1 / 12

T 4 sindroom

T 4 sindroom. Hanlie Oosthuizen Cilna Oosthuizen. Definisie. T4 sindroom is wanneer ‘n pasiënt arm pyn, naalde en spelde of gevoeloosheid in die bo-arm ervaar a.g.v. irritasie of skade aan die senuwees op die T4 vlak. Oorsake en risiko faktore. Gedurende sekere bewegings;

olin
Télécharger la présentation

T 4 sindroom

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. T 4 sindroom HanlieOosthuizen CilnaOosthuizen

  2. Definisie • T4 sindroom is wanneer ‘n pasiënt arm pyn, naalde en spelde of gevoeloosheid in die bo-arm ervaar a.g.v. irritasie of skade aan die senuwees op die T4 vlak.

  3. Oorsake en risikofaktore • Gedurende sekere bewegings; • oordrewe buiging, • optel, • “arching”, • draai bewegings of • swak postuur van die spinaalkoord word strekking of kompressie kragte op die fasetgewrigte en diskusse by die T4 vlak, geplaas. As die kragte te erg is en die krag wat die gewrigte kan weerstaan oorskrei, kan dit lei tot besering van die gewrigte en diskusse. Dit beïnvloed dan senuwee wortel by die T4 vlak. Dit mag gebeur a.g.v. trauma of a.g.v. repiterende of verlengde kragte (Synergy health, 2011).

  4. Patofisiologie • Daar is geen bekende oorsaak nie, maar word soms geassosieer met ‘n aantasting van die outonome senuweestelsel (simpaties inwikkeling). Dit is nie noodwendig net T4 wat aangetas word nie, een of meer vlakke kan aangetas word tussen T2 en T7, maar T4 is gewoonlik betrokke (Synergy health, 2011).

  5. Die volgendefaktoredraook by: • Hipermobiliteit • Torakalewerwelstyfheid • Swak kern stabiliteit • Spierswakheiden styfheid • Verkeerdetegniek met optel van goedere(CybertPT en Livestrong,2011).

  6. Tekens en simptome • ‘n Deeglike subjektiewe en objektiewe ondersoek word gewoonlik deur ‘n fisioterapeut gedoen om T4-sindroom te diagnoseer. Ander ondersoeke soos MRI en CT scan kan ook gebruik word om die diagnose te bevestig (Synergy health, 2011).

  7. Subjektief • Intermitterende simptome • Simptome kan skielik ontwikkel gedurende ‘n oorsakende aktiwiteit, maar pasiënte kan ook pyn en styfheid ervaar na verlengde aktiwiteit, gewoonlik die volgende oggend. • Pasiënt kla van wydverspreide hoofpyn (dof, pynlik of ‘n drukkende gevoel oor die hele kop of net op die kroon) • Arm- en handsimptome (tinteling of dooie gevoel) altyd van die handskoentipe en nooit in ‘n spesifieke dermatoom nie, gewoonlik unilateraal, maar soms bilateraal. • Verwysde pyn na die skouer, ribbes en bors en beskryf interskapulêre area as styf- gewoonlik tydens rotasie. • Spierspasma, styfheid en beperkte spinale beweging mag ook ervaar word rondom die geafekteerde gewrig. • Diffuse posterior nekpyn in sekere pasiënte. • Simptome word uitgelok met aktiwiteite wat draai, optel, hiperekstensie, fleksie of syfleksie, sit vir lang periodes, hoes of nies, of aktiwiteite waar die hande voor die liggaam gebruik word, soos bestuur en stryk (Synergy health, 2011)..

  8. Objektief • Simptome verlig deurdat die pasiënt van posisie verander, opstaan, die area vryf of skud • Aktiewe fleksie effens verminder • Hipomobiliteit van T3/4, T4/5 of T5/6 • Lokale segmentele spierspasma • Een spineuse proses is gewoonlik effens geroteer en effens dieper in vergelyking met die ander of daar is ‘n verminderde gaping tussen twee spineuse prosesse • Teerheid oor T4 • Verlies van PAIVM tussen T3 en T4 • Verdikkings interspineus en –laminêr (Synergy health, 2011).

  9. Mediesehantering • Die hersteltyd van hierdiepasiëntehang af van die ergheidsgraad van die beseringasook tot watter mate die pasiënthulfisioterapeutieseraadnakom. • Met idealebehandelingbehoorthulbinnedaebeterskapteervaar, alhoewelditgewoonlik 2-3 wekeneem. • Die weefsel vat ten minste6 wekevoorditvolkomeherstel. • Pasiëntewatnievoldoenderusniekanmaande, selfsjare met simptomepresenteer

  10. Fisioterapeutiesebehandelings • Sagteweefselmobilisasie • Mobilisasie • Manipulasie • Elektroterapie (ultra klank,hittemodaliteiteens.) • Posturaleondersteuning en korreksie • ‘Dry needling” • Aktiwiteitsaanpassingsadvies • Ergonomieseadvies • Lumbaleondersteuningtydens sit • Hidroterapie • Oefeningeomsoepelheid,sterkte, postuur en kern stabiliteitteverbeter

  11. Verwysings • Physio adviser 2011, T4 syndrome http://www.physioadvisor.com.au/10290050/t4-syndrome-physioadvisor.htm • CybertPT 2011, T4 syndrome http://www.cyberpt.com/t4syndrome.asp • Livestrong 2011,T4 syndrome symptoms http://www.livestrong.com/article/153492-t4-syndrome-symptoms • Athletic edge 2011, T4 syndrome http://athleticedge.biz/T4_Syndrome.html • Synergy health 2011, T4 syndrome http://www.synergyhealth.com.au/chiropractor-news/T4-Syndrome

More Related