1 / 28

‘n Legkaart word gebou

‘n Legkaart word gebou. 1Kor 13:11 Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê.

Télécharger la présentation

‘n Legkaart word gebou

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. ‘n Legkaart word gebou 1Kor 13:11 Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê. 1Kor 13:12 Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. 1Kor 13:13 En nou bly geloof, hoop, liefde--hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

  2. Wanneer mens ‘n legkaart bou: • Kyk jy eers aandagtig na die prentjie voor op die houer – jy moet weet hoe die prentjie lyk voor jy begin bou. • Dan sorteer jy die stukkies uit – sit al die kleure bymekaar. • Nou begin jy die rante bou, sodat jy weet waar die buitenste grense van die prentjie is. • Daarna is jy reg om die prentjie te begin invul – deur te konsentreer op die onderskeie gesorteerde hopies stukke – kleur vir kleur. • Soos jy elk van die kleur areas klaar maak, groei die legkaart se dele nader aan mekaar, tot die onderskeie gedeeltes aan mekaar begin raak • Laastens moet jy die stukkies vind wat die dele bymekaar voeg – stukkies wat twee of selfs drie tonele kombineer. • Al sou die legkaart nie volledig wees nie, behoort jy stelselmatig die toneel te sien ontvou lank voor die laaste stukkies hul plek vind.

  3. Die prentjie is weg, verdraai of vervals…. Ons lewenslegkaart as gelowiges is ‘n soeke na die wil van Vader, maar die bou van die legkaart neem ‘n leeftyd, en dan eindig ons lewens nog voor die toneel voltooi is. Deels rede hiervoor is die vermiste prentjie van sy wil – ons bou aan ‘n legkaart se stukke, maar iemand het die prentjie verwyder, of vir ons ‘n halwe prentjie gegee, of selfs ‘n prentjie wat met opset verander is sodat dit nie ooreenstem met die stukke in ons houer (lewe) nie. Dit help om te weet dat, nie teen staande ons gesukkel met die bouery, die legkaart stukke net op een manier inpas. Somtyds pas ‘n stukkie so amper in, maar dan vind ons later dat die stukkie nie werklik presies pas nie, veral wanneer ander stukkies begin bykom, en die kurwes mekaar nie omhels nie, maar bots. Somtyds haak ons vas met die bouery, en staan ons moedeloos en kyk na die hoop stukkies, tot ons oog op een val wat mooi pas – dan skielik rol ‘n toneel voor ons oop wat sommer vinnig weer etlike stukke op hul plek bring – dit gee mens sommer weer moed om verder te bou. Mag vandag vir elk van u ‘n stukkie in plek bring…..

  4. Geen prentjie, maar darem ‘n naam – dit is al ‘n begin… Die wil van Jahweh ? ….en daar is ‘n beskrywing van die prent binne in die houer….

  5. Onthou die beginsels – moenie sommer met die eerste beste stukkie begin bou nie. Dit kan u baie vêr terugsit as u later alles moet afbreek om reg te begin – of u selfs geheel ontmoedig om verder te bou.

  6. Sy wil lyk so..... • Mig 6:8 Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra JAHWEH van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? • Mar 12:28 En toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en wis dat Hy hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal (die bedoeling van die wet) ? Mar 12:29 En Jahshua antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n enige Here; Mar 12:30 en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. Mar 12:31 En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie. • Luk 12:42 En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee? • 2Kor 7:10 Want die droefheid volgens die wil van God werk 'n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood. • Rom 15:5 En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Messias Jahshua, Rom 15:6 sodat julle die God en Vader van onse Here Jahshua Messias eendragtiglik uit een mond kan verheerlik. • Ef 5:17 Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. Ef 5:18 Moenie dronk word van wyn nie--daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. Ef 5:19 Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here, Ef 5:20 terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jahshua Messias, Ef 5:21 en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God. • 1Tes 4:3 Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery; …. 1Tes 4:7 Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking…….. 1Tes 5:14 En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal. 1Tes 5:15 Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal. 1Tes 5:16 Wees altyddeur bly. 1Tes 5:17 Bid sonder ophou. 1Tes 5:18 Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Messias Jahshua oor julle. 1Tes 5:19 Blus die Gees nie uit nie. 1Tes 5:20 Verag die profesieë nie. 1Tes 5:21 Beproef alle dinge; behou die goeie. 1Tes 5:22 Onthou julle van elke vorm van kwaad.

  7. En deur Sy Seun kleur Hy sy wil verder in met..... Mar 16:14 Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. Mar 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Mar 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

  8. Dit blyk dus dat Sy wil twee tonele het:

  9. Die meeste stukkies kan ons begin bou…maar met ander sal ons gehelp word…

  10. ....en toe voeg Hy by..... - na Sy opdrag aan die 11 apostels - Mar 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, Mar 16:18slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. Vir baie spring hierdie enkel stukkie uit soos ‘n oop parkering op ‘n Saterdag oggend – en hulle begin sommer bou net daar… Vergete is die logika van legkaart bou, en die persoon se soeke na stukkies wentel nou al rondom hierdie enkel en onbeduidende toneeltjie…

  11. Gevaarlike inhoud – hanteer versigtig! “tekens en wonders en kragtige dade…..”

  12. Hierdie stukkie – die tekens, wonders en kragte stukkie – sal ons bietjie later op die regte plek plaas. Kom ons bou eers volgens goeie beginsels aan die legkaart van Vader se wil, dan sal ons spoedig sien waar diè stukkie pas, en hoekom dit ‘n maklike stukkie is om verkeerd te plaas. As hierdie stukkie verkeerd geplaas word, trek hy jou hele prentjie skeef.

  13. Wie bou die legkaart van Sy wil? Ef 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders enleraars, Ef 4:12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Messias, Ef 4:13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Messias; Ef 4:14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; Ef 4:15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Messias, Ef 4:16uit wie die hele liggaam--goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate--die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

  14. Wonderlik.....so ek kan nie wag vir my “amp” nie....., maar.... 1Kor 12:29Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? 1Kor 12:30 Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? (Nee) 1Kor 12:31 Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle 'n nog uitnemender weg.(as julle wil weet wat selfs hoër is as die beste gawes, dan wys ek julle….)

  15. Die groter prentjie is in sig… 1Kor 13:1Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword. 1Kor 13:2 En al souek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. 1Kor 13:3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. 1Kor 13:4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 1Kor 13:5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, 1Kor 13:6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 1Kor 13:7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 1Kor 13:8 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë--hulle sal tot niet gaan; of tale--hulle sal ophou; of kennis--dit sal tot niet gaan. 1Kor 13:9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

  16. Apostel Hoe bou ons?- landskap toneel 1 - Goeie saad (goeie grond) - onbekeerd Goeie saad (goeie grond) - bekeerd Goeie saad (goeie grond) - bekeerd Vals koring (pad en klip grond) Kragtige tekens en wonders Ingesmokkelde broeders Evangelis Leraar / Profeet / Herder Jahshua Liggaam

  17. Hoe bou ons- figuur (liggaam) toneel 2 - Jahshua Apostel Goeie saad (goeie grond) - onbekeerd Goeie saad (goeie grond) - bekeerd Goeie saad (goeie grond) - bekeerd Vals koring (pad en klip grond) Kragtige tekens en wonders Ingesmokkelde broeders Evangelis Leraar / Profeet / Herder Werking van die Gawes

  18. Oor geskenke en gereedskap… 1Kor 12:1 En wat die geestelike gawes (geskenke)betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. 1Kor 12:3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jahshua 'n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jahshua die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. 1Kor 12:4 Daar is wel verskeidenheid van genade(geskenke)gawes, maar dit is dieselfde Gees; 1Kor 12:5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; 1Kor 12:6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. 1Kor 12:7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is (jy kry geskenke wat jy nuttig kan gebruik). 1Kor 12:8 Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; 1Kor 12:9 aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; 1Kor 12:10 aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale. 1Kor 12:11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. 1Kor 12:12 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Messias.

  19. Vir duidelikheid: Nuttig G4851 Συμφέρω soom-fer'-o From G4862 and G5342 (including its alternate); to beartogether (om saam te dra)(contribute): - be better for, bring together, be expedient (for), be good, (be) profit (-able for). Nuttig staan saam met doel, soos ‘n hamer saam met kap.... As jy nie die doel voor oë het nie, sal jy ook nooit verstaan wat die nut van iets is, of nie is nie. Al ooit gehoor: “Hierdie ding kan handig wees, maar ek is nie seker waarvoor nie.....” Dit is die slagspreuk vir iemand wat nuttelose dinge versamel, totdat sy huis verander in ‘n ashoop.

  20. ‘n Skewe prentjie- risiko en kontrolemaatreël - Daar is ‘n taak wat gedoen moet word, en die gereedskap wat nuttig is word uitgedeel. Sommige meld aan ter wille van die gereedskap, ander om die werk te doen – dit verg ‘n wyse werkgewer om niemand bo sy vermoë te versoek, tot skade van sy siel nie…… Maar die werk is baie, die lande wit…….en iemand moet gaan. As Vader net genadig sal wees en ons siel bewaar teen die risiko van struikeling, teen die versoeking van self-opheffing – want die gereelde hantering van ander se reikdom het sy eie versoekinge… Soos die werk van ‘n transito-wag

  21. Kontant word vervoer deur wagte met ‘n pantserwa. Die doel van die wag se werksdag is om die kontant tussen A & B af te lewer. Maar is die persoon betroubaar in hantering van ander se rykdom? Die werkgewer doen profiel studies, en bepaal of die wagte betroubaar is voor hul aangestel word. Dit is ‘n risiko vir werkgewer en werknemer indien die wag nie betroubaar bevind word in die evaluasie, maar hy wel uitgestuur word met die kontant in transito. As jy die werkgewer was, en jy moet wagte aanstel om kontant te vervoer, of bestaande wagte heraanwend om groter bedrae te vervoer, wat sal jou besluit wees indien die volgende onder jou aandag kom:

  22. Tydens die onderhoud met die aansoeker vra/sê hy: • “Watter tipe bedrae sal ek vervoer – hoeveel geld?”, of; • “Ek is ‘n betroubare mens, en raak meer betroubaar namate ek met meer geld toevertrou word – dink u ek sal kan inkom by die vervoer van goudstawe vir die reserwebank?”, of; • “Die firma se brosjure sê duidelik dat Coin daagliks waardevolle vragte vervoer – ek kan nie wag om daardie vragte self te vervoer nie?”, of; • “Ek wil aansluit by die firma om geld te vervoer – ek is nie lus vir ander tipe dienste soos opleiding, makkerdiens en spanwerk take nie – ek wil geld vervoer, klaar!” U aanbeveling:

  23. Een van u bestaande wagte kom na u en sê: • “Ek voel gereed om groter somme geld te vervoer, laat my dit asseblief doen – groot asseblief!”, of; • “Ek voel ek het nou lank genoeg die roete na die hospitaal gedoen om medisyne af te lewer en op te pas – dink u nie ook dat ek u sal bevoordeel as ek met meer vertrou word nie?”, of; • “Toe ek aangesluit het, het u vir my gesê die firma vervoer baie produkte, geld ook. Ek het nog nooit die geleentheid gekry om geld te vervoer nie – ek dink dit is nou tyd, asseblief.”, of; • “U firma sal naam maak as ons meer gereeld groot somme geld vervoer – ek kan daarmee help. Mense sal weet dat die firma is reg en in staat om geld te vervoer, wat dink u?” • U aanbeveling: • skuif na kontant vervoer afdeling, of; • hou net waar hy nou is, of; • plaas hom oor na die teekombuis en gee hom ‘n skinkbord

  24. Ons Vader se gedagtes oor ons is goed – Hy roep tot diens, en gee die gereedskap en ook die kontrolemaatreël tot bewaring. Han 2:43 En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. Han 4:33 En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jahshua, en groot genade was oor hulle almal. Han 5:12 En deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almal eendragtig saam in die pilaargang van Salomo. Han 6:8 En Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. Han 8:6 En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen. 2Kor 12:12 Die kentekens tog van 'n apostel is onder julle verwerklik met alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade.

  25. Hoe groter die taak, hoe groter die gereedskap. Hoe groter die gereedskap, hoe groter die risiko - stewiger die kontrole uit liefde vir ons. 2Kor 12:7En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my 'n doring in die vlees gegee, 'n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie. 2Kor 12:8 Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk. 2Kor 12:9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Messias in my kan woon. 2Kor 12:10 Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Messias wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk. 2Kor 12:11 Al roemende het ek dwaas geword. Julle het my daartoe genoodsaak. Want ek moes deur julle aanbeveel geword het; want ek het niks by dié uitnemende apostels agtergestaan nie, al is ek niks nie. 2Kor 12:12Die kentekens tog van 'n apostel is onder julle verwerklik met alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade.

  26. Kontrole in die gemeente opset…

  27. Laat ons dan bou sonder om onkundig te wees – sonder om stukkies uit plek te plaas – sonder om Sy kontrole uit liefde te verwar met mislukking.As Hy ons nie liefgehad het nie, sou Hy ons oorgee aan ons eie begeerlikhede, tot ons vernietiging – dit sluit in die begeerte tot tekens en wonders en kragtige dade.Amen

More Related