1 / 32

Offer aan My

Offer aan My. ….’n ewige insetting vir julle…. Eks 29:18 Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek . Dit is ‘n brandoffer aan JAHWEH; ‘n lieflike geur, ‘n vuuroffer is dit aan JAHWEH.

efia
Télécharger la présentation

Offer aan My

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Offer aan My ….’n ewige insetting vir julle….

  2. Eks 29:18 Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Dit is ‘n brandoffer aan JAHWEH; ‘n lieflike geur, ‘n vuuroffer is dit aan JAHWEH. Lev 23:14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke. Lees ook Eks 29:15-25

  3. “ ‘n ewige insetting”

  4. Ons assosieer “offer” met die verlede – die Ou Testament.

  5. ‘n Transaksie - • Vernietig altyd die waarde van die voorwerp vir die een wat die transaksie aangaan • Bied vervangende waarde wat gelyk of meer is as die inset waarde van die transaksie • Daar is dus ‘n uitruiling wat plaasvind – my waarde vir jou waarde, en albei word bevoordeel. ‘n Transaksie, as ons dit in wiskunde sou uitbeeld, sou wees: My (lam waarde) = Koper (geld waarde) Dit maak logiese sin vir die mens

  6. ‘n Offer - • Vernietig altyd die waarde van die voorwerp vir die een wat die offer bring • Bied geen sigbare vergoeding aan die een wat die offer bring nie • In die meerderheid gevalle, bring dit ook geen waarde toe aan die een tot wie daar geoffer word nie ‘n Offer, as ons dit in wiskunde sou uitbeeld, sou wees: My (lam waarde) + Vuur = God (lam waarde) , en aangesien Vader geen nut het aan die intrinsieke waarde van offers nie, is die God (lam waarde) = 0, dus: My (lam waarde) + Vuur = 0. Dit maak geen logiese sin vir die mens nie

  7. 1Ko 2:12 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 1Ko 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk (=). 1Ko 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 1Ko 2:15 Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. 1Ko 2:16 Want wie het die sin (som) van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin (som) van Christus.

  8. Dis omdat ons nie appels met appels vergelyk nie – Glo julle dit?

  9. Eerste offers • Kain en Abel (Gen 4:3-4) • Noag na die vloed (Gen 8:20) • Abram in Sigem en toe in Bet-el (Gen 12) • Abraham in Moria met Isak as offer (Gen 23) Wet van Moses se offers • Daaglikse offers • Feestyd offers • Seisoenaal – oestyd offers • Jaarlikse offers • Geleentheid's offers

  10. Was die laaste offer dan.... Jahshua?

  11. Agtergrond: Psa 50:14OfferH2076 unto GodH430 thanksgiving;H8426 and payH7999 thy vowsH5088 unto the most High:H5945 H2076zaw-bakh‘A primitive root; to slaughter an animal (usually in sacrifice): - kill, offer, (do) sacrifice, slay. • G4374 pros-fer'-o From G4314 and G5342 (including its alternate); to bear towards, that is, lead to, tender (especially to God), treat: - bring (to, unto), deal with, do, offer (unto, up), present unto, put to. Die hoe - Die hoekom - Brandoffer (vuuroffer) Slagoffer Beweegoffer Hefoffer Reukoffer Drankoffer Spysoffer Sondoffer Dankoffer Lofoffer Paasoffer (Exo 12:27) Feesoffer Wydingsoffer Gedenkoffer In die vorm van -

  12. Aangesien Jahshua geoffer is, het ons nie meer nodig om te offer nie!

  13. Heb 9:6 En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters wel gedurig in die eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul, Heb 9:7 maar in die tweede die hoëpriester alleen, een maal in die jaar, nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid begaan— Heb 9:8 waarmee die Heilige Gees dít duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie(maar die weg is geopen met die afskaffing van die eerste tabernakel) .Heb 9:9 Dit was ‘n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome kan maak nie, Heb 9:10 omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling. Heb 9:11Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, Heb 9:12 ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring (daar is dus nie weer ‘n offer nodig vir verlossing en sonde vergifnis nie) . Heb 9:13 Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ‘n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, Heb 9:14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien. Heb 9:15 En daarom is Hy Middelaar van ‘n nuwe testament, sodat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.

  14. Nie vir sonde nie – Heb 10:18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie. Heb 10:26 Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, Heb 10:27 maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer. Maar alle offers was nie ter wille van sonde en vergifnis nie! Daar was vele offers wat niks met sonde te doen gehad het nie – soos byvoorbeeld al Abraham se offers.

  15. Wat van: Dankoffer Lofoffer Paasoffer (Exo 12:27) Feesoffer Wydingsoffer Gedenk (gelofte) offer

  16. Abraham se brandoffer Gén 22:1 Ná hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! Gén 22:2 Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys. Gén 22:7 Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir ‘n brandoffer? Gén 22:8 En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir ‘n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop. Gén 22:9 Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit. Gén 22:10Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag. Gén 22:11 Maar die Engel van JAHWEH het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! Gén 22:12 En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.

  17. Abraham se offer was nie ‘n “wettiese” offer, maar ‘n geloofsdaad. Gal 3:5 Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? Gal 3:6Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken. Gal 3:7 Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. Gal 3:8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. Gal 3:9 Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.

  18. ‘n Offer in demonstrasie van geloof – ‘n proefoffer

  19. Proefoffers van die geloof Heb 11:17Deur die geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer, Heb 11:18 aan wie gesê is: In Isak sal jou nageslag genoem word—want hy het gereken dat God mag het om selfs uit die dode op te wek; Heb 11:19 daaruit het hy hom ook, om so te spreek, terug ontvang.

  20. Alle offers is nie aanvaar nie... Heb 11:4Deur die geloof het Abel ‘n beter offer aan God gebring as Kain, waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was, omdat God oor sy gawes getuienis gegee het; en deur dieselfde geloof spreek hy nog nadat hy dood is.

  21. Wanneer ‘n mens geoffer word Eks 22:29 Die offer uit jou volle opbrings en jou parskuip mag jy nie terughou nie. Die eersgeborene van jou seuns moet jy aan My gee.Eks 22:30 Jy moet dieselfde doen met jou beeste en jou kleinvee: sewe dae moet dit by sy moeder wees; op die agtste dag moet jy dit aan My gee. Eks 22:31En julle moet vir My heilige mense wees. Daarom mag julle nie vleis eet wat in die veld verskeur is nie. Julle moet dit vir die honde gooi.

  22. Is hierdie offer afgeskaf – die mense offer wat eis dat “julle moet heilige mense wees”?

  23. Mense moet steeds geoffer word! Rom 12:1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig (word afgesonder en heilig / anders)nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. Fil 2:17 Maar al word ek as ‘n drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening van julle geloof, verbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal; Fil 2:18 en om dieselfde rede moet julle ook bly wees en julle saam met my verbly.

  24. ‘n Belofte is die basis van offer verwagting Heb 6:13 Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer Heb 6:14 en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder.

  25. Want as jy ophou offer het, is jou geloof redding nie werd nie – jy glo dan nie die belofte nie!

  26. Jak 2:17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood. Jak 2:18 Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. Jak 2:19 Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. Jak 2:20 Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is? Jak 2:21Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? Jak 2:22 Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?Jak 2:23 En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem. Jak 2:24Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?

  27. ‘n Geloof sonder offers? So ‘n geloof kan jou nie red nie!

  28. Die intrinsieke waarde van die offer kan jou nie red nie – dit is van geen nut vir Jahweh.Die bewys van geloof vasgelê binne die bring van ‘n offer, dit sal jou red.

  29. ‘n Optrede wat verarm en die natuurlike mens geen voordeel bied, en wat geen nut het vir die God aan wie dit gerig is – maar wat gedoen word omdat ek glo wat Jahweh gesê het, dit is ‘n offer aan Jahweh.

  30. Wat sal ek dan offer in hierdie tyd? Vra eers – wat is die belofte? Jou offer is dit wat bewys jy glo Jahweh se belofte Dit het normaalweg NIKS met logika te doen nie, maar net met “kinderlike” geloof – jy doen dit net omdat Vader so sê!

  31. My volk, oordeel en offer Psa 50:1 ‘n Psalm van Asaf. Die God van die gode, JAHWEH, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe. Psa 50:2 Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans. Psa 50:3 Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig. Psa 50:4Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel: Psa 50:5Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit! Psa 50:6 En—die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela. Psa 50:7Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God! Psa 50:8Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My. Psa 50:9Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie; Psa 50:10 want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende. Psa 50:11 Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My. Psa 50:12As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid. Psa 50:13Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink? Psa 50:14Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; Psa 50:15en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer. Psa 50:16 Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond— Psa 50:17 terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp? Psa 50:18 As jy ‘n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers. Psa 50:19 Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog. Psa 50:20 Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy. Psa 50:21 Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel. Psa 50:22 Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie. Psa 50:23Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.

  32. Amen Gaan en offer sodat jou geloof sigbaar kan word uit jou werke

More Related