1 / 8

Reeks uit Dordtse leerreëls: 3

Reeks uit Dordtse leerreëls: 3. Die geloof. Inleiding. God kies die gelowiges – kan waar wees en kan vals wees? God kies mense omdat hulle glo? Onwaar. God kies mense om te glo? Waar!

yaphet
Télécharger la présentation

Reeks uit Dordtse leerreëls: 3

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Reeks uit Dordtse leerreëls: 3 Die geloof

  2. Inleiding • God kies die gelowiges – kan waar wees en kan vals wees? • God kies mense omdat hulle glo? • Onwaar. • God kies mense om te glo? • Waar! Vandag kyk ons na die belangrike rol wat geloof in ons verlossing speel – en hoe ons die rol dikwels misverstaan.

  3. Ef. 2:1-10 • God se genade word beskryf. • Waarom is God se genade onmisbaar? Ef. 2:1-3: • Julle was dood deur julle oortredinge. • Julle het gelewe soos die wêreld. • Julle het julle laat lei deur die duiwel. • Dis waar van ons almal. • Almal moes deur God gestraf word.

  4. Maar God wil sy genade bewys. • Ef. 2:4-7 • God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. • Hy het ons lewend gemaak saam met Christus. Uit genade gered! • Ons het saam met Christus ‘n plek in die hemel. • God se goedheid in Christus bly vir ewig sigbaar.

  5. Hoe kry sondaars deel aan God se genade? • Die geloof. • Geloof verskyn skielik op die toneel. • Die genade van God wat in vers 4-7 beskryf word staan los van die geloof. • Jesus die Verlosser, nie geloof nie. Daarom, moenie te veel van geloof dink nie: • Geloof is ‘n genadegawe van God. • Geloof is nie ‘n verdienstelike goeie werk van die mens nie. • Geloof is nie ‘n rede om op jouself trots te wees nie. Maar, moet ook nie te min van geloof dink nie: • Geloof is die hande waarmee ons Jesus se werk vat. • Geloof maak ons ‘n nuwe skepping wat ons lewe kan wei aan die goeie dade waarvoor God ons bestem het.

  6. 7. Almal wat egter waarlik glo en deur die dood van Christus van die sonde bevry en van die verderf gered word, ontvang hierdie weldaad slegs uit die genade van God. Hierdie genade is van ewigheid af in Christus aan hulle gegee, sonder dat Hy dit aan enigiemand verskuldig is.8. Dit was immers die volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God die Vader, dat die lewendmakende en saligmakende krag van die uiters kosbare dood van sy Seun al die uitverkorenes tot voordeel sal strek. So het God slegs aan die uitverkorenes die regverdigende geloof geskenk om hulle daardeur onfeilbaar salig te maak. Dit wil sê: Dit was die wil van God dat Christus deur die bloed van die kruis - waarmee Hy die nuwe verbond bevestig het - uit elke volk, stam, geslag en taal húlle en hulle alleen kragdadiglik sal verlos, wat van ewigheid af tot die saligheid uitverkies en deur die Vader aan Hom gegee is. Ook was dit die wil van God dat Christus aan hulle die geloof sal gee wat Hy, soos ook die ander saligmakende gawes van die Heilige Gees, deur sy dood vir hulle verwerf het. Verder, dat Hy hulle van al hulle sondes - sowel die erfsonde as die daadsonde wat ná en vóór die geloof begaan is - deur sy bloed sal reinig. Ten slotte, dat Hy hulle tot die einde toe getrou sal bewaar, en uiteindelik sonder enige vlek of rimpel in heerlikheid by Hom sal neem.

More Related