1 / 5

Twee vroue het na die berg gegaan om te aanbid.

Twee vroue het na die berg gegaan om te aanbid. Een se gemoed was swaar gelaai met ‘n groot sonde wat sy gedoen het.

lotta
Télécharger la présentation

Twee vroue het na die berg gegaan om te aanbid.

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Twee vroue het na die berg gegaan om te aanbid. Een se gemoed was swaar gelaai met ‘n groot sonde wat sy gedoen het. Die ander een het haarself nie as ‘n sondaar gesien nie, want sy het net klein goedjies verkeerd gedoen. Daarom het sy haar nie te veel gesteur aan hierdie klein dingetjies in haar lewe nie. Hulle loop ‘n ou predikant raak. Die wyse ou predikant het na hul albei geluister en stuur hulle toe die veld in.

  2. Die een met die groot las, beveel hy om die grootste klip wat sy kan dra na hom te bring. Die ander moet klein klippies vir hom bring. Na ‘n ruk kom hulle terug met die vrag. Die vrou met die groot klip, loop krom-rug onder die las. Die ander een het haar voorskoot vol klein klippies gemaak en vind die oefening nogal prettig.

  3. Die ou predikant versoek hulle om die klippe presies terug te sit waar hulle dit gekry het. Die vrou met die swaar klip het geweet waar sy dit opgetel het. Die ander vrou het egter ‘n groot probleem gehad. Sy kon glad nie onthou waar sy die klippies gekry het nie. Nou was die uitstappie nie meer vir haar lekker nie.

  4. Die wyse ou predikant antwoord haar “Onthou jou metgesel het groot sonde gedoen en sy het diepe berou daaroor, sy is gewas deur haar trane en berou. Sy weet waar kom die sonde vandaan, net soos sy weet waar sy die klip opgetel het…

  5. …maar jy het baie klein sondetjies, wat soos die jakkalse in Koning Salomo se lied die wingerde vernietig. Jy kan nie onthou wie jy seergemaak of waar jy verkeerd gedoen het nie. Omrede jou sonde so veelvoudig is sal jy dit ook nie kan regstel nie. Dit sal ‘n las vir jou siel wees, soos wat die klippies toegevou in jou voorskoot jou las is.” Die vrou het hartseer haar kop laat sak. Vir die eerste keer het sy besef sy is niks beter as haar metgesel met haar groot sonde is nie. Daardie klein dingetjies wat sy so onverskillig doen, maak die Here se hart stukkend.

More Related