1 / 30

Oorlog Reeks – Agtergrond en Inleiding

Oorlog Reeks – Agtergrond en Inleiding. ‘n Kortpad deur ‘n lang geskiedenis. Oorlog van uit die Ou Testament. Wat was die doel van die oorloë van Israel in aanloop tot die beloofde land?.

tacy
Télécharger la présentation

Oorlog Reeks – Agtergrond en Inleiding

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Oorlog Reeks – Agtergrond en Inleiding ‘n Kortpaddeur ‘n langgeskiedenis

  2. Oorlog van uit die Ou Testament

  3. Wat was die doel van die oorloë van Israel in aanloop tot die beloofde land? Exo 13:17 Toe Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit nader was; want God het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte. Exo 13:18Daarom het God die volk laat wegdraai in die rigting na die woestyn, na die Skelfsee toe. En die kinders van Israel het goed gewapend uit Egipteland opgetrek. Rig 3:1 En dit is die nasies wat JAHWEH laat oorbly het om Israel, almal wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie, deur hulle op die proef te stel-- Rig 3:2 net dat die geslagte van die kinders van Israel dit kan weet--om hulle te leer oorlog voer, ten minste die wat daar vroeër nie van geweet het nie: Rig 3:3 vyf vorste van die Filistyne en al die Kanaäniete en Sidoniërs en Hewiete wat in die gebergte Líbanon gewoon het, van die berg Baäl-Hermon af tot by die ingang na Hamat. Rig 3:4Hulle was dan daar om deur hulle Israel op die proef te stel; om te weet of hulle na die gebooie van JAHWEH wat Hy hulle vaders deur Moses beveel het, sou luister. 2Sa 22:33 Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my 'n weg volkomelik uitgesoek. 2Sa 22:34 Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes. 2Sa 22:35Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span. 2Sa 22:36 En U het my die skild van u uitredding gegee, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak. 2Sa 22:37 U het my voetstap onder my ruim gemaak, en my enkels het nie gewankel nie. Deu 4:33 Het 'n volk die stem van God uit die vuur hoor spreek, soos jy gehoor het, en in die lewe gebly? Deu 4:34 Of het 'n god probeer om vir hom 'n nasie uit 'n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos JAHWEH julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het? Deu 4:35 Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat JAHWEH God is; daar is geen ander buiten Hom nie.

  4. Deu 20:1As jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en perde en strydwaens sien, 'n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want JAHWEH jou God wat jou uit Egipteland laat optrek het, is met jou. Deu 20:2 En as julle na die geveg kom, moet die priester nader kom en die volk toespreek; Deu 20:3 en hy moet aan hulle sê: Hoor, Israel, julle trek vandag nader om te veg teen julle vyande; laat julle hart nie week word nie, wees nie bevrees en beangs en word nie verskrik vir hulle nie; Deu 20:4 want dit is JAHWEH julle God wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee. Deu 20:5 Dan moet die opsigters die volk toespreek en sê: Wie is die man wat 'n nuwe huis gebou en dit nie ingewy het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit inwy nie. Deu 20:6En wie is die man wat 'n wingerd geplant en dit nie in gebruik geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit in gebruik neem nie. Deu 20:7En wie is die man wat hom met 'n vrou verloof en haar nie geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders haar neem nie. Deu 20:8 Dan moet die opsigters verder die volk toespreek en sê: Wie is die man wat bevrees en week van hart is? Hy kan teruggaan huis toe, dat die hart van sy broers nie smelt soos sy hart nie. Deu 20:9 En as die opsigters die volk klaar toegespreek het, moet leërowerstes aan die hoof van die volk aangestel word. Deu 20:10 As jy naby 'n stad kom om daarteen te veg, moet jy dit vrede aanbied. Deu 20:11 En as dit jou 'n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat daarin gevind word, aan jou dienspligtig wees en jou dien. Deu 20:12 Maar as dit geen vrede met jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit beleër. Deu 20:13 En JAHWEH jou God sal dit in jou hand gee, en jy moet al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan; Deu 20:14 net die vroue en die kinders en die vee en alles wat in die stad is--die hele buit moet jy vir jou roof; en jy moet die buit van jou vyande eet wat JAHWEH jou God jou gegee het. Deu 20:15So moet jy met al die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie by die stede van hierdie nasies behoort nie. Deu 20:16Maar van die stede van hierdie volke wat JAHWEH jou God jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie. Deu 20:17 Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete en Amoriete, die Kanaäniete en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos JAHWEH jou God jou beveel het; Deu 20:18sodat hulle julle nie leer om te handel volgens al hulle gruwels wat hulle vir hul gode gedoen het, en julle teen JAHWEH julle God sondig nie.

  5. Oorlog was….. ‘n Fisiese oefening in geestelike dissipline ‘n Terminale beleidenis van hul geloof in Jahweh Die middel tot verkryging van hul erfenis ‘n Toets in gehoorsaamheid Eerstens oorwinning oor die vrees vir die dood Noodsaaklik om te bewys dat Jahweh is ‘n waarmaker van sy Woord Gevoer volgens twee stelle reëls – een stel geld wanneer teen vyande van Israel geveg word, en ‘n ander stel reëls geld wanneer Israel teen mekaar veg. Eerstens geestelik, dan volg fisiese stryd…..

  6. Mar 13:5 En Jahshua antwoord hulle en begin te sê: Pas op dat niemand julle mislei nie. Mar 13:6 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! En hulle sal baie mense mislei. Mar 13:7 Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie.

  7. Nou is ons kwaad, en sê: ….los sy grond, jy speel met ‘n bom se lont… …die Boer en sy roer…. ….ons sal dit nie langer duld nie…. ….tot hier toe en nie vêrder nie…. ….raak aan ons kinders en daar sal moeilikheid wees…. …De la Rey, sal jy die Boere kom lei…. …ons sal VVO toe gaan – na die wêreldhof…. ….ons moet aanhou druk toepas deur die grondwet en howe…..

  8. So kan dit nie voortgaan nie…. …daar kom verseker oorlog! Oorlog!!!

  9. Die dingewatonshoor….. Soos ‘n ou verhaal nuut vertel Wat uit jou kinderdae dateer Met nuwe woorde, anders gestel Maar al die ou karakters weer Ek ken die einde, dit was ‘n traan Die wolf het ons huisie om geblaas En saam met hout en mure het vergaan Al die varkies wat so eenders raas. As ‘n varkie iets kon leer Uit die oue storie weer Dan sou hy deur heel die dag Met klippe bou, en waak in nag

  10. Nou begin alles weer, maar wat het ons geleer…… • Ons volk het geen vriende in die wêreld – net jakkals en wolf (help nie jy gaan vra hulp van hulle nie) • Dat mense wat lyk soos Boere, ruik soos Boere, praat soos Boere, nie noodwendig Boere is nie – “waarom is jou mond so groot ouma, sê Rooikappie” (moet nie jou emosies of sintuie vertrou nie) • Dat die vinnigste hardloper, nie die wedloop wen nie – vra die hasie (ongeduld het nog nooit ‘n stryd gewen nie, en as jy aan die slaap geraak het, kan jy nie die skilpad blameer nie) • As plan A, B, C, D……X, Y nie werk nie, moet nie jou hoop op plan E, of T, of Z plaas nie – lees die laaste bladsy van die verhaal, en kry die “regverdige” voorsprong op die wolf (nog ‘n dag, nog ‘n plan, ‘n Boer maak ‘n plan, en beplan sy eie ondergang) • Ons het mekaar, en ons lot is in mekaar geweef. As ons nie skuiling bied vir die met strooihuise nie, sal ons deur die venster moet aanskou hoe die wolf varktjops braai en eet. Ons het een ding geleer – dat dit tot nou toe verkeerd gedoen is en dat al die beste bedoelings in die wêreld nie genoeg was om ‘n slegte uitkoms in die verhaal te keer nie… Asseblief, moet dit nie weer doen, op die selfde manier, met dieselfde planne – en ‘n ander uitkoms verwag nie….! As ons dit weer doen soos gister, en eergister, sal dit weer die selfde (slegte) gevolg hê soos dit vandag is!

  11. Wat is “oorlog” • Oorlog = Stryd • Een party is aggressor, ander party is die verdediger. Die aggressor is nie altyd die slegte ou nie, die verdediger nie altyd die goeie ou nie. • Die aggressor se beweegredes: • Verkryging / herwinning van eiendom en eienaarskap • Eer • Wraak • Dominansie (mag) – afgooi van, of opneem van. • Die verdediger se beweegredes: • Behoud van eiendom en eienaarskap • Oorlewing • Eer • Dominansie (mag) – behoud van.

  12. Praat ons van fisiese oorlog? Ja – die gesprek gaan oor die fisiese stryd wat ons in die gesig staar. Nee – die gesprek fokus op die korrekte benadering van fisiese stryd, naamlik van uit ‘n geestelike vlak. Die boodskap ontken nie die waarskynlikheid van konflik in ons land nie, dit preek nie “vrede, vrede” nie – maar dit roep tot die Boerevolk om volgens die reëls van ons Burgerskap, hul dade en denke te rig. Laat ons denke vernuwe word volgens die spelreëls van die hemelse werklikheid, en laat ons die besoedeling van denke wat wil meeding binne die spelreëls van die vyand, uitloog. Want ons weet dat: Eff 6:10 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Eff 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Eff 6:12Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

  13. Hoe sê ons dan – fisiese stryd, maar ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose geeste, die magte en owerhede?Hoe bring mens die kloutjie by die oor? Die stryd in die geestelike realm manifesteer in fisiese vervolging / stryd / tekens. Elke saak, slag of oorlog se uitkoms is bepaal in die onsienlike – en die fisiese gevolg is die voltrekking van die uitkoms van die geestelike stryd. In ander woorde – as jy in die Gees is, en in geestelike oorwinning staan, dan is die gebeure in die fisiese realm volg nie onderworpe aan die wet van waarskynlikheid nie. Maar dit beteken nie dat oorwinning in die Gees, noodwendig oorlewing in die vlees tot gevolg het nie – eerder dat die vyand se opsies opgeraak het wanneer jy in die Gees oorwin. Jy is ontworstel uit die vyand se greep, en uit die gevangenis van vrees – vrees vir die dood, vrees vir die oordeel, vrees vir die lewe. Of jy dan lewe in die vlees, of sterwe in die vlees – jou oorwinning is verseker.

  14. Wat gee aanleiding tot die fisiese stryd op aarde?Beïnvloeding uit die geestelike realm rig die konings van die wêreld om die mag te gryp en te (mis)bruik.

  15. Dan 2:28 Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit: Dan 10:12 Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom; Dan 10:13 maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Migael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië. Dan 10:14 Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms. Dan 10:15 En terwyl hy hierdie woorde met my spreek, het ek my aangesig na die grond gedraai en stom geword. Dan 10:16 En kyk, een wat soos 'n mens gelyk het, het my lippe aangeraak. Toe het ek my mond oopgemaak en gespreek en aan hom wat teenoor my staan, gesê: My heer, deur die gesig het krampe my oorval en het ek geen krag oorgehou nie. Dan 10:18 Toe het die een wat soos 'n mens gelyk het, my weer aangeraak en my versterk Dan 10:19 en gesê: Wees nie bevrees nie, geliefde man, vrede vir jou, wees sterk, ja, sterk! En terwyl hy met my spreek, het ek moed geskep en gesê: My heer kan maar spreek, want u het my versterk. Dan 10:20 Toe sê hy: Weet jy waarom ek na jou gekom het? Ek moet dan nou teruggaan om te veg met die vors van die Perse; en as ek heengegaan het, kyk, dan kom die vors van Griekeland. Dan 10:21 Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors Migael. Dan 12:1 En in dié tyd sal Migael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.

  16. En onder hierdie (geestelike) invloed word maghebbers aangewend om die belange van of die Bose, of die Koninkryk van die Hemele te dien.

  17. Mat 4:8 Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, Mat 4:9 en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid. Mat 4:10Toe sê Jahshua vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Open 13:4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? Open 13:5 En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. Open 13:6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster. Open 13:7Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. Open 13:8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie. Open 13:9As iemand 'n oor het, laat hom hoor. Joh 19:10 En Pilatus sê vir Hom: Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie? Joh 19:11Jahshua antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde.

  18. Hoekom tree die geestelike magte nie direk op in die fisiese realm nie – hoekom deur mense werk?

  19. Heb 2:5 Want aan die engele het Hy die toekomstige wêreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie; Heb 2:6 maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? Heb 2:7U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.Heb 2:8Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie; Heb 2:9 maar ons sien Hom, naamlik Jahshua, wat vir 'n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak. Heb 2:10 Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak. Heb 2:11 Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie, Heb 2:12 wanneer Hy sê: Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys; Heb 2:13 en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het. Heb 2:14Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het--dit is die duiwel-- Heb 2:15en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was. Heb 2:16 Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. Heb 2:17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy 'n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. Heb 2:18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

  20. Maar aan wie behoort alles regmatig?

  21. Psa 89:11Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid-U het dit gegrond. Mat 6:13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Wantaan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. Joh 12:46Ek het as 'n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. Joh 12:47 En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. Mat 10:31Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies. Mat 10:32 Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. Mat 10:33 Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is. Mat 10:34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. Mat 10:35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen 'n man en sy vader, en tussen 'n dogter en haar moeder, en 'n skoondogter en haar skoonmoeder. Mat 10:36 En 'n mens se huisgenote sal sy vyande wees. Mat 10:37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. Mat 10:38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. Mat 10:39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

  22. En wat gaan dan aan dat die Satan hom self aanmatig deur mag uit te deel – wat nie syne is om uit te deel nie?

  23. ‘n Reeds vertelde verhaal….. • Die hoofkarakters is bekend: • Die Koning • ‘n Draak • ‘n Seuntjie wat ‘n prins is en bestem is om te regeer • ‘n Mamma (vrou), wat die seun baar (vrou van die Koning) • Die ondersteunende rolle: • Die Koning se weermag en offisiere • Die ander kinders van die koningin • Die oorloper soldate wat die draak volg en die Koning verraai • ‘n Monster wat die draak se werk help doen (‘n dier) • ‘n “Wizard” wat die draak se opdragte deurgee • Die stel: • Die Koning se paleis • Die platteland waar die Koning se gesin en familie gevestig is

  24. Betwiste terrein – soos die Gaza strook Open 12:1 En 'n groot teken het in die hemel verskyn: 'n vrou wat met die son bekleed was (mantel van heerskappy – koninklike mantel), en die maan was onder haar voete (heerskappy oor die vals lig – klein hemelliggaam), en op haar hoof 'n kroon van twaalf sterre (simbolies van haar twaalf seuns wat prinse saam met die Koning sal word – Isra-el) ; Open 12:2 en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood (haar eerste kind – die erfgenaam van die mag) (. Open 12:3 En 'n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was 'n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone; Open 12:4 en sy stert het die derde van die sterre (vorste) van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het (om te verhoed dat daar ‘n erfgenaam kom – een gebore uit die liefde tussen die Koning en Sy vrou). Open 12:5 En sy het 'n manlike kind gebaar, wat al die nasies met 'n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon. Open 12:6 En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank. Open 12:7 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; Open 12:8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. Open 12:9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Open 12:10 Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. Open 12:11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. Open 12:12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het. Open 12:13 En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het; Open 12:14 maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, 'n tyd en tye en 'n halwe tyd. Open 12:15 En die slang het uit sy bek water soos 'n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier. Open 12:16 En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het. Open 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jahshua Christus hou.

  25. Wat dan van die Evangelie van vrede? Is ons in konflik daarmee as ons beweer dat fisiese stryd en aanslag deel van die gelowige se pelgrimsreis is? Joh 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie. Mat 10:34Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. Mat 10:35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen 'n man en sy vader, en tussen 'n dogter en haar moeder, en 'n skoondogter en haar skoonmoeder. Mat 10:36 En 'n mens se huisgenote sal sy vyande wees. Mat 10:37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. Mat 10:38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. Mat 10:39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. Jer 6:13 Want van hul kleinste tot hul grootste maak hulle almal onregverdige wins, en van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog. Jer 6:14 En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! --terwyl daar geen vrede is nie. Pred 3:8 'n tyd om lief te hê en 'n tyd om te haat, 'n tyd vir oorlog en 'n tyd vir vrede.

  26. Waarom die gesprek oor fisiese stryd en ons Boerevolk?

  27. Want ons het vergeet waar die oorwinning lê.Ons het dit een keer, twee keer onthou – maar toe vergeet, en ons doen dit steeds verkeerd

  28. Maar hoe het ons dit verkeerd gekry: • Waarom, as ons deur Vader se hulp bewaar is by Bloedrivier, en die wêreldmag verslaan het by Majuba, het ons die Anglo-Boereoorlog verloor met so geweldige prys? • Vader het tog weer aan ons vryheid terug gegee in 1961, of was dit nie ‘n oorwinning nie? • Hoekom het ons die land verloor – ons was tog ‘n Christen volk, en het nooit die Bosoorlog verloor nie? • Wat moet ons anderste doen indien ons weer as volk voor ‘n konflik te staan kom? • Sal die uitkoms van so ‘n moontlike toekomstige konflik dan vryheid in ons eie land wees? Die antwoorde op bogenoemde sal waar moontlik belig word in die meer gedetaileerde opvolg temas.

  29. Vervolgende temas in die “Oorlog Reeks” • Die begin van soldaatwees – verskil tussen “militia” en soldate • Daad van aggressie – wie tree eerste oor die lyn • Mobilisasie – die oproep van magte • Logistiese oorwegings – wapens, ammunisie, voedsel, versorging • Die gevaar van ledigheid in die linies – wagstaan, waaksaam, wag, wag… • Kies die terrein – waar gaan die geveg plaasvind • Mantel en mes dinge (Cloak & Dagger) – informasie, disinformasie, spioene & agente, media, propaganda – “usefull idiots” • Die eerste skote klap – ongevalle gebeur • In die hitte van die stryd – fokus, fokus, fokus • Oorwinning kom van die “Generaal” – die oorwinning of nederlaag is reeds vasgelê voor die eerste skoot geklap het.

More Related