1 / 18

Die Doop met die Heilige Gees

Die Doop met die Heilige Gees. Studie uit Torrey se boek: What the Bible Teaches. Oorsig. Wat is die doop met die Heilige Gees? Die gevolge van die doop met die Heilige Gees Die noodsaaklikheid van die doop met die Heilige Gees Voorwaardes vir die Doop met die Heilige Gees.

newton
Télécharger la présentation

Die Doop met die Heilige Gees

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die Doop met die Heilige Gees Studie uit Torrey se boek: What the Bible Teaches.

  2. Oorsig • Wat is die doop met die Heilige Gees? • Die gevolge van die doop met die Heilige Gees • Die noodsaaklikheid van die doop met die Heilige Gees • Voorwaardes vir die Doop met die Heilige Gees

  3. Wat is die doop met die Heilige Gees? • NT gebruik verskillende terme: • Hand 1:5: “gedoop word met die HG” • Hand 4:8: “ Petrus, gevul met die HG” • Hand 10:44-46:”die HG het op hulle geval”, “die gawe van die HG uitgegiet” • Hand 11:15-17: “HG het op hulle geval”,”sal gedoop word met die HG” • Hand 19:2-6: “Het julle die HG ontvang toe julle gelowig geword het?” • Heb 2:4: “gawes van die HG” • 1 Kor 12:4,11,13: “deur een Gees gedoop tot een liggaam” • Luk 24:49:”belofte van My Vader”, ”aangedoen met krag uit die hoogte”

  4. Wat is die doop met die Heilige Gees? • Doop met HG is ‘n besliste gebeurtenis waarvan mens bewus is: • Hand 19:1&2 (Gelowiges, maar nie gevul met HG):En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie. • Hand 1:5 (Dissipels reeds wedergebore- Jn 13:10; 15:3) Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. • Hand 8:15,16 (Wedergebore mense- Hand 8:12) Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.

  5. Wat is die doop met die Heilige Gees? • Dis ‘n werking van die HG apart van en na wedergeboorte • “A man may be regenerated by the HS and still not be baptised with the HS. In regeneration there is an impartation of life, and the one who receives it is saved; in the baptism with the HS there is an impartation of power and the one who receives it is fitted for service” • Met wedergeboorte ontvang ons reeds die HG: Rom 8:9: julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. • Die Doop met die HG kan/behoort te volg direk na bekering en doop: Hand 2:38 :En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. • Hand 1:8:maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. • Hand 2:4:En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. • Luk 24:49: (net voor hemelvaart) En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte. (Let op: Jn 20:22: Blaas op hulle en sê:ontvang die HG- Kort na opstanding)

  6. Wat is die doop met die Heilige Gees? • Die Doop met die Heilige Gees het primer te make met dienswerk • “The Baptism of the HS is not primarily intended to make believers happy or holy, but to make them useful” • The Baptism with the HS has no direct reference to cleansing from sin. It has to do with gifts for service rather than with graces of character.” • “The Baptism with the Holy Spirit makes God so real that this Baptism is in most cases accompanied by a great moral uplift, or even a radical transformation…”

  7. Die Gevolge van die Doop met die HG • Die spesifieke manifestasies van die Doop met die HG is nie presies dieselfde in alle mense nie; • 1 Kor12:4-10 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. • Daar word een of ander gawe van die Heilige Gees uitgedeel aan elkeen wat gedoop word met die Heilige Gees (Om die Liggaam mee te dien) • 1 Kor 12:7:Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. • Die Heilige Gees is soewerein en deel aan elkeen uit soos HY wil: • 1 Kor 12:11: Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. • Die verskillende standpunte oor tale( Tale was vir destyds, tale is van die duiwel, aangeleerde tale, verstaanbare tale, almal moet in tale spreek as teken van doop met HG, almal kan in tale spreek as vervul met HG, almal praat nie in tale nie – 1 Kor 12:30)

  8. Die Gevolge van die Doop met die HG • “He is absolutely sovereign, and our position is that of unconditional surrender to Him. I am glad that this is so: that He, in His infinite wisdom and love, is to select the field, service and gifts and not I, in my shortsightedness an folly. It is because of a failure to recognise this absolute sovereignty of the Spirit that many fail of the blessing and meet with disappointment. They are trying to select the gift and so get none.”

  9. Die Gevolge van die Doop met die HG • Die Doop met die Heilige Gees gee altyd krag vir dienswerk • Hand 1:5,8: Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. … maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. • Die Doop met die Heilige Gees gee vreesloosheid in dienswerk en getuienis: • Hand 4:29,31: En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, …En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek. • “The Baptism of the Holy Spirit converts cowards into Heroes”

  10. Die Gevolge van die Doop met die HG • Die Doop met die Heilige Gees veroorsaak dat mens besig raak met God en Jesus Christus en geestelike dinge. • Hand 2:4,11: En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. ; ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek. (Verstaanbare / Onverstaanbare tale- Sien 1 Kor 13:1, 1 Kor 14:14) • Hand 4: 31,33: En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek. ; En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal. • Hand 4:8-10: Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel, as ons vandag ondervra word oor ‘n weldaad aan ‘n siek man, waardeur hy gesond geword het, laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan. • Hand 9:17,20: En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word. ; En hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is. • Hand 10:44-46: En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. ; Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek: • Ef 5:18,19: Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here,

  11. Die Gevolge van die Doop met die HG • “The man who is filled with the Holy Ghost will not be singing sentimental ballads, nor comic ditties, nor operatic airs while the power of the Holy Ghost is upon him. If the Holy Ghost should come upon one while listening to the most innocent of the world’s songs he would not enjoy it. He would like to hear something about Christ” • Die Doop met die Heilige Gees is die Gees van die Here wat op die gelowige kom, sy verstand vul met ‘n werklike begrip van waarheid, en besit neem van sy lede, terwyl Hy aan hom gawes gee wat nie andersins eie aan hom is nie, maar wat hom bekwaam vir die diens waartoe God hom roep.

  12. Die Noodsaaklikheid van die Doop met die Heilige Gees. • Jesus het Sy dissipels beveel om nie met hulle werk voort te gaan voordat hulle vervul is met die HG nie: • Luk 24:49: En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte. • Hand 1:4,5,8: En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. • Jesus Christus self, alhoewel Hy die Eniggebore Seun van God was, het self nie met Sy bediening begin voordat die Gees van God op Hom gekom het nie en Hy dus “gesalf is met die Heilige Gees en krag” nie • Hand 10:38: met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.

  13. Die Noodsaaklikheid van die Doop met die Heilige Gees. • Wanneer die apostels Christen gelowiges gevind het, het hulle meteens gevra of hulle die Heilige Gees ontvang het, en indien nie, toegesien dat hulle wel die HG ontvang. • Hand 8 :14-16: En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur. Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus. • Hand 19:1,2: En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie. • Die Doop met die Heilige Gees is absoluut noodsaaklik in elke Christen vir die dienswerk wat Christus van hom verwag.

  14. Vir wie is die Doop met die Heilige Gees bedoel? • Die Doop met die Heilige Gees was nie net vir die apostels nie, ook nie net vir die van apostoliese tye nie, maar vir elke gelowige in elke eeu van die kerkgeskiedenis. Indien enige gelowige nie die Doop met die Heilige Gees het nie is dit net omdat hy nie sy voorreg in Christus opeis nie. • Hand 2:38,39: En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.

  15. Die Hervulling met die Heilige Gees • Dieselfde dissipel (Petrus) is by drie verskillende geleenthede met die Heilige Gees vervul • Hand 2:4: En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. • Hand 4:8: Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel, • Hand 4:31: En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.

  16. Die voorwaardes waaronder die Doop met die Heilige Gees gegee word • Die basiese vereistes vir die Doop met die Heilige Gees is: Belydenis van sondes, geloof in Jesus Christus as volkome Verlosser en doop in die naam van Jesus tot vergewing van sonde: • Hand 2:38: En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. • Hand 10:44: En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. • Gal 3:2 : Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? • Die verwesentliking van die belofte van die Doop met die Heilige Gees vir gelowiges is somtyds daarvan afhanklik dat hulle bewus moet wees dat daar soiets is • Hand 19:2,6: en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie. ; En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

  17. Die voorwaardes waaronder die Doop met die Heilige Gees gegee word • God gee die Heilige Gees aan die wat Hom gehoorsaam (absolute oorgawe) is: • Hand 5:32: En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is. • Die Doop met die Heilige Gees word gegee aan gedoopte gelowiges wat reeds in Christus glo in antwoord op spesifieke gebed. Daar mag soms ernstige gebed wees en die Doop met die Heilige Gees bly uit aangesien die gebed nie in geloof is nie. Die geloof wat hierdie Gawe ontvang, is die geloof wat dit toereken. • Hand 8:15,16: Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus. • Luk 11:13: As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? • Jak 1:6,7: Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie— • Mk 11:24: Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

  18. Slot • Almal wat wedergebore is het die Heilige gees ontvang. Die HG gee geestelike lewe. • Daar is ‘n verdere belewenis van die HG – doop/vervulling met HG • Bedoel om gelowiges te bekragtig vir hul dienswerk • Gaan gepaard met soewereine gawes van die HG om die liggaam te dien. • Word gegee aan gelowiges wat God opreg en in die geloof daaromtrent soek, en bereid is om Hom onvoorwaardelik te gehoorsaam. • Is jy gedoop / vervul met die HG?

More Related