1 / 143

Wat staan in die Bybel...kom ons vind uit!

Wat staan in die Bybel...kom ons vind uit!. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... Hoe maak mens?. So maak mens: Algemene vrae oor enige iets in die Bybel. Gee net eenvoudig die regte antwoord. Eerste hand op, kry die eerste kans om die antwoord te gee.

alia
Télécharger la présentation

Wat staan in die Bybel...kom ons vind uit!

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Wat staan in die Bybel...kom ons vind uit!

  2. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... Hoe maak mens? • So maak mens: • Algemene vrae oor enige iets in die Bybel. • Gee net eenvoudig die regte antwoord. • Eerste hand op, kry die eerste kans om die antwoord te gee. • As daardie groep se antwoord verkeerd is, gaan ons die volgende groep vra wat hulle hande opgesteek het. • Elke vraag tel een punt, ongeag die hoeveelheid name, of woorde wat genoem moet word. Algemene Bybelkennis

  3. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... 1. Op watter dag is die plante geskep? Dag 3

  4. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... 2. Wie se raad is verydel toe hy vir Absalom wou raad gee? Agitofel – 2 Samuel 17:14

  5. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... 3. Watter gemeente se ouderlinge het Paulus besoek net voordat hy na Jerusalem toe vertrek het om verslag vir die gemeente in Jerusalem te bring oor sy werk onder die heidene? Efese – Handelinge 20 en 21

  6. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... 4. Watter plek het 12 fonteine en 70 palmbome gehad? Elim – Eksodus 15:27

  7. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... 5. Wanneer sy hardloop (met haar vlerke omhoog), lag sy die perd en sy ruiter uit. Wie is dit? Die volstruis – Job 39:21

  8. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... 6. Wat was Kajafas se skoonpa se naam? Annas – Johannes 18:13

  9. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... 7. As daar in Tirus en Sidon die wonderdade gedoen is, wat in hierdie twee dorpe gedoen is, sou hulle hulle lankal in sak en as bekeer het. Watter twee dorpe is dit? Gorasin en Betsaida – Matteus 11:21

  10. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... 8. Wat was die name van Adam en Eva se seuns? Kain, Abel en Set – Genesis 4:2 en 25

  11. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... 9. Watter seemonster het God gemaak as sy speelding? Leviatan – Psalm 104:26

  12. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... 10. Watter Fariseër het eenkeer in die aand na Jesus toe gegaan? Nikodemus – Johannes 3:1

  13. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... 11) Watter Rigter was linkshandig? Ehud (Rigters 3:15)

  14. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... 12) Waarmee het die Here vir Resin en Peka vergelyk in Jesaja 7:4? Twee stukke brandhout.

  15. Die vinnigste, korrekte antwoord kry die punt.... 13) Op watter berg het Elia die Baälprofete uitgedaag in 1 Konings 18? Berg Karmel

  16. Pas die pa’s by die seuns...hoe maak mens? • So maak mens: • Elke keer word daar gevra: wie was... se pa OF wie was... se seun? • Daar word elke keer vier opsies gegee. • Gee die regte een. • Eerste hand op, kry eerste `n beurt. • Elke antwoord tel een punt – waar daar dus twee antwoorde gegee moet word, tel die vraag twee punte.

  17. Pas pa’s by seuns... 1. Wie was Moses se pa? Merari Amram Korag Reüel Amram Eksodus 6:19

  18. Pas pa’s by seuns... 2. Wie was Sebedeus se seuns? Petrus en Andreas, Honfi en Pinehas, Jakobus en Johannes of Bildad en Elihu. Jakobus en Johannes Matteus 4:21

  19. Pas pa’s by seuns... 3. Wie was Sem, Gam en Jafet se pa? Noag, Agan, Dawid, Salomo Noag Genesis 6:10

  20. Pas pa’s by seuns... 4. Watter twee seuns is nie seuns van Jakob nie? Gad, Efraim, Manasse, Issaskar Efraim en Manasse Genesis 48:1

  21. Pas pa’s by seuns... 5. Wie was Samuel se pa? Elkana, Efraim, Boas, Elimelek Elkana 1 Samuel 1:19-20

  22. Pas pa’s by seuns... 6. Wie was koning Asa se seun? Josafat, Abia, Hiskia, Manasse Josafat 2 Kronieke 17:1

  23. Pas pa’s by seuns... 7) Wie was Hofni en Pinehas se pa? Eli, Elia, Elisa, Elkana Eli 1 Samuel 2:34

  24. Pas pa’s by seuns... 8) Wie was Abraham se pa? Tera, Abimelek, Amram, Isak Tera Genesis 11:31

  25. Pas pa’s by seuns... 9) Wie was Metusalag se seun? Mahalalel Jetro Lameg Henog Lameg (Genesis 5:25)

  26. Pas pa’s by seuns... 10) Wie was Obed se pa? Isai Boas Elimelek Peres Boas (Rut 4:21)

  27. Four-in-one....which one?Hoe maak mens? • So maak mens: • By elke vraag is daar vier name, diere of enige ander voorwerp. • Een van hulle pas of pas nie... • Watter een is dit??? • Elke regte antwoord, kry een punt.

  28. Four-in-one....which one? 1. Hoe is die son as hy opkom? A) Soos `n bruidegom uit sy slaapkamer, B) `n Ruiter op sy oorlogsperd, C) `n Leeu met sy prooi, D) `n Koning met sy weermag by hom A) Psalm 19:6

  29. Four-in-one....which one? 2. Watter een van hierdie name was nie `n stamgebied in Israel nie? A) Juda, B) Issaskar, C) Efraim, D) Levi D) Numeri 3

  30. Four-in-one....which one? 3. Watter wonderwerk het Jesus in Kana gedoen? A) Brood en vissies vermeerder, B) Die water in wyn verander, C) `n Blinde laat sien, D) `n Bose gees uitgedryf B) Johannes 2:1-12

  31. Four-in-one....which one? 4. Watter een van hierdie riviere het nie deur die tuin van Eden gevloei nie? A) Tigris, B) Eufraat, C) Pison, D) Parpar D) Genesis 2:11-15

  32. Four-in-one....which one? 5. Watter see word nie in die Bybel genoem nie? A) Die Middelandse See, B) Die Skelfsee, C) Die Swart see, D) Die Rooi see. C)

  33. Four-in-one....which one? 6. Watter een van hierdie vier berge is nie in Israel nie? A) Sion, B) Karmel, C) Nebo, D) Hermon C) Deuteronomium 34

  34. Four-in-one....which one? 7. Watter een van hierdie vier dinge stap nie statig nie, terwyl die ander drie doen? A)`n Bokram, B) `n Leeu, C) `n Spoghaan of D) `n Oorlogsperd D) Spreuke 30:29-31

  35. Four-in-one....which one? 8) Watter een van hierdie vier was nie een van Jesus se twaalf dissipels nie? A) Matteus, B) Mattias, C) Simon, D) Taddeus B) Matteus 10:1-4

  36. Four-in-one....which one? 9) Watter een van hierdie vier het sy hand in Jesus se sy gesteek na Jesus se opstanding? A) Tomas, B) Petrus, C) Johannes, D) Jakobus A) Johannes 20:26-31

  37. Four-in-one....which one? 10) Watter een van hierdie vier goed het nie baie wysheid nie, terwyl die ander drie wel het? A) Geitjie, B) Skerpioen, C) Miere of D) Dassies B) Spreuke 30:24-28

  38. Four-in-one....which one? 11) Watter een van hierdie vier wonders het Jesus nie gedoen nie? a) Wek Lasarus uit die dood op; b) Genees `n man by die tempelpoort van die Mooipoort; c) Genees `n man met `n gebreklike hand; d) Genees `n man met `n velsiekte. B) Handelinge 3:2

  39. Four-in-one....which one? 12) Watter een van hierdie vier gemeentes in Openbaring is nie vermaan nie? a) Pergamum b) Tiatira c) Filadelfia d) Laodisea C) Openbaring 3:7-13

  40. Raai...raai...riepa! Hoe maak mens? • So maak mens: • Elke raaisel gee `n leidraad na `n naam of dier in die Bybel. • Moenie bekommer oor spelling nie...vra eerder hoe die woord klink! • Dalk `n bietjie soet, dalk `n bietjie stout, maar dit sal jou by die antwoord uitkry! • Ontsyfer hierdie raaiseltjie eerste, gee die regte antwoord en jou span is een punt ryker! • Voorbeeld: • Raaisel: Moenie hier kerm en kla nie... • Antwoord: Daniël.

  41. Raai...raai...riepa! 1. Die man wat deur die vis uitgespoeg is lê op die strand en brand in die son. Jonatan

  42. Raai...raai...riepa! 2. Gewoontlik melk mens haar, maar waar sy nou is gaan dit bietjie moeilik wees. Seekoei

  43. Raai...raai...riepa! 3. Lê daarop terwyl jy daardie grond gereedmaak om eendag te oes. Betsaida

  44. Raai...raai...riepa! 4. Hierdie manlike beeste is gevlek... Kolosse

  45. Raai...raai...riepa! 5. Verstaan jy dat jou snoetjie koud kry? Onesimus

  46. Raai...raai...riepa! 6. Maak só wanneer daardie skip seergekry het Damaskus

  47. Raai...raai...riepa! 7. Die Oosterse oefening wat jy op `n slaapplek doen. Jogabed

  48. Raai...raai...riepa! 8. Hierdie rydier is nie baie fluks nie.... Luiperd

  49. Raai...raai...riepa! 9. Die moederlike songod is baie bitter. Mara

  50. Raai...raai...riepa! 10. Ontspan so bietjie, die knaagdier kielie die manlike bees hiermee... Ahasveros

More Related