1 / 40

EENHEID 3.2 VERVOLG 4 ADMINISTRATIEFREG

EENHEID 3.2 VERVOLG 4 ADMINISTRATIEFREG GEREGTELIKE HERSIENING VAN PROSEDURELE BILLIKHEID – ARTIKEL 6(2) (C) HOOFSTUKKE 9 & 15. Notas nou by Xerox 7Eleven. Judicial review of administrative action

sawyer
Télécharger la présentation

EENHEID 3.2 VERVOLG 4 ADMINISTRATIEFREG

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. EENHEID 3.2 VERVOLG 4 ADMINISTRATIEFREG GEREGTELIKE HERSIENING VAN PROSEDURELE BILLIKHEID – ARTIKEL 6(2) (C) HOOFSTUKKE 9 & 15

  2. Notas nou by Xerox 7Eleven

  3. Judicial review of administrative action • Any person may institute proceedings in a court or a tribunal for the judicial review of an administrative action. • (2) A court or tribunal has the power to judicially review an administrative action if- • (a)the administrator who took it- • (i)was not authorised to do so by the empowering provision; • (ii)acted under a delegation of power which was not authorised by the empowering provision; or • (iii)was biased or reasonably suspected of bias; Handelinge deur die administrateur

  4. Ongehoorsaamheid aan formele vereistes van toepassing op administratiewe handelinge (b)a mandatory and material procedure or condition prescribed by an empowering provision was not complied with; (c)the action was procedurally unfair; (d)the action was materially influenced by an error of law; Prosedurele onbillike administratiewe handeling Handeling materieël deur “regsfout” beinvloed

  5. Vorige klas: • Audi alteram partem en nemo in iudex sua causa reëls van gemenereg. • Hoe hulle in die nuwe bedeling pas en hoe hulle in die Grondwet opgeneem is. Alhoewel, artikel 33 nie beperk tot hierdie reëls nie. • Het na die verskeie vereistes van hierdie reël gekyk – vraag 86 in Werkboek.

  6. Reg tot prosedurele billikheid on die 1996 Grondwet 3. Inhoud van die grondwetlike reg tot prosedurele billikheid. Nie gedefinieerd in artikel 33 maar daar word gekyk na: (a) PAJA (c) Interpretasies deur die howe onder die Interim-Grondwet en die 1996 Grondwet. (b) Gemenereg

  7. (c) Interpretasies in hofsake (onder die interim en 96 Grondwet) • Dus, met opsomming: • Prosedurele billikheid – buigbaar, • Konsep Prosedurele billikheid – hand af van die omstandighede van elke saak. Die vraag wat in elke feitestel geantwoord moet word is: “is dit prosedureel billik?” • Prosedurele billikheid in Grondwet – nie slegs `n kodifikasie van die gemenereg nie – het `n wyer veld van toepassing – gee individue die volle mate van hul fundamentele regte – wye benadering tot reg tot prosedurele billikheid – dinamies en nie staties, • Geaffekteerde persone moet die geleentheid gegee word om hulle kant van die saak te stel. (audi-reël) • Reg word gevind in Artikel 33 van Grondwet, PAJA (Artikels 3,4,5) en gemenereg.

  8. Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge • Voorlopige ondersoeke (Is prosedurele billikheid van toepassing op voorlopige ondersoeke) • Ondergeskikte wetgewing (Is prosedurele billikheid van toepassing op voorlopige ondersoeke) • Tribunale • Meganiese administratiewe handelinge • Decisions by tribunals of voluntary associations (“domestic tribunals”) – jocky clubs • Administratiewe ooreenkomste en kontrakte

  9. Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge 4. Meganiese Administratiewe handeling Is prosedurele billikheid van toepassing op meganiese administratiewe handelinge? Met ander woorde – waar geen diskresionêre magte beoefen word of waar die mag omskryf is? Die reëls van natuurlike geregtigheid is nie in die algemeen van toepassing wanneer meganiese handelinge nie die beoefening van diskresionêre magte behels nie. Die vraag, of en wanneer die audi alteram partem reël van toepassing is was in Minister van Onderwys en Kultuur v Louw bespreek. Artikel 72(1) van die Education Affairs Act sê dat `n persoon wat in `n permanente kapasiteit aangestel is in departementele instansie, wat van diens af is vir `n periode langer as 30 agter eenvolgende dae sonder die toestemming van die hoof van die departement, sal gesien word as afgedank op gronde van wangedrag. Die hof het gevind dat die vraag of die werknemer afwesig was, `n saak was wat objektief bepaal moes word. Sodra hierdie feite objektief bepaal is, het die brief wat die werknemer in kennis stel dat hy afgedank is, nie gekom van die beoefening van `n diskresionêre mag nie. Gevolglik was die reëls van natuurlike geregtigheid nie van toepassing. Die brief wat die werknemer van sy afdanking in kennis stel is `n voorbeeld van `n meganiese handeling.

  10. Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge (5) Administratiewe ooreenkomste / kontrakte Die vraag of die beginsels van prosedurele billikeheid van toepassing is op all administratiewe ooreenskomste, is nog nie duidelik deur die howe beantwoord nie. In Toerien v De Villiers NO het die hof gesê dat die beginsels van administratiefreg, insluitend die audi alteram partem reël moet toegepas word op dienskontrakte. Waar die bevoegdheid om kontrakte te beëindig aan `n openbare owerheid deur wetgewing verleen word, en `n persoon aantas, is die owerheid verplig om die audi-reël toe te pas, tensy dit deur wetgewing uitgesluit is. Wetgewing gee magte om kontrak te beëindig Publieke outoriteit Audi-reël van toepassing Affekteer regte van individu

  11. Vraag 90 in werkboek = Baie NB President van Suid-Afrika geregtig onder wetgewing – om `n kommissie van ondersoek aan te stel om sekere administratiewe en finansiële aspekte van SARFU te ondersoek. • Was die handelinge van die President Prosedureel onbillik? • Het die President gefaal om die audi-reël toe te pas? • Het die kommissie die nemo-reël nagekom? Minister van Sport stel dus `n span aan om SARFU te ondersoek. SARFU sê hul sal slegs samewerking gee as hulle ten volle ingelig kan word van die aantuigings teen hul. Span gee nie die aantuigings aan SARFU nie.

  12. Substantiewe billikheid versus prosessuele billikheid?? Die vraag het al opgekom of billikheid in administratiefreg in die algemeen en in die reg tot prosedurele billikheid spesifiek, beperk is tot net prosedurele billikheid en, of die element van substantiewe billikheid ook ingesluit word vir `n administratiewe handeling om geldig te wees? Substantief=billikheid aangaande die inhoud van die reg. Prosedureel=Billikheid aangaande die prosedure wat die reg volg. Bel Porto School Governing Body v Premier of the Province: Die Grondwet het nie die wet verander nie: Dit het die onderskeid tussen prosedureel en substantief behou. Kortliks, die Grondwet “het nie substantiewe billikheid as `n kriteria voorgestel om te bepaal of administratiewe handeling geldig is of nie”. As substantiewe billikheid een van die gronde vir billike administratiewe handelinge gemaak is, sou die Grondwet homself nie beperk het tot “prosedureel billike administratiewe handelinge” nie, maar sou eerder verwys het na “billike administratiewe handelinge”.

  13. Substantive fairness versus procedural fairness?? Substantiewe billikheid versus prosessuele billikheid?? Chaskalson het ook al verwys in Du Preez v Truth and Reconciliation Commission dat billikheid beperk is tot prosedurele billikheid. Die plig om billik op te tree gaan oor die manier hoe die besluit geneem word – dit gaan nie oor die vraag of die besluit self billik was of nie. After the decision of the Constitutional Court in Na die besluit van die CC in Bel Porto is die posisie dus dat die billikheid of onbillikheid van `n administratiewe handeling, verwant is aan slegs prosedure. Maar nie waar `n fout in die reg deur die administrateur gemaak word nie. Met ander woorde, prosedurele billikheid is verwant aan die besluitnemingsproses.

  14. Substantiewe billikheid versus prosessuele billikheid?? Substantive fairness versus procedural fairness?? Prosedurele – voor en na die besluit geneem word? President of the RSA v SARFU – CC het gesê dat die vereiste van prosedurele billikheid, wat deel is van natuurlike geregtigheid, alhoewel relevant tot verhore voor tribunale, is nie noodwendig relevant tot die beoefening van publieke mag. Dit is `n algemene reël dat `n wet `n administrateur of liggaam bemagtig om `n besluit te gee wat `n individu se vryheid of bestaande regte kan beinvloed, soos die reg om gehoor te word voor `n besluit geneem word, of in party gevalle daarna, tensy die wet uitdruklik die teenoorgestelde sê. Waar daar nie so bemagtiging is nie, kan die nie-nakoming van die reëls van prosedurele billikheid net regverdig word waar dit nodig is om een of ander doel of waarde wat van dieselfde of meer belang is as natuurlike geregtigheid. Daar is baie min gevalle war hierdie reg beperk sal word.

  15. Substantiewe billikheid versus prosessuele billikheid?? Substantive fairness versus procedural fairness?? Mag prosedurele onbillikheid op appèl reggemaak word? Wat is die posisie waar `n onderdanige liggaam `n onbillike handeling uitvoer en die saak word `n interne appèl na `n hoër liggaam? Mag die hoër liggaam die onbillikheid van die laer liggaam korregeer? In Slagment (Pty) Limited v Building, Construction and Allied workers’ Union, was die Appèlhof nie bereid om `n algemene reël neer te lê oor die vraag of die mislukking om gehoor te gee aan die reëls van natuurlike geregtigheid, by appèl reggemaak kan word. Die meerderheid het gevind dat, in die spesifieke feite van die saak, was die onbillikheid reggestel deur `n nuwe verhoor wat die werknemers genoeg tyd gegee het om voor te berei.

  16. Substantiewe billikheid versus prosessuele billikheid?? Substantive fairness versus procedural fairness?? Mag prosedurele onbillikheid op appèl herstel word? Baxter herinner ons dat `n klaer geregtig is op billikheid by alle fases van die besluitnemingsproses en dat hy `n belang het in `n billike primêre besluit, of daar nou `n reg tot appèl bestaan of nie. Tweedens, een van die doele van die reg tot appèl is om iemand `n verdere verhoor te gee. Waar die eerste besluit ongeldig is oor die afwesigheid van die beginsels van natuurlike geregtigheid “sal die voordeel van die dubbele kans verdwyn omdat die tweede (by appèl) besluit / opinie, die eerste word”. Waar die appèl geheel en al `n herverhoor is de novo, is dit `n vervanging van die vorige verhoor. In hierdie geval kan mens sê dat die nuwe verhoor aan die beginsels van prosedurele billikheid voldoen het deur die nuwe bewyse bymekaar te maak en “by applying his mind to the new evidence” / “behoorlik aandag skenk aan die saak”.In hierdie situasie kan daar gesê word dat die foute van die vorige verhoor reggemaak is. Maar, in gevalle waar nuwe bewyse nie bymekaar gemaak is nie en daar word op die vorige rekords staatgemaak, word die fout in die algemeen voortgedra. Gevolglik sal daar dan nie aan die reëls van prosedurele billikheid voldoen word nie.

  17. PAJA Die reg tot prosedurele billikheid word meer inhoud en mening gegee in PAJA. Artikel 3 stel die vereistes vir prosedurele administratiewe handeling wanneer die administratiewe handeling die persoon affekteer. Artikel 4 stel die vereisted vir prosedurele billikheid wanneer die besluit die publiek affekteer. Artikel 3 (1) sê: “Administrative action which materially and adversely affects the rights of legitimate expectation of any person must be procedurally fair.” Dus, administratiewe handelinge wat regte of legitieme verwagtinge van enige persoon negatief of in `n groot mate affekteer, moet prosedureel billik wees.

  18. Soos reeds genoem: Adminstratiewe handeling wat regte / belange affekteer moet prosedureel billik wees. Dus, waar regte geaffekteer word, word die vraag gevra: “Was dit prosedureel billik?” Administratiewe handeling Affekteer regte, belange of legitieme verwagting Moet prosedureel billik wees.

  19. Die antwoord op die vraag mag gedeeltelik afhang van die impak van die besluit op die regte en belange (en ook wetlike verwagtinge) van `n spesifieke persoon. – Mees NB beginsel `n Persoon se regte kan in twee maniere geaffekteer word Persone se regte word net so geaffekteer waar regte bepaal word. Byvoorbeeld, die weiering van tender aansoeke. Die besluit deur `n administrateur om nie die tender toe te staan vir die aansoeker het die effek om die applikant se regte te bepaal in die sin dat die applikant vir `n tender die die regte gegee sal word wat saam met die gee van die tender sal gaan nie. `n Besluit mag `n persoon van sy reg ontneem. Byvoorbeeld, waar lisensies teruggetrek word. Verskil? Reg bestaan alreeds, persoon word daarvan ontneem of dit word gegee deur besluit. Reg word bepaal – het nie bestaan voor die aansoek van die reg nie – moet aansoek gedoen word. must apply for it

  20. Maar, die effek van regte waarna verwys word in Artikel 3(1) PAJA sluit in “legitieme verwagtinge”/ “geregverdigde verwagtinge”. Dus, waar `n administratiewe handeling “legitieme verwagtinge” affekteer= prosedurele billikheid van toepassing.

  21. Dus, daar mag gevalle wees waar administratiewe handelinge nie regte nadelig sal beinvloed nie, maar wel legitieme verwagtinge.– Artikel 3 van PAJA van toepassing.

  22. Artikel 3 (1) sê: “Administrative action which materially and adversely affects the rights of legitimate expectation of any person must be procedurally fair.”

  23. Die konsep “materially” waarna verwys word in artikel 3, het die veld van toepassing van prosedurele billikheid nouer gemaak in dat dit net na regte verwys wat “materially” / substansieel beinvloed is. Alhoewel, die insluiting van “legitieme verwagting” het die beperking uitbalanseer deur die veld van toepassing van die sub-artikel uit te brei.

  24. Geregverdigde verwagting Artikel 3 = Die reg tot prosedurele billikheid is van toepassing wanneer administratiewe handelinge substansieel en nadelig die regte of legitieme verwagtinge / geregverdigde verwagtinge van `n persoon beinvloed. Maklik om te bepaal of `n reg geaffekteer is maar nie altyd of `n legitieme verwagting geaffekteer is nie. Byvoorbeeld, `n potensiele werknemer het nie die reg om in `n posisie aangestel te word waarvoor hy aansoek gedoen het nie. Die beginsel van legitieme verwagting vra of die geaffekteerde persoon `n legitieme verwagting vir `n sekere resultaat het wat hom `n billike verhoor in die omstandihede sal verseker. Die spesifieke persoon het die reg om voor `n besluit geneem word, gehoor te word, of die besluit nou voordelig of nadelig vir die persoon is. Hierdie reg is gebasseer op die legitieme verwagting dat `n voordeel aan die persoon gegee sal word of dat `n bestaande voordeel nie weggevat sal word nie.

  25. Doctrine of legitimate expectation Geregverdigde verwagting Dit is so dat reëls van natuurlike geregtigheid uitgebrei word na gevalle waar die geaffekteerde pary geen reg het nie, maar net `n potensiele reg of legitieme verwagting. Die eerste hofsaak in Suid-Afrika waar die beginsel van legitieme verwagting geopper is = Everett v Minister of the Interior.

  26. Doctrine of legitimate expectation Geregverdigde verwagting Ten volle erken deur die Appèlhof inAdministrator, Transvaal v Traub (Very NB). Regsvraag: of die toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid (of die audi-beginsel), beperk is tot die gevalle waar die besluit die vryheid, eiendom of bestaande reg van die individu affekteer, en of die impak wyer as dit is. Feite: Dokters wat vir poste van “Senior House Officers” aansoek gedoen het. Die dokters wat aansoek gedoen het was deur die departementele howe aanbeveel Dus, die aanstelling deur die outorieteit sou net as `n saak van prosedure gevolg het op die aanbevelings van die howe van die departemente. Dus, aanstelling moes van hierdie aanbevelings gemaak word.

  27. Doctrine of legitimate expectation Geregverdigde verwagting As die outoriteit verandering bedoel het, moes hy die dokters `n billike verhoor gegee het, soos elke saak vereis. Met ander woorde, die praktyk van die verlede het die applikante `n legitieme verwagting gegee om in die poste aangestel te word en dus, om gehoor te word voor `n besluit geneem word. Dus, as daar `n erkende praktyk is dat die aanbevelings van die howe van departemente gewoonlik die is wat aangestel word = legitieme verwagting van aanstelling. Dus, prosedurele billikheid is van toepassing. Maar, as die gevestigde praktyk verander, en dit word verander sonder om diegene met die legitieme verwagting te hoor, sal die neerkom op prosedurele onbillikheid.

  28. Doctrine of legitimate expectation Geregverdigde verwagting Hoe onstaan `n legitieme verwagting? Ten minste twee gevalle: (b) `n Gereelde praktyk, waar die persoon wat aanspraak maak op die legitieme verwagting redelik kan verwag vir die praktyk om voort te gaan. (a) Van `n uitdruklike belofte deur `n outoritêre liggaam

  29. Doctrine of legitimate expectation Geregverdigde verwagting Of `n legitieme verwagting bestaan of nie is `n feitlike vraag en moet beantwoord word met verwysing na die omstandighede en feite van elke saak. Waar `n legitieme verwagting nie bestaan nie: Byvoorbeeld, waar die verwagting die administrateur sal verhoed om sy statutêre pligte uit te voer. Iemand kan ook nie `n legitieme verwagting hê om iets teenstrydig met die wet te doen nie. Die hof het ook gevind dat die `n individu nie op die beginsel van legitieme verwagting kan staat maak waar die uitdruklike mag en plig om `n belasting oorweging te herbesoek bestaan.

  30. Doctrine of legitimate expectation Geregverdigde verwagting Die CC het sy eerste besluit geneem oor legitieme verwagting as `n aspek van prosedurele billikheid in die saak van Premier, Province of Mpumalanga v Executive Committee of the Association of Governing Bodies of State-aided Schools, Eastern Transvaal. `n Skema wat vir baie jare bestaan het, is gekanselleer. In terme van hierdie skeme het skole beurse ontvang (vir onderrig, vervoer en verblyf) vir behoeftige kinders. Die Regter het die beginsels dieselfde as in die Traub saak hanteer. Sy het gevind dat wanneer dit vasgestel is dat `n legitieme verwagting ontstaan het, is so persoon geregtig op prosedurele billikheid in verhouding met die administratiewe handeling wat die verwagting mag affekteer of bedreig. In die saak het die hof gevind dat daar `n legitieme verwagting was dat die beurse betaal sal word, onderhewig aan redelike kennisgewing voor die beëindiging van die beurse.

  31. Doctrine of legitimate expectation Geregverdigde verwagting Die CC het ook die beginsel in President of the Republic of South Africa v South African Rugby Football Union (SARFU 3) hanteer. Die hof het gesê dat die vraag of daar `n legitieme verwagting is na `n volgende vraag lei: of die plig om billik op te tree, `n verhoor in die spesifieke geval vereis. Dit is meer as net `n feitlike vraag. Die hof het gesê: “The question whether a ‘legitimate expectation’ of a hearing’ exists is therefore more than a factual question. It is not whether an expectation exists in the mind of a litigant but whether, viewed objectively, such expectation is, in a legal sense, legitimate; that is whether the duty to act fairly would require a hearing in those circumstances.” Dus kan nie net `n verwagting wees nie, moet `n legitieme verwagting wees. Dus verwagting moet legitiem wees / geregverdig.

  32. Doctrine of legitimate expectation Geregverdigde verwagting • In die saak National Director of Public Prosecutions v Phillips het die regter gesê dat die wet nie sommer net enige verwagting beskerm nie, maar net daardie wat legitiem of geregverdig is. Die vereistes vir legitieme verwagtinge is: • Die feite / voorstelling waarop gesteun was moet duidelike, ondubbelsinnig wees. Byvoorbeeld, die gereelde praktyk waar beurse aan skole gegee word moet duidelik en ondubbelsinnig wees. • Die verwagting moet redelik wees. • Die voorstelling moet deur die besluitnemer geinisieer word • Die voorstelling moet een wees wat wettig en kompetent is vir die besluitnemer om te maak. Andersins die verwagting nie legitiem.

  33. Doctrine of legitimate expectation Geregverdigde verwagting In die saak Tettey v Minister of Home Affairs het die hof ondersoek of `n buitelander anders as `n burger van Suid-Afrika behandel kan word. Die hof het besluit dat: “Elke individu wat voor die howe in die land kom, hoog of laag, ryk of arm, buitelander of nie, is geregtig om die voordele te geniet wat uit die oppermagtigheid van die grondwet vloei, veral waar `n funksionaris van die staat administratiewe funksies uitvoer wat sy regte, belange of legitieme verwagtinge beinvloed.”

  34. Doctrine of legitimate expectation Geregverdigde verwagting PROSEDURELE EN SUBSTANTIEWE BILLIKHEID `n Legitieme verwagting gee `n geaffekteerde persoon `n eis tot `n verhoor - `n reg tot prosedurele billikheid – in die lig van die legitieme verwagtinge. Maar, dit verseker nie dat so persoon noodwendig suksesvol sal wees in sy aansoek nie. Dus: Omdat daar `n legitieme verwagting geaffekteer is, sal daar `n reg tot `n eis vir `n verhoor wees.. Administratiewe handeling Handeling affekteer `n legitieme verwagting Prosedurele legitieme verwagting

  35. Doctrine of legitimate expectation Geregverdigde verwagting Dus, `n legitieme verwagting skep slegs `n prosedurele reg om gehoor te word en nie `n reg om die nakoming te eis van die handeling of uitlating waaroor gekla word. Byvoorbeeld, as daar `n legitieme verwagting is dat beurse aan skole gegee gaan word, skep so verwagting `n prosedurele reg om gehoor te word wanneer sulke beurse dan nie gegee word nie. Maar, die geaffekteerde persoon kan nie nakoming eis waar die beurse nie gegee word nie, kan slegs die geleentheid gegee word om gehoor te word. Daar kan gesê word dat die idee van `n prosedurele legitieme verwagting onlogies is, aangesien die vraag is watter doel `n verhoor kan dien as daar geen voordeel van die verhoor verkry kan word nie? Die argument wat dan gegee word is dat alleg letitieme verwagtinge fundamenteel substantief van aard is – dat daar `n substantiewe voordeel uit die prosedure verkry kan word. Om dit anders te stel, `n legitieme verwagting sal vereis dat `n besluitnemer `n besluit neem volgens die verwagting wat geskep is – dus die verwysing na substantiewe legitieme verwagting.

  36. Doctrine of legitimate expectation Geregverdigde verwagting Substantiewe verligting vir legitieme verwagting nog nie in Suid-Afrika aanvaar nie. Verskillende opinies oor of verligting vir substantiewe legitieme verwagting deel van ons reg moet wees. Volgens Burns, moet substantiewe legitieme verwagtinge erken word om volle effek te gee aan die reg tot prosedurele billikheid. Die argument mag geillustreer word met verwysing na die Traub-saak. Daar mag geargumenteer word dat om die dokters slegs `n verhoor onder daardie omstandighede te gee sal nie met die beginsels van natuurlike geregtigheid ooreenstem nie. Die legitieme verwagtinge is nie verwant tot die verhoor nie, maar is verwant tot die verwagting dat hulle aangestel gaan word as “senior house officers”. Deur nie die substantiewe element van die legitieme verwagting te erken nie, sal die volle voordeel van die grondwetlike reg tot prosedurele billikheid ondermyn.

  37. Vraag 93 in Werkboek = NB NB vir Voorlopige Ondersoek Die KZN Minister van Plaaslike Regering en Behuising is van mening dat die voorsitter an die uitvoerende raad van die plaaslike oorgangsraad die gedragskode wat kragtens die Plaaslike Regeringsoorganswet uitgevaardig is, oorskry het. Die minister stel `n kommissie van ondersoek aan om ondersoek in te stel na sekere bewerings van wanadministrasie in die plaaslike regering. Die voorsitter is skriftelik in kennis gestel van die bewerings warop hy moet reageer, en is ook in kennis gestel wie getuienis oor hierdie bewerings sal lewer. Voor die verhoor doen die voorsitter by die kommissie aansoek vir lewering van state en ander relevante dokumenta in besit van die kommissie. Die kommissie weier om aan die versoek te voldoen. Bespreek die volgende met verwysing na Van der Merwe v Slabbert en SARFU v President of the RSA (1)Of die reëls van natuurlike geregtigheid nagekom moet word? (2)Of die voorsitter geregtig is op die verskaffing van state en ander dokumente in die kommissie se besit?

  38. 1)Of die reëls van natuurlike geregtigheid nagekom moet word? -In die verlede – voorlopige ondersoeke – reëls van geregtigheid hoef nie na te kom nie. Maar voorlopige ondersoeke mag `n beduidende invloed hê op individue. Nadelige feitebevindings kan geopenbaar word oor persone wat in die verhoor genoem word.– Van der Merwe case. -Die basiese beginsel is dat daar `n plig op die persoon rus wat die verhoor waarneem, indien sodanige verhoor of voorlopige ondersoek persone mag impliseer of nadelig aanraak. In die SARFU saak is die Kommissie van Ondersoek `n wye verwysingsraamwerk gegee en die hele proses was potensieel nadelig vir SARFU. SARFU het ook `n geregverdigde verwagting gehad gegrond op die belofte deur die regering om SARFU in kennis te stel van bewerings teen hom, en om hom `n geleentheid te gee om hierdie bewerings te weerlê.

  39. Vraag 94 baie NB vir legitieme verwagtinge Wanneer is gemenereg reëls van natuurlike geregtigheid en die grondwetlike reg tot prosedurele billikheid van toepassing? Gemenereg–Reëls van natuurlike geregtigheid slegs van toepassing op administratiewe handelinge wat bestaande regte, vryhede en voordele beinvloed. Traub saak – uitgebrei to legitieme verwagtinge Vraag 95 NB Vraag 99 NB Vraag 100 NB

  40. Tot hier: Vrae 86-104 (Los vraag 85) 215-238, 317-346 Gids: Eenheid 3.2

More Related