1 / 20

Bybelstudie aangebied deur Karmelbediening

November 2013. Bybelstudie aangebied deur Karmelbediening. Agtergrond. Die boek van Hosea is gedeeltelik deur homself geskryf Dit is nie duidelik wie van sy profesie opgeskryf het nie Hosea se naam beteken : verlosser / redder

livvy
Télécharger la présentation

Bybelstudie aangebied deur Karmelbediening

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. November 2013 Bybelstudie aangebieddeur Karmelbediening

  2. Agtergrond • Die boek van Hosea is gedeeltelikdeurhomselfgeskryf • Dit is nieduidelikwie van syprofesieopgeskryf het nie • Hosea se naambeteken: verlosser/ redder • Die tydperkwaarin Hosea profeteer is +/- 755 – 725 VC (+/- 40 jaar) • Hy is een van die 12 kleinprofete • Hyprofeteeroor die Noordelike 10 stammeryk (Israel en Efraim) • Hyprofeteer10 jaar na die profeet Amos en is die laaste profeet voor die • Assiriese ballingskap • Dit was vanaf die bewind van Jerobeam tot die val van Samaria • Die eerste 3 hoofstukke handel oor Hosea se lewe as simboliek • Hoofstuk 4 tot 14 bevat Hosea se profesie van waarskuwing, straf en herstel

  3. Konings en profete in die tyd van Hosea

  4. Sketsplan van die boek Hosea • KoningJerobeam 1 van Isreal (Noordryk) het heiligdomme met afgodsbeelde in (van) Dan en (tot) Bet-El opgerig en priestersdaarvooraangestel. Dit was terverering van Kananietiesegode. Daar was allerleirituele op heuwels (ondergroenbome) en by die beeldebeoefen. ‘n Vreemde en heidensegodsdiens het tot stand gekom en word vergelyk met hoereryomdat Israel van haar God afweggedwaal het en andergodeaanbid het. • Samestelling van die boek: • Inleiding en historieseinligting (hfs 1) • Hosea se huwelikslewewat ‘n ontrouevrouwat die ontrouhied van Israel uitbeeld (hfs 1) • Waarskuwing teen die volkwat op pad is naselfvernietiging, regsaksie en rampe (hfs 4) • Israel se geskiedenis van voorspoed en hulleafdwaling van Jahweh se weë (hfs 9) • Jahweh se liefdesverklaring en Syherinneringeaanhulleverhouding (hfs 11) • ‘n Bewysdatditselfvernietigend is omJahweh as God teverwerp (hfs 12) • Die oproep tot bekering en pad naherstel (hfs 14)

  5. Kaart van Stamme en bure DAN Bethel

  6. Hosea se gesin • Hosea was die seun van Beëri • Sy vrou se naam was Gomer die dogter van Diblaim • Gomer beteken “om tot ‘n einde te kom” • Hulle het 3 kinders gehad • Jisrieël wat beteken “God saai of verstrooi” • Lo-Rugama wat beteken “nie My beminde” • Lo-Ammi wat beteken “nie My volk” Hos 1:1 Die woord van die HERE watgekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel. Hos 1:2 Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word. Hos 1:3 Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar.

  7. Die inhoud van syprofesie • Hosea profeteeroor die verbondsliefdetussen Vader en Syvolk • Jahweh se verbondsliefdevereis: • getrouheid, liefde, respek en lojaliteit • Die volk het hierdievereistesdeurhulleoptredegeminag • Deur Hosea wys Vader Israel daaropdatHy by Sywoordgehou het • ten opsigte van die verbond, maar hulle het Sy die verbondverbreek • Hos 4:1 Hoor die woord van die HERE, o kinders van Israel! Want die HERE het ‘n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie. Hos 11:2 Hoe meer die profete hulle geroep het, des te meer het hulle van húlle af weggeloop; hulle het aan die Baäls geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan.

  8. Sy lewe as ‘n sinnebeeld • Hosease lewe is ‘n sinnebeeld van Vader se verhouding met Sy vrou • Israel, en haar ontrouheid aan Hom • Die huwelik versimboliseer dus die huwelik tussen Jahweh en Israel • Vader gee ‘n opdrag dat hy met ‘n sedelose vrou moet trou – • Die vrou is simbolies van die afvallige Israel • (Israel het agter vreemde nasies en hulle afgode aan geloop) • Hosea beteken – verlosser as ‘n sinnebeeld van Jahweh • Gomer beteken – “om tot ‘n einde te kom” soos Israel se • verhouding met Jahweh verbrokkel en to ‘n einde gekom het Hos 1:2 Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word.

  9. Sylewe as ‘n sinnebeeld • Die kinders se name is simbolies van die gevolge van Israel se sonde • Die eerste kind Jisrieël wat beteken “God saai of verstrooi” • Dit dui op die profesie teen Israel dat Jahweh hulle onder die volke sal verstrooi Hos 1:4 En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel. Hos 9:17 My God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, en hulle sal rondswerwe onder die nasies. Deu 28:64 En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie. Deu 28:65 En onderdiénasiessaljygeenrushênie, en virjouvoetsoolsaldaargeenrusplekweesnie; maar die HERE saljoudaar ‘n bewende hart gee en smagtendeoë en ‘n kwynendesiel. Lev 26: 33; Deut 4: 27

  10. Sy lewe as ‘n sinnebeeld • Die tweede kind Lo-Rugama wat beteken “nie My beminde” • Dit dui op die profesie teen Israel dat Jahweh hulle nie meer sal bemin en vertroetel nie Hos 1:6 Toe het syweerswangergeword en ‘n dogtergebaar; en Hy het virhomgesê: Noemhaar Lo-Rugáma, want Eksal My verderniemeeroor die huis van Israel ontfermdeurhullevergifnisteskenknie. Jer 31:20 Is Efraimvir My ‘n dierbareseun of ‘n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen homspreek, dink Eknogaltydaanhom; daarom is my ingewandeoorhom in beroering; Eksal My sekerlikoorhomontferm, spreek die HERE. Hos 2:4 (2:3) En Ek sal My oor haar kinders nie ontferm nie, want hulle is kinders uit hoerery gebore. Hos 2:5 (2:4) Want hullemoeder het in ontuggelewe, sywat met hulleswanger was, het skandelike dinge gedoen; want sy het gesê: Ekwil my minnaarsagternaloopwat my brood en my water, my wol en my vlas, my olie en my drank gee. Hos 2:6 (2:5) Daarom, kyk, Ek sal jou weg met dorings toemaak en om haar ‘n muur bou, sodat sy haar paaie nie sal vind nie. Hos 5:11 Efraim is verdruk, verbreek deur die oordeel; want dit het hom behaag om na die gebod van mense te wandel. Hos 5:12 Daarom is Ek vir Efraim soos ‘n mot en vir die huis van Juda soos ‘n verrotting in die gebeente. Hos 5:13 Toe Efraimsykrankheidsien en Judasysweer, het EfraimnaAssurgegaan en nakoningJarebgestuur; maar hykanjulleniegenees en julle van die sweerniegesondmaaknie. Hos 5:14 Want Ek is soos ‘n leeu vir Efraim, en soos ‘n jong leeu vir die huis van Juda; Ek, Ek verskeur en gaan heen, Ek dra weg sonder dat iemand red.

  11. Sy lewe as ‘n sinnebeeld • Die derde kind Lo-Ammi wat beteken “nie My volk” • Dit dui op die profesie teen Israel dat Jahweh hulle nie meer as Sy volk sal sien en behandel • nie – maar soos die nasies “die heiden nasies = vreemde nasies, gentiles, Goy” Hos 1:9 En Hy het gesê: Noemhom Lo-Ammi, want julle is nie my volknie, en Eksalniejulles’nweesnie. Jes 63:18 U heilige volk het dit vir ‘n kort rukkie besit; ons teëstanders het u heiligdom vertrap. Jes 63:19 Ons het geword soos hulle oor wie U nie van ouds af geheers het nie, oor wie u Naam nie uitgeroep is nie. Rom 11:1 Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin. Rom 11:2 God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê: Rom 11:13 Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek ‘n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening Rom 11:14 as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!

  12. Die egskeiding • Daar word dikweld verwys na Hosea 1 as die skeibrief • Hosea het egter nooit van Gomer geskei nie, sy het weggeloop en is verkoop as slaaf deur • haar minnaars • Ons sien wel dat Hosea die versinnebeelding is van die verbrokkelde huwelik tussen Jahweh en Sy vrou • Jesaja en Jeremia profeteer en bevestig die presiese gebeure in Hosea met verwysing na ‘n skeibrief Isa 50:1 So sê die HERE: Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot. • Juda het nie ‘n skeibrief ontvang nie (Hos 1: 7) Maar ons moet die volgende verstaan: Jer 3:6 En die HERE het vir my gesê in die dae van koning Josía: Het jy gesien wat die afkerige, Israel, gedoen het? Sy het op elke hoë berg en tot onder elke groen boom gegaan en daar gehoereer. Jer 3:7 En Ek het gesê, nadat sy dit alles gedoen het: Keer na My terug! Maar sy het nie teruggekeer nie. En dit het die ontroue, haar suster Juda, gesien. Jer 3:8 En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het. Jer 3:9 En vanweë haar ligsinnige hoerery het sy die land ontheilig, ja, sy het owerspel bedrywe met klip en hout. Jer 3:10 Maar ook ondanks dit alles het die ontroue, haar suster Juda, haar nie met haar hele hart tot My bekeer nie, maar valslik, spreek die HERE.

  13. Die wet en die egskeiding • Jahweh tree binne die konteks van die wet op toe Hy Israel skei Deu 24:1 As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, • “Iets skandeliks” was Israel se ontrouheid en hoereerdery met ander nasies se afgode Mat 5:31 Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee. Mat 5:32 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk. • Die vrou mag slegs weer trou as die man sterwe, so gee Jahshua dan die reg aan Israel om • weer met Hom the trou – Hy sterf en staan op – die vervulling van die profesie word • moontlik Rom 7:2 Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. Rom 7:3 Daaromdan, as sy ‘n ander man s’n word terwylhaar man lewe, salsy ‘n egbreekstergenoem word; maar as die man sterwe, is syvry van die wet, sodatsynie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.

  14. Die profesie – slegs ‘n oorsig Hos 2:14 (2:13) Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek. • Die profesie het aan Israel verduidelikdathulleweenshulesonde in die • woestyn (weg van Jahwehhulle God) salswaarkry • Israel sterfgeestelik en ookfisieswanneersyweg van haar God en • sonderHomleef • Dit dui ook op onsvandag – ons is ‘n ‘n woestynwatsimbolies is van Israel se lewesonderJahweh se seënoor die volkvolgensDeut 28 • Die woestyn is ook ‘n simbool van dors – waar Israel smagna “die water van die lewe” en daarsondersterf • Daarom het Jahshua die lewende water geword • In onsbeproewinge en swaarkry word onsdeur die verkondiging van die evangeliegeroep en Jahwehspreek met onsharte Deu 8:2 En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie. Deu 8:3 En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.

  15. Die profesie Hos 2:15 (2:14) Dan sal Ek haar daarvandaan haar wingerde gee en die dal Agor tot ‘n deur van hoop, en daar sal sy antwoord gee soos in die dae van haar jeug en soos die dag toe sy uit Egipteland opgetrek het. Hos 2:16 (2:15) En in dié dag, spreek die HERE, saljy My noem: My man; en jysal my niemeernoem: My Baälnie. Hos 2:17 (2:16) Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie. • Hierdie is ‘n profesiewat die regsaak van Jahwehuitlig teen Israel • Hoofstuk twee is ‘n opsomming van die wegdwaal, straf en terugkeer • Watbeteken die dal Agor as deur van hoop • Sonde is in die dal Agorgestraf– simbolies die helefamilie (Jos 7) • Jahshua word gestrafvir die helevolk se sonde en oortreding • DeurSydoodkan Israel weerlewe • Hy is die deurna die ewigelewe • Wie in Homsterfdeur die doopsallewe Joh 10:9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.

  16. Die profesie • Die profesie op die eindtyd Hos 1:11 Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël! Hos 2:23 (2:22) En Ek sal haar vir My saai in die land en My oor Lo-Rugáma ontferm, en aan Lo-Ammi sê: Jy is my volk; en hy sal sê: My God! Hos 3:5 Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die HERE hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die HERE en na sy goedheid in die laaste van die dae. • Jashhua se dood en opstanding Hos 6:2 Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe. • Jahshua se verlossinguit die dood Hos 13:14 Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood. Dood, waar is jou pestilensies? Doderyk, waar is jou verderf? Berou bly vir my oë verborge. 1Kor 15:55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? 1Kor 15:56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. 1Kor 15:57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus. 1Pe 1:18 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 1Pe 1:19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, • Jahshua is uitverkoopdeur Judas vir 30 sikkels silver, die prys van ‘n slaaf Hos 3:2 Toe het ek haar vir my gekoop vir vyftien sikkels silwer en anderhalf homer gars. Hos 3:3 En ek het aan haar gesê: Jy sal ‘n lang tyd moet stilsit vir my, nie hoereer nie en aan geen man behoort nie; en so ook ek teenoor jou. • Gomer – half prys van ‘n slaaf , sy was waardeloos – gars was die offer viriemand was aangekla was van owerspel en die persoon was aangesien op die vlak van ‘n perd of muil

  17. Die profesie • Oproep tot bekering Hos 14:1 (14:2) Bekeer jou, Israel, tot die HERE jou God, want jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid. Hos 14:2 (14:3) Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die HERE; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere ons lippe aanbied. • Belofte van herstel Hos 14:4 (14:5) Ek sal hulle afkerigheid genees, hulle vrywillig liefhê, want my toorn is van hulle afgewend. Hos 14:5 (14:6) Ek sal vir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos ‘n lelie en sy wortels uitslaan soos die Líbanon. Hos 14:6 (14:7) Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos dié van ‘n olyfboom en sy geur soos die Líbanon. Hos 14:7 (14:8) Die wat onder sy skaduwee sit, sal weer koring laat groei; en hulle self sal bloei soos die wingerdstok; die roem daarvan sal wees soos die wyn van die Líbanon.

  18. JahwehhouSywoord • Interpretasie van die betekenis van Hos 1: 4 • Die verhaal van Jehu (2 Kon 9 – 10) en die strafgerigoorAgab se huis Hos 1:4 En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel. Hos 1:5 Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël. • Jehu roeiAgab se nageslag en Baal profeteuit • Jahwehbelowedat Jehu sal tot sy 4de geslagregeer • Die bloedskud van Jisrieelwys op die vergelding van Jahwehoor die huis van • Agabwat Israel afvalliggemaal het deurafgodery/ hoerery • 1 Kon 21: 21 – 23 • 2 Kon 9: 7 – 8 • 2 Kon 9: 21 – 26; 35 - 36 • 2 Kon 10: 10 – 11; 16 – 17; 30 • 2 Kon 15: 12

  19. Afsluiting • Die boek Hosea is steeds vandagter sake in die tydwaarinonsleef • Die profesie is gedeeltelik in vervullingomdat Israel nogherstelmoet word • Die boek Hosea wysdirek die verbandtussen die vrou en die man en hulle • kinders • Ons is die kinderswaarnaverwys word • Die nageslag van Israel is die kinderswatgebore is uit die ontroueverhouding • Die verbonde en beloftesstaanegter steeds vas • Hierdieverhoudinggaanherstel word soosdeur die profeetbeloof Hos 2:1 (1:12) Sê aan julle broers: Ammi, en aan julle susters: Rugáma. Hos 2:2 (2:1) Twis met julle moeder, twis; want sy is nie my vrou nie, en Ek is nie haar man nie, en laat sy haar hoerery van haar aangesig verwyder en haar owerspel van haar borste af weg. Hos 2:3 (2:2) Anders sal Ek haar naak uittrek en haar neersit soos op die dag van haar geboorte en haar maak soos ‘n woestyn, ja, haar stel soos ‘n dor land en haar van dors laat sterwe. Hos 2:4 (2:3) En Ek sal My oor haar kinders nie ontferm nie, want hulle is kinders uit hoerery gebore. Hos 2:5 (2:4) Want hullemoeder het in ontuggelewe, sywat met hulleswanger was, het skandelike dinge gedoen; want sy het gesê: Ekwil my minnaarsagternaloopwat my brood en my water, my wol en my vlas, my olie en my drank gee. Hos 4:6 My volkgaantegrondeweensgebrekaankennis; omdatjy die kennisverwerp het, salEkjouverwerp, sodatjyvir My die priesterampniesalbediennie; omdatjy die wet van jou God vergeet het, salEkookjoukindersvergeet.

  20. Die Einde

More Related