1 / 27

Vals geld - Hoeveel het jy in jou besit ?

Vals geld - Hoeveel het jy in jou besit ?. Sê nou iemand gee jou 10 miljoen rand present en jy gaan bank dit. Jy begin baie dinge droom: ‘n oorsese reis, aande op wit palmboomstrande van die Suidsee-eilande, ‘n Spogplaas (as jy terugkom) met Brahmane of die blinkvet

javen
Télécharger la présentation

Vals geld - Hoeveel het jy in jou besit ?

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Vals geld - Hoeveel het jy in jou besit ? Sê nou iemand gee jou 10 miljoen rand present en jy gaan bank dit. Jy begin baie dinge droom: ‘n oorsese reis, aande op wit palmboomstrande van die Suidsee-eilande, ‘n Spogplaas (as jy terugkom) met Brahmane of die blinkvet Afrikaners tussen die groen doringbome…….. Maar net voor jy van die lughawe vertrek, klop die speurders jou op die skouer, neem jou eenkant toe, lig jou in dat daardie geld alles uit vervalste note bestaan het. Hulle is baie goed nagemaakte R200-note, maar nogtans vals. Jy word wit van skrik. Jou hande bewe. Jou hele toekomsdroom spat aan skerwe aan jou voete. Jy was bedrieg, Verskriklik EN DOELBEWUS belieg, bedrieg en mislei !

  2. Of sê nou jy sit in ‘n ruimtetuig maan toe. Jy is daar ver, ver van die aarde af in die bloutes, en daar word dan ontdek dat ‘n klein foutjie in die berekenings ingesluip het en dat daar NIKS AAN GEDOEN KANWORD NIE. Die ruimetetuig sal onherroepelik by die maan verbygaan en dan vort die onherbergsame ruimtes in. Vort,vort, vort die donker ewigheid in……Hoe sou jy nie geskrik het nie ! Soms maak ‘n betreklike groot fout nie veel saak nie. Soms maak ‘n baie klein foutjie GEWELDIG SAAK. Is ons seker daar is geen fout in die ruimtetuig waarmee ons op reis is na die ewigheid toe nie ?

  3. 1. Sal goeie mense eendag verlore wees ? Antw: Om te dink dat jy miljoene in die bank het en dan te ondek jy het niks nie, is ‘n vreeslike teleurstelling. Om te dink dat jou ruimtetuig jou veilig by die maan gaan bring en terug, en om dan te ondek jy sal daar nooit kom nie – jy is verlore – sal ‘n baie benoude ondervinding wees. Maar om te dink jy is gered en om dan by die deur van die ewige dood te kom, is die grootste tragedie denkbaar, want wat kan erger wees ? Dan het jy alles verloor ! Matt.22:12,13 “En hy (die koning) sê vir hom: Vriend hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan ? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete neem hom weg, en werp hom in die buitenste duisternis.Daar sal geween wees en gekners van die tande.” Matt.25:10 “En die wat gereed was, het saam met hom (die buidegom) Ingegaan na die bruilof, en DIE DEUR IS GESLUIT.” Matt.7:22,23 ”Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here…. en dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My.”

  4. 2. Wat is ons grootste gevaar onderweg na die ewigheid ? Jesus lê Sy vinger op diegrootste gevaar, en dit is dat ons BEDRIEG mag wees. En die bedrieër is die Satan, die vader van die leuen Joh. (8:44) Bedrog sal veral hoogty vier net voor die wederkoms van Jesus. Matt.24:3,4 “En toe Hy op die Olyfberg gaansit het, kom die dissipelsalleenna Hom toe en sê: Vertelons, wanneer salhierdiedingewees, en WAT IS DIE TEKENVAN U KOMS EN EN VAN DIE VOLEINDINGVAN DIE WêRELD ? En Jesus antwoord en sêvirhulle: PASOP DAT NIEMAND JULLE MISLEI NIE.”

  5. 3. Wat word onder andere deur die Satan nagemaak ? Antw: Satan wil in sy woede teen God en Sy kinders op aarde selfs die uitver- korenes mislei Hoe kan hy dit beter doen as om selfs Christus en die Gees van God na te maak ? Valse christusse en valse geeste ! Hoe sal ‘n valse Christus lyk ? Net soos ons aan Christus dink. Hoe sal hy praat ? Net soos Jesus gepraat het. Hoe sal hy optree ? Net soos Christus opgetree het: Liefdevol, genesend, Erbarmend, heilig, skitterend, stralend van goedheid. Pas op. sê Jesus. Pas op. En hoe sal die valse gees optree ? Met valse gawes ! Hier betaam die uiterste versigtigheid ons. Matt.24:5 “Want baie sal onder my Naam kom En sê: Ek is die Christus ! En hulle sal BAIE MENSE MISLEI.” 1 Joh. 4:1 “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.”

  6. 4. Maak Satan die gawes van die Gees van God na ? Antw: Die Here het apostels in Sy kerk gestel, maar die duiwel stel ook apostels aan. Die Bybel leer ons dit. Sal hierdie apostels ooglopend vals voorkom ? Nee, nee. Die duiwel verander homself in ‘n engel van die lig ! – mooi, pragtig, hemels, heilig, vroom –na die uiterlike absoluut soos ‘n engel van die hemel. Die verskriklike tragedie is dit ! Dat ‘n vals apostel duisende goeie mense kan bedrieg met sy vrome, heilige,goddelike voorkoms ! Jy sal dink hy is van die troon van God self . O, as ons maar soos die apostel Paulus kan uit- roep: Hand.20:27 “Ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.” Onthou, selfs as ‘n engel van lig aan jou verskyn, moet jy hom aan die Woord en raad van God beproef, want hy kan DIE SATAN SELF WEES. So waarsku Gods Woord ons.

  7. 1 Kor. 12:28 “EN God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek as apostels.” Op.2:1,2 “Skryf aan die engel van die gemeente Van Efese: …………Ek ken jou werke………dat jy die op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle LEUENAARS BEVIND HET.” 2 Kor. 11:13,14,15 “Want sulke mense is VALSE APOSTELS, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie ! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar……. 5. Wat is die tweede genadegawe van die Gees ? As ons Jeremia 23 en derglike skriftuurlpase lees, sien ons hoe valse profete deur die eeue heen Gods volk in die verderf gestort het. Valse profete was van die Satan se magtigste handlangers om die hemel leeg en die hel vol te hou. !

  8. Dit klink dalk skerp, maar hoe anders kan daar teen die “verleidende geeste en leringe van duiwels” (1 Tim.4:1) gewaarsku word ? Ons siele is op die spel ! 1Kor.12:28 “…..ten tweede profete.” Ef.4:11 “En Hy het sommige gegee as apostels,ander as profete. Matt.24:11 “En baie VALSE PROFETE sal opstaan en BAIE MENSE MISLEI. Matt.7:15 “Maar pas op vir die VALSE PROFETE wat in skaapsklere na julle Kom en van binne roofsugtige wolwe is.” Jeremia 23:9,21 “Wat die profete betref - my hart is gebreek in my binneste.” “Ek het die profete nie gestuur nie, tog het hulle geloop. EK HET NIE MET HULLE GESPREEK NIE, TOG HET HULLE GEPROFETEER.” 6. Wat is die derde genadegawe van die Gees ? Antw: Volgens die waarskuwings uit Gods Woord is dit moontlik dat ‘n dinamiese, populêre predikant wat bid dat jy tot trane beweeg word en wat preek dat duisende, ja miljoene, aan sy lippe hang sodat sy kerkdienste tot oorlopens toe vol is en stoele of banke ingedra moet word tydens sy dienste – dat so ‘n leraar tot nog die dienskneg van die bose mag kan wees !

  9. As dit net nie van God is nie, hou die duiwel van groot, imposante kerkgeboue, van magtige predikers,stralend van charisma, welsprekend, “ heilig”, byna “goddelik” in hulle voorkoms en voordrag. Hy hou van miljoene wat deur hulle betower word., wat sing en juig en toestroom na die dienste toe….sou ek en jy, as ons in die duiwel se plek was, nie sulke sensasiewekkende, emosiedeurdrenkte godsdienstige byeenkomste gebruik het om siele weg van God te trek nie ? Sou ons nie ons opperste lis en misleiding gebruik het nie ? Laat ons elke leraar en elke leerstelling toets aan Gods onfeilbare Woord. Alleen dan is ons veilig.

  10. I Kor. 12:28 “…..ten derde leraars.” 2 Tim.4:3,4 “Want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar omdat hulle in hul gehoor gestreeel wil wees, vir hulle ‘n menigete leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.” 2 Pet.2:1 “Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer.” 7. En wat is die vierde genadegawe van die Gees van die kerk ? Wonderwerke boei en imponeer. Maar watter is van God, en watter is van die Bose ? Volgens Jesus se profesie van die einde van die wêreld sal baie gelowige Christene so opreg wees in hulle godsdiens dat hulle met Jesus sal stry. Hulle sal sê: Maar Here, ons het dit dan in U Naam gedoen ! Nou ontdek hulle daardie “genadegawe van die Gees” in hulle was nie van God nie – dit was vals, en dit hou hulle vir ewig uit die hemel uit. Hulle is verlore . Die Satan het hulle die wonderwerke laat verrig en dit in die Naam van Jesus.

  11. Pas op. Pas op. Moenie deur wonderwerke bedrieg word nie, want hulle oorsprong mag by die Satan wees, al word Jesus ook aangeroep. Hierdie bedriegtes het hulle gevoel bo die uitdruklike Woord van God gestel, hulle “gawes van die Gees” bokant die wet van God. (Gaan weg van My, julle wat die wet van God oortree.) Spr.28:9 Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ‘n gruwel. God vra nie lippetaal nie, maar gehoorsaamheid aan Sy Woord. Romeine 2:18 Jy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word. 1 Kor. 12:28 “Daarna kragte.” (Engelse vertalings : miracles,miracle – Workers.)

  12. Matt.10:8 “Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op,dryf duiwels uit.” Mark.16:17 “En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf.” Matt.7:22,23 “Baie sal in daardie dag vir my sê: Here, Here, het ons nie in Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie ? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My. Op.16:14 “want dit is die geeste van Duiwels wat TEKENS DOEN, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld.” Op.13:14 “En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is.”

  13. 8. Watter genadegawes volg ? Antw: Dit is die voorreg van almal om te vra dat vir die siekes gebid word. “Is daar iemand siek onder julle ? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid, nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.” Jak.5:14 Omdat siektes en pyn en kwale ons so direk raak, kan die Satan ‘n geweldige mag uitoefen deur valse genesings. Onthou hy kan met siekte teister (soos in Job se geval) en dus kan hy ook siektes wegneem.. Ons moet ook onthou dat alle siekes nie kan verwag om genees te word nie. (Lees Jes. 38:1-8) 2 Kor. 12:7,8 “En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaring nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee , ‘n engel van die satan , om my met die vuis te slaan, Dat ek my nie sou verhef nie, Hieroor het ek die here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.”

  14. 1 Kor.12:28 ‘Genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe.” Hand .3:6-8 “Maar Petrus sê : Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasarener, staan op en loop ! Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddelik y het sy voete en enkels sterk geword. En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwlyl hy rondloop en spring en God prys.”

  15. 9. Wat is die laaste genadegawes op die lys ? Antw: Vir die ongelowige Jode in Jerusalem was die genadegawe van tale by die apostels ‘n teken wat hulle verbyster het. Hulle hoor ongeleerde mense in moeilike, vreemde tale praat. Hulle hoor hoe daar in hulle moedertale gepraat word deur mense wat nooit daardie tale geleer het nie ! Dit was mos nie menslik moontlik nie ! Al verklaring was dat dit die mag van God was. Dit was ‘n geweldige teken vir hierdie ongelowige Jode.Hulle kon dit nie weerspreek nie. Dit was soos musiekinstrumente wat skielik hulle verskillende volksliedere volmaak begin speel, al het die spelers dit nie geken nie. Hoe broodnodig was hierdie gawe nie vir daardie ongeleerde manne wat die opdrag gehad het om die evangelie aan alle nasies te bring nie ? Toe tree die Gees van God in en hy laat hulle toe om Arabies en Latyns en Grieks en watter moeilike tale ook al, glad te praat, sodat die evangelieboodskap kon gaan ! Hoe dankbaar moet die vroeë Christelike kerk nie oor hierdie gawe van die Heilige gees gewees het nie.

  16. Na pinkster was die talegawe dieselfde as tydens pinkster. Hand. 15:4,8 1 Kor. 12:28 “Allerhande tale “ 1 Kor.12:11 ‘Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.” 1 Kor.14:22 “Die tale is dus ‘n teken, nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges.” Hand. 2:5-11 “En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is. En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek: en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie. ? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is ? Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotamië,Judea en Kappadocië, Pontus en Asië, Frigië en Pamfilië, Egipte en die streke van Libië by Cirene, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote, Kretense en Arabiere – ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek.”

  17. 10 .Sou die duiwel, wat die gawes van apostels, profete, leraars, ens nagemaak het, nie die gawe van tale ook namaak nie ? ANTW; Ons het nou by die kern of die hart van die charismatiese beweging gekom wat soos ‘n veldbrand oor die aarde trek. “Talepraat” is die uitstaande kenmerk van hierdie beweging wat feitlik tot in alle kerke deurdring. Dit is ‘n godsdienstige ondervinding wat vir duisende die hoogtepunt van hulle Christelike ervaring is. Die Bybel sê die Gees gee SOOS HY WIL. En soos alle gelowiges nie apostels of profete is nie, so praat almal ook nie in tale nie. (1 Kor. 12:30) Die huidige taalbeweging speel ‘n geweldige rol om ‘n nuwe geestelike klimaat te skep ( het begin vanaf omtrent 1962-1964) . Om ou vooroordele af te breek; om mense hulle kerkverskille te laat vergeet; om saam “die doping van die Heilige Gees” te ondergaan. Dit word begroet as die krag van God vir ‘n verskeurde wêreld. Alhoewel daar min apostels was, min profete, min geloofsgenesers, min talepraters, kan ALLE gelowiges nou in tale “praat”, as teken vir hulle, dat hulle met die Gees gedoop is. Kan so ‘n dierbare ondervinding wat oorwining bring vir baie, vals wees ?

  18. Matt.7:22, 23 “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here,Here, het ons nie in u Naam geprofeteer nie ………” 1 Kor. 14:5 “Want hy wat profeteer is groter as hy wat in tale spreek.” 1 Kor. 12:29,30 “Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie ? Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê ? ( ‘n tolk wees wat die vreemde taal kan vertaal ) 1 Kor.14 :10 “Daar is wie weet hoeveel soorte tale.” 1 Kor. 14:23 “As die hele Gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ONGELOWIGES binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig Is nie ? “

  19. 11. Watter doel het die talepraat met Pinkster gedien ? Hand.2:11 “Ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek” Antw: Die apostels het nie alleen in hierdie moeilike tale vlot gepraat nie,maar wat hulle gesê het, was van baie groot belang. Hierdie wonder-werk het as vernaamste vrug gehad dat die mense gereed was om te leer en te verstaan wat God se wil en doel en werking was. Die tale in Korinthe was werklike tale, as gawe van die Gees, en die boodskappe in hierdie tale moes getolk word – wat skynbaar nie altyd gedoen is nie en wat tot onstigtelikheid en onordelikheid gelei het. Mense word ook maklik beindruk deur iemand se gebruik van ‘n tweede of derde taal, en dit het die mense wat daardie gawe gehad het in Korinthe opgeblase gemaak. Hulle het die tale in die kerk gepraat wat niemand verstaan het nie; hulle het dus met hulleself gepraat en niemand gestig nie, terwyl stigting die hoofdoel van elke gawe is 1 Kor. 12:1. Tale was gegee om die boodskap onder alle nasies te versprei een om as teken vir die ONGELOWIGE te dien, nie vir die gelowige nie.

  20. 12. Het moderne talepraat enige verband met bestaande tale ? Antw: Orals op die aarde in die verkondiging van die laaste boodskap aan ‘n verlore gaande wêreld kom daar wonderwerke van talepraat voor en hoor mense die evangelie in hulle eie taal . Daarteenoor staan die “talepraat” wat nie bydra tot die verkondiging van Gods boodskap nie.Hierdie talepraat is egter nie die praat in werklike bestaande tale nie. Aansprake word gemaak dat hierdie of daardie persoon in hierdie of daardie taal gepraat het, maar alle “talepraat” deur die neo-Pinkstergroepe en wat op band opgeneemeen en daarna deur linguiste ondersoek en nagespeur is, het nog nie bewys dat dit werklik tale is nie.Dit is klanke sonder betekenis. Dit is nie TALE nie, maar bloot ‘n gebabbel soos die volgende, opgeneem van Irving, die vader van die talepraat soos ons dit vandag ken: “Hippo gerosto niparos boorastinfarini o fastor sungor boorinos epoongos menati……….”R.A Knox in Enthusiasm, Londen,1950 bl. 553.

  21. Vir ons as mense beteken hierdie klankreekse minder as die gebrabbel van ‘n kind. Hulle is nie tale nie en kan dus nie uitgelê word nie. Sou dit dan ‘n Gawe van die Gees van God wees ? 1 Kor. 14: 10 -12 “Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie. As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker ‘n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my ‘n vreemdeling wees. So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente.”

  22. 13. Maar ‘n mens se sinne kan jou tog nie bedrieg nie. ? Antw: Die grootste aanslag van alle eeue gaan deur die Satan op ons sintuie gemaak word.Dit doen hy voor die einde van die wêreld. Hy wil hê die mens moet verbysterd uitroep: “Ek sien die bonatuurlike ! Ek hoor die bonatuurlike met my praat ! Ek voel die bonatuurlike oor my kom ! Dit is oorweldigend ! Dit is sensasioneel ! Dit is van God !” Sal die valse christus nie soos Jesus lyk en soos Hy praat van Sy Vader se liefde nie ? Sal hy nie miljoene mense gesond maak dat hulle aanbiddend voor hom neerval nie ?En die valse heilige gees met sy valse appostels,valse profete,valse leraars,valse genesings, valse profeteerdery,valse tale. Het Jesus nie gesê baie sal Hom aanroep in die oordeelsdag en hoor hulle is verlore ten spyte van hierdie nagemaakte genadegawes nie ? Waarom is hulle verlore ? Waarom ? Gee God ons die antwoord ?

  23. Matt.24:24 “Want daar sal baie valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.” 2 Thes. 2:9 “Hy (die antichris) wie se koms is volgens die werking van die Satan met ALLERHANDE KRAGTIGE DADE en tekens en WONDERS van die leuen.” 14. Waarom sal sovele wat “genadegawes” gehad en ondervind het verlore wees ? Matt.7:21-23 “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here ! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy WAT DIE WIL DOEN van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here,Here, het ons nie in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie ? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk !

  24. Antw: Indien iemand die wet van God willens en wetens oortree, soos deur in owerspel te lewe, en dan nog “gedoop te word deur die Heilige Gees” sodat daar in tale gepraat word - dan verkeer daardie siel in die DODELIKSTE GEVAAR DENKBAAR. Gods Gees is die Gees van waarheid en Hy kan nie sy goedkeuring gee aan die lewe van enige wetsonge- hoorsame deur hom in tale te laat praat nie. Protestante en rooms-katolieke ontvang dieselfde gees, praat in dieselfde sogenaamde tale. Pinkstergroepe breek op in meer en meer kerke en tog ontvang almal dieselfde gees. Hulle leer dat jy as bekeerling gedoop moet word anders kom jy nie in die koninkryk, volgens Jesus se woorde aan Nikodemus nie, en tog word hulle met dieselfde “Gees van waarheid gedoop” as kerke wat die doop van bekering beveg en kindertjies doop. Hoe rym dit ? Protestante kom saam met katolieke en praat saam in tale, maar verander dit Rome ? Verander dit sy leerstellings en sy dogma waaruit die Gees van God vir Luther en Calvyn uitgelei het ?

  25. Word mense nie met “Gods Gees” gedoop al leer en glo hulle wat hulle wil nie ? Ons moet oppas. Die charismatiese beweging mag uiteindelik blyk die GROOTSTE STRIK TE WEES wat nog gebruik is om ons in Babilon te laat sterf, om ons verlore in die oordeelsdag te laat uitroep: Here, Here ! ……………………… 16. Kan nie-Christene ook in tale praat ? Lees aangaande Plato se bekendheid met talepraat in die werk: Dialogues of Plato. Antw: Talepraat is in die oerverlede deur heidene in die aanbidding van hulle gode beoefen. Lees George Barton se boek: Archaeology and the Bible. Dwarsdeur die eeue het heidense godsdienste opwinding en emosie en talepraat en musiek en beswyming en tekens en wonders gebruik in die aanbidding van hulle gode. Virgilius se beskrywing van die priesteres van Sibele se beswyming en talepraat wanneer haar gees verenig was met die god Appolo. Wil onse God so aanbid word ? En is ons ondervinding ons paspoort na die ewigheid, gesien in die lig van Jesus se ernstige waarskuwing daarteen ?

  26. 16. Wat is vir ons in hierdie dae die heel belangrikste godsdienssake ? Antw: Ons moet helder nugter wees. Ons moet waak en bid Ons moenie dronk word van die wyn van Babilon nie ONS MOET WEET WIE BABILON IS. Ons moet weet wat DIE MERK VAN BABILON IS. Ons moet weet wat God se wil is.Ons moet weet of ‘n apostel,’n profeeet,’n leraar,’n geloofsgeneser, ‘n taleprataar eg is of nie.Die Satan is besig met ‘n ALLERVREESLIKSTE bedrog ! Die antichris sal nader aan Christus lyk as wat enige een op aarde nog ooit na Christus gelyk het. Die Satan is werksaam as ‘n engel van die lig. Hy weet die einde is op hande.Dis voor die deur. Sal ons dronk wees van die wyn van Babilon? Sal ons bedwelmd wees in die strikke van satan wanneer Jesus onverwags verskyn ? Laat ons oppas vir ons GEVOELSONDERVINDING. Laat ons uitvind wat God se wil is en DIT doen, Dan sal ons huis nie in die oordeelsdag verpletter word nie.

  27. Matt.7:13 “ Gaan in deur die nou poort………” Matt.7:24 “Elkeen wat na hierdie woorde van My luister EN DIT DOEN, Hom sal ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.” Openb.14:8,9”En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die groot stad omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar Hoerery. En ‘n derde engel het gevolg en het met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang.” 1 Petrus 5:8 “Wees nugter en waaksaam, Want julle teëstaander, die duiwel, Loop rond soos ‘n brullende leeu en Soek wie hy kan verslind.” Alta Strydom Geneem uit: Verbasende feite (SDA)

More Related