1 / 21

Vermaning

Vermaning. Bemoediging. Te vêr om naby te wees. ....te naby om vêr te MAG wees!. As jy nie doen soos jy glo nie, watter waarde het jou geloof dan? So sal jy nie gered word nie!. Jak 2:14. Dus, dan moet jy seker weet wat jy glo, as die uitlewing van jou geloof die bewys word dat jy wel glo!.

truda
Télécharger la présentation

Vermaning

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Vermaning Bemoediging

  2. Te vêr om naby te wees.... ....te naby om vêr te MAG wees!

  3. As jy nie doen soos jy glo nie, watter waarde het jou geloof dan?So sal jy nie gered word nie! Jak 2:14

  4. Dus, dan moet jy seker weet wat jy glo, as die uitlewing van jou geloof die bewys word dat jy wel glo! Maklik, ek glo “Jahshua” is my redder, en dit is genoeg, ek is gered. Ek leef dit uit deur liefde teenoor almal, my gesin, my vrou, die gemeente, die vreemdeling – ek gee skenkings, groet vriendelik, probeer nie kwaad word nie. In kort – ek is OK. Ek dink ek is OK en veilig die ewigheid in as ek sterf. Dit is tog immers die volle doelwit – om gered te word, hemel toe te gaan....

  5. En wat as ek jou wys op iets wat jy glo, maar nie doen nie? En dan nog iets wat na aan die hart van ons Vader lê Glo jy dat JHWH jou Vader is, soos Jahshua jou oudste broer is? Glo jy dat die rede vir jou bestaan, en vir Adam se skepping, het as oorsprong ‘n begeerte wat in Elohim se hart ontstaan het tot vaderskap van eie kinders – en dat jy so ‘n eie kind van Hom is? Glo jy dat dit JHWH se wil is om naby aan jou te wees, en dat jy naby aan Hom (wil) bly? Glo jy dat die beginsel van regverdigheid bepaal dat jy aan ander moet doen soos jy ook aan jou self gedoen wil hê?

  6. As jy JA geantwoord het op die voorafgaande: Dan eis dit van jou om ook naby aan die te bly wat na jou kyk in begeerte om ‘n gesin te wees: Is jy ‘n pa van kinders, en ‘n man vir ‘n vrou – dan is die eis dat jy vir hulle naby sal wees. Is jy ‘n kind vir ouers – dan is die eis dat jy vir hulle naby sal wees. Is jy ‘n broer of suster vir ander, ook in die gemeente – dan is die eis dat jy vir hulle naby sal wees. Dit is natuurlik nou net as jy glo met die geloof wat jou kan red.

  7. Wat ek sien gebeur is: Pa’s skep “redes” om weg te kom (vêr te bly), ouers stel vreemdelinge aan om hul kinders groot te maak, kinders word net soos hul ouers, broers en susters kies afstand ter wille van vrede met mekaar, gemeentes raak groot genoeg dat daar anonimiteit en afstand in getalle kom. Hoe het die vyand nie geroof en plunder tussen die kudde, en Elohim se begeerte van ‘n gesin verdring met ‘n geslag wat wegvlug van nabyheid – iets wat aan die kern van Elohim se begeerte lê. En juis hiervoor het Hy ons die gereedskap vir suksesvolle nabyheid geskenk – die vrug van die Gees.

  8. Voorbeelde van placebo’s vir nabyheid: • Groot groepe mense: • Groot kerke • Baie vriende, sosiale skakeling in groepsverband • Werk, Sport, Vermaak: • Besig met baie dinge, maar nooit naby die hart nie • “Golf-weduwee” • Laat werk (by kantoor of huis) • Internet, films Familie, Huwelik, Gesin, Gemeente

  9. Die woord laat afstand toe, maar….(1) Ter wille van buurmanskap: Gén 13:8 Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers. Gén 13:9 Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan. Tussen man en vrou, slegs met wedersydse instemming, ter wille van vas en bid: 1Ko 7:5Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.

  10. Die woord laat afstand toe, maar….(2) As gevolg van moedswillige en voortgesette sonde, op voorwaarde: Mat 18:14 So is dit nie die wil van julle Vader wat in die hemele is, dat een van hierdie kleintjies verlore gaan nie. Mat 18:15En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; Mat 18:16 maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. Mat 18:17 En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar. Tit 3:9 Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos. Tit 3:10Aan ‘n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning, Tit 3:11 wetende dat so iemand op ‘n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.

  11. Die woord laat afstand toe, maar….(3) Kies om vêr te bly van hulle wat jou verwyder van nabyheid met Elohim: 2Ko 6:14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? 2Ko 6:15 En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? 2Ko 6:16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 2Ko 6:17Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; 2Ko 6:18 en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.

  12. Maar stel die eis dat ons vir mekaar die begeerte vervul wat Elohim mbt ons het – liefde teenoor mekaar net soos Hy teenoor ons. 1Jo 4:11 Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar (net so) lief te hê. 1Jo 4:12 Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword. 1Jo 4:13 Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het. 1Jo 4:15 Elkeen wat bely dat Jahshua die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God. 1Jo 4:16 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom. 1Jo 4:20 As iemand sê: Ek het God lief—en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie? 1Jo 4:21 En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.

  13. Die maatband waarmee JHWH liefde meet – baie kort Jes 40:11 Hy sal sy kudde laat wei soos ‘n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei. Deu 4:7 Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos JAHWEH onse God so dikwels as ons Hom aanroep? Psa 32:9 Wees nie soos ‘n perd, soos ‘n muilesel wat geen verstand het nie, wat ‘n mens moet temmet toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie. Psa 73:28 Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here JAHWEH het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel. Psa 148:14 En Hy het ‘n horing vir sy volk verhef: ‘n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja! Jer 23:23 Is Ek ‘n God van naby, spreek JAHWEH, en nie ‘n God van ver nie? Jer 23:24 Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek JAHWEH. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek JAHWEH. Jer 31:20 Is Efraim vir My ‘n dierbare seun of ‘n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom; daarom is my ingewande oor hom in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, spreek JAHWEH. Jer 31:21 Rig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers, let op die grootpad, die pad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou!

  14. Sonder nabyheid is daar geen sprake van liefde nie Jes 55:6Soek JAHWEH terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. Jes 55:7 Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot JAHWEH bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik. Jes 55:8 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek JAHWEH. Jes 55:9 Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes. Mar 2:4 En toe hulle vanweë die skare nie naby Hom kon kom nie, maak hulle die dak oop waar Hy was, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die bed waar die verlamde op lê, laat afsak. Mar 2:5 En toe Jahshua hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe! Efs 2:13 Maar nou in Christus Jahshua het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Efs 2:14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het Psa 34:17Hulle roep, en JAHWEH hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede. Psa 34:18 Die JAHWEH is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. Psa 34:19 Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red JAHWEH hom.

  15. Betekenisvol dat vaders se harte moet terugkeer na hul kinders om ‘n voorbereide volk te verkry. • Luk 1:16 En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God. Luk 1:17 En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om(hoekom?) die harte van die vaders terug te bring tot (om te draai na) die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om(hoekom?) vir die Here ‘n toegeruste volk te berei.

  16. Hoekom is dit so belangrik? 2Jo 1:1 Die ouderling aan die uitverkore vrou en aan haar kinders— wat ek in waarheid liefhet, en nie ek alleen nie, maar ook almal wat die waarheid leer ken het; 2Jo 1:2 ter wille van die waarheid wat in ons bly en by ons vir ewig sal wees— 2Jo 1:3 genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jahshua Christus, die Seun van die Vader, in waarheid en liefde. 2Jo 1:4Ek was baie bly dat ek van u kinders gevind het wat in die waarheid wandel, soos ons ‘n gebod van die Vader ontvang het. 2Jo 1:5 En nou bid ek u, uitverkore vrou, nie asof ek u ‘n nuwe gebod skryf nie, maar een wat ons van die begin af gehad het: dat ons mekaar moet liefhê.

  17. Dit bestaan nie, tot jy dit nie doen nie! Deu 30:11 Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. Deu 30:12 Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Deu 30:13 Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Deu 30:14Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen. Deu 30:15 Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk. Deu 30:16Wat ek jou vandag beveel, is om JAHWEH jou God lief te hê, in sy weë te wandel Rom 10:8 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: Rom 10:9As jy met jou mond die Here Jahshua bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; Rom 10:10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Rom 10:11 Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

  18. So hoe naby moet ons wees aan mekaar? 1Pe 5:14 Groet mekaar met ‘n kus van liefde. 1Pe 4:8 Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek. 1Pe 4:9Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer. 1Pe 4:11 As iemand spreek (met ‘n ander), laat dit wees soos woorde van God; as iemand (‘n ander) dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word …. Jak 5:16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag. Jak 5:9 Moenie teen mekaar sug nie, broeders….. Jak 4:11 Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Heb 10:24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; Heb 10:25 en laat ons onsonderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan….

  19. Naby aan mekaar Heb 3:13 Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. 1Ts 5:11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen. Kol 3:13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soosChristus julle vergeef het, so moet julle ook doen. Kol 3:9 Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê

  20. Hoe wil ons Vader se liefde dit hê Efs 5:17 Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. Efs 5:18 Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. Efs 5:19Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here, Efs 5:20 terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jahshua Christus, Efs 5:21en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.

  21. Amen

More Related