1 / 40

Kersliedere

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!. LB 355:1 Al was ek nie daar nie. Al was ek nie daar nie - ek weet dit is waar: die krip en Maria met die Kindjie by haar. Dis of ek die engel die boodskap hoor bring van Jesus se vrede, wat harte laat sing. . (1).

philena
Télécharger la présentation

Kersliedere

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Kersliedere Jesus is die Ewige Lig!

  2. LB 355:1 Al was ek nie daar nie Al was ek nie daar nie - ek weet dit is waar: die krip en Maria met die Kindjie by haar. Dis of ek die engel die boodskap hoor bring van Jesus se vrede, wat harte laat sing. (1)

  3. LB 355:2 Al was ek nie daar nie Al was ek nie daar nie - ek weet dit is só: Die herders en wyses het dit eerste geglo. En deur al die jare bou Jesus sy kerk - Die Gees en die Woord kom geloof in ons werk.

  4. LB 364:1 Herders op die ope velde Herders op die ope velde het dié nag die englekoor, met die blye evangelie uit die hemel aangehoor: (3)

  5. LB 364 Refrein Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste heem'le. Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste hemele.

  6. LB 364:2 Herders op die ope velde Met hul harte vol van vreugde praat hul van die Jesuskind: Herder vir die mens op aarde wat verdwaaldes soek en vind.

  7. LB 364 Refrein Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste heem'le. Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste hemele.

  8. LB 364:3 Herders op die ope velde Ere in die hoogste hemel, klink dit nou die wêreld deur: Liefde, vrede, welbehae daal in Jesus tot ons neer.

  9. LB 364 Refrein Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste heem'le. Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste hemele.

  10. LB 365:1 Hoor die Blye eng’lelied Hoor die blye eng'lelied aan die Koningseun gebied: "Vrede op aarde - God die eer - Hy daal tot die sondaar neer." Almal wat Hom liefhet, sing om Hom lof en dank te bring! Almal, juig met hart en stem: God word mens in Betlehem. Hoor die blye eng'lelied aan die Koningseun gebied. (4)

  11. LB 365:2 Hoor die Blye eng’lelied Christus, ewig God en Heer, Christus daar omhoog vereer, in die volheid van die tyd word Hy mens, in needrigheid. Sondelose Lam van God kom aanvaar die mens se lot - Hy, met mense saamgetel, ware God - Immanuel! Ook die aarde bring Hom eer - Christus, ewig God en Heer!

  12. LB 365:3 Hoor die Blye eng’lelied Jesus, ware Vredevors kom vir Hom 'n volk verlos. Wêreldwyd, in elke land kom bevryding deur sy hand. In ons nood het Hy gedaal, vir ons lewe duur betaal. Vrygemaak, deur Hom gevind, is ek ook nou koningskind! Almal deur sy koms verlos, dank en loof die Vredevors!

  13. LB 335:1 Kom Kinders Kom, kinders, besing met 'n vrolike stem die wonder van God in die stad Betlehem, want daar is die Heiland gebore, dié nag, die hoop van die wêreld, deur eeue verwag. (6)

  14. LB 335:2 Kom Kinders Geringe klein dorpie in duister gehul, 'n heilswoord is deur dié geboorte vervul: Die lig van die wêreld, die God'like Kind, is Jesus in wie ons die saligheid vind!

  15. LB 335:3 Kom Kinders In need'rige krip was sy bedjie berei - die Kind wat die harte van almal verbly. Omhoog, uit die hemel, sing engele eer, die herders en wyses kom kniel voor Hom neer.

  16. LB 335:4 Kom Kinders Ons bring soos die herders en engele weer aan Hom alle hulde, ons Heiland en Heer. Verlos van die sonde, besing ons tesaam die roem en die eer van sy heerlike Naam.

  17. LB 345:1 Kom alle getroues Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde, o kom in die gees nou na Betlehem! Loof daardie Kindjie tot ons heil gebore kom buig daar in aanbidding, kom buig daar in aanbidding, kom buig daar in aanbidding, voor Jesus, die Heer. (7)

  18. LB 345:2 Kom alle getroues 'n Kind is gebore; loof die God van liefde! Hy kom ons verlos, Hy is Wonderbaar, Raadsman en Sterke,God en Vors van vrede Ons buig in blye aanbidding, ons buig in blye aanbidding, ons buig in blye aanbidding, Verlosser en Heer!

  19. LB 345:3 Kom alle getroues Kom, lofsing die Here; Hy is onse Koning. Vir ons word Hy mens en oorwin die dood. Hy heers met reg in hemel en op aarde - buig dankbaar in aanbidding, buig dankbaar in aanbidding, buig dankbaar in aanbidding, voor Christus, die Heer!

  20. LB 345:4 Kom alle getroues Kom lofsing die Here, loof Hom, al wat lewe! Wees vrolik, besing nou sy majesteit. In U, Getroue, bly ons ook behoue. Ons prys U in aanbidding, ons prys U in aanbidding, ons prys U in aanbidding, Gesalfde en Heer!

  21. LB 344:1 O die Goeie Tyding O die goeie tyding, o die blye tyding - helder klink dit met Kersfeestyd: Diep was ons verlore, Christus is gebore. Juig dan, almal, jubel oor die saligheid! (8)

  22. LB 344:2 O die Goeie Tyding O die goeie tyding, o die blye tyding kom met krag in die Kersfeestyd: Hy, die Hemelkoning, maak by mense woning - Hy, gebore in die volheid van die tyd!

  23. LB 344:3 O die Goeie Tyding O die goeie tyding, o die blye tyding - oral hoor ons: Dis Kersfeestyd. Blye jubelkore loof die Kind, gebore. Juig nou mensdom, prys Hom tot in ewigheid!

  24. LB 358:1 Welkom o Stille Nag Welkom, o stille nag van vrede, onder die suiderkruis, wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis. (11)

  25. LB 358 Refrein Kersfees kom, Kersfees kom - gee aan God die eer. Skenk ons 'n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer.

  26. LB 358:2 Welkom o Stille Nag Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue-oue taal. Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal.

  27. LB 358 Refrein Kersfees kom, Kersfees kom - gee aan God die eer. Skenk ons 'n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer.

  28. LB 358:3 Welkom o Stille Nag Voel jy ook nou sy warm liefde as ons die dag gedenk, toe Hy sy Seun aan ons gestuur het - ons grootste Kersgeskenk.

  29. LB 358 Refrein Christus kom, Christus kom - gee aan God die eer. Skenk ons 'n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer.

  30. LB 348:1 Stille Nag Stille nag, heilige nag! Jesus-kind, lank verwag, Lig uit Lig, uit die Vader se ryk, word uit liefde aan mense gelyk. Loof die hemelse Kind! Loof die hemelse Kind! (9)

  31. LB 348:2 Stille Nag Stille nag, heilige nag! Hemelvors, ons gee ag op die lied van die engelekoor. Herders het dit die eerste gehoor: Juig, die Redder is daar! Juig, die Redder is daar!

  32. LB 348:3 Stille Nag Stille nag, heilige nag! Jesus, Heer, voor u mag, voor u ryk moet die duisternis swig; tot in ewigheid bly U die lig - Heer, gebore vir ons! Heer, gebore vir ons!

  33. Geseënde Kersfees! Jesus is die Ewige Lig! Alle Liedere uit die LIEDBOEK

More Related