1 / 7

onawa
Télécharger la présentation

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. PinkstergebedHere my God, wanneer laas het ons op die punte van ons tone gestaan, al strekkende om oor die horison te sien, al strekkende om die nuwe môre te sien, al strekkende om die snykant van die lewe te sien?Baie keer is ons selftevrede en bekyk ons die lewe uit ‘n gemakstoel, bou ons self plafonne op ons drome. Ons is soms tevrede dat die lewe na ons kom sodat ons kan neem wat ons kan. Here, skok ons uit ons gemakstoele, breek ons selfgemaakte plafonne oop! Laat ons groot droom- U drome vir ons droom! Heilige Gees, kry ons op die punte van ons tone, maak ons sensitief vir U fluisterstem. As soekers, help ons om ons geloof te bevestig. As getuies, help ons om Jesus vir ander te leef. As dissipels, help ons om getrou te volg. As diensknegte, help ons om te dien. As U kinders, help ons om hierdie oorvloed-lewe wat strek tot in die ewigheid, te beleef. Here my God, ons dank U vir hierdie op-die-punte-van-ons-tone ervaringsAs ons nou gaan leef in die wye, oop ruimtes van U genade, laat ons onthou U, Jesus, speel in 10 duisend plekke, lieflik in liggame en lieflik in oë wat nie U s’n is nie, deur gelaatstrekke van mense en dat ons daarom elkeen sal behandel asof hy/sy Jesus is. Hiertoe is ons net in staat deur U wat ons krag gee. Amen

More Related