1 / 65

L-10-T

L-10-T. KOMAAN!. L-10-T Lukas 10 Transformasie Inleiding L-10-T is ‘n opwindende en radikale nuwe manier vir jongmense (jonger as 100 jaar) om Jesus te volg – op ‘n wyse wat deur Jesus self omtrent 2 000 jaar gelede vir ons gegee is!

suchin
Télécharger la présentation

L-10-T

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. L-10-T KOMAAN!

  2. L-10-T Lukas 10 Transformasie Inleiding L-10-T is ‘n opwindende en radikale nuwe manier vir jongmense (jonger as 100 jaar) om Jesus te volg – op ‘n wyse wat deur Jesus self omtrent 2 000 jaar gelede vir ons gegee is! Met L-10-T kan jy en Die Heilige Gees die Goeie Nuus vertel waar jy ookal gaan – by die skool, kollege, universiteit, werk, fliek, klub of waar jy ookal met jou vriende uithang – En slegs indien nodig woorde gebruik!Almal kan L-10-T! Kwalifikasies? Jy moet jouself verbind het om Jesus te volg met alles wat in jou is. Dus – het jy reeds jou lewe verbind tot ‘n lewenstyl sonder reputasie?

  3. Maak Seker! My Persoonlike verbintenis tot Jesus Christus HERE Jesus, Ek bid nou tot U en gee U my woord dat:   Ek U lief het en altyd wil volg. Ek weet ek doen gedurig dinge verkeerd en teen U wil en is werklik jammer oor my sonde. Vergewe asseblief die sonde wat ek mee gebore is, reeds gedoen het en wat ek steeds mag doen. Ek wil U volg en u lewenstyl naboots. Aanvaar my as U dissipel en leer my terwyl ek U volg, met U praat en U geskrewe storie en opdragte bestudeer.        

  4. KOMAAN!!!

  5. Waarom L-10-T? Jesus was ‘n radikale dertigjarige in die gemeenskap waarin Hy gelewe het! Hy was nie iemand se pa of ‘n predikant of pastoor nie - Hy was een van ons! Maar Hy was GOD! Hy het ‘n perfekte verhouding met Sy Vader God gehad. Hy het ‘n lewenstyl sonder reputasie vir Sy Vader geleef. Hy het al ons sondes op Homself geneem en vir ons gesterf. Sy voorwaarde was dat ons sy lewenswyse moet naboots!

  6. Hoe wys jou huidige lewenswyse dat jy Jesus volg?

  7. 1 Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. 2 Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3 Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in. 4 “Moenie ’n beurs of ’n reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery tyd verkwis nie. 5 As julle in ’n huis kom, moet julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir hierdie huis.’ 6 As daar iemand woon vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom bly; so nie, sal dit na julle toe terugkom. 7 Moenie van een huis na die ander trek nie, maar bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle voorhande het, want die arbeider is geregtig op sy loon. 8 As julle in ’n dorp kom en hulle ontvang julle, eet dan wat hulle vir julle voorsit. 9 Maak die siekes daar gesond en sê vir die mense: ’Vir julle is die koninkryk van God baie naby!’ Lukas 10: 1-9

  8. Hy het twaalf dissipels opgelei – gewone ouens soos ek en jy! Hy het hulle gekies om Sy boodskap tot in elke land op aarde te neem. Hy het ook twee-en-sewentig ander ouens (sewentig in die Ou Afrikaanse Vertaling) getuur om sy boodskap voor Hom uit te neem. Hulle is die voorbeeld wat ons wil volg terwyl ons L-10-T in die huidige moderne lewe!

  9. Voor Jesus opgevaar het na Sy Vader in die hemel toe het Hy ‘n belangrike opdrag aan Sy dissipels en deur hulle aan ons gegee – genoem die Groot Opdrag: 19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. (Mat 28:19-20a)

  10. Hoe goed voer JY die Groot Opdrag uit?

  11. Mat 22:37-40. 37 Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38 Dit is die grootste en die eerste gebod. 39 En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40 In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”

  12. Die Groot Gebooie reguleer ons verhouding met _________ en met __________ _______________. God ander mense

  13. 31 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. 32 Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos ’n wagter die skape van die bokke skei. 33 Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan. 34 “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, 35 want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My gehuisves; 36 Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ 37 Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink?

  14. 38 En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? 39 Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ 41 “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, 42 want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; 43 Ek was ’n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’ 44 Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of ’n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’ 45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’ 46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”

  15. Watter “minder bevooregtes” of “geringes” is op Jesus se hart? __________________ __________________ __________________ __________________ __________________ __________________ Dorstiges Hongeres Vreemdelinge Sonder Klere Siekes Gevangenes

  16. In verse 41-46 maak Jesus dit duidelik dat waar waar sulke “geringes” geminag is – Hy dit beskou dat die minagters ___________ self geminag het. Jesus

  17. Kom ons lees Mat 7:21 -23 21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. 22 Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ 23 Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”

  18. GOD wil nie noodwendig hê ons moet groot dade in Sy Naam doen nie – nee, Hy is meer bekommerd dat Hy jou persoonlik sal _____________. ken

  19. Een van die maklikste maniere om die HERE te ken en deur Hom geken te word is deur gereelde _____________________ met Hom deur ________________. kommunikasie gebed

  20. Lees John 15:9-16a 9 “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. 10 As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. 11 “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. 12 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. 13 Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. 14 Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. 15 Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ’n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou.”

  21. Jesus plaas die voorwaardes van die tweede Groot Gebod op ‘n hoër vlak deur te sê dat ons mekaar moet liefhê soos _________ __________ liefhet. Hy ons

  22. Wat behoort jy te doen om Jesus se “vriend” genoem te word? _____________________ _____________________ _____________________ Ons moet doen wat Hy ons beveel

  23. DANKIE, HERE! “HERE, ek buig my knieë in nederigheid voor U Ek weet U liefdevolle teenwoordigheid sal met my wees gedurende hierdie dag. Dankie dat U U liefde oor my sal uitstort vandag. Ek is vir U ook lief! Amen” (37 Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. (Mat 22:37))

  24. Hoe doen ek L-10-T? Die volgende 4 stappe Sal jou wys hoe!

  25. STAP 1:Seën Wat is die betedenis daarvan om die Here se seënof vrede op ‘n plek af te bid Die Here se seën of vrede bring: _________________________ _________________________ _________________________ Sy ryke goedheid en genade in 'n persoon se lewe

  26. HERE, raak hulle aan! “HERE, raak die onderwysers, werknemers, en studente (of wie ook al in die plek is waar jy is) op hierdie plek (bv my skool) aan vandag. Een aanraking van U, Vader, kan iemand se hele toekoms vandag verander. Raak hulle aan deur hierdie gebed of enige manier waarop u my daarvoor wil gebruik. Amen”

  27. Deut 28:1-13 1 “As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al sy gebooie wat ek jou vandag gee, en jy lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die nasies van die aarde stel. 2 “As jy luister na die Here jou God, sal al hierdie seëninge oor jou kom en jou lewe verryk. 3 “Jy sal geseën wees in die stad, jy sal geseën wees in die oop veld. 4 “Jou nageslag sal geseën wees, en die opbrengs van jou lande en die aanteel van jou diere, jou kalweroes en jou lammeroes. 5 “Jou oesmandjie en jou knieskottel sal geseën wees. 6 “Jy sal geseën wees waar jy ook gaan. 7 “Die Here sal jou vyande wat jou aanval, vir jou laat vlug. Hulle sal uit een rigting teen jou opruk, maar in talle rigtings voor jou uit vlug.

  28. 8 “Die Here sal die seën beveel om oor jou te kom, oor jou graanskure en oor alles wat jy aanpak. Die Here jou God sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee. 9 “As jy die gebooie van die Here jou God gehoorsaam en sy wil doen, sal Hy jou in stand hou as sy heilige volk soos Hy met ’n eed aan jou beloof het. 10 “Al die volke op die aarde sal weet dat die Naam van die Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal bang wees vir jou. 11 Die Here sal jou oorlaai met die goeie: met ’n nageslag, met die aanteel van jou vee, met die opbrengs van jou grond in die land wat die Here met ’n eed aan jou voorvaders beloof het om aan jou te gee. 12 Die Here sal sy goeie voorraadskuur, die hemel, vir jou oopmaak om vir jou land reën te gee op die regte tyd, om alles wat jy doen, te seën. Dan sal jy aan baie nasies kan leen, maar self sal jy nie hoef te leen nie. 13 “As jy luister na die Here jou God se gebooie wat ek jou vandag gee, as jy hulle gehoorsaam en daarvolgens lewe en nie ander gode aanhang en dien en so afwyk van alles wat ek jou vandag beveel nie, sal die Here jou God jou die kop maak, nie die stert nie, en sal jy altyd bo wees, nie onder nie.

  29. Daar is niks wonderlikers wat met ‘n persoon, organisasie, stad of land kan gebeur as die HERE se ___________ nie! Seën

  30. 1 Tim 2:1-3 1 Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, 2 vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid. 3 So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser,”

  31. Die Here is ernstig daaroor dat ons in die __________ plek verskillende tipes ________vir alle mense moet ___________en veral vir hulle in ____________ eerste gebed bid gesagsposisies

  32. Jer 29:7 7 Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.”

  33. Die HERE ernstig daaroor dat ons tot Hom vir ___________ moet bid waar ons ons bevind – al is dit teen ons wil. Inteendeel, hy beveel ons om daarvoor te bid want die plek se __________________ is ook ons __________. plekke belange belange

  34. Mat 5:43-48 43 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45 sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. 46 As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? 47 En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie? 48 “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”

  35. Jesus mik vir niks minder as volmaaktheid soos die ________________ as ons ideaal nie. Hemelse Vader

  36. Iets anders mag egter in ons pad staan

  37. Mat 6:12, 14-15 12 en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewewat teen ons oortree;...... 14 “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15 Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”

  38. As ons die HERE se seën of vrede toebid is dit belangrik dat ons nie _______________________ teenoor iemand is nie. onvergewensgesind

  39. Wees vry! Om wrokke of griewe teen mense te hou is soos kettings wat jou vasbind! Gee dit vir die HERE en raak vry!

  40. Jy kan nou begin met L-10-T Stap 1. Jy mag dalk vind dat jy die stap meer gebruik as die ander.

  41. STAP 2: SAMESYN

  42. Stap 2 (Samesyn - Eng. Fellowship) is nou rêrig lekker. Jesus verwag van ons met die mense rondom ons vriende te maak en te kuier! Ons moet dit doen oral waar ons gaan – ons moet gewone mense wees wat gewone goed soos meeste mense doen. NO Christianese! Vir die arme twee-en-sewentig dissipels in Jesus se tyd was hierdie ‘n verskriklike opdrag want hulle het ‘n klomp godsdienstige reëls oor kos gehad! Ons het gelukkig nie soveel kosreëls nie.

  43. Wanneer ‘n mens kuier of by die skool, universiteit of werk is, is dit belangrik om nie kompromieë aan te gaan wat jou Christelike waardes betref nie – bv om dwelms te gebruik, seks voor jy getroud is, vloek of vuil grappe vertel, of so iets.

  44. Kan jy dink aan enige iets wat jy dalk doen tussen jou vriende wat jy nie behoort te doen as jy sonder woorde Jesus se voorbeeld wil stel nie?

  45. Jy is gereed om stap 2 te doen.

  46. STAP 3: Bevredig Behoeftes Wat verstaan jy omtrent die bevrediging van behoeftes? _______________ _______________ ________________ Om mense te help in hul nood, waar en as jy kan

  47. Daar is drie vlakke van gebed in Stap 3: Jy kan sag of met ‘n vriend bid (almal kan dít doen!) Jy kan die persoon vra of jy vir die behoefte vir hom/haar kan bid. Indien die antwoord positief is kan jy ‘n eenvoudige gebed vir die persoon doen, gewoonlik weg van ander mense af. Jy kan ‘n persoon vra of daar ‘n sekere behoefte is waarvoor jy vir hulle kan bid (meeste mense het een of ander behoefte, al is dit net vir die vrede of seën van God).

  48. Die wonderlike daarvan om vir ‘n behoefte te bid is dat meeste mense - Christen, Moslem, Hindoe, “New Ager” of ateïs – altyd ja sal sê vir gebed! As die persoon nee sou sê? Wel dan sê jy OK – draai weg en bid in elk geval saggies vir die situasie.

  49. Jy is nou gereed om op hierdie nuwe maar eenvoudige wyse te gaan omgee vir diegene rondom jou! Dit is ontsettend belangrik dat jy ook sensitief is vir die leiding van die Heilige Gees (deur Sy sagte stem wat jou in hierdie of daardie rigting lei) in enige situasie. Wees ook sensitief vir die gevoel van jou eie hart – die Heilige Gees mag ‘n sekere geval of tipe behoefte oor jou pad bring waaraan jy dalk meer aandag wil gee (bv mense wat MIV/VIGS het).

  50. STAP 4: Vertel van JESUS

More Related