1 / 23

WET NO. 101 VAN 1998: NASIONALE WET OP VELD- EN BOSBRANDE Oorsig

WET NO. 101 VAN 1998: NASIONALE WET OP VELD- EN BOSBRANDE Oorsig. Watter afdelings van die wet is reeds in werking Sleutelkenmerke van die wet Inleiding tot brandbeskermingsverenigings. Nasionale Veld- en Bosbrandewet.

gilda
Télécharger la présentation

WET NO. 101 VAN 1998: NASIONALE WET OP VELD- EN BOSBRANDE Oorsig

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. WET NO. 101 VAN 1998: NASIONALE WET OP VELD- EN BOSBRANDE Oorsig • Watter afdelings van die wet is reeds in werking • Sleutelkenmerke van die wet • Inleiding tot brandbeskermingsverenigings

  2. Nasionale Veld- en Bosbrandewet Hoofstukke reeds vanaf 1 April 1999, 2 Julie 1999 en 1 Augustus 2003 in effek: • Hoofstuk 1: ‘Inleidende Bepalings’ • Hoofstuk 2: ‘Brandbeskermingsverenigings’ • Hoofstuk 4: ‘Voorkoming van Veldbrande - Brandstroke’ • Hoofstuk 5: ‘Brandbestryding’ • Hoofstuk 6: ‘Administrasie van Wet’ • Hoofstuk 7: ‘Misdrywe en Strawwe’ • Hoofstuk 8: ‘Afdwinging’ • Hoofstuk 9: ‘Algemene en Oorgangsbepalings’

  3. Hoofstuk - nie in werking Hoofstuk 3: ‘Brandgevaaraanslag’ ’n Nasionale Brandgevaaraanslag word ontwikkel en sal in werking tree nadat dit gefinaliseer is.

  4. Wat is die doel van die NV&BB Wet? ‘om veld-, bos- en bergbrande dwarsdeur die Republiek te voorkom en te bestry.’ (s1(1)) Sleutelkenmerke van die NV&BB Wet Die wet lê klem op die volgende: • Verantwoordelikheid van die Grondeienaar • Samewerking in terme van Brandbestuur en voorkoming van Brande (deur BBVs) • Nasionale Brandgevaaraanslagstelsel • Gereedheid om brande te bestry

  5. Verantwoordelikheid van die Grondeienaar Die Wet voorsien vir verenigings, metodes en praktyke om effektiewe brandbestuur te bereik Alhoewel: • dit plaas ’n verpligting op elke grondeienaar waar daar ’n veldbrandgevaar heers om sekere voorsorgmaatreëls toe te pas om veldbrande te voorkom en te bestry (bv. brandstroke en voorbereiding teen vure) Die gees van die Wet is om: • grondeienaars te bemagtig om aan te sluit by BBVs wat aansienlike magte het in terme van die Wet

  6. Brandbeskermingsverenigings BBV kan gevorm word deur enige groep eienaars om: • veld en bosbrande te bestuur deur samewerking in ’n area waar daar ’n betreklike eenvormige vuur regime bestaan ’n BBV moet: • ‘n veldbrandbestuurstrategie vir sy gebied ontwikkel en toepas • reëls maak wat sy lede bind • aspekte van brandvoorkoming en brandbestryding hanteer • die gesamentlike bestuur van bos- en veldbrande verbeter

  7. Nasionale Brandgevaaraanslagstelsel Die Wet voorsien vir ’n Brandgevaaraanslagstelsel om as ’n effektiewe waarskuwings, voorkomings en beperkingsmiddel ten opsigte van vure te dien Die land sal in afsonderlike streke verdeel word op grond van ’n eenvormig genoeg brandgevaar om ’n enkele aanslag te regverdig wat vir die streek sinvol is Indien brandgevaar as hoog bereken word, moet die Minister ’n waarskuwing publiseer via die media, om ’n absolute verbod te plaas op die aansteek, gebruik of instandhouding van vure in die ope lug

  8. Gereedheid om brande te bestry Waar daar ’n redelike gevaar bestaan dat ’n veldbrand kan ontstaan of versprei vanaf ‘n grondeienaar se eiendom: • moet grondeienaars ’n brandstrook maak en in stand hou aan sy/haar kant van die grens tussen sy/haar grond en aangrensende grond • moet grondeienaars toerusting, opgeleide personeel en beskermende klere hê om ten alle tye brande te kan bestry • moet grondeienaars in sy/haar afwesigheid ’n verantwoordelike persoon aanstel om op te tree op sy/haar onthalwe in tye van ‘n vuur Grondeienaars het ’n plig indien brande op sy/haar grond of aangrensende grond eiendom, die omgewing of lewens bedreig om: • aksie te neem om die brand te bestry • eienaars van aangrensende grond in kennis te stel

  9. Redes vir BBV’s • Samewerking tussen grondeienaars word vereis vir die effektiewe bestuur en voorkoming van veldbrande • Die regering kan nie die pligte en verantwoordelikhede van grondeienaars vir brandbeskerming oorneem nie. Die Wet plaas dus die verantwoordelikheid op grondeienaars.

  10. Voordele van BBV’s (1) • Samewerking om veldbrande te voorkom en te bestry • Kostebesparing deur duplisering van dienste te vermy • Afdwingbare reëls van die BBV om lede te beskerm • BBB’s bemagtig om bepalings van die Wet en die reëls af te dwing • Advies en bystand aan lede • Verbeterde kommunikasie tussen lede • Verbeterde kommunikasie tussen lede en die Minister en ander rolspelers

  11. Voordele van BBV’s (2) • Moontlike verligting van sekere voorsorgmaatreëls bv. brandbane • Verlaagde risiko van veldbrande • Verbeterde posisie om te kan onderhandel • Moontlike afnames in versekeringspremies • Moontlike hulp vanaf die Minister • Lede sal nie as nalatig beskou word in siviele eise vir skadevergoeding nie, nalatigheid sal eers bewys moet word

  12. Kostes betrokke • Daar sal kostes wees met die stigting en instandhouding van die BBV: • Kostes met die reël van vergaderings en die bestuur van die BBV • BBVs moet aan die Minister statistieke oor brande en inligting, benodig vir die brandgevaaraanslagstelsel, rapporteer • BBB en ander amptenare mag moontlik betaal moet word bv. vervoerkostes om lede se grond te ondersoek • Administratiewe kostes vir instandhouding van die BBV

  13. Kostes vs Voordele • BBV behoort nie gestig te word waar sy kostes die voordele wat dit aan lede bied oorskry nie. • BBVs behoort koste voordelig te wees. • BBVs behoort slegs gestig te word in areas waar die gevaar van veldbrande die koste om die BBV te organiseer en in stand tehou regverdig • Die geregverdigde vlak van gevaar moet plaaslik geoordeel word. • bv.die gevaar van veldbrande in die Kaapse Skiereiland a.g.v. die stedelike gebied aangrensend tot die berg is so geweldig dat die stigting van ’n BBV koste voordelig sal wees

  14. Wanneer mag ’n BBV gestig word? • Artikel 3 van die Wet maak dit moontlik vir enige groep eienaars wat wil saamwerk om veldbrande te voorspel, te voorkom, te bestuur en te blus om ’n BBV te vorm.

  15. Wie is ‘n “eienaar”? • “Eienaar” het die gemeenregtelike betekenis van die woord en sluit in: • Enige grondeienaar met ‘n titelakte vir eiendom • Huurder • Enige persoon wat grond beheer onder ’n kontrak • huur is ‘n tipe kontrak • Enige persoon wat grond beheer onder ’n wet • Bv.bestuurders van Staatsbosse wat grond bestuur onder die Nasionale Bosbouwet

  16. Wie is ‘n “eienaar”? • Enige persoon wat grond beheer onder ’n testamentêre dokument • Enige persoon wat grond beheer onder bevel van ’n Hoë Hof • Die uitvoerende liggaam van ’n gemeenskap ingestel kragtens sy grondwet, wette of gebruike • ’n Minister, of persoon deur hom/haar gemagtig, waar die grond Staatsgrond is en nie deur iemand anders beheer word nie

  17. Wie is ‘n “eienaar”? • ’n Lid van die uitvoerende raad of ’n persoon deur hom/haar gemagtig, waar die grond provinsiale grond is en nie deur iemand anders bestuur word nie • Hoof uitvoerende beampte van enige plaaslike owerheid of ’n persoon wat deur hom/haar gemagtig is

  18. Lidmaatskap is vrywillig vir sekere grondeienaars • Lidmaatskap tot BBVs is vrywillig vir grondeienaars. • Die rede hiervoor is: • Die reg tot vryheid van assosiasie volgens die Grondwet. • Grondeienaars moet besliste & vasstaande besluite maak om saam te werk binne die BBVs.

  19. Wie word verplig om aan te sluit? • Eienaars van • Staatsgrond • Munisipale grond waar ’n brandweerdiens is moet aansluit by ’n BBV indien daar een in sy gebied gevorm word. • Staatsgrond beteken • nasionale of provinsiale grond • grond in trust gehou deur die Minister van Grondsake of die Ingonyama Trust • uitgesluit grond wat aan ’n plaaslike owerheid behoort

  20. Grense van ’n BBV • Artikel 3: ’n BBV kan gevorm in ’n gebied wat relatief eenvormig is ten opsigte van: • gereeld veldbrande ondervind • risiko van veldbrand • klimaatstoestande • tipes bosse of plantegroei

  21. Grense van ’n BBV • Vorm BBVs slegs waar hulle definitief benodig word. • Die gebied van die BBV moet optimaal wees. Bo ’n seker perk sal die gebied of die aantal lede te groot wees vir die BBV & die BBB om hulle pligte na behore te verrig & onder ’n sekere perk sal dit te klein wees om die koste te regverdig. • Die Wet is dus nie voorskriftelik nie – elke geval moet volgens bepaalde omstandighede beoordeel word. • ‘n BBV kan maklik saamval met die grense van ‘n plaaslike owerheidsgebied m.a.w. kategorie B munisipaliteit.

  22. Stappe vir die Stigting van ‘n BBV • Aansoek om registrasie van BBV - Vorm 1 • Evalueering en goedkeuring van Vorm 1 deur DWAF • Voltooi Vorm 2 – aansoek om registrasie van BBV & BBB, ingesluit Besigheidsplan en Grondwet • DWAF keur registrasie goed en reik ’n registrasienommer uit

  23. Registrasie van ’n BBV Preliminêrevergaderings and besprekings Stigtingsvergadering: BBV gestig Voltooi en indien van Form 1 virdepartementele goedkering Voltooi en indien van Form 2 BBB Grondwet Sakeplan Goedkering & registrasie deur Departement

More Related