1 / 5

Wat is Trauma? Waarvan praat ons?

Wat is Trauma? Waarvan praat ons?.

gilon
Télécharger la présentation

Wat is Trauma? Waarvan praat ons?

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Wat is Trauma? Waarvan praat ons? Trauma kan omskryf word as gebeure wat in jou lewe plaasvind, gewoonlik buite jou beheer, wat die bestaande orde van jou leefwêreld totaal omvêrgooi. Dit het die gevolg dat jy kan verklaar dat jy nooit weer dieselfde na die lewe en jou wêreld sal kan kyk nie. Met hierdie omskrywing is dit duidelik dat baie ontstellende ervarings in die loop van ons gewone lewenswandel met ons elkeen gebeur. Sommige mense vind dit moeilik om die normale traumas van die lewe te hanteer, wat nog van die buitengewone groot gebeure wat ons bestaan laat wankel. In hierdie reeks fokus ons op 5 traumas wat baie mense beleef. Die doel van ons reeks hierdie Lydenstyd is om mense te ondersteun wat stoei met hul eie trauma en ander te bemagtig om beter ondersteuning te bied. Ons bely dat ons nooit alleen in ons seer staan nie en dat Jesus Homself met ons seer vereenselwig deur die kruis en vir ons nuwe hoop gee deur die opstanding. Jy word genooi om hierdie pad saam met ons en Christus te stap, deur die kruis na die oop graf.

  2. Inleiding: Johannes se vraag… 2 Maart 2014 “We are closer to God when we are asking questions than when we think we have the answers” - Rabbi Abraham Heschel Lees saam: Lukas 7:18 - 23 Die vraag wat Johannes vra: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?” verwoord iets van sy onsekerheid. Hy het gedink dat die lewe op ’n sekere manier gaan verloop en nou gebeur alles anders as wat hy verwag het... Hy vra hierdie vraag vanuit die tronk en hy sou nooit weer vrygelaat word nie. Trauma steel die sekerheid wat ons gehad het oor die lewe. Wat is die vraag oor jou eie of iemand anders se pyn wat jy direk aan God wil vra?

  3. Fases van trauma • Voor die trauma Voor die trauma ry die motor sonder enige probleme met baie vertroue en spoed op ’n bekende pad. Terwyl hy ry val daar toe onverwags ’n sinkgat in die bekende pad, wat die motor laat vasval. Die bestuurder van die motor se belewenis is dat hy nie kan beweeg nie. Dit is ’n traumatiese ervaring. • Alarm fase Die eerste fase word gekenmerk deur skok of ongeloof oor wat nou net plaasgevind het. Lamheid, magteloosheid en ’n gevoel dat jy selfs buite die situasie staan, word soms in die eerste fase ervaar. Metafories het die bekende pad verdwyn en daar is onsekerheid. Mens is nie eers seker oor dit wat nou net plaasgevind het nie. Die liggaam en die mens se gewone denke en aksies funksioneer direk na ’n traumatiese gebeurtenis nie normaal nie.

  4. ? ? ? Fases van trauma • Noodroep fase Tydenshierdiefase is daardrie moontlike reaksies op die traumatiese gebeure, naamlik: veg, vlug of vries. Dit is belangrik om te besef dat jy in hierdie fase op die bes moontlike manier opgetree is binne die bepaalde omstandighede. In die metafoor van die motor wat in die sinkgat beland het, begin die bestuurder agterkom dat die werklikheid/wêreld (pad), soos hy daaraan gedink het, nie meer bestaan nie. Hierdie pad waarop hy gemaklik en met vertroue gery het, is weg. Die realisering dat alles anders is, kan hier duidelik word. • Vermydingsfase Met die aanvang van die derde fase is dit moontlik vir die persoon om te poog om die hele ervaring/gebeurtenis te vermy of om dit selfs te ontken. Dit kan beteken dat plekke, mense en aksies wat met die trauma geassosieer word, so vêr moontlik vermy word. Mens kan selfs sê dat die gebeure ontken word en die motor se versneller getrap word omverder op die bekende pad tery, maar die landskap het verander en die motor se bande is besig om op een plek te spin, sonderom te beweeg. Om verder te ry sal daar nuut gedink moet word oor die motor (die persoon), die pad (die lewe) en hoe daar bestuur word (hantering van omstandighede).

  5. Fases van trauma • Integrasie fase Nietzsche het verklaar: “He who has a why to live can bear with almost any how.” In die vierde fase van trauma word die gebeure geïntegreer in die persoon se lewe. Die lewe gaan weer aan, al het mens se ervaring en denke dalk verander, kan die persoon weer normaal begin funksioneer. Deur betekenis in die trauma gebeure te soek en te ontdek, kan die persoon gehelp word in sy ontwikkeling en groei as mens. Yvonne Retief stel: “When you have truly worked through an experience, you usually emerge as a deeper and wiser person.” Die motor is weer terug op die pad. Dit is dalk ’n alternatiewe roete en die motor is nie meer dieselfde nie, of dalk word die pad net anders benader, maar daar is weer-beweging. Vrae en Notas • Dink julle Johannes die Doper het trauma ervaar soos ons dit vandag omskryf het? Verduidelik. • Noem al die karakters in die verhaal. As wie sien jy jouself in hierdie verhaal en hoekom? • Bou ’n trauma muur by die huis deur nuusberigte uit te sny en dit daarop te plak. Neem elke dag hierdie week tyd om stil te staan by die muur en vir God te vra om julle by te staan in julle eie pyn en om julle te help om sensitief te wees vir ander se seer.

More Related