1 / 39

Die diere van die veld is almal Myne… alles in die wêreld behoort aan My. Ps 50:10 [Boodskap]

robert
Télécharger la présentation

Die diere van die veld is almal Myne… alles in die wêreld behoort aan My. Ps 50:10 [Boodskap]

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. BELANGRIKE INLIGTING:Die Bybelverse in foto’s in die aanbieding wat hierop volg, is deur Brian Kluth (epos: bk@kluth.org) versamel vir gebruik in Eredienste en ander toerustingsgeleenthede.Dit is, met Brian se toestemming, deur my aangepas vir gebruik in Afrikaans. Julle is welkom om die skyfies af te laai en te gebuik waar toepaslik, veral in Eredienste gedurende die Dankoffertyd. Hier is genoeg vir ongeveer 40 Sondae.Verskillende weergawes van die Bybel in Afrikaans is gebruik: Afrikaanse Bybel 1953; Nuwe Afrikaaanse Vertaling 1983 (NAV); Die Boodskap; Nuwe Lewende Vertaling (NLV); Lewende Bybel (LB).Besoek gerus Brian Kluth se webwerf: www.MAXIMIMgenerosity.orgStuur asb kommentaar en ander toepaslike foto’s en/of teksverse na cilliefj@telkomsa.net sodat dit in toekomstige weergawes bygewerk kan word.Mag die Here self hierdie aanbiedings seën!Francois Cillié

  2. As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nieMt 6:30

  3. Want al die diere is myne, sê die Here; die wild op duisend berge… want die aarde en alles wat daarop is, behoort aan My.Ps 50:10-12

  4. Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou inkomste.Spreuke 3:9LB

  5. Die diere moet getel word, en al om die tiende dier wat verbykom, moet vir die Here afgekeer word. Lev 27:32

  6. Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het… wie ander voorspoed gun, sal self oor-vloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is. Spreuke 11:24-25

  7. God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê, en volop kan bydra vir elke goeie werk.2 Kor 9:8

  8. Jy kandalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou diekrag gee om die rykdom te verwerf. Deut 8:17-18

  9. Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Mat 6:26

  10. Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets my hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Mal. 3:10

  11. Een tiende van alles wat die land oplewer behoort uit-sluitlik aan die Here en aan Hom alleen.Lev 27:30 [Boodskap]

  12. Sal ‘n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: "Waarvan beroof ons U?” Van tiendes en offerandes. Mal 3:8-9

  13. Die diere van die veld is almal Myne… alles in die wêreld behoort aan My.Ps 50:10 [Boodskap]

  14. Al die diere van die bosis Myne, ook die wildop duisend berge.Aan My behoort die aarde enalles daarop.Ps 50:11-12[NLV]

  15. Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir julle genoeg kos en klere gee. Matt 6:33,34 [Die Boodskap]

  16. Jy moet ‘n tiende opsy sit van alles wat jy het en kry… sodat jy kan leer om die Here jou God altyd-deur te eer.Deut 14:23

  17. Geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloofafgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. 1 Tim 6:10

  18. Elkeen moet vir die Here iets bring van wat hy besit, en dit moet wees volgens die voorspoed wat die Here hom gegee het.Deut 16:17 [Lewende Bybel]

  19. Ware godsdiens saam met tevre-denheid is ‘n groot rykdom, want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit weg-neem nie. As ons dus genoeg kos en klere het, laat ons tevrede wees.1 Tim 6:6-8 [NAV & NLV]

  20. Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes.Spr 3:9 [NLV]

  21. Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. Deut 8:18

  22. Jakob sweer toe ‘n plegtige eed: “As God altyd by my sal wees en by my sal bly… sal ek die Here as God vereer… en ek sal vir U ‘n tiende gee van alles wat ek kry.”Gen 28:20-22

  23. Mense watbegeer om rykte wees, val in ver-soeking en trap indie strik van baie dwaseen skadelike begeertes wat hulle in verderf en ondergang stort. Want die liefde vir geld is ‘n wortel van allerlei kwaad.1 Tim 6:9-10 [NAV & NLV]

  24. Aan U, Here, behoort die grootheid en die mag en die eer… want alles in die hemel en op die aarde behoort aan U. Dit is U wat vir mense rykdom en eer kan gee… en U kan enige mens beroemd maak en krag gee.1 Kron 29:11-12 [LewendeBybel]

  25. “Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel nie… Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar… Mat 6:19,20

  26. Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God.Mat 6:33

  27. “Daar rus ‘n vloek op die bedrieërs wat beloof om ‘n ram uit hulle kudde te gee, maar dan ‘n verminkte dier aan die Here offer.” Want Ek laat My nie be-drieg nie. Ek is die Grootkoning, die Here aan wie alles behoort.Mal 1:14 [Boodskap & NAV]

  28. Jesus het gekyk hoe baie welgestelde mense groot bedae geld in die offerkis gooi. ‘n Brandarm weduwee het twee klein geldstukkies ingegooi. Jesus sê toe vir sy dissipels: “Weet verseker, hierdie arm weduwee het meer in die offerkis gegooi as al die ander. Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het, arm soos sy is, alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.” Mark 12:41-44

  29. Die magtige Here sê: “Sal mense God ooit besteel? Tog het julle my bedrieg! Julle vra: ‘Wat bedoel U? Wanneer het ons U ooit bedrieg?’ Julle het die tiendes en offerandes gesteel!” Mal 3:8 [NLV]

  30. Elke jaar moet jy ‘n tiende van jou hele oes vir die Here opsy sit. So sal jy leer om die Here altyd lief te hê.Deut 14:22-23 [Boodskap]

  31. As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word. Lukas 6:38 [NAV & NLV]

  32. God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer.2 Kor 9:10

  33. Families het vrywillige bydraes gegee vir die oprigting van die huis van die Here… hulle het volgens hulle vermoë vir die boufonds gegee…Esra 2:68,69

  34. (Die Here sê aan hulle wat getrou hulle dankoffer gee) “Ek sal die sprinkane keer dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie, en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie,” sê die Here die Almagtige.Maleagi 3:11

  35. Die Israeliete het die eerste opbrengste van die koring… en alles wat die land opgelewer het, ingebring, en ook die tiendes van alles, in groot hoeveelhede. 2 Kron. 31:5

  36. Wat die hulp vir die gelowiges in Jerusalem betref: Elke Sondag moet elkeen van julle na sy vermoë tuis iets opsy sit en dit opspaar…1 Kor 16:1,2

  37. “Van waar die son opkom tot waar hy ondergaan, word Ek deur die nasies geëer. Oral word daar vir My offers gebring, rein offers. Ek word deur die ander nasies geëer,” sê die Here die Almagtige. Mal 1:11

  38. Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. Hulle het… aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. Hulle het… hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet.Handelinge 2:44-45

  39. Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van wyn. Spr 3:9-10

More Related