1 / 35

Die 7 Feeste van God Simbole van ‘n lewe van oorwinning

Die 7 Feeste van God Simbole van ‘n lewe van oorwinning. dja hwhy Wnyhla hwhy lar`y [m` Sh'ma Yisra'el Yahuah Eloheinu Yahuah echad. Luister, hoor en doen Yisra'el, hwhy is ons God; hwhy is een. Die feeste van God is in ‘n sekere volgorde, op vasgestelde tye, om ‘n rede.

jasia
Télécharger la présentation

Die 7 Feeste van God Simbole van ‘n lewe van oorwinning

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die 7 Feeste van God Simbole van ‘n lewe van oorwinning

  2. dja hwhy Wnyhla hwhy lar`y [m` Sh'ma Yisra'el Yahuah Eloheinu Yahuah echad. Luister, hoor en doen Yisra'el,hwhyis ons God;hwhyis een

  3. Die feeste van God is in ‘n sekere volgorde, op vasgestelde tye, om ‘n rede. Ons kan ‘n sekere fees slegs verstaan binne die konteks van sy posisie in die reeks.

  4. Lev 23 hwhypraat self en sê: :2hierdie is My vasgestelde tye: :4 in die tye wat vir hulle bepaal is.

  5. Elke week.:3 Shabbat op die Sewende dag Elke jaar. 1. :5 Pesag op 14 de van Eerste maand. 2. :6 Ongesuurde Brode op 15 de vir 7 dae. 3. :11 Waai v d Gerf op Eerste dag v d week. 4. :16 Shavu’ot 50 dae na Waai v d Gerf. 5. :24 Yom Teruah op 1ste dag v 7de Maand 6. :27 Yom Kippur - 10 de dag v 7de Maand 7. :34 Sukkot -15 de dag v d 7de Maand vir 7 dae

  6. Dit alleen is al die verpligte feeste en dus die volle boodskap wat Vader vir ons gee. Ander feeste is volksfeeste en goed, met goeie boodskappe, maar nie verpligte feeste nie.

  7. Pesag Die Fees

  8. Pesag Ons Vryspraak Ongesuurde Brood Ons Afsondering Waaioffer Ons Aanvaarding

  9. Pesag - Ons Vryspraak Vanaand gaan ons deur middel van die Pesag-seder (die tafel wat bekend geword het as “Die Laaste Avondmaal”) die betekenis van die Pesag-fees verstaan.

  10. Deur die eet van Sy liggaam en drink van Sy bloed word ons soos wat Hy is. Opdrag van vereenselwiging

  11. 1 Yog 2:6 hy wat sê dat hy voortdurend in Hom bly, vir hom is dit nodig om so te leef soos wat Hy geleef het.

  12. Die Fees van Ongesuurde Brood Ons Afsondering As verlostes leef ons nie meer volgens die ou lewe, begeer ons nie meer die ou dinge en is daar vir ons geen plesier in sonde nie.

  13. 1 Kefa 1 13Bind daarom die heupe van julle verstand vas, wees volkome waaksaam en verwag die onverdiende guns wat julle deel word by die openbaring van Yeshua, Die Gesalfde Een,14soos gehoorsame kinders en moenie weer deel kry aan julle vorige begeertes wat julle sonder kennis begeer het nie,15maar wees afgesonderdes in al julle lewenswyses, soos wat Hy wat julle geroep het, afgesonderd is,

  14. 16omdat daar geskrywe is: “Wees afgesonderd, soos Ek afgesonderd is.”17As julle jul op Hom as Vader beroep, wat onpartydig oordeel volgens elkeen se dade, leef dan in respekvolle vrees gedurende dié tyd wat julle vreemdelinge is,18omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle leë dade wat tradisioneel deur die vaders oorgedra is nie,19maar deur die kosbare bloed van die Lam, waarin geen gebrek of vlek is nie, wat Die Gesalfde Een is,

  15. Lev 11 44 want Ek is hwhy, julle God.Julle moet julleself afsonderen wees afgesonderd, want Ek is Afgesonderd. Moet julleself ook nie onrein maak deur enige ding wat op die aarde wemel nie, 45 want Ek is hwhy wat julle uit die land van Egipte uitgebring het om julle God te wees. Julle moet daarom afgesonderd wees, omdat Ek afgesonderd is.

  16. Raak ontslae van bewuste sondes. Dinge wat my negatief kan beïnvloed. Identifiseer swakpunte. Leef sonder verskonings en sonde. Niks is die las van ongehoorsaamheid werd nie. AFGESONDERD vir hwhy

  17. Ons het juis hierdie week van Ongesuurde Brode om ons te help om alle sonde te identifiseer en van ontslae te raak. Dit gaan nie oor die fisiese suurdeeg nie, maar dit is ‘n middel om ons te herinner om versigtig te wees vir sonde.

  18. Suurdeeg is die simbool van sonde, veral van trots wat opblaas. Yisra’el is nie gered uit Egipte vir hulleself nie, maar as gekose voorbeeld van ‘n afgesonderde, Vader-gerigte lewe vir ander nasies. Dieselfde rede waarom ek en jy deur Sy onverdiende guns gered is

  19. Die Waaioffer Ons Aanvaarding Yeshua is as Eerstelinggerf aanvaar (1 Kor 15:20) maar nou, Die Gesalfde Een ís opgewek uit die dood uit en Hy ís die eersteling vrug van dié wat dood is.

  20. Die Waaioffer Ons Aanvaarding sodat Yisra’el as eerste-oes aanvaar kan word (Rom 8:23) Nie alleen hulle nie, maar ook ons wat die eersteling vrugte van die Gees in ons het, kreun ook in onsself in afwagting op die plasing as kinders en die bevryding van ons liggame,

  21. Die Waaioffer Ons Aanvaarding En ons as die finale oes. (1 Kor 3:9) want ons is medewerkers van God en julle is die oes van God, die gebou van God.

  22. Die Waaioffer Ons Aanvaarding Yeshua is as Eerstelinggerf aanvaar (1 Kor 15:20) sodat Yisra’el as eerste-oes aanvaar kan word (Rom 8:23) en ons as die finale oes. (1 Kor 3:9)

  23. Die eerste groot Fees Is dus: Ons verlossing, bevryding, afsondering en aanvaarding by die Vader.

  24. Die Vierde Fees Die Tweede groot Fees Shavu’ot Fees van weke Fees van die oes Fees van vyftig dae

  25. Op hierdie dag is die Instruksies van Vader aan die volk gegee – Torah. Op hierdie dag is die Gees van God gegee wat die Torah op die harte van mense skryf. Hierdie is dus die vervulling van die belofte van die Nuwe Verbond.

  26. Yir 31:33 Hierdie is egter die verbond wat Ek ná daardie dae met die huis van Yisra’el sal sluit,” verklaar hwhy: “Ek sal My wet binne-in hulle sit en dit op hulle verstand, wil en emosie skryf en Ek sal hulle God wees en hulle sal My volk

  27. Die Vyfde Fees Fees van die blaas van die Shofar Yom Teruah

  28. Hoof betekenis van die blaas van die Shofar is die aankondiging van die koms van die Koning. Hy het gekom – in hierdie tyd. Die shofar gaan weer blaas en Hy gaan weer kom.

  29. Die Sesde Fees Yom Kippur Dag van Toedekking

  30. Mees afgesonderde dag. Shabbat. Volledige Vasdag. Die volk se een kans om in Sy Teenwoordigheid in te gaan deur Aharon, hulle verteenwoordiger.

  31. Yeshua het dieselfde gedoen as die Hoofpriester – die gordyn geskeur en daardeur gesê – “Kom saam met My in Sy Teenwoordigheid in.”

  32. Die Sewende Fees Sukkot Fees van hutte. Wys ons afhanklikheid van Hom

  33. Pesag – die eersteling gerf Shavu’ot – die eerste oes Sukkot – die finale oes. Sukkot is ‘n 7 dae fees en op die 8 ste dag is ‘n Shabbat - Die laaste groot dag van God = Oordeel.

  34. Die Derde Groot Fees Die fees van die finale oorwinning, om onbevlek, in volle vrede, onder die Koning van konings se volle heerskappy te staan.

  35. Deur middel van die seder van die Pesagmaal kyk en leer ons nou wat Pesag vir ons beteken. Dit is ‘n Fees Dit is oorwinning Geniet dit

More Related