1 / 41

L-10-T Opleiersopleiding

L-10-T Opleiersopleiding. Die les agter die les. Materiaal vir Opleiers. Hierdie PowerPoint Die L-10-T Inligtingsgids en L-10-T Opleiersgids L-10-T Opleidingsgids L-10-T Opleidings PowerPoint

heba
Télécharger la présentation

L-10-T Opleiersopleiding

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. L-10-T Opleiersopleiding Die les agter die les

  2. Materiaal vir Opleiers • Hierdie PowerPoint • Die L-10-T Inligtingsgids en • L-10-T Opleiersgids • L-10-T Opleidingsgids • L-10-T Opleidings PowerPoint • L-10-T Bekendstellings DVD (with How To) bevat 10 minute L-10-T video met 30 minute “How to” aanbieding – alles in Engels of Afrikaans • L-10-T Training DVDs – hierdie is 4 opleidings DVDs (in Engels) wat saam met die Engelse of Afrikaanse opleidingsgids gebruik kan word vir groep of individuele studie.

  3. Waarom opleiding vir L-10-T? • Ons wil hê almal moet L-10-T! • Ons moet mense help om deur weerstand tot verandering te breek! • L-10-T moet ‘n lewenswyse word!

  4. Jy moet L-10-T om ander te kan leer van L-10-T! • Mense kom gou agter as hul opleier teoreties praat! • Dit is beter as jy jou eie voorbeelde het. • Jy hoef nie L-10-T hardop te beoefen om te kan oplei en voorbeelde te hê nie.

  5. Die stryd vir opleidingstyd • Jou taak as opleier is om die beste balans te kry. • Hoe meer tyd jy het, hoe beter gaan jou studente doen. • Hoe meer tyd jy aan praktiese oefening en terugvoer kan bestee hoe beter. • Maar … moet nooit ‘n opleidingsgeleentheid misloop nie

  6. Opleidingsgids • Baie noodsaaklik hulpmidddel– die student kan notas maak, woorde invul en daarmee in interaksie met die materiaal tree. • Dit is ‘n behoorlike verwysingsbron vir die student • Tye vir interaksie (individueel na binne, tussen student en opleier en studente met ,mekaar of in groepe) is duidelik aangetoon – onthou interaksie vat tyd – veral met ‘n groot klas (15+) • Korter weergawes is beskikbaar waar die mense nie die (reeds goedkoop) prys kan bekostig nie

  7. Gebruik van PowerPoints • Dit is ‘n persoonlike saak vir die opleier • Dit hang ook af van die beskikbaarheid van oudiovisuele-toerusting • Is daar spasie om die toerusting te gebruik (in ‘n sitkamer)?

  8. Gebruik van DVDs • Die bekendstellings DVD (Eng of Afr) • Die 10 min L-10-T storie – ‘n moet! • Die 30 minute L-10-T How To – vir bekendstelling en as jy genoeg tyd het. • Die Day in the Life – uitstekend na jy stap 3 gedoen het en tyd het (in Stap 3 van die Opleidings DVDs). • Die Opleidings DVDs. Uitstekend as jy nog nie so geoefen voel nie Jy kan dele van dit gebruik ens. • Die enigste probleem is dat dit Engels is (maar meeste Afrikaners kyk deesdae Engelse TV)

  9. Vir alle Eenhede moet die Opleier: • Seker maak hy/sy ken die les goed • Moet liefs al in die praktyk die lesinhoud beoefen het (of in Eenhede 3 en 4 met Jesus se opdragte en die implikasie daarvan geworstel het)

  10. Beplan hoe jy dit gaan aanbied • Jy behoort volle L-10-T opleiding reeds te voltooi het: Kyk weer na die Eenheid in die Opleidings DVD om jouself op te skerp en om voorbeelde, tipiese studentreaksies ens te kry. • Beplan jou tye deeglik vooraf!

  11. ‘n Paar van die opsies vir Opleidingstruktuur is: • Jy bied aan, sonder PowerPoint of DVD hulpmiddels, student het volle opleidingsgids. • Ons beveel sterk aan dat studente die volle opleidingsgids moet hê – die paar rand wat jy spaar om daarsonder te werk is nie die moeite werd nie • …maar: As dit beteken dat die opleiding NIE gedoen gaan word nie – gebruik een van die goedkoper opsies en DOEN die opleiding.

  12. Opsies vir Opleidingstruktuur is (vervolg): • Jy bied aan, met PowerPoint en DVD hulpmiddels, student het volle opleidingsgids. Jy kies watter dele van die OpleidingsDVD jy in die klas gaan gebruik. • As jy die DVD vanaf ‘n rekenaar gebruik (vanaf Windows Mediaplayer en party ander sagteware) kan jy vooraf bepaal presies waar (op hoeveel minute en sekondes) die deel is wat jy wil speel. Met ‘n DVD speler is dit nie moontlik nie. • Maak seker jy ken jou gereedskap anders mors jy baie klastyd!

  13. Opsies vir Opleidingstruktuur is (vervolg): • Jy bied aan, met PowerPoint en DVD hulpmiddels, student het verkorte opleidingsgids (12 of 4 A4 bladsye). • Studente moet nou Bybelverse in hul Bybels opsoek (Dit vat tyd!) en benodig aparte skryfpapier of ‘n notaboek. • Jy kan natuurlik net die Bybelgedeeltes op PowerPoint hê – maak net seker al die studente kan sien!

  14. Opsies vir Opleidingstruktuur is (vervolg): • As aanbieder speel jy slegs a fasiliteringsrol en gebruik die Opleidings DVD ten volle as die die Opleier. • Jy begin en “pause” net die DVD op die regte plekke, fasiliteer besprekings en reël koffie- en teetye. • Hierdie metode werk veral goed vir opleiers wat onseker voel. • Maak seker jy het genoeg tyd (of beplan deeglik watter besprekings jy gaan uitsny (m.a.w waar jy nie gaan “pause” nie)! • OF – enige ander manier om die L-10-T kursus aan te bied!

  15. Kom ons kyk nou na die belangrike opleidingspunte vir elke eenheid (les)

  16. Eenheid 1: Voorwoord en hoe om • Maak dit duidelik vir die studente hoe julle deur die opleidingsgids gaan werk. • Kry die statistiek vir Eenheid 3 gereed as jy plaaslike statistiek gaan gebruik

  17. Eenheid 2 • Maak seker jy doen die bekendstelling deeglik. • Laat die studente Lukas 10:1-9 deeglik bespreek • Beklemtoon dat die 4 stappe ‘n moderne weergawe van Jesus se opdrag is. • Beklemtoon die twee kriteria: elke student moet weet hy/sykan.

  18. Eenheid 2 vervolg • Maak seker elke student voel dat hulle wel aan die kwalifikasies vir L-10-T voldoen! • Wys dan die 10 min L-10-T video op die Bekendstellings DVD (Hy is ook by Eenheid 2 op die Training DVD). • Laat die studente dit bespreek (gewoonlik motiveer die L-10-T video hulle geweldig!)

  19. Eenheid 2 vervolg • Wys dan (as jy tyd het en as die opleiding in verskeie sessies met tussenposes gedoen word) die 30 min How To (Hy is NET op die Bekendstellings DVD en in Engels of Afrikaans). • Hier gee Willem Joubert ‘n oorsig oor L-10-T se gebruik met 5 Bybelse beginsels, 4 besluite wat die suksesvolle L-10-Ter moet maak en drie aksiestappe om aan die gang te kom. • Dit daag die hoorder uit om dadelik te L-10-T en dit is presies wat jy hier wil doen!

  20. Eenheid 2 vervolg • Hoekom wil ons hê die studente moet dadelik begin? • Omdat L-10-T ‘n doen ding is, is dit uitstekend dat studente begin en agterkom dit is moeiliker as die 4 maklike stappe. • Dan maak die lesse soveel meer sin vir hulle! • Hulle leer om op gereelde basis terug te kom en rapporteer – goed of sleg! In L-10-T maak goed of sleg nie saak nie – alles is vorentoe op die geloofspad!

  21. Eenheid 3: Die Groot Opdrag • Maak seker jy verstaan en ken die les goed. • Laat die studente op die vrae oor hoe goed hulle doen, hulle self ‘n punt uit 10 gee en dan hul vingers wys. • Die les moet die student konfronteer! • Die gesprek rondom hoe die studente die evangelisasie taak in hul stad gaan aanpak is belangrik – asook wat hulle self gaan doen – dit bou ‘n brug na L-10-T.

  22. Eenheid 3 vervolg • Dat die studente sal verstaan dat hulle as Christene voltyds in diens van God is – en dat hul werksplek hul “gemeente” is, is krities! • Dit is ook belangrik dat hulle verstaan dat na aanleiding van die 18 mikrostappe (en slangetjies en leertjies) – elkeen ‘n evangelis is – of hy nou wil of nie. En L-10-T rus hom/haar toe om dit nou goed te doen!

  23. Eenheid 4 • Beklemtoon die belangrikheid van die ander opdragte van Jesus en soos aangedui waar elke student nou staan: • Om Jesus te volg • Die tweede Groot Gebod • Die klem op minder bevoorregtes • Die eerste Groot Gebod • Die konvergensie van die twee Groot Gebooie in Joh 15

  24. Eenheid 5: Stap 1 • Hierdie is ‘n kritiese stap en elke deel moet deeglik behandel word. • Maak seker dat almal die belangrikheid van vergewing verstaan en die proses begin het. • Let spesifiek op of daar enige persoon is wat binne in ‘n daaglikse situasie van mishandeling staan. Hanteer so ‘n persoon met groot sensitiwiteit en probeer hulp kry.

  25. Eenheid 6: Stap 2 • Behandel deeglik • Maak sekere mense identifiseer dinge waarmee hulle mense rondom hulle kan afsit van die Here af. • Moenie sensitiewe probleme in die openbaar oopdwing nie!

  26. Eenheid 7: Stap 3 • Behandel hierdie stap baie deeglik – hy het baie onderafdelings wat deeglik deur studente begryp moet word. • Maak seker almal verstaan dat hulle wel L-10-T al doen hulle net stil gebed • Dit is krities dat studente verstaan dat L-10-T nie net een-tot-een is nie maar ook een-tot-organisasies! Van die grootste L-10-T impakte kom waar individue L-10-T op organisasies begin toepas!

  27. Eenheid 8: Stap 4 • Maak seker dat almal hul getuienis of hoekom hulle glo, doen en met mekaar deel: dit is gewoonlik ‘n openbaring om na ander se storie te luister! • Maak seker almal begin hulle Vat 5 en moedig hulle aan om te volhard. • Vind uit watter metode van direkte evangelisasie deur die instansie verkies word (EE3 of evangecube ens)

  28. Eenheid 9: Die L-10-T effek • Hierdie is ‘n kritiese les. • Laat Jesus se reaksie die belangrikheid van L-10-T beklemtoon • Wys die belangrikheid van gereelde terugvoer uit en laat die studente of instansie planne maak oor hoe hulle dit gaan doen: jou doelwit is ‘n nuwe lewenstyl vir beide indiwidu en instansie!

  29. Gordel en kruisbande • Om te verseker dat L-10-T ‘n lewenswyse word: • Eerste 21 dae na opleiding stop word die vorm agter in die opleidingsgids bygehou • “Buddy” word deur almal gekies (Twee of drie) – hulle onderneem om mekaar ten minste 21 maande te ondersteun • Kleingroep of huisgesin of ander groep kom weekliks byeen vir terugrapporteer, ondersteun en uitstuur.

  30. Eenheid 9 vervolg • Dit is belangrik om alles terug te bind na eenheid 3 en 4. • Gewoonlik is studente verstom oor die wye trefkrag van L-10-T! • Benadruk die indiwiduele effek, instansie effek (gemeente of besigheid) en die effek op ‘n stad/streek • Ons kan nie genoeg benadruk hoe krities hierdie deel is in terme van God se opdragte nie!

  31. Eenheid 10: Komaan! • Dit is krities dat studente begin (veral as jy L-10-T op een dag aangebied het) en dan • Aanhou tot • L-10-T ‘n lewenswyse geword het • Laat hulle al die planne neerskryf • Moenie een student die opleiding laat verlaat wat nie deel is van ‘n groepsplan nie – elkeen moet liefs ‘n “buddy” hê en ‘n persoonlike toepassingsplan!

  32. Vraelyste • Ons gebruik twee tipes vraelyste • Een meet die student se houding voor en na die opleiding. Dit is merkwaardig om die vordering te sien wat ‘n student maak – ook vir hom/haarself! Doen die “voor” vraelys direk na Eenheid 1. “Post” heel aan die einde. • Een meet vordering met die stappe en verskeie aspekte van die student se interaksie met sy L-10-T omgewing. Hierdie help geweldig vir die opleier om sy student te leer ken en ‘n persoonlike L-10-T plan vir hom/haar uit te werk. Doen hom omtrent na Eenheid 4.

  33. Ken jou student! • As opleier vergroot jy jou impak op ‘n individuele student geweldig as jy hom/haar leer ken (deur die vraelyste) maar veral in die klasopset deur response op individuele en groep interaksie en terugvoer op prakties. • Jou doel moet wees om uiteindelik seker te maak dat elke student op sy/haar vlak sal begin L-10-T en kan aanhou om sodoende die Here se seën op en in hul lewens te kan begin ervaar!

  34. Vir organisasies of groepe • Bou of help om L-10-T binne in die DNA van jou organisasie of groep in te bou. • As dit maar net ‘n kursus is wat uiteindelik klaar is en nooit weer oor gepraat word nie, is die kanse dat dit in die organisasie of groep gaan uitsterf goed (al doen jy ook Eenhede 9 en 10 goed). • Gereelde terugvoersessies moet organisatories gereël word anders gebeur dit nie (binne omgeegroepe of in die diens of gedurende gereelde vergaderings of terugvoersessies.

  35. Vir organisasies of groepe (vervolg) • Nog beter is dat dit binne die DNA of strategie van die organisasie of groep ingebou word en deel van die kultuur word. “L-10-T is wat ons in hierdie gemeente doen” • Dit sal dan in preke gereeld voorkom, op elke vergadering ‘n standaard plek hê op die agenda, in elke weeklikse blaadjie voorkom, ens. • Is dit werklik nodig? – as jy nog nie glo nie – vergelyk L-10-T weer met Eenhede 3 en 4!

  36. Wat kom na L-10-T? • Wees gereed om vir studente te kan verduidelik watter studiegeleenthede daar is nadat hulle L-10-T (wat net ‘n basis is) bemeester het (Kyk op die einde van die PowerPoint aanbieding): • Gemeentes, organisasies of studente kan verder werk op die menu wat deur die Integrated Marketplace Transformation Strategy (IMTS) voorgestel word (www.itnafrica.com > Marketplace Strategy) en/of • Indiwidueel na binne werk (kursus (lewende aanbieding) is beskikbaar) om daagliks in God se teenwoordigheid te wandel. “Going deeper with God”

  37. Ons droom vir ‘n gemeenskap, dorp of stad! • Dat soos Christene in gemeentes en organisasies in ‘n gemeenskap L-10-T begin beoefen, hulle begin saamwerk om in ‘n geografies gemeenskap te begin saam beplan om: • Seker te maak dat elke huis, besigheid of organisasie in die gemeenskap het iemand (stap 2) wat gereeld (ideal is daagliks) vir hom bid (stap 1); weet wat sy behoeftes is en daarvoor bid (stap 3); gereed is om van Jesus te vertel of ten minste Vat Vyf op die mense daar toepas (stap 4) en

  38. Ons droom vir ‘n gemeenskap, dorp of stad! • Dat die mense in die huis, besigheid of organisasie weet wie dit doen en ‘n telefoonnommer/e-pos het om kontak te maak in geval van nood. • Hierdie is nie net ‘n droom nie – dit is moontlik! • Die L-10-T slagspreek is: KOMAAN! • Kom ons gaan doen dit – ons deel en kyk na die magtige dade wat God sal doen!

  39. Die geestelike implikasie van L-10-T • Wees gereed om vrae te antwoord oor die dele van Lukas 10 wat ons nie behandel nie – spesifiek vs 10-16. • Ons L-10-T antwoord is dat daardie uitsprake en magtige gevolge in die hande van die Here is – ons kan niks daaraan doen nie. • Dit bewys wel die magtige geestelike impak van L-10-T

  40. Lukas 10:10-16 • 10 Maar as julle in ’n dorp kom en hulle ontvang julle nie, gaan dan uit in sy strate en sê: 11 “Selfs julle dorp se stof wat aan ons voete sit, vee ons af as aanklag teen julle. Maar dit moet julle weet: die koninkryk van God is baie naby.’12 Ek sê vir julle: Vir die mense van Sodom sal dit op dié dag draagliker wees as vir daardie dorp.13 “Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! As in Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het. 14 Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel draagliker wees as vir julle. 15 En jy, Kapernaum, dink jy jy sal tot die hemel toe verhoog word? Nee, jy sal tot in die doderyk afdaal!16 “Wie na julle luister, luister na My; wie vir julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.”

  41. Persoonlike Opleiding • Kontak Willem Joubert (082 650 5684) of wjoubert@icon.co.za; Lenthia (011 824 1985) of lenthia@jwipn.com of Genevieve (011 824 1985) of infowits@jwipn.com vir enige verdere verduidelikings, hulp met beplanning van opleiding of om persoonlik opleiding by jou gemeente of werkplek te kom doen. • Ander opleiers is ook dwarsoor die land beskikbaar -skakel ons om van die een naaste aan jou te hoor.

More Related