1 / 32

Redding!

Redding!. Het ‘n begin, en ‘n einde. Een boodskap in twee aflewerings. Gehoorsaamheid Gebod. ...het alles met REDDING te make.

omar
Télécharger la présentation

Redding!

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Redding! Het ‘n begin, en ‘n einde

  2. Een boodskap in twee aflewerings Gehoorsaamheid Gebod ...het alles met REDDING te make....

  3. Ons kan tog niks tot ons redding bydra nie. Kan dit reg wees om te beweer dat daar iets is wat ons moet doen vir redding?Het Jahshua nie reeds alles gedoen nie?

  4. ‘n Metafoor

  5. Hoe word mens gered... ...van ‘n sinkende skip af? Met ‘n reddingsboot Wanneer is jy gered? Die oomblik toe jou voete in die reddingsboot klim Wanneer is jy veilig? As jou voete aan wal stap

  6. Jou redder is die reddingsboot, jou weg na veiligheid wat jou bring na die hawe. Jy kan nie sonder die reddingsboot na veiligheid gebring word nie Jy is nie die stuurman van die reddingsboot nie Jy kan ander die boot inhelp, en jy kan self uit die boot klim Jy word nie die boot in gedwing nie, jy word deur niks uit hom gedwing nie Die veilige hawe is nie in sig, die oseaan storm verwoed, jou skip sink....en hier by jou verskyn ‘n reddingsboot... Wat kan jou van veiligheid en lewe weerhou?

  7. Jy sal dood gaan.... ...al is die reddingsboot naby jou –as jy Nie inklim nie Na jy ingeklim het, uitspring die oseaan in Daar is ‘n “doen-aksie” wat jy moet uitvoer – van die sinkende skip, tot in die reddingsboot, en tydens die vaart.

  8. Wat noem ons die vertroue wat jou bring tot die besluit om in die klein reddingsbootjie te klim al sien jy die storm, en sien jy nog nie land nie? Geloof En wat noem ons die oorgang van besluit na daad – die inklim in die reddingsboodjie? Gehoorsaamheid Geloof alleen, bring nie tot redding nie. Geloof, gevolg deur gehoorsaamheid, bring tot redding.

  9. Om te besluit, is nog niedoen nie... Om te doen is gehoorsaamheid Sonder gehoorsaamheid sit jy nog op die sinkende skip.........al het jy gister al besluit om af te klim

  10. Verskil jy? Reken jy dat dade jou nie kan red nie.... Rom 4:1 Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry? Rom 4:2Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie. Rom 4:3 Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.Rom 4:4 Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste; Rom 4:5 aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken. Rom 4:6 Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke: Rom 4:7 Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. Rom 4:8 Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie. Rom 4:9 Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken. Jy is korrek – geen swemmer kan so vêr swem om land veilig te bereik nie. Om te probeer swem na veiligheid sal ‘n seker dood beteken. ‘n Geloof in jou self, sal keer dat jy in die reddingsboot klim. Geloof in die klein boodjie, en sy stuurman, sal keer dat jy self probeer swem.

  11. Maar geloof sonder gehoorsaamheid sal jou nie red nie. Jak 2:17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood. Jak 2:18 Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon (ek sal in die reddingsboot klim, en daaruit my geloof aan jou toon – en ek sal na veiligheid geneem word). Jak 2:19 Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. Jak 2:20 Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is (iemand wat glo die reddingsboot sal na veiligheid bring, maar steeds sit op die sinkende skip, is net so dood soos al die ander ongelowiges op die skip)? Jak 2:21 Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? Jak 2:22 Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke? Jak 2:23 En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem. Jak 2:24 Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie? Jak 2:25 En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met ‘n ander pad weggestuur het nie? Jak 2:26 Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.

  12. Ek vra nou weer - Kan jy enigsins op jou redding roem wanneer jy veilig aan wal stap? Nee, jy kan roem op die reddingsboot wat die storms trotseer het, en jy kan roem op die stuurman wat die boot na jou skip gestuur het, en daarna tot by die hawe gebring het – MAAR JY HET NIKS IN JOU SELF OM IN TE ROEM NIE

  13. Ons vind dus hierdie som: (Ek weet wat ek moet doen) + (binne my vermoeë om dit te doen) + (ek doen dit) = Gehoorsaamheid m.a.w (Gebod) + (Vermoeë) + (Werk) = Gehoorsaamheid 1Jo 2:3 En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. 1Jo 2:4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Mat 7:20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. Mat 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is (hy wat gehoorsaam is).

  14. Gehoorsaamheid is iets wat ‘n mens net kan leer uit sy lewe op aarde – en dit is ‘n voorwaarde vir ons saligheid, die een eienskap wat ons moet saamneem na die Koningkryk van JAHWEH toe. Heb 5:6 Soos Hy ook op ‘n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. Heb 5:7 Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs— Heb 5:8 Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; Heb 5:9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword Heb 5:10 en is deur God genoem ‘n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek; Heb 5:11 waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.

  15. As ek hoor wat ek moet doen, en ek glo wat ek hoor, en ek is in staat om dit te doen, en ek doen dit, dan is ek gehoorsaam. Die enigste rede waarom jy nie sou doen nie, is as jy: • nie weet wat die gebod is nie • nie in staat is om te doen nie • nie glo wat jy gehoor het nie

  16. Jy kan, en is in staat: Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. Glo jy dit?

  17. Wat hou jou terug om in te klim, of wat maak dat jy bang word en wil uitspring? Ek weet nie wat ek moet doen nie – wat is die gebod wat my Meester van praat, wat is die wil van Vader? As ek sekerheid hieroor kan kry, dan is ek gereed om te doen – ek wil gered word, en volhard tot ek veilig aan wal is!

  18. Ek is gereed om gehoorsaam te wees. Die groot vraag is nou - Jer 31:31 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; Jer 31:32nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. Jer 31:33Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. Jer 31:34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. Wat is hierdie gebod (wil van Vader) wat op my hart is as ek wederbaar word in die Nuwe Verbond, sodat ek daarvolgens kan wandel?

  19. Dit dan die onderwerp vir volgende Sondag – die wet op my hart.

  20. Gesinne is daar vir ons om te leer en begrip te ontwikkel vir: • Vader se optrede en verwagtinge • ons optrede mbt ons Vader • ons optrede teenoor mekaar Gesinne is nie geskep vir Vader om iets van ons te leer nie – maar vir ons om iets van ons God te leer!

  21. As ‘n kind nie wil luister nie.... • dan impliseer dit hy het gehoor wat ek sê • is in staat om dit te doen wat ek vra • versuim ten spyte daarvan om dit tot uitvoer te bring (weet wat instruksie is) + (kan dit doen) + (doen dit nie) = ONGEHOORSAAM

  22. ‘n Kind wat kwaatdoen is: Stil terwyl hy besig is met ONGEHOORSAAMHEID Weg wanneer hy klaar is met ONGEHOORSAAMHEID Jammer wanneer hy gekonfronteer word met sy ONGEHOORSAAMHEID Angstig wanneer hy getugtig word vir sy ONGEHOORSAAMHEID Verlig wanneer sy ONGEHOORSAAMHEID vergete is deur sy pappa Wanneer is bogenoemde nie waar nie?

  23. ‘n Kind tree anders op indien: • Hy selfregverdiging toepas • Nie tug aanneem nie • Sy pappa nie respekteer nie

  24. Selfregverdiging: Stil terwyl hy besig is met ONGEHOORSAAMHEID Apaties wanneer hy klaar is met ONGEHOORSAAMHEID Opstandig wanneer hy gekonfronteer word met sy ONGEHOORSAAMHEID Verwytend wanneer hy getugtig word vir sy ONGEHOORSAAMHEID Verontreg wanneer sy ONGEHOORSAAMHEID steeds regverdig in sy eie oë is Dit is ‘n terminale toestand!

  25. Nie tug aanneem nie: Stil terwyl hy besig is met ONGEHOORSAAMHEID Weg wanneer hy klaar is met ONGEHOORSAAMHEID Jammer wanneer hy gekonfronteer word met sy ONGEHOORSAAMHEID Verbysterd wanneer hy getugtig word vir sy ONGEHOORSAAMHEID Verhard wanneer sy ONGEHOORSAAMHEID herhaal word sonder dat hy leer uit sy foute ‘n Toestand met slegte prognose!

  26. Nie sy pappa eer en respekteer nie: Blatant terwyl hy besig is met ONGEHOORSAAMHEID Kordaad wanneer hy klaar is met ONGEHOORSAAMHEID Verontwaardig wanneer hy gekonfronteer word met sy ONGEHOORSAAMHEID Minagtend wanneer hy getugtig word vir sy ONGEHOORSAAMHEID Verwyderd omdat sy ONGEHOORSAAMHEID ‘n skeiding word tussen hom en sy pappa Dit is ‘n ernstige toestand!

  27. Werk dit net so met ons as kinders van die hemelse Vader?

More Related