1 / 26

Verantwoordelike vernuwing in die ekonomie

Verantwoordelike vernuwing in die ekonomie. Stan du Plessis Departement Ekonomie Universiteit van Stellenbosch 25 Augustus 2009. Opsomming. Ons gaan praat oor: Die aard van ‘n moderne ekonomie, die geleenthede wat ditbied en die uitdagings wat dit stel

alissa
Télécharger la présentation

Verantwoordelike vernuwing in die ekonomie

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Verantwoordelike vernuwing in die ekonomie • Stan du Plessis • Departement Ekonomie • Universiteit van Stellenbosch • 25 Augustus 2009

  2. Opsomming • Ons gaan praat oor: • Die aard van ‘n moderne ekonomie, die geleenthede wat ditbied en die uitdagings wat dit stel • Die interne en eksterne bates wat waardevol is in ‘n moderne ekonomie • En julle gaan saamdink oor hoe ons hierdie bates in die konteks van ons eie ekonomie kan ontwikkel en aanwend

  3. Biskop Huber • Etlike jare gelede het ek ‘n gaslesing op Stellenbosch bygewoon deur die bekende Lutherse biskop Wolfgang Huber van Berlin • Hy het sy lesing met die volgende stelling afgeskop: “Ons sal almal saamstem dat ons in ‘n era van toenemde materiële en morele verval leef...” • Ek het na diegehoor gekyk terwyl hy hierdie bewering gemaak het • …en letterlik die hele gehoor het entoesiasties en instemmend hulle koppe geknik • Daardie konsensus het my die getref en ontnugter

  4. ‘n Paar indrukwekkende feite

  5. Die beste dekade nog ooit • Ten spyte van die huidige finansiële krisis geniet die mensdom, kollektief, tans die mees vooruitstrewende dekade in ons geskiedenis • Ekonomiese groei was nie net vinnig in China, Indië, Rusland ens nie… • Maar ook in sub-Sahara Afrika, waar talle lande ekonomise groei vinniger as 5% per jaar (en meer) gehandhaaf het • Gemeet per capita het ons nog nooit vooruitgang gesien teen die tempo van die afgelope dekade nie, en ook nie vooruitgang wat so wyd gedeel is nie

  6. Voorbeeld: Wat het met armoede gebeur (1) • Kom ons beskou die armoedelyn by 1$ per dag • As u die horlosie terug sou draai na die vroeë 19e eeu sou u vind dat omtrent 1 biljoen mense in knellende armoede geleef het en hulle was omtrent 80% van die wêreld se totale bevolking • (ons kan n duisend verder terug gaan en sal nagenoeg dieselfde situasie vind)

  7. Voorbeeld: Wat het met armoede gebeur (2) • Kom ons beweeg die horlosie nou aan tot 1970: nou vind ons dat 38% van die totale bevolking, of 1.4 bljoen mense, in knellende armoede leef • Teen 1990 was daar steeds 1.4 biljoenmense in armoede, maar die bevolking het intussen so gegroei dat die proporsie armes tot 26% gedaal het. Op daardie stadium het die VN besluit om die doelwit te aanvaar dat daardie armoede-proporsie teen 2015 moet halveer

  8. Voorbeeld: Wat het met armoede gebeur (3) • Teen die jaar 2000 het die armoedekoers reeds tot 19% dedaal en het die absolute getal armes ook vir die eerste keer begin daal (tot 1.2 biljoen); al het die totale bevolking steeds gegroei • Ten spyte van die huidige resessie is die doelwit om die 1990 armoedekoers teen 2015 te halveer binne trefafstand! • Ons het ‘n gans nuwe tydsgewrig betree!

  9. My Oupa- en Ouma-grootjie Filippus Jacobus & Engela Johanna Maria du Plessis

  10. My Oupagrootjie se ouers Dirk Johannes & Elizabeth du Plessis

  11. Vir hierdie paartjies, soos vir bykans die hele geskiedenis, het kinders dieselfde lewens as hulle ouers gelei en hulle het welvarend geword (wanner dit gebeur het ,, en dit maar selde) deur meer insette te vergader, meer land meer beeste, meer arbeid. Flip en Engel het ook op hierdie manier vooruit gegaan; en uiteindelik hulle buurplaas gekoop en so uitsette vergroot deur meer insette in n min of meer lineêre patroon. Dit is dieselfde model waarvan ons in die Ou Testament lees • Maar hierdie model het ooglopende beperkings. Nie almal in Prins Albert kon langs hierdie weg welvarend word nie; te min plase en te min arbeid. Ons kan ons nie indink hoe almal van hulle 6 keer ryker kon word in die eeu sedert 1900 nie. En tog, dit is presies wat met die inkomste van die gemiddelde Suid-Afrikaner gebeur het, en my familie het heelwat beter as die gemiddelde gedoen. Maar selfs hierdie 6-voudige toename is beskeie teen die 30 voudige toename wat in inkomste tussen huidige inwoners van Hong Kong en hulle grootouers (nie oupagrootjies nie, maar oupas). 30 voudig tussen Oupa en kleinkind. • Die ou model van Flip en Engela en Abraham en sy seuns, om ryker te word deur meer insette bymekaar te maak, kan ons help om miskien n verdubbeling van inkomste te verstaan, maar ‘n 6 voudige toename? Wat van ‘n 30 voudige toename in 3 geslagte?

  12. The numbers are mind-boggling, so I brought a picture to show you what they mean. There are two Asian countries that share a peninsula, that share a language, culture and history, that were equally and miserably poor as recently as the end of the Second World War. But since then, the average income in one of these countries have risen by a factor of 24, while it has at best doubled or trippled (if that) in the neighbouring country (Maddison, 2003). • I am talking about North and South Korea. The satellite picture shows the Korean peninsula at night and the contrast between a country living the industrial revolution, and its neighbour who is still living their (and our) shared past. Until the industrial revolution, all of history resembled the North Korean night. • How could such contrast emerge?

  13. Let me return to what I said about the old model of getting richer, that is: using more inputs, typically capital, labour and land. It is one of the great discoveries of modern economic science that the tremendous rise in income witnessed since the eve of the industrial revolution cannot be attributed to using more land, or to a more intensive exploitation of workers, or even to a rapid accumulation of capital; even if a market based system is usually called capitalism. • Economists have tested these rival hypotheses and the data supports the argument that the bulk of long run growth in per person terms since the industrial revolution can be attributed to working smarter (that is, working more productively), not harder or with more inputs. We work more productively when we specialise, and when we have been trained, not just to do a given task, but when we learn to learn, and we use technological inventions to improve the productivity of our labour (for example, Landes, 1998, 2003). • But this is not easy, to work smarter we have to co-operate. And for that we need markets (Hayek, 1945[1984]). If you didn't realise this before, just look at the picture to see the contrast between market organisation on the one hand and centralised planning on the other. And Deirdre McCloskey is right that decentralised market co-operation cannot occur where bourgeois values are not in the ascendency (McCloskey, 2006). • Even Maddison does not have data for North Korean GDP per capita. But I have taken the burmese experience as a proxy for North Korea.

  14. Ekonomiese ontwikkeling “Ekonomiese ontwikkeling vind plaas wanneer ‘n meerderheid van mense positiewe veranderings ervaar in die moontlike lewens wat hulle vir hulsef en veral hulle kinders verwag. Die verandering vind plaas deur spesialisering en dus produktiwiteit. En hierdie nuwe visie moet invloedryk genoeg wees om gedrag te verander (bv die aantal kinders per gesin en die hoop wat in die kinders investeer word) en veral hoe die ouers kies om hulle tyd te spandeer” (Robert Lucas, 2002)

  15. Werk slimmer, nie harder nie • Ekonomiese ontwikkeling verander nie net die samelewing nie, maar onsself ook • In hierdie proses word ons mense mens met ‘n toekomsgerigtheidwat uiting vind in die tipe lewens wat ons vir onsself, maar veral vir ons kinders, in die vooruitsig stel • Terwyl hierdie proses atomisties kan voel en angs meebring, bind dit ons in werklikheid veel nouer aan mekaar as tevore. Dit is letterlik waar dat niemand in ‘n industriële samelewing vir haarself kan sorg nie • Hierdie interanfhanklikheid(selfs van vreemde mense) vra uitgebreide samewerking. Dit is hierdie samewerking wat markte by uitstek teweeg bring en waar die dryfkrag nooit net gierigheid of suinigheid is nie

  16. Wat is markte? • Markte verwys na al ons gedesentraliseerde samewerking • ... en lyk nie noodwendig soos die stereotipes wat julle hier sien nie • Die aard van markte is kompleks en die samewerking ontluik spontaan agv die terguvoereffek wat pryse en hoeveelhede bring. Ons noem hierdie terugvoereffek kompetisie

  17. Maar hoe gaan dit met Christene en markte?

  18. Die droewige “dismal” wetenskap • Ek praat telkens by kerke waar die veronderstelling is dat markte (of kapitalisme), nie net die rykes ryker maak deur die armes verder te verarm nie, maar ook dat ‘n ryke sy siel in die proses prysgee. • Weet ek nie dat dit makliker sal wees vir ‘n kameel om deur die oog van n naald te gaan nie…? • En weet ek nie dat vroeë Christene (of so word ons vertel) proto-sosialiste was nie? • En het Biskop Huber nie names redelike mense gepraat toe hy sy konsensus oor die materiële en morele effekte van moderne markte geformuleer het nie? • En hoe kan ek “’n Christen en ‘n ekonoom wees” soos ‘n ernstige vraag tydens ‘n beursonderhoud as student dit aan my gestel het?

  19. Die droewige “dismal” wetenskap • Ek antwoord met ‘n storie: In die vroeë 19e eeu was die veronderstelling anders. Ekonome en Christenleiers het destyds saamgespan vir bv. die stryd teen slawerny • Tydens daardie stryd het Carlyle na ekonomie as n “droewige” wetenskap begin verwys. Dit was droewig vir Carlyle, omdat ekonome gereken het dat vrygestelde slawe prduktiewe en selfs deugsame lewens in die lig van hulle eie rede en gewete sou kon lei • Dit was sedertdien gewild om aan ekonome as ‘n verskralende wetenskap te dink wat alles na Rande en Sente wil reduseer • Maar hierdie is ‘n foutiewe beeld van ekonomie, en veral van markte

  20. Markte en waardes • Markte soos ek hulle beskryf het draai nie hoofsaaklik om gierigheid nie • Om saam te kan werk moet ander personse soos mense behandel en respekteer; ons het deugde nodig: • Onder hierdie deugde tel ek: Geloof, hoop en liefde, barmhartigheid, geregtigheid, durf, soberheid en verantwoordelikheid • En ekonome argumenteer al sedert Adam Smith dat marksamewerking ‘n gesonde dosis van hierdie deugde nodig het

  21. Verantwoordelike vernuwing • Ons is hier vir ‘n werkswinkel om te gesels oor die bates wat ons op die pad van verantwoordelik vernuwing kan help • En hierdie bates gaan jou ook (en veral jou kinders) help om slimmer eerder as harder te werk • Onthou die lewe van die industriële samelewing behels • (i) spesialisasie (ii) interafhanklikheid en (iii) toekomsgerigtheid

  22. Eksterne bates • Dit is die omgewing waarbinne ons met mekaar moet saamwerk. • Jongmense moet leer hoe om met ander saam te werk, en ook hoe om die netwerk van samewerking te versterk • Ons leer hierdie samewerking eerstens in ons gesin; waar ons familie ons ondersteun(en veral aanmoedig om nuwe dinge te probeer en te presteer), waar ons leer wat die grense vir gedrag(positief en negatief) en leer wat die krag is van samewerkingen ‘n hoopvolle verwagtingoor die toekoms • Hier lesse word op skool versterk waar ons samewerking moet uitkringna vriende, na kennise en na onbekendes en selfs na professionele verhoudings. Dit is ook op skool waar ons leer spesialiseeren kreatiefwees; waar ons leer om ander lewens as ons ouers te lei.

  23. Interne bates • Ons het hierdie bates nodig om deurlopend met ander te kan saamwerk en om ons optimisme en toekomsperspektief te handhaaf: • Kern deugde: met eerlikheid, integriteit, selfbeheersingen verantwoordelikheidis ons betroubare persone om mee saam te werk. Daarsonder sukkel ons. Marksamewerking vra nie net hiedie deugde nie, maar kweek dit selfs • Sosiale vaardighede: Die interafhanklike lewe in ‘n modern tyd vra dat ons: kan beplanen in ‘n span werk, konflik kan hanteeren sensitiefsal wees vir konteks • Identiteit: Die vinnige pas van veranderingskep groot emosionele druk. Jy moet weet wie jyis en waarheen jy oppad is. Hierdie identiteit moet oop wees vir verandering en op die toekoms gerig wees

  24. Die einde

More Related