1 / 15

RAAR MAAR ‘WAAR’: GENESIS 1 – 11 AS SINGEWENDE VERHALE

RAAR MAAR ‘WAAR’: GENESIS 1 – 11 AS SINGEWENDE VERHALE. Hendrik Bosman Ou en Nuwe Testament Universiteit Stellenbosch. INLEIDING. Genesis 1 – 11 is nie ooggetuieverslae nie; maar verhalende prosa. Genesis 1 – 11 bestaan uit samehangende verklarende en singewende verhale

shira
Télécharger la présentation

RAAR MAAR ‘WAAR’: GENESIS 1 – 11 AS SINGEWENDE VERHALE

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. RAAR MAAR ‘WAAR’: GENESIS 1 – 11 AS SINGEWENDE VERHALE Hendrik Bosman Ou en Nuwe Testament Universiteit Stellenbosch

  2. INLEIDING • Genesis 1 – 11 is nie ooggetuieverslae nie; maar verhalende prosa. • Genesis 1 – 11 bestaan uit samehangende verklarende en singewende verhale • Vorm die inleiding tot beide die boek Genesis, sowel as die res van die Ou Testament. • Verg toepaslike vrae wat verband hou met inhoud, samestelling, verband en vertellersperspektief van Genesis 1 -11

  3. INHOUD VAN GENESIS 1 -11 • Bestaan uit belangrike en grondliggende temas wat implikasies vir die res van Genesis en die Bybel het. • Sinopsis: skepping – sondeval – broedermoord – geslagsregister – vloed – geslagsregister – toring van Babel – geslagsregister. • Diefigure – soos Adam en Noag – word min in die res van OT genoem.

  4. VERTELLERSPERSPEKTIEF • Te midde van ONO se alternatiewe skeppingsverhale; bely Gen 1 – 11 dat dit God is wat geskep het. • Dit is minder belangrik hoe God geskep het (6 x 24 uur / biljoene?) • God skep en onderhou sy skepping. • Mens word betrek by die onderhoud van die skepping. • Verteller weet alles – gebeure & gedagtes van mens en God.

  5. SKEPPING I: Gen 1 – 2:4a • Skepping uit “niks”? – water en duisternis bestaan voor skepping. • Van Wolde (2009) – bara = “ruimtelike skeiding” nie “skep” nie. Dus is God nie soseer Skepper uit niks nie maar Hy wat skeiding gebring het tussen hemel & aarde, land & water. • Orde/skeiding is belangrik in skepping as teenpool van chaos (water, donker) • 1e dag = skei lig en donker (skep tyd); 7de dag = klimaks van skepping; rus heiligtyd= sabbat. Skepping hiermee word omraam.

  6. SKEPPING I: GEN 1 – 2:4a • God skep; nie spanpoging deur ‘n panteon van gode nie = monoteisme bv lig ontstaan voor son/maan wie die primere gode van ONO was. • God skep deur bloot te praat; in ONO vind skepping dmv geweld as ‘n stryd teen die chaosmagte. • Mens word na beeld van God geskape; in ONO is net koning = demokratisering • God skep kos vir mens; in ONO moet mense die gode voed.

  7. Tuin en Boom in Mesopotamie

  8. SKEPPING II: Gen 2: 4b - 25 • Hier skep Yahweh / die Here en nie Elohim / God soos in Gen 1 – 2:4a. • Skepping van mens aan begin van proses; in Gen 1 eers op sesde dag. • Mens word hier in ‘n paradys / tuin geplaas om dit bewoon en bewerk; dus mens as medewerker van Here.

  9. GENESIS 3: SONDEVAL • In Vroee Kerk was Genesis 6 as die verklaring van die sonde aanvaar – “seuns God” & “dogters van die mens” • Eers vanaf Augustinus (4de eeu) word Genesis 3 by sondeval betrek. • Sonde om te eet van die boom van kennis van goed en kwaad = opstand om soos God te wil wees. • Idealismein Gen 2 word vervang met realismein Gen 3.

  10. GENESIS 4: BROEDERMOORD • Met die geboorte van Setlyk dit asof daar vrede binne Skepping aangebreek het – maar dan…. • Abel as jonger broer / veeboer word bo die ouer Kain / landbouer verkies. • Hoewel Kain die doodstraf kon kry, is daar ‘n element van goddelike genade – net verban Genealogie / toledoth van Kain = verseker voortbestaan tmv gevaar. • Gewelddadige Lamegse lied opgevolg deurnageslag van Set(Gen 4:23 – 5:32). • Reuse word verklaar as die nageslag van die “seuns van God” en die “dogters van die mens” (Gen 6:1-4)

  11. GENESIS 6 – 9: SONDVLOED • Mensdom versleg van moord na ‘n aarde wat met geweld gevul is. • Oortreding = aarde vol geweld; dus die Straf= aarde bedek met water en so keer skepping terug na ‘n toestand voor skepping – chaos. • Met Noag begin mensdom weer - verbond • In Mesopotamie is die vloed nav raserige mense wat die gode se slaap versteur! • Waak teen ontoepaslike vrae – hoe het “lui-diere” uit Amasone ark gehaal? Streeksvloed?

  12. “Sondvloed-voel”= sonder pote!

  13. GENESIS 10 – 11: TORING • Na sonvloed is daar ‘n lang geslagsregister in Gen 10 ter bevestiging van seen/belofte • Vloek van Gam bestaan nie – wel vloek van Kanaan (om intog te regverdig?) Bou toring om God se opdrag om die aarde te vul, te verontagsaam = opstand • Dalk iets soos ‘n ziggurat!? • Straf deur taalverwarring– nie geweldadig • Sluit af met geslagsregister van Sem

  14. Toring of ‘Ziggurath’?

  15. SLOT • Inleiding tot boek Genesis en Bybel: (a) afwisseling van seen & straf (beraka) b) samehang van beloftes land / grond en nageslag= twee treinspore van Israel se geskiedenis – soms indirek eweredig, bv in Egipte, geen grond, wel nageslag.

More Related