood….

medea
Télécharger la présentation

Sonde tot die dood….

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Sonde tot die dood…. …wees versigtig oor wat jy weet, ingeligte keuses is finaal!

  2. Alle sonde lei tot die dood….. Jak 1:14 Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Jak 1:15 Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

  3. AlleOnvergeefde sonde lei tot die dood….. Kol 1:13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, Kol 1:14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.

  4. Onbelyde sonde bly onvergeef, en lei tot die dood….. 1Jo 1:8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 1Jo 1:9As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. 1Jo 1:10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

  5. Sonder berou (bekering) is daar geen ware belydenis nie, en bly sonde onvergeef, en lei dit tot die dood….. Hnd 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer (berou - om anderste daaroor te dink G3340) julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jahshua Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Mar 4:11 En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, Mar 4:12 sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.

  6. Die vonk die prosses van vergifnis aansteek, is die GEWETE, waarsonder daar geen ware berou en opregte belydenis is nie – so bly sonde onvergeef, en lei dit tot die dood…..

  7. Die GEWETE – wat leer ons uit die Woord

  8. Jou gewete is ‘ngetuie Rom 9:1Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in (by / deur / onder) die Heilige Gees Jy moet jou gewete ter wille wees (oppas) Rom 13:5 Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete. As jy iets doen wat jy weet verkeerd is, kry jou gewete skade 1Ko 8:7 Die kennis is egter nie in almal nie; maar sommige, nog altyd bewus van die afgod, eet dit as ‘n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel.

  9. Beskadiging van iemand se gewete, is ‘n sonde teen Jahshua. 1Ko 8:12Maar deur so teen die broeders te sondig en hulle gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen Christus. 1Ko 10:29 ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur ‘n ander se gewete? Opregte, skoon, waarheidssoekende wandel spreek tot ander mense se gewetes – sonder dat jy nodig het om iets met die mond te sê. 2Ko 4:2 Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan.

  10. Die doel van die gebod: Rein hart, goeie gewete, nie-nagemaakte geloof 1Ti 1:5 Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘ngoeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof 1Ti 1:6 waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies; 1Ti 1:7hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie. 1Ti 1:8 Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik 1Ti 1:9 en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, 1Ti 1:10 hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, 1Ti 1:11 volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.1Ti 1:18 Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Timótheüs, ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry 1Ti 1:19 en aan die geloof en ‘n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof (en ‘n goeie gewete) skipbreuk gely, 1Ti 1:20 onder wie daar is Himenéüs en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee (hy bid nie meer ter wille van hul welstand nie) het, sodat hulle kan leer (deur straf en skade) om nie te laster nie.

  11. Ou, beskadigde gewetes word herstel deur die Heilige Gees – Jahshua se offer. 1Pe 3:18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; 1Pe 3:19 in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, 1Pe 3:20 wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 1Pe 3:21 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘nbede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jahshua Christus1Pe 3:22 wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is. Heb_10:22 laat ons toetree met ‘nwaaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.

  12. Dus is die wat eers die heerlikheid deelagtig geword het, maar toe afgedwaal het na ‘n onreine hart, met slegte (vergruisde) gewete, en vervalste (voorgee) geloof, op Paulus se lysie van “nie vir hulle bid tot bewaring en bekering nie”. En interessant dat die sulkes hul wend tot die onwettige gebruik van die wet in die geval van die brief aan Timoteus. 1Ti 4:1 Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang1Ti 4:2 deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete, 1Ti 4:3watverbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken. Tit 1:13 Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees, Tit 1:14 en hulle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie. Tit 1:15Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.Tit 1:16 Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.

  13. ‘n Rein gewete huisves die ondeurgrondelike diepte van die geloof, soos kosbare salf in ‘n albasterfles – breek die een, vermors en vergaan die ander. 1Ti 3:8 Net so moet die diakens waardig wees, nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinsoekers nie, 1Ti 3:9 manne wat die verborgenheid van die geloof in ‘n rein gewete hou (bewaar).

  14. Terug na die tema: Sonde tot die dood – watter sonde kan dan nie vergewe word nie? Is daar so iets? 1Jo 5:16 As iemand sy broeder ‘n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee—vir die wat nie ‘n sonde tot die dood doen nie. Daar is ‘n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie

  15. Sekerlik…. 1Jo 3:14 Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood. 1Jo 3:15 Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie. Hnd 9:1 Maar Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan Hnd 9:2 en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring. Hnd 9:3 En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ‘n lig van die hemel af; Hnd 9:4 en hy val op die grond en hoor ‘n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Hoerery? Bedrog? Verraad?

  16. Hier is ‘n aanvegbare stelling: As jou optrede nie ten doel gehad het (jy wou nie) om te sondig nie, maar jou swakheid kon die optrede nie keer nie, dan is jou onwilligheid die begin van ‘n aanklag teen jou, van uit jou GEWETE. Dit bring jou tot berou, wat jou dwing na beleidenis, en vergifnis – en die behoud van jou LEWE. As sonde jou nie bangmaak nie, en jy nie onwillig is om te sondig nie, dan is daar vir jou geen aanklag uit jou GEWETE, en dus ook geen berou, geen belydenis, en geen vergifnis – geen LEWE nie, maar die DOOD volg onvermybaar daarop. Rom 7:13 Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word. Rom 7:14 Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde. Rom 7:15 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek. Rom 7:16 En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. Rom 7:17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Rom 7:18 Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil (goed doen), is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Rom 7:19 Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.

  17. Om te weet is om te kan kies – onkunde (om nie te weet nie), hou die deur van Genade langer oop – want jou keuses was nie moedswillig nie.

  18. Skulde wat vergeef word….teorie. Mat 6:6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. Mat 6:7 En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. Mat 6:8 Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. Mat 6:9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; Mat 6:10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; Mat 6:11 gee ons vandag ons daaglikse brood; Mat 6:12en vergeef (stel tersyde) ons ons skulde (skuld gemaak deur swakheid en foute) , soos ons ook ons skuldenaars vergewe; Mat 6:13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose (toets nie hoe sterk ons is, maar nieteenstaande, trek ons weg van die verkeerde keuse wat nog skuld en onheil oor ons bring). Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

  19. Die gebed in praktyk….. Mat 26:39En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie (nie volgens my wil), maar soos U wil (volgens U wil). Mar 14:36 En Hy sê: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.

  20. Onkunde hou hul deur oop (tot bekering – tot hul ‘n ingeligte keuse kan maak) Luk 23:28 Maar Jahshua het Hom omgedraai en vir hulle gesê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders; Luk 23:29 want daar kom dae waarin hulle sal sê: Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie. Luk 23:30 Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons! Luk 23:31 Want as hulle dit doen aan die groen hout, wat sal met die droë gebeur! Luk 23:32 En daar is nog twee ander, kwaaddoeners, weggelei om saam met Hom tereggestel te word. Luk 23:33 En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter— en een aan die linkerkant. Luk 23:34 En Jahshua sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp. Luk 23:35 En die volk het dit staan en aanskou. En die owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die uitverkorene van God, is.

  21. In onwetendheid gedoen. Hnd 3:12 En toe Petrus dit sien, sê hy vir die volk: Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy loop? Hnd 3:13 Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het sy Kind Jahshua verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus verloën het toe hy besluit het om Hom los te laat. Hnd 3:14 En julle het die Heilige en Regverdige verloën en gevra dat ‘n moordenaar aan julle geskenk sou word, Hnd 3:15 en die Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is. Hnd 3:16 En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal. Hnd 3:17 En nou, broeders, ek weet dat julle dit in onwetendheid gedoen het (nie bedoel het om JHWH se Seun te vermoor nie), net soos julle owerstes; Hnd 3:18 maar God het op dié manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly.

  22. Kennis vs straf Luk 12:42 En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee? Luk 12:43 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind. Luk 12:44 Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. Luk 12:45 Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word, Luk 12:46 dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues. Luk 12:47 En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; Luk 12:48maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel (kennis) gegee is, van hom sal veel gevorder (verwag) word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis. Luk 12:49 Ek het gekom om vuur op die aarde te werp (weerligstraal Grieks), en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was! Luk 12:50 Maar Ek het ‘n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is! Luk 12:51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid (polarisasie tussen goed en kwaad – verwys die boom van kennis).

  23. Na die Messias is daar geen meer verskoning. Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Joh 3:17Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Joh 3:18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. Joh 3:19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Joh 3:20 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. Joh 3:21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. Joh 3:22 Hierna het Jahshua en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop.

  24. Soos die lig meer word, raak die skadu al minder (die draadsittery al moeiliker) Joh 12:42 Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie. Joh 12:43 Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God. Joh 12:44 En Jahshua het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het. Joh 12:45 En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het. Joh 12:46 Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. Joh 12:47 En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. Joh 12:48Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het (die kennis wat ek met hul gedeel het), dit sal hom oordeel in die laaste dag.Joh 12:49 Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek. Joh 12:50 En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek—net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.

  25. Ingeligte keuses is finaal Mat 23:13Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. Mat 23:33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?

  26. Die wet vermeerder ons kennis…oor wat sonde is - dit oortuig ons van die noodsaak van Genade, en beweeg ons tot die tree in Geloof wat nodig is vir redding - Bekering Rom 3:18 Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie. Rom 3:19 Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; Rom 3:20 aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde. Gal 3:23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. Gal 3:24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. Gal 3:25 Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie. Gal 3:26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jahshua; Gal 3:27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

  27. Die HG is vir sonde, wat ‘n ligtoring vir ‘n gevaarlike kuslyn is. Die vooraf waarskuwing soos ‘n 6DE SINTUIG, en die uitwys van oortreding na die tyd, noem ons GEWETE. Die WAARSKUWING is bedoel om oortreding te keer, en die GEWETE om belydenis en vergifnis te fasiliteer. Saam is dit die perfekte strategie om die Adam te leer onderskei, sonder om die kennis van kwaad aanleiding te gee tot die dood van die mens – soos die Wet gedoen het. Die perfekte raadgewer en bondgenoot op die lewensweg na die Ewige lewe. As Sy stem sou stil word, sal die mens nooit die Lewe kon behou, maar sterwe aan sonde. Dit sou dan “sonde tot die dood” wees, wat gedoen is in weerwil van die kennis, en onbely bly in weerwil van die GEWETE. So persoon kan jy nie voor bid, om Vader te vra om hom die Lewe te gee nie, want dit sou Vader se geregtigheid ignoreer. Mat 12:30 Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi. Mat 12:31 Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. Mat 12:32 En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.

  28. Wanneer jy jou lede stel tot beskikking van die sonde, en daardeur oorheers word = moedswillige sonde. Rom 6:11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jahshua, onse Here. Rom 6:12Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. Rom 6:13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. Rom 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. Psa 19:13Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.

  29. Die oomblik van openbaring in heerlikheid! • Hnd 9:5 En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jahshua wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. Hnd 9:6 En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.

  30. Die oomblik van keuse tot verderf.

  31. Voorbeeld: Saffira & Ananias Hnd 5:1 Maar ‘n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra‘n eiendom verkoop, Hnd 5:2 en ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou en ‘n sekere deel gebring en aan die voete van die apostels neergelê. Hnd 5:3 Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou? Hnd 5:4 As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God. Hnd 5:5 En toe Ananías hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe; en ‘n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het. Hnd 5:6 Daarna het die jongmanne opgestaan en hom toegedraai en uitgedra en begrawe. Hnd 5:7 En ná verloop van omtrent drie uur kom sy vrou in sonder om te weet wat voorgeval het. Hnd 5:8 En Petrus het haar aangespreek: Sê vir my of julle die grond vir soveel verkoop het? En sy sê: Ja, vir soveel. Hnd 5:9 En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.

  32. Voorbeeld: Judas Joh 17:9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. Joh 17:12 Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word. Luk 22:31 En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Luk 22:32 Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. Joh 13:26 Jahshua antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas Iskáriot, die seun van Simon. Joh 13:27 En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jahshua sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig. Joh 13:28 Maar waarom Hy dit vir hom gesê het, het niemand van die wat aan tafel was, verstaan nie. Joh 13:29 Want sommige het gedink, terwyl Judas die beurs gehad het, dat Jahshua vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir die fees; of dat hy iets aan die armes moes gee. Joh 13:30Toe hy dan die stukkie geneem het, het hy dadelik uitgegaan. En dit was nag.

  33. Samevatting: Onkunde verhoed moedswillige sonde keuses, want moedswilligheid vereis kennis – om te weet wat reg en verkeerd is, is om gesaghebbende keuses te maak. Dit is wat die wet veroorsaak het vir Israel – aanspreeklikheid. Met kennis kom risiko. Eers die wet. Toe kom Jahshua self, en Sy Woord word vlees en wandel tussen ons. Daarom het die koms van Jahshua die einde beteken van onkundige keuses, en sê Hy dat hoewel Hy gekom het om te red (lig te bring), een van die gevolge van Sy koms sal wees dat die wêreld (en die wat die wêreld dien) veroordeeld staan – want hul het die lig gesien, maar die duisternis liewer gehad. Enige sonde wat gedoen is uit swakheid van die vlees, kan vergewe word. Enige sonde wat gedoen is uit onkunde, kan vergewe word. Vergifnis vereis besef, bekering (berou), belydenis met geloof in Jahshua se offer. Moedswillige sonde (wat gedoen is in volle wete van die gevolge, en met minagting van die waarskuwing daarteen, en vermaning daaroor deur die HG), bring nie ware berou, bekering en belydenis voort nie – en dus geen vergifnis nie. Sonder vergifnis, is die sonde, ‘nsonde tot die dood.

  34. Amen

More Related