1 / 128

Praktiese Christenskap

Praktiese Christenskap. HOE KAN ONS ONS GELOOF ELKE DAG UITLEWE? NGK LAMBTON. Hoe behoort ons ons Christenskap daagliks uit te lewe?. Christus het self vir ons leidrade gegee:

obert
Télécharger la présentation

Praktiese Christenskap

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Praktiese Christenskap HOE KAN ONS ONS GELOOF ELKE DAG UITLEWE? NGK LAMBTON

  2. Hoe behoort ons ons Christenskap daagliks uit te lewe? • Christus het self vir ons leidrade gegee: • “Jy moet die Here jou God liefhê …. En die tweede (gebod) wat hiermee gelyk staan: jy moet jou naaste liefhê soos jouself…(Mat 22:37-40) • Want Ek het honger gehad en julle het my te ete gegee …(Mat 25:31-46)

  3. Opdragte van Christus • Toe het Hy vir almal gesê: “ As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis dra en My volg, … (Lukas 9:23)

  4. Jesus het ook al die wette en opdragte van God in twee Groot Gebooie opgesom.

  5. Mat 22:37-40. 37 Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38 Dit is die grootste en die eerste gebod. 39 En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40 In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”

  6. Die Groot Gebooie reguleer ons verhouding met God en met ander mense

  7. Jesus se klem op mense wat minder bevoorreg as ons is kom duidelik na vore in Mat 25:31-46 waar Hy grafies vertel (amper soos ‘n videosnit) wat op die Oordeelsdag gaan gebeur wanneer alle mense (ons ingesluit) voor Hom as Regter gaan staan. Met die beeld wat Jesus skets laat Hy geen onduidelikheid oor wat Hy bedoel met liefde en diens aan minderbevoorregte mense nie:

  8. 31 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. 32 Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos ’n wagter die skape van die bokke skei. 33 Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan. 34 “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit,

  9. 35 want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My gehuisves; 36 Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ 37 Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink?

  10. 38 En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? 39 Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ 41 “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is,

  11. 42 want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; 43 Ek was ’n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’ 44 Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of ’n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’

  12. 45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’ 46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”

  13. Watter “minder bevooregtes” of “geringes” is op Jesus se hart? __________________ __________________ __________________ __________________ __________________ __________________ Dorstiges Hongeres Vreemdelinge Sonder Klere Siekes Gevangenes

  14. In verse 41-46 maak Jesus dit duidelik dat waar waar sulke “geringes” geminag is – Hy dit beskou dat die minagters ___________ self geminag het. Jesus

  15. Hy brei die opdrag verder uit: 27 Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld. (Jak 1:27)

  16. En verduidelik die konsep van “naaste” verder in Lukas 10:29-37 29 Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: En wie is my naaste? 30 Jesus gaan toe nader daarop in deur te sê: Toe 'n man eenmaal op pad was van Jerusalem af na Jerigo toe, het rowers hom aangeval. Hulle het hom kaal uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê, en toe padgegee.

  17. 31 Dit gebeur toe dat daar 'n priester met daardie pad langs kom, en toe hy hom sien, gaan hy ver langs verby. 32 Net so het daar ook 'n Leviet by die plek gekom, en toe hy hom sien, gaan hy ook ver langs verby. 33 Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. 34 Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na 'n herberg toe geneem en hom daar verder versorg.

  18. 35 Die volgende dag haal hy twee muntstukke uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê: "Sorg vir hom, en as jy meer onkoste met hom het, sal ek jou betaal wanneer ek hierlangs terugkom." 36 Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het? 37 Die wetgeleerde antwoord: Die man wat aan hom medelye bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan maak jy ook so.

  19. Die tweede groot gebod is die kern van die Kerk se opdrag na die wêreld!

  20. Die Groot Opdrag aan elke Christen • 19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. (Mat 28)

  21. En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom. (2) Hy sê toe vir hulle: die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes sal uitstuur. (Luk 10:1-2) Wie is die arbeiders? Waar is die veld met die oes? As jy nie die antwoorde hierop (a) persoonlik en (b) presies weet nie, hoe sal jy die Groot Opdrag kan uitvoer?

  22. Die Groot Vraag • Hoe lyk jy vandag as jy jou teen Christus se opdragte spieël? • Jy mag sê: My lang ure …. My probleme… Wat van die pastoor en leierskap – ek gee bydrae en hulle doen …

  23. Voer u die Groot Opdrag uit? • Of dink jy dit is nie op jou van toepassing nie? • Of gee jy geld vir sending en was dan jou hande in onskuld? • Of bekommer jy jouself somtyds daaroor en vra, Here, wat kan ekdoen?

  24. Feite oor tradisionele evangelisasiemetodes • Ongeveer 4% van die mense in die gemiddelde gemeente het die gawe van evangelisasie (en by baie is die gawe latent).

  25. Verder wys hedendaagse inligting oor mense wat tot bekering kom (duisende elke dag oor die hele wêreld) dat ongeveer 4% van die mense wat tot bekering kom dit doen as gevolg van direkte evangelisasiemetodes. Meeste mense - 75-90% - kom tot bekering as gevolg van ‘n verhouding of ‘n reeks verhoudinge en interaksies met gewone Christene.

  26. Verder blyk dit dat baie van die 75-90% deur omtrent 18 mikrobesluite beweeg op hul pad vanaf anti-Christen tot volle dissipel. En gewone Christene wat hulle teekom help hulle om antwoorde op hul vrae te kry.

  27. Dit is soos Slangetjies en Leertjies: Wat ons as Christene tussen nie-Christene doen mag hulle die leertjie ophelp of met die slangetjie afdruk!

  28. Hierdie navorsing bevestig die verskriklike belangrikheid van ons gedrag as Christene in ons alledaagse lewe!

  29. Waar is ons sendingveld? • Omtrent 10% van die mense wat sê hulle is Christene kom ooit kerk toe. • Wat beteken dit vir Suid-Afrika?

  30. Die oesHoe lyk Suid-Afrika?

  31. Hoewel ongeveer 79% Suid-Afrikaners in die 2001 sensus gestateer het dat hulle aan een of ander Christen denominasie behoort, kom ongeveer 3-10% van hulle ooit gereeld in ‘n kerkgebou en is ongeveer 10%-20% van die kerkgangers werklik aktief as Christene in hul gemeente!

  32. Wat ook al jou teologiese standpunt is omtrent ewige redding en om na jou dood hemel toe te gaan – die Bybel is duidelik daaroor dat iemand wie se lewe nie sy geloof reflekteer nie, in gevaar staan om ewige reddig te mis. • Lidmaatskap van ‘n kerk of sekere denominasie gaan jou nie red nie!

  33. Dit is so dat talle Christene hul geloof uitleef sonder om ooit kerk toe te gaan. Talle ander, wat nie veel in die kerk doen nie, is wel buite die kerk betrokke en doen individueel of deur buite-kerklike organisasies (Christelik of sekulêre) baie goeie dade. Ons dink egter nie dat die Suid-Afrikaanse ongekerkte Christene 10% (‘n hoë skatting) kan oorskrei nie.

  34. Die 10% gereelde kerkgangers en 10% aktiewe ongekerktes gee ons ‘n totaal van 20% Suid-Afrikaanse Christene wat Jesus as Verlosser en Koning mag ken. Die 20% is waarskynlik ‘n oorskatting, wat presies is wat ons wil doen om die drastiese situasie te illustreer! Die 20% korreleer wel goed met die 19,3% skatting van geredde Christene in SA in die 2001 uitgawe van Operation World – wat op ‘n totaal ander manier bereken word.

  35. Ander gelowe saam is net ongeveer 4% van die mense in Suid-Afrika. • Die grootste ander groep is die wat geen godsdiens het nie, nl. 15%.

  36. Jy sal saamstem dat daar dus drie hoofgroepe mense in Suid-Afrika is wat vir Christus bereik moet word (die oes): Die wat in naam Christene is maar nie hul geloof uitlewe nie (omtrent 60% van die bevolking) Die wat vals gelowe aanhang (4%) Die ateïste (15%)

  37. Met ander woorde • Amper 8 uit elke 10 mense rondom ons is geestelik verlore en het Jesus Christus as Verlosser nodig! • Praat van ‘n nasionale krisis! • Die oes in Suid-Afrika is gewis groot!

  38. Wie gaan hulle bereik en hoe?

  39. Predikante? • Ouderlinge/leierskap? • Kleingroepleiers? • Die Sending/evangelisasie Aksie? • Diensgroepe? • Dus … omtrent 10% van kerkgaande lidmate

  40. Wat sê die Here? • 11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus (Ef 4)

  41. JyIS voltyds in die bediening! • Wat jy ook al doen en as jy ouer as tien is en jonger as 100 behoort jy aktief in dienswerk vir God te wees!

  42. Selfevaluering! • Ons gaan eendag rekenskap gee van dit wat ons gedoen het, ja selfs van elke ligsinnige woord • Die rekenskap gaan onder andere gaan oor hoe ons Jesus se opdragte uitgevoer het! • Evalueer: gaan jou werke soos kaf verbrand word of soos goud wees? (1 Kor 3:12-15)

  43. Wat kan ons ander doen? • Baie van julle sê nou: Ek is OK. Wel en ek sê mag God jou seën vir die wonderlike dinge wat jy in Sy Naam doen. Jy is egter omtrent 10% van die lidmate van jou gemeente! Dink dus hoe jy hulle kan help! • Wat van die 90% met “minder” talente, baie omstandighede en min geleenthede?

  44. Dink bietjie aan jou gemeente!

  45. Werk jou gemeente na binne of buite? • Alles wat julle reeds doen is goed – maar baie mense werk net na binne in die kerk – die kerk werk nie na die gemeenskap daar buite nie. • Beoordeel self julle diensgroepe: Beradingsentrum, Finansies, Admin, Kommunikasie, Eiendomme, Kinderkerk, Gemeentetoerusting, Musiek, Armsorg, Jeug, Klank/videos/DVD’s, Vroue Aksie, Gasvryheid, Siekebesoek en Gebed

  46. Wat is jou persepsie van ‘n gemeente? Watter een van hierdie beelde beskryf oor die algemeen ons kerkbelewing in die Gereformeerde Kerk die beste? Vliegdekskip? Plesierboot?

  47. Op ‘n vliegdek skip: • Word die soldate opgelei en dan vir oorlog uitgestuur • Is daar sisteme om die vyand te herken, op te spoor en te beveg • Is daar ‘n bevelvoerder wat verwag dat sy soldate sal doen wat dit ookal verg: selfs sterf • Is die wat op die skip agterbly die ondersteunings-korps vir hulle wat veg • Het almal dieselfde oorhoofse doel in gedagte: wen die oorlog ten alle koste

  48. Op ‘n plesierboot: • Is almal erg begaan oor hulle eie gemak • Is daar sisteme om die passasiers se behoeftes te leer ken en te dien • Is daar ‘n bevelvoerder wat net verwag dat die passasiers sal opdaag en reiskoste sal betaal; hy en die bemanning doen die res • Is die bemanning van die skip begaan oor die passasiers se uiteenlopende behoeftes • Het almal dieselfde oorhoofse doel in gedagte: die passasiers se plesier en dat hulle by die oorkoepelende reëls hou.

  49. God se visie? • Wat dink u is God se visie vir Sy Kerk – ‘n oorlogskip of ‘n plesierboot? • Interngefokus of missionêr? • Maar hoe kan ons iets doen?

  50. Stel jou voor ‘n kerk waar… • Elke gelowige hom/haarself sien as ‘n dienaar van Jesus in ALLE WERKPLEKKE – op kantoor, in die fabriek, in die winkelsentrum, by die fliek • Waar elkeen sy geloof in die markplek ingedra, die pad aangewys deur Jesus self • Werkplekdienaars word toegerus op Sondae en werk dan vir die koninkryk Maandag tot Saterdag • Prediking fokus spesifiek uitwaarts, en beklemtoon dat ALLE werk ‘n roeping van God is; ‘n geleentheid om Hom 24/7 te dien • Elke Christen ‘n nuwe daaglikse fokus het, om te lewe volgens Bybelse beginsels, maar meer: om sy onmiddellike omgewing te transformeer

More Related