1 / 13

DIE NUWE MAATSKAPPYWET (WET 71 VAN 2008)

DIE NUWE MAATSKAPPYWET (WET 71 VAN 2008). Hoe beïnvloed dit die klein en medium besigheid?. Deur: Frans Koch Direkteur: Reko Geoktrooieerde Rekenmeesters. DIE NUWE MAATSKAPPYWET. Die nuwe Maatskappywet (Wet 71 van 2008) het uiteindelik op 1 Mei 2011 in werking getree

jadzia
Télécharger la présentation

DIE NUWE MAATSKAPPYWET (WET 71 VAN 2008)

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. DIE NUWE MAATSKAPPYWET (WET 71 VAN 2008) Hoe beïnvloed dit die klein en medium besigheid? Deur: Frans Koch Direkteur: Reko Geoktrooieerde Rekenmeesters

  2. DIE NUWE MAATSKAPPYWET • Die nuwe Maatskappywet (Wet 71 van 2008) het uiteindelik op 1 Mei 2011 in werking getree • Die wysigingswet (om die foute reg te maak) en die regulasies (die ou 4e Bylae) is op 20 April 2011 deur die president onderteken • Die nuwe wet bevat 225 artikels, teenoor die ou wet se 450 artikels en die wet op beslote korporasie se 83 artikels

  3. DIE NUWE MAATSKAPPYWET • Waarskynlik nader aan die wet op beslote korporasies as die ou maatskappywet • Behoud van aandelekapitaal soos by beslote korporasies met streng solvabiliteits- en likwiditeitsvereistes en net “Sonder Pariwaarde” aandele • Groter aanspreeklikhede vir direkteure • Maatskappysekretaris beheer aandeleregister en direkteure • Akte van Oprigting (MOI) is eenvoudiger as Akte en Statute • Oudits nie altyd verpligtend nie

  4. DIE NUWE MAATSKAPPYWET Maatskappy vorme • Profit Companies • State-owned Companies – “SOC LTD” • Public Companies – “LTD” • Private Companies – “PTY LTD” • - Beperking van maksimum 50 lede nie meer van toepassing • - Oudit nie meer verpligtend nie, vervang deur onafhanklike oorsig in meeste gevalle • - Hoef nie ‘n Algemene Jaarvergadering te hou nie • Personal Liability Companies – “INC” • Dieselfde as Privaat Maatskappy • Alle lede moet lid van dieselfde professie wees • Non-profit Companies – “NPC” • Word opgerig met openbare belang as doel • Hoef nie lede te hê nie • Minimum 3 direkteure

  5. DIE NUWE MAATSKAPPYWET Maatskappysekretaris se pligte en aanspreeklikhede • Net “State-Owned Co” en “Public Co” MOET maatskappysekretaris hê, by ander is die persoon wat die funksie verrig die nie-amptelike sekretaris • Die maatskappysekretaris moet : • Direkteure begelei in hul pligte, verantwoordelikhede en magte • Afwyking van die MOI rapporteer • Verseker dat notules gehou word • Verseker dat finansiële state versprei word • Jaarlikse opgawes indien • Die volgende moet deur die maatskappysekretaris bewaar word : • MOI plus wysigings – vir ewig • Rekord van direkteure – tot 7 jaar na uittrede • Aandeleregister – tot 7 jaar na laaste oordrag • Afskrifte van alle rekords, finansiële state, verslae, notules, besluite en kennisgewings – vir 7 jaar • ‘n Register van bogenoemde – vir ewig

  6. DIE NUWE MAATSKAPPYWET Direkteure se pligte en aanspreeklikhede • Die nuwe wet het ‘n spesifieke fokus op deursigtigheid en etiese optrede • Direkteure moet die nodige vaardigheid en kennis hê om die maatskappy te bestuur en moet die maatskappy met redelike sorg bestuur. Hierdie geld ook vir sekere senior uitvoerende bestuurders van ‘n maatskappy • Enige persoon wat skade ly kan ‘n eis teen ‘n direkteur instel wat deel was van ‘n handeling of besluit, selfs indien hy stilswyend deel was. Hierdie geld selfs vir werknemers wat skade ly • ‘n Direkteur is aanspreeklik vir enige verlies, skade of koste deur die maatskappy gely waar : • hy opgetree het in die naam van die maatskappy sonder behoorlike magtiging • die maatskappy op roekelose wyse handel en/of handel terwyl die maatskappy insolvent is • hy deel is van ‘n handeling of weglating wat bedoel was om ‘n krediteur, werknemer of aandeelhouer te bedrieg • hy finansiële jaarstate magtig wat vals of misleidend is • hy betrokke is by finansiële bystand aan ‘n persoon om aandele te bekom terwyl hy bewus was dat die teen die bepalings in die MOI is • hy ‘n belang by ‘n besluit het wat nie openbaar is nie  • Vergaderings • Besluite kan deur “round robining” op skrif of elektronies gemaak word, sonder dat ‘n fisiese vergadering plaasvind

  7. DIE NUWE MAATSKAPPYWET Finansiële state • Alle maatskappye moet binne 6 maande na jaareinde finansiële jaarstate voorberei • Die state moet duidelik op die eerste blad aandui of dit onderwerp was aan ‘n oudit, onafhanklike oorsig of aan geen oorsig onderworpe was nie. Die state moet ook die naam en professie van die persoon wat die state voorberei het aandui • A29 bepaal dat die state nie: • vals of misleidend mag wees nie • onvolledig mag wees nie • Enige persoon wat betrokke is by die voorbereiding of goedkeuring van finansiële state wat nie aan bogenoemde voldoen nie is skuldig aan ‘n misdryf wat by skuldigbevinding tot tronkstraf van tot 10 jaar kan lei

  8. DIE NUWE MAATSKAPPYWET Finansiële state verslaglewering • Alle “State Owned Companies” en “Public Companies” moet ge-oudit word • Vir Privaatmaatskappye, “Non-profit Companies” EN Beslote Korporasies moet die sogenaamde “Openbare Belang Telkaart” bereken word • Die PIS is die som van die volgende: • Een punt vir elke werknemer, bereken as die gemiddelde aantal vir die jaar • Een punt vir elke R1 miljoen of deel daarvan omset • Een punt vir elke R1 miljoen of deel daarvan aanspreeklikheid teenoor derde partye op jaareinde • Een punt vir elke individu wat aandele hou op jaareinde • PIS meer as 350 - Oudit verpligtend • PIS 100 tot 350 en state intern voorberei - Oudit verpligtend • PIS 100 tot 350 met state onafhanklik voorberei - Onafhanklike oorsig deur GR • PIS minder as 100 - Onafhanklike oorsig deur GR of SAIPA • Alle eienaarsbestuurde maatskappye met PIS minder as 350 het GEEN voorskrifte vir finansiële state en verslaglewering nie

  9. DECISION TREE

  10. COR VORM

  11. DIE NUWE MAATSKAPPYWET Wat kan jy doen?  Tree te ALLE tye deursigtig, in goeie trou en met redelike sorg op. Die toets in die wet is “Hoe sou ‘n redelike direkteur in dieselfde omstandighede opgetree het?” • Raadpleeg kundiges VOOR jy handel • Maak seker jou rekenmeester/ouditeur is op hoogte van die nuutste verwikkelinge • Die rol van die maatskappysekretaris word nog meer belangriker. Gee aandag aan die pligte en HOU NOTULES BY • Maak seker spesiale besluite word geneem vir transaksies wat dit vereis

More Related