1 / 1

Tyd vlieg verskriklik! Ek kan amper nie glo ons is alweer in Februarie maand nie!

Tyd vlieg verskriklik! Ek kan amper nie glo ons is alweer in Februarie maand nie! 2009 was vir baie ʼn moeilike jaar . Miskien was jy gekonfronteer met die realiteit van aflegging, jy het jou werk verloor of jou verhoudings lewe het letterlik in stukke gespat.

nowles
Télécharger la présentation

Tyd vlieg verskriklik! Ek kan amper nie glo ons is alweer in Februarie maand nie!

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Tyd vlieg verskriklik! Ek kan amper nie glo ons is alweer in Februarie maand nie! 2009 was vir baie ʼn moeilike jaar. Miskien was jy gekonfronteer met die realiteit van aflegging, jy het jou werk verloor of jou verhoudings lewe het letterlik in stukke gespat. My hart breek vir jou... en ek bid vir jou! Ten spyte van wat jy in 2009 in die gesig moes staar, glo ek dat 2010 gaan ʼn omkeer jaar wees. Ek glo die sleutel is om te prioritiseer van die begin af! Doen wat jy kan en vertrou Vader God vir dit wat jy nie kan nie! Kyk, Ek staan by die deur… Openbaing 3:20 Die Woord sê dat ons moet bid, gee en vas. Dit klink vir my na aan die verwysing van 30, 60 en 100voudig..... Is dit nie miskien hoekom ons selde of nooit 100voudige vermeerdering beleef nie? ..... Tog wil ek ons herinner aan daardie skrif gedeelte in Matthéüs 6:33 “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Hoveel van ons soek en reageer nog op die “eerste”? Die 21 dae gemeente vas is pas verby en dit was weereens soos elke ander geleentheid, ʼn besonderse ervaring. As ek met mense oor hul 2010 vas ervaring gesels, is daar ʼn duidelike patroon. Stellings soos: “hierdie keer was anders” of “dit was makliker” of selfs “die duiwel het my geroer” ... het sterk op die voorgrond getree. Ja dis waar, om te vas is moeilik. Dis om jou fokus te verander vanaf die bekende na die onbekende en dit bly altyd ʼn uitdaging! Tog wil ek julle verseker wat ook al ek en jy met die “EERSTE” doen, het ʼn magtige impak en uitwerking wat met die res gaan gebeur! Hierdie beginsel is ʼn Bybelse resep met groot resultate. Ek is nie so seker dat almal wel begrip het vir dit wat Vader se Woord ons leer nie! Miskien moet ek dit verduidelik soos wat ek ʼn mediese voorskrif van ʼn dokter sal ontvang. Jy word gediagnoseer met ʼn sekere simptoom, dan gee die dokter ʼn voorskrif van sekere medikasie wat gebruik moet word oor ʼn sekere tydperk. Op die voorskrif word daar gestipuleer van watter medikasie, hoe laat dit moet geneem of hoeveel keer per dag dit geneem moet word. Gewoonlik staan daar “voltooi die kursus”. Die rede is dat as jy by die voorskrif en die uiteengesette spesifikasies bly, jy namate van gebruik sal herstel. Dis presies wat die Woord ons leer. Wat jy met die eerste dag van jou week, eerste deel van die jaar of self die eerste deel van jou geld maak, volgens God se voorskrif en die gebruik daarvan, SAL BEPAAL WAT MET DIE RES GAAN GEBEUR! HERKOU so bietjie oor die gedagte. Waak teen omstandighede, omrede Prediker 11:4 ons leer: “Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie.” Die beste lê nog voor. Vertrou Hom! My persoonlike uitdaging aan jou en jou geliefdes is om van vandag af God weer eerste te plaas! Ek wil jou verseker dat as jy dit gaan doen, sal jy ongekende resultate beleef! Wikus van Zyl

More Related