1 / 30

As die Woord gespreek word

As die Woord gespreek word. ….en die mens kies om te hoor wat hy wil…..en hoop daarop…. Luk 1:30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. Luk 1:31 En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jahshua noem.

cindy
Télécharger la présentation

As die Woord gespreek word

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. As die Woord gespreek word ….en die mens kies om te hoor wat hy wil…..en hoop daarop….

  2. Luk 1:30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. Luk 1:31 En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jahshua noem. Luk 1:32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, Luk 1:33en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

  3. Struktuur van Boodskap A Verkeerde verwagtinge = Teleurgestelde geloof Jahshua se koms en Kruisiging B Roekelose woorde = Laat dit wees soos hy spreek Joab by die horings van die Altaar A+B=C Boerevolk se huidige toestand Ysberg vir die SAS Boer

  4. Geen groter vlug as om te vlug na jy geskrik het nie…..geen groter neerlaag as wanneer jy oorwinning verwag het, maar in rustyd verloor nie….geen groter geloofs vertwyfeling as wanneer jy vrede verwag het, maar stryd ontvang nie…..Dan eerder die skrik verwag, eerder speel asof oorwinning nog nie verkry is nie, eerder verwag dat stryd voor vrede kom – want dan sal ons nie vlug soos verskriktes, nie ween soos verslaandes, en nie ongelowig word, soos verwardes nie….

  5. A Jahshua se koms en kruisiging • Verwagting en belofte • Die nood is hoog • Goeie tyding • Hier kom ‘n ding waarna ons uitsien – ons lot is verander, ons reg gaan geskied, ons verwagting word bevredig…..nog net ‘n oogwink en dan sal almal sien ons was toe altyd reg… • Katastrofe – Hy is gekruisig, weg is die Koning, weg die Belofte, weg die Hoop, en weg hul Geloof

  6. A Jer 23:5 Kyk, daar kom dae, spreek JAHWEH, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. Jer 23:6In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID. ‘n Verwagting en roepingsbesef Jer 33:16In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID. Jer 33:17 Want so sê JAHWEH: Daar sal vir Dawid nie 'n man ontbreek wat sit op die troon van die huis van Israel nie;

  7. A Eseg 34:3 Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie; Eseg 34:4 julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid. Eseg 34:5 So het hulle dan verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword vir al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak. Eseg 34:6My skape dwaal rond op al die berge en op al die hoë heuwels; ja, oor die hele oppervlakte van die aarde is my skape verstrooi, sonder dat iemand na hulle vra of hulle soek. Die nood is groot en vooruitsig duister Mat 9:36 En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie.

  8. A Luk 1:30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. Luk 1:31 En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jahshua noem. Luk 1:32Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, Mat 2:1 En toe Jahshua te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom Mat 2:2 en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys. Hoop is skaars, goeie nuus nog skaarser – en dan gebeur iets… Mat 9:8 En toe die skare dit sien, was hulle verwonderd en het God verheerlik wat so 'n mag aan die mense gegee het. Luk 2:17 En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is. Luk 2:18 En almal wat dit gehoor het, was verwonderdoor wat deur die herders aan hulle vertel is; Luk 4:22 En almal het vir Hom getuienis gegee en was verwonderd oor die aangename woorde wat uit sy mond kom; en hulle sê: Is Hy nie die seun van Josef nie?

  9. A Joh 12:12 Die volgende dag het 'n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jahshua na Jerusalem kom, Joh 12:13palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel. Mat 17:2 En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. Mat 17:3 En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom. Mat 17:4 Toe begin Petrus vir Jahshua te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía. Mat 17:5 Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom! Mat 17:6 En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees. Alles sal nou regkom – van nou af gaan alles beter word. Kom ons deel solank die buit uit…. Mat 20:20 Toe kom die moeder van die seuns van Sebedéüs met haar seuns na Hom en buig voor Hom neer om iets van Hom te vra. Mat 20:21 En Hy sê vir haar: Wat wil jy hê? Sy antwoord Hom: Sê dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk mag sit, een aan u regter--en een aan u linkerhand.

  10. A Mar 14:27Toe sê Jahshua vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My; want daar is geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape sal verstrooi word. Luk 24:19 En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jahshua, die Nasaréner, wat 'n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk; Luk 24:20 en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het. Luk 24:21 En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos;maarnou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het. Katastrofe, teleurstelling, verwarring – ons hoop is verydel, ons verwagtinge tot niet! Joh 21:3 Simon Petrus sê vir hulle: Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan ook saam met jou. En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim, en in daardie nag het hulle niks gevang nie.

  11. A Want dit is wat hul dringend nodig gehad het……om uit die omstandighede te ontsnap. • Die Judeers as volk het ‘n sin van roeping gehad, soos van uit hul geskiedenis en die profete aan hul geleer. Hul het geweet dat daar iets spesiaal aan hul was, ten spyte van hul huidige nood – hul het geweet wie Jahweh is, en dat hul sy volk is. • Daar was groot nood in die land, en wrede, goddelose regeerders het oor hul regeer. Hongersnood, vervolging – ‘n slawe bestaan in hul eie land, was hul daaglikse lot. • Niks kon meer tydig gewees het as die uiteindelike koms van die lank beloofde koning nie. Hy sou ‘n einde bring aan die daaglikse honger na kos, die goddelose regeerders op hul plek sit en vernietig, die troon van Dawid (hul trots wat verneder is) weer herstel – al die dinge sou hy doen, want hy sou Koning wees – so het die Woord immers gesê…. • Dit is dus verstaanbaar hoekom almal wat gehoor het dat die Christus gebore is, tot spesifieke gevolgtrekkings gespring het – van uit hul eie omstandighede, het hul ‘n verwagting geskep wat hul onmiddelike nood sou aanspreek – of ten minste, die nood wat hul gedink het hul van verlos moes word. • Die afwagting van Sy uiteindelike verheerliking (die kragdadige opneem van sy troon), is toe teleurgestel in die kruisiging van Jahshua, en die vervolging van sy volgelinge – hul het uitkoms verwag, maar kry toe net groter nood. • Hoe sou hulle hierdie ontnugterring verwerk – was Jahweh magteloos, het die Skrifte gelieg, was alles net ‘n fabel……….of was daar iets wat hul verkeerd verstaan het – ‘n valse hoop. • Wat was dan die ware Hoop – hoe die korrekte Woord?

  12. A Luk 7:23 En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie. Luk 7:24 En nadat die boodskappers van Johannes weggegaan het, begin Hy vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaan in die woestyn om te aanskou? 'n Riet wat deur die wind beweeg word? Luk 7:25Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat pragtige klere dra en in weelde lewe, is in die paleise. Luk 7:26Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, nog baie meer as 'n profeet!

  13. A Wat het julle gedink, wat het julle gesoek – wat was julle verwagting? • Jahshua vra die vraag aan die volk…..dit roep om introspeksie en nugterheid. • Ons weet vandag, in terugblik, dat dit wat hulle na gesoek het, in werklikheid iets anders was – hul het gedink hul is honger na brood, maar hul het werklik behoefte gehad aan die Woorde van ons Vader (brood van lewe) – hul het gedink hul is dors na water, maar dit was die fontein van die lewe wat hul nodig gehad het. • Wat hul vlees gesoek het, is nie vervul in Jahshua se koms en kruisiging/opstanding nie – maar wat hul gees nodig gehad het, dit is verkry. • Voor die openbaring deur die Gees, was hul teleurgestel in die gebeure mbt Jahshua, maar na die openbaring, het hul gees lewend geword, en het hul gekry wat hul werklik gesoek het. • Hul fisiese situasie het versleg met die koms van Jahshua – hul is vervolg ter wille van Sy naam, hul is gedood, gevang en fisies verjaag. Maar nou het die behoefte verander – sy volk het in vervolging, in verdrukking, nader aan Vader beweeg – hul was nie weer herderloos, en nie meer slawe van Bose nie – hul het ‘n nuwe Koning gedien, en ‘n nuwe Koningkryk.

  14. A Fisiese vrede nee, geestelike vrede ja Jes 9:6 Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors-- Jes 9:7 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van JAHWEH van die leërskare sal dit doen. Jes 9:8 Die HERE stuur 'n woord in Jakob, en dit val in Israel; Mat 10:34Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. Mat 13:20 En by wie op rotsagtige plekke gesaai is--dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; Mat 13:21 maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir 'n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik. Mat 13:22 En by wie in die dorings gesaai is--dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar. Mat 13:23 En by wie op die goeie grond gesaai is--dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig--, die ander dertigvoudig. Mat 13:24 'n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het; Mat 13:25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.

  15. A Rykdom, gesondheid, liggaamlike behoeftes……soos aardse vrede, was nie verwesenlik, maar teleurgestel na die kruisiging….maar die gevolglike openbaring van die Gees, het ons die oorvloed van rykdom, gesondheid en voorspoed in ‘n nuwe realm getoon.Die een voorwaarde vir hierdie vrede en oorvloed is ‘n ontmoeting met Jahshua, en ‘n persoonlike verhouding – toewyding en volharding. Fil 3:7 Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Fil 3:8 Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jahshua, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry Fil 3:9 en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; Fil 3:10 sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, Fil 3:11 of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik. Fil 3:12Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jahshua gegryp is.

  16. A Wat het die mense gedryf om uit te gaan in die woestyn om na Jahshua te luister…wat was die verwagtinge? • Sommige wou wonderwerke sien – nuuskierig • Sommige was siek, het die dood in die oë gestaar, het nood gehad – hul het gehoop dat Hy hul van hierdie komende liggaamlike nood kon verlos • Sommige het Hom as bedreiging gesien, en het gesoek na inkremenerende aanklagte teen hom • Sommige wou vir hulself sien of die “goeie nuus” waarvan ander hul aangaande Sy Woorde vertel, waar is. • Sommige was hopeloos, en het na hoop gesoek • Sommige het ‘n koning gesoek wat die Romeine op hul plek sou sit – wou naby wees wanneer Hy sy koningskap in mag vestig.

  17. A Wat het die mense gehoor en ervaar….? • Wonderwerke – vir die wat sensasie gesoek het, was dit sensasioneel • Genesing – vir die wat liggaamlik siek was • Teleurstelling vir die wat Hom wou uitoorlê met strikvrae • Bevestiging dat Sy boodskap goeie tyding is – vir die wat moeg was vir al die slegte nuus • Hoop op uitkoms – vir die wat hopeloos geword het • Afwagting dat Hy Koning gaan word, en die Romeine op hul plek gaan sit – vir die wat wou hoor dat kierankies gaan uitbraai.

  18. A Is almal se verwagtinge bevredig met die kruisiging? • Nee vir die wat wonderwerke wou sien, want Hy het Homself nie verlos van die kruis nie – teleurstelling • Nee vir die sieklikes, want met Sy kruisiging was daar niemand meer na wie die sterwendes kon gaan vir genesing Genesing – die geneesheer is dood • Ja vir die wat Hom as bedreiging gesien het – Hy is uit die weg geruim • Nee vir die wat bemoedig was deur Sy Goeie Boodskap – nou was die Boodskap stil, en die tyding van Sy dood het selfs meer depressie gebring as voor Sy koms • Nee vir die wat in Hom hoop herontdek het – twyfel en groter wanhoop vir die wat Sy koms as nuwe hoop ervaar het • Nee vir die wat die Romeine op hul plek wou sit – die Romeine het hul Koning gedood.

  19. A Wat was die oorsaak van teleurstelling? • Menslike interpretasie van Goddelike Woord • Eie begeerlikhede wat regverdiging gesoek het in die Woorde van Jahshua • Benoudheid wat kortpad gesoek het na uitkoms • Menslike oortuigings wat nie wou plek maak vir ‘n nuwe realiteit • Groepsdruk – almal sê so, dan is dit so… Verwagtinge was “ek” gedrewe – ek is in nood, ek is siek, ek is bang, ek is verdruk – help my…

  20. A Ken Jahweh, dan sal jou verwagtinge gerig word deur die Gees – jy nie teleurgesteld wees nie…! Job 38:1 Daarna het JAHWEH Job uit 'n storm geantwoord en gesê: Job 38:2 Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis? Job 40:3 Toe het Job JAHWEH geantwoord en gesê: Job 40:4Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond. Job 40:5 Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie. Job 42:1 Toe het Job JAHWEH geantwoord en gesê: Job 42:2Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie. Job 42:3 Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie. Job 42:4Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my! Job 42:5Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. Job 42:6Daarom herroep ek en het berou in stof en as. Joh 13:7 Jahshua antwoord en sê vir hom: Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan.

  21. A En die “Lig” breek deur…. Luk 24:44 En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. Luk 24:45Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. Luk 24:25 En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Luk 24:26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? Luk 24:27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het. Luk 24:31Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn. Luk 24:32 En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie? Psa 119:67Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord. Psa 119:68 U is goed en doen goed; leer my u insettinge. Psa 119:69 Vermeteles het my leuens toegedig; maar ék bewaar van ganser harte u bevele. Psa 119:70 Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ék verlustig my in u wet. Psa 119:71 Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer. Psa 119:72 Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer.

  22. B Roekelose woorde Psa 119:43 En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek. Psa 141:1 'n Psalm van Dawid. HERE, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep. Psa 141:2 Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer. Psa 141:3 HERE, stel 'n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe. Spr 13:3Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang. Spr 18:21Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

  23. B ‘n Onverskillige woord – laat dit wees volgens sy woorde…! 1Kon 1:50 Maar Adónia was bevrees vir Salomo en het opgestaan en heengegaan en die horings van die altaar vasgehou. 1Kon 1:51 Toe is daar aan Salomo meegedeel en gesê: Kyk, Adónia is bevrees vir koning Salomo; en kyk, hy hou die horings van die altaar vas en sê: Laat koning Salomo eers vir my sweer dat hy sy dienaar nie met die swaard sal ombring nie. 1Kon 1:52 Daarop sê Salomo: As hy 'n betroubare man sal wees, sal geen haar van hom op die aarde val nie; maar as daar kwaad in hom gevind word, moet hy sterwe. 1Kon 1:53 En koning Salomo het gestuur, en hulle het hom van die altaar afgebring, en hy het ingekom en hom voor koning Salomo neergebuig. En Salomo het vir hom gesê: Gaan na jou huis. 1Kon 2:28 Toe die gerug by Joab kom--want Joab was aan die kant van Adónia, alhoewel hy nie aan die kant van Absalom was nie--het Joab gevlug na die tent van JAHWEH en die horings van die altaar vasgehou. 1Kon 2:29 En aan koning Salomo is meegedeel: Joab het gevlug na die tent van JAHWEH, en kyk, daar is hy by die altaar! Toe laat Salomo aan Benája, die seun van Jójada, weet: Gaan heen, val op hom aan. 1Kon 2:30 Daarop het Benája by die tent van JAHWEH gekom en vir hom gesê: So spreek die koning: Kom uit. Maar hy sê: Nee, want hier wil ek sterf. En Benája het die koning 'n antwoord gebring en gesê: Só het Joab gespreek, en só het hy my geantwoord. 1Kon 2:31 Toe beveel die koning hom: Doen soos hy gespreek het: val op hom aan, en begrawe hom, sodat jy die onskuldige bloed wat Joab vergiet het, van my en my vader se huis af verwyder;

  24. ‘n Dodelike kombinasie – A+BVerkeerde verwagtinge & Onverskillige woorde • Daar is vele ooreenkomste tussen ons Boerevolk vandag, hul omstandighede en verwagtinge, en die Judeërs in Jerusalem 2000 jaar gelede. • Geroepenheid – ons geskiedenis, afkoms, Gelofte • Nood en wanhoop – ons regeerders hou ons as slawe aan, is wreed, verneder ons • Net slegte nuus – ons wil nou goeie nuus hê, uitkoms is nodig • Gevoel van bedreiging – fisiese en finansieële ondergang op hande • Goeie nuus vir baie sou wees dat…. • Dit nie nodig is om deur finansieële en fisiese ondergang te gaan in SA nie • Daar ‘n weg is wat die Nuwe SA kan omkeer, en vrede, voorspoed en veiligheid tot gevolg kan hê • Die gemaksone van die laaste 14 jaar nie bedreig word nie, maar dat bekering en berou die trein weer op die spore sal plaas vir die Nuwe SA

  25. A+B Wat is ons mense se verwagtinge vandag – “wat het hulle uitgegaan om te sien in die woestyn?”

  26. A+B

  27. A+B

  28. A+B Laat ons juig – daar is nog ‘n hart wat uitroep tot Jahweh in die Boerevolk

  29. A+B En laat ons waak – want vele is die wat in hierdie dae, regverdiging soek vir hul dwaling, en dit vind in ons volk se uitroep tot Vader

  30. Opsommend Eerste dinge eerste – die res sal bygevoeg word Hul is so vêr verdwaal, op soveel paaie afgedraai, dit is nodig dat die esel spreek, die klippe roep – tot die eerste stap terug na Jahweh, die binnekamer ervaring… Selfs die teleurgesteldes het, deur die Gees, weer hoop gekry, toe die Skrifte aan hul openbaar is – hul was vir drie dae teleurgestel, maar daarna vir ewig verkwik As die Boerevolk Hom een vir een in hul binnekamer ontmoet, is die bekering eg. As dit ‘n “volksbekering” is, sal dit net wees van uit die gesin – en die man se rol is onontbeerlik daarin. Vader verander nie, Hy wil praat met Sy kinders, op Sy voorwaardes – 1Kor 11:3Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.

More Related