1 / 13

TAALFOKUS: Voornaamwoorde

TAALFOKUS: Voornaamwoorde. Waarom gebruik ons voornaamwoorde?. Voornaamwoorde help jou om taal bondig, grammatikaal korrek en sonder onnodige herhaling te gebruik. Wat is ‘n voornaamwoord?.

rendor
Télécharger la présentation

TAALFOKUS: Voornaamwoorde

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. TAALFOKUS: Voornaamwoorde

  2. Waarom gebruik ons voornaamwoorde? • Voornaamwoorde help jou om taal bondig, grammatikaal korrek en sonder onnodige herhaling te gebruik.

  3. Wat is ‘n voornaamwoord? • Die voornaamwoord (vnw.) tree meestal as ‘n plaasvervanger op vir (in die plek van) selfstandige naamwoorde.

  4. Ons kry nege (9) groepe voornaamwoorde

  5. Persoonlike voornaamwoord • Dit verwys na (staan in die plek van) mense, diere en dinge: • Dit kan die onderwerp of die voorwerp van ‘n sin wees: • In die enkelvoud is daar dikwels ‘n verskil tussen die onderwerps- en die voorwerpsvorm. • Vir lewelose dinge gebruik ons manlike vorme: (nie ditnie) • My, jou, sy, haar, u, ons, julle, hulle Piet/Linavind meer uit ooromgewingsake • Hy/Sy vind meer uit oor omgewingsake. • Ek wil met hom/haar praat. • Dit is duidelik dat mariene besoedeling ‘n groot probleem is. • Ek wil nie met die motor ry nie, want hy besoedel die lug te veel. / Ek pas my motor op en was hom gereeld.

  6. Die besitlike voornaamwoord • Dit dui besitting aan. • Dit is my/jou/sy/ haar/u/ons/julle/hulle plig om die omgewing te bewaar. • Die boeke is myne/joune/syne/hare/u s’n/ons s’n/julle s’n/hulle s’n. • Die spreker se toespraak was oortuigend. • Sy toespraak ...

  7. Die betreklike voornaamwoord • Dit het betrekking op (verwys na) ‘n s.nw. wat vroeër in die sin staan. • Dit tree dus op as ‘n verbindingswoord tussen sinne en bysinne. • Ons gebruik wat vir mense, diere en dinge. • Ons gebruik net wie vir mense saam met ‘n voorsetsel. • Die persoon wat die toespraak lewer, is ‘n goeie spreker. • Die persoon lewer ‘n toespraak. Die persoon is ‘n goeie spreker. • Die onderwerp waaroor sy praat, is belangrik. • (nie oor wat nie) • Die stoel waarop hy ry, gaan breek. • (nie op wat nie) • Die kinders wat bottels herwin, het ‘n donkiewat hulle inspan voor die karretjiewat daar buite staan. • Die meisie nawie hy verwys, weet baie van herwinning.

  8. Die vraende voornaamwoord • Dit staan aan die begin van ‘n vraagsin, soms saam met ‘n voorsetsel. • Toets: Jy moet ‘n s.nw. (of ander vnw.) as antwoord kan gee op die vraag. • Wie is verantwoordelik vir al die besoedeling? • Ons (vnw.) √ • Mense (s.nw.) √ • Waaroor handel die toespraak? • Oor seebesoedeling . (s.nw.) √ • Op wie is die toespraak gerig? • Op alle mense. • Hoekom is daar soveel besoedeling? • Antwoord is nie ‘n s.nw./vnw. nie. ×. Hoekom is wel ‘n vraagwoord, maar nie ‘n vraende voornaamwoord nie.

  9. die onpersoonlike voornaamwoord • Net twee: dit, daar • dit word gewoonlik saam met natuurverskynsels gebruik • daar word dikwels aan die begin van ‘n sin in die lydende vorm gebruik. • Dit reën / storm / hael / sneeu. • Daar word dikwels rommel in die see gemors.

  10. die onbepaalde voornaamwoord • Dit dui nie op bepaalde (spesifieke) mense of dinge nie. • ‘n Mens moet bewus wees van besoedeling. • Enigeen kan aan ‘n oplossing probeer dink. • Hulle/Die mense sê dis die regering se verantwoordelikheid.

  11. die wederkerende voornaamwoord • Dit kom voor wanneer die onderwerp en die voorwerp van die sin dieselfde mens, dier of ding is. • Die woord self word net saam met die wederkerende vnw. gebruik as daar onduidelikheid kan wees oor wie die voorwerp van die sin is. • Hy het hom lelik misgis. • Sy het haar verbeel sy hoor iets.

  12. die wederkerige voornaamwoord • Waar die handeling wederkerig is (wat ek aan jou doen, doen jy aan my). • Net twee: • Hulle moet mekaar help. • Hulle moet die een die ander help.

  13. die aanwysende voornaamwoord • Dit tree nie (soos die ander vnwe.) in die plek van ‘n s.nw. nie,aar tree saam met ‘n s.nw. op waarna dit verwys. • In hierdierivier is baie besoedeling. • Sulke nalatige optrede benadeel almal. • Diéstudie wys dat dinge baie sleg gaan.

More Related