1 / 6

Krake

Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het.

tassos
Télécharger la présentation

Krake

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die besturende direkteur, aan wie die maatskappy behoort het, was baie bekommerd en hy het onmiddellik 'n argitek laat uitkom om die saak te ondersoek. Toe die argitek opdaag, het die besturende direkteur die hysbak na die 42ste verdieping geneem om hom te ontmoet.

  2. Die bestuurder kon die argitek nêrens vind nie en was omgekrap toe hy uiteindelik te hore kom dat die argitek onder in die kelderverdieping van die gebou opgemerk is. Hy is dadelik na die kelderverdieping en toe hy die argitek daar vind, vra hy;“Wat op aarde maak jy hier onder – die kraak is daarbo op die 42ste verdieping wat onmiddellik jou aandag vra!” Die argitek antwoord;“Meneer, daar mag 'n kraak bo by die 42ste verdieping wees, maar die fout lê nie daar nie. Die probleem lê hier in die fondasie van die gebou.”

  3. Toe kom dit uit, dat 'n veiligheidswag wat daar gewerk het, vir hom (by sy huis) 'n motorhuis wou aanbou. Die wag het nie genoeg geld gehad nie en het elke aand voor hy huis toe isdie hysbak tot onder in die kelder van die gebou gevat en vir hom daar 'n baksteen of twee uitgekap. Dit het hy dan in sy rugsak saam huis toe geneem. Dit was dan die oorsaak dat daar met verloop van tyd 'n kraak bo by die 42ste verdieping van die gebou verskyn en hierdie kraak was vir almal baie sigbaar gewees.

  4. As ons rondom ons kyk, sien ons ook baie mense met ernstige krake op die 42ste verdieping van hulle lewens. Dinge loop verkeerd. Spanning raak te veel. Finansies begin druk en die liefde verflou. Seksuele verhoudings vind plaas buite die huwelik. Versoekings word onweerstaanbaar, ens-ens...

  5. Dan hardloop ons so dikwels na die 42ste verdieping om te probeer red wat daar te redde is, maar die fout lê nie daar bo in die 42 ste verdieping nie. • Die fout moet onder by die fondasie van die gebou gesoek word. • Die fout moet in mense met krake se harte gesoek word maar weet jy wat is so hartverskeurend – • Die krake word baie keer deur ander mense veroorsaak wat met jou fondasie gelol het – • Baie keer, deur die toedoen van 'n ander mens, word daar nou 'n krisis op en in jou lewe geplaas.

  6. Die Bybel leer vir ons in Mat 7 en in 1 Kor 3 dat ons 'n gebou van God is en dat Jesus Christus die fondament van daardie gebou is. As ons die Fondament (Jesus wat die Rots is) uit ons lewe begin wegvat, sal die gebou op die 42ste verdieping begin kraak en mettertyd inmekaar tuimel! Dit beteken as daar 'n kraak in jou fondasie is dan moet dit onmiddellik aandag ontvang. Roep vandag die beste Argitek in om jou kraak te ondersoek en die regte stappe tot herstel gee – net Hy kan dit doen – Jesus, die groot geneser,die groot Argitek van gebroke harte wag vir jou daar onder in die kelder verdieping waar dit stil is – praat met Hom en vertel Hom wat pla. Author unknown; Presentation by Cornelia

More Related