1 / 37

Klasse vir res van kwartaal:

Klasse vir res van kwartaal: Woensdag, 7 Oktober = Geen klas (maar welkom om my te kom sien as daar enige vrae oor die toets is).

declan
Télécharger la présentation

Klasse vir res van kwartaal:

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Klasse vir res van kwartaal: Woensdag, 7 Oktober = Geen klas (maar welkom om my te kom sien as daar enige vrae oor die toets is). Maandag, 26 Oktober = Daar sal `n baie belangrike klas wees. Ek sal die tweede toets uithandig en die memo bespreek. Verder, sal ek die eksamenvraestel en verdere vrae beantwoord oor die eksamens. Woensdag, 28 Oktober = Geen klas (maar welkom om my te kom sien as enige vrae het vir die eksamens).

  2. Vind aangeheg Traub en Batho Star hofsake en ander sake aan die einde van Eenheid 4.2 wat by Xerox ingegee is aan die einde van die vorige kwartaal

  3. Toets 2: 21 Oktober en Siektetoets KLASNOTAS: Eenheid 3.2 Vervolg 3 Eenheid 3.2 Vervolg 4 Eenheid 3.2 Vervolg 5 Eenheid 3.2 Vervolg 6 Eenhede 4.1 en 4.3 Eenheid 4.2 Eenheid 5. Handboek Hoofstukke 9, 11, 12, 15, 18, 21 Werkboek Vrae 86-104, 130-135, 136-139, 114-120, 126-129 Los: 85, 105-113, 121-125 Leer in detail = Bato Star en Traub sake = vindhierdie sake aangehegaan die einde van hierdienotas. (Sienhofsakeaangehegaan die einde van die notas).

  4. Eenheid 5 Staatsaanspreeklikheid Hoofstuk 21 in Handboek

  5. Inleiding Uitvoer van regeringsmagte mag die regte van sekere individue nadelig affekteer. Wanneer `n administratiewe handeling gemagtige is – is dit regmatig. IN so geval het die individu geen regsremedie teen die handeling. Maar, die staat is aanspreeklik vir sy onregmatige administratiewe handeling (deliktuele handeling) en vir kontrakbreek. Regulering van staatsaanspreeklikheid is `n effektiewe vorm van beheer van administratiewe handelinge. In terme van die State Liability Act – is die staat aanspreeklik vir enige verlies of nadeel waaronder die benadeelde pary lei as gevolg van die onregmatige administratiewe handeling of nie-handeling (deliktuele handeling) of as gevolg van kontrakbreek. Die Wet maak dus voorsiening vir die betaling van vergoeding aan persone wat verlies of skade gelei het as gevolg van die onregmatige administratiewe handeling of kontrakbreek deur die staat. Staat is ook aanspreeklik vir vergoeding waar persone aan diens beseer is – beroepsbesering. Alhoewel dit nie `n metode is om administratiewe handelinge te beheer nie, maak dit voorsiening vir vergoeding in sekere gevalle.

  6. Handelinge van die staat = regte van die geaffekteerde individue. Regmatige / gemagtigde handelinge = geen regsremedie teen handeling 2 gevalle Kontraktereg= Kontrakbreek. Onregmatige administratiewe handeling / ongemagtigde = deliktuele handeling.

  7. Die kontraktueleaanspreeklikheid van die staat Die basis van staatsaanspreeklikheid Staatsaanspreeklikheid gereguleer deur die State Liability Act = Artikel 1 “Any claim against the state which would, if that claim had arisen against a person, be the ground of an action in any competent court, shall be cognizable by such court, whether the claim arises out of any contract lawfully entered into on behalf of the state or out of any wrong committed by any servant of the stateacting in his capacity and within the scope of his authority as such servant.” Verwys slegs uitdruklik na kontrake te delikte. Maar, howe besluit dat dit wyd geinterpreteer moet word om byvoorbeeld, die actio de pauperi in te sluit.

  8. The contractual liability of the state Die kontraktueleaanspreeklikheid van die staat Kontraktueleaanspreeklikheid Die State Liability Act voorsien spesifiek dat die staat aanspreeklik is vir eise wat uitpruit uit `n kontrak waarin wettig ingetree is namens die staat. `n Kontraktuele eis teen die staat sal grond van aksie wees slegs as dit `n grond van aksie is teen `n private persoon. Voor die Wet kan `n kontrak nie teen die staat afgedwing word nie. Die onsekerheid kom in met Administratiewe ooreenkomste. Die vraag is of die staat aanspreeklik is vir skade wat uitspruit uit `n administrtiewe ooreenkoms, soos `n kontrak tussen `n munisipaliteit en `n private agent vir die verwydering van vullis in die munisipale area. Waar `n private kontrakteur sy kontraktuele pligte nalatig uitvoer, kan `n individu, wat skade lei oor die nalatigheid, die private kontrakteur vir deliktuele skade dagvaar. Om suksesvol te wees in so deliktuele aksie moet al die elemente van die delik bewys word, naamlik dat die handeling onregmatig, dat die kontrakteur skuld het, en skade ens.

  9. The contractual liability of the state Die kontraktueleaanspreeklikheid van die staat Contractual Liability Kontraktueleaanspreeklikheid Maar, wat is die posisie waar `n private kontrakteur nie die finansiele verpligtinge kan nakom wat uit die eis kom gebasseer op nalatigheid – byvoorbeeld, waar die private kontrakteur `n man sonder geld is? Aangesien die individu nie `n party is tot die oorspronklike kontrak nie, kan hy / sy nie van die staat eis vir skade gebasseer op die kontrak. Die situasie lei na die vraag hoe en van wie die individu skade kan eis.

  10. The contractual liability of the state Die kontraktueleaanspreeklikheid van die staat Contractual Liability Kontraktueleaanspreeklikheid Staat Kontrak bestaan hier Private maatskappy wat vullissakke verwyder gekontrakteer deur staat. Individuale wat skade lei en private maatskappy het geen manier om te betaal nie – waar sal die vergoeding vandaan kom? Individu wat skade lei en private maatskappy kan betaal – deliktuele aksie teen die private maatskappy.

  11. The contractual liability of the state Die kontraktueleaanspreeklikheid van die staat Kontraktueleaanspreeklikheid Contractual Liability In die Suid-Afrikaanse konteks is die vraag of die staat aanspreeklik is vir skade. Geen algemene reël oor die aanspreeklikheid van hierdie “onafhanklike kontrakteurs” vir die nalatige beoefening van hulle kontraktuele pligte. Dit kan geargumenteer word dat daar sekere publieke funksies wat gekategoriseer is as “essensiele dienste”, wat de verantwoordelikheid van die staal bly ten alle tye. Maar, daar is geen wetgewing wat die aanspreeklikheid van die onafhanklike kontrakteur reguleer nie. Maar, dit blyk asof PAJA `n groot effek sal hê op staatsaanspreeklikheid in die algemeen en administratiewe ooreenkomste spesifiek.Die substansie van die argument word gevind in die wye definisie van die bemagtigende bepaling soos gevind in artikel 1(vi) wat die reg insluit, reëls van gemenereg, gewoontereg, of `n ooreenkoms, instrument of ander dokumente in terme van wat `n administratiewe handeling geneem is.

  12. The contractual liability of the state Die kontraktueleaanspreeklikheid van die staat Contractual Liability Kontraktueleaanspreeklikheid Die definisie van `n bemagtigende bepaling ondersteun argument dat die tariefbetaler van die munisipaliteit vir die skade opgedoen kan eis (opgedoen deur die nie-optrede van die kontraktuele pligte vir skade gelei), waar die private kontrakteur nie die eis vir die skade kan nakom nie. Die basis van die argument is dat die munisipaliteit aanspreeklik is vir die handelinge van die private kontrakteur wat `n publieke funksie uitgevoer het (vir die munisipaliteit), naamlik die verwydering van vullis.

  13. Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Inleiding Suid-Afrikaansedeliktereggebasseer op: Action iniuriarum(skadeaan die persoon se dignitas of reputasie). ActioLegisAquiliae(Vermoënsregtelikeskade) Hullebeskermverskillendebelange en verskilook in die standaard van skuld wat benodig word Intensieomskadeteberokken Intensie of nalatigheid Persoonlikheidsbelange, beperking van fisiesevryheid van beweging, belemmering van subjektiewegevoelens van dignitas en self-respek. Vermoënsregtelikeskade en nie-vermoënsregtelikeskade vir liggaamlikebeserings.

  14. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Die middelikeaanspreeklikheid van die staat vir die deliktuelehandelinge van sydienaars of werknemers. Wiechers – het die risiko beginsel aangeneem. Dit beteken dat deur te onderneem om `n wye spektrum van dienste te lewer, om verskillende funksies uit te voer en die publieke belang te bevorder, moet die staat verantwoordelikheid neem vir die risiko waarvoor vergoeding betaal moet word. Volgens hierdie teorie sal `n werkgewer wat sy werknemer bemagtig om sekere funksies uit te voer die risiko moet dra wat hy / sy geskep het dat die werkgewer verliese aan `n individu kan veroorsaak. Om suksesvol te wees in `n aksie teen die staat gebasseer op delik, moet die individu (saam met die bewys van skade en onregmatigheid) ook bewys dat die amptenaar intensioneel, nalatig of onredelik opgetree het toe hy sy statutêre plig uitgevoer het.

  15. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Die middelikeaanspreeklikheid van die staat vir die deliktuelehandelinge van sydienaars of werknemers. The vicarious liability of the state for the delictual actions of its servants or employees. In Minister of Police v Rabie het `n polisieman (wat aangestel is as `n motorwerktuigkundige in die polisie) het duidelik mala fide opgetree en buite die omvang van sy pligte, en die staat was aanspreeklik gehou vir die arrestasie en aanranding op die basis van middelike aanspreeklikheid. Alhoewel die polisieman feitlik betrokke was in die uitvoer van “polisie funksies”, het hy dit mala fide gedoen. Deur hierdie polisieman aan te stel, het die staat die risiko vir hulself geskep, waarvoor die staat aanspreeklik was. In hierdie saak het die hof geblyk asof hulle beweeg in die rigting van risiko aanspreeklikheid. Volgens hierdie teorie, dra die aanstelling van `n werknemer om die funksies van die staat uit te rig, `n risiko van gevaar vir die gemeenskap. Gevolglik, moet die staat die kostes dra vir enige finansiele verlies wat kan gebeur.

  16. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Die middelikeaanspreeklikheid van die staat vir die deliktuelehandelinge van sydienaars of werknemers. The vicarious liability of the state for the delictual actions of its servants or employees. In die algemeen, die basis van staatsaanspreeklikheid is middelike aanspreeklikheid wat die aanpreeklikheid van een persoon aan `n ander impliseer. IN die konteks van staatsaanspreeklikheid neem die staat aanspreeklikheid aan vir die handelinge van die werknemer. In K v Minister of Safety and Security = Die applikant het skadevergoeding van die staat geeis op die basis dat sy verkrag was deur drie polisiemanne in uniform en aan diens nadat sy `n “lift” huis toe van hulle aanvaar het toe sy gestrand was in die vroeë oggendure. Die CC het die staat aanspreeklik gevind vir die skade deur `n applikant gelei as gevolg van die onregmatige optrede van die polisiemanne. Die CC het herbevestig dat die algemene beginsel van middelike aanspreeklikheid die werkgewer verantwoordelik hou vir die foute wat deur die werknemer gepleeg is tydens sy aanstelling. Solank as wat dit `n handeling is “binne die verloop en omvang van sy / haar plig”, of is “is betrokke by die sake van die werkgewer”, sal die werkgewer aanspreeklik wees.

  17. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Die middelikeaanspreeklikheid van die staat vir die deliktuelehandelinge van sydienaars of werknemers. The vicarious liability of the state for the delictual actions of its servants or employees. Die probleem ontstaan wanneer `n delik gepleeg word in die verloop van `n afwyking van die normale uitvoering van die werknemer se pligte. Die moeilikheid is veral duidelik waar die afwyking intensioneel is en nog moeiliker waar dit `n intensionele nadelige optrede is. Maar, die hof het duidelik gesê dat `n intensionele afwyking van die pligte nie outomaties beteken dat die werkgewer nie aanspreeklik is nie.

  18. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Die middelikeaanspreeklikheid van die staat vir die deliktuelehandelinge van sydienaars of werknemers. The vicarious liability of the state for the delictual actions of its servants or employees. Die toets vir middelike aanspreeklikheid geformuleer in Minister of Police v Rabie: Tweedens: Die vraag is of, alhoewel die handelinge wat gedoen is alleenlik vir die werknemer se doel gedoen is, is daar `n genoegsame verband tussen die werknemer se handelinge vir sy eie belange en die doele en die besigheid van die werkgewer. Die bring feitlike en wetlike vrae. Die regsvraag wat dit opbring is verwant tot wat “genoegsaam naby” is om aanleiding te gee tot middelike aanspreeklikheid. Dit is in die beantwoording van hierdie vraag dat `n hof die nodigheid moet oorweeg om effek te gee aan die gees en doel van die Handves van Regte. Eerstens: Of die onregmatige handelinge alleenlik gedoen is vir die doel van die werknemer. Die vraag verwag `n subjektiewe oorweging van die werknemer se gemoed en is `n suiwere feitlike vraag. Selfs as dit bevestigend beantwoord word, kan die werknemer steeds middelik aanspreeklik wees as die twee vraag, `n objektiewe een, bevestigend geantwoord word. Dus, of die handeling vir die staat was en of die werknemer dit vir homself gedoen het. As vir homself – eerste kriteria nie nagekom nie maar werkgewer kan steeds middelik aanspreeklik gehou word as die tweede kriteria nagekom word.

  19. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Is die staataanspreeklik vir syregmatigeadministratiewehandelinge? Die algemene reël is dat `n geldige eensydige administratiewe handeling nie aanleiding gee tot staatsaanspreeklikheid nie. Daar is wel een uitsondering: Die onteiening van eiendom. Die 96 Grondwet maak duidelik voorsiening vir die betaling van vergoeding waar onteiening plaasving. Artikel 25(2) sê: “Property may be expropriated only in terms of law of general application – (a) for a public purpose or in the public interest; and (b) subject to compensation, the amount of which and the time and manner of payment of which have either been agreed to by those affected or decided or approved by a court.”

  20. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Onregmatigeadministratiewehandelinge • Die elemente van onregmatige administratiewe handeling: • Om suksesvol te wees in `n deliktuele eis vir skadevergoeding, moet die individu die volgende vyf elemente bewys: • -Dat die handeling van die staat onregmatig was; • -Dat daar skuld was by die staat; • -Dat die onregmatige handelinge deur `n werknemer van die staat gepleeg is; • -skade; en • -kousale verwantskap. • (Byvoorbeeld – Administrateur Natal v Trust Bank van Afrika Beperk)

  21. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Unlawful administrative action Onregmatigeadministratiewehandelinge • Onregmatige administratiewe handelinge • Bewoording in artikel van State Liability Act states: “Any claim against the State…[arising] out of any wrong committed by any servant of the state acting in his capacity and within the scope of his authority as such servant.” • Dit skep die indruk dat die staat aanspreeklik sal wees vir die handelinge van administrateurs wat uitgevoer is binne die omvang van hulle magte, en wat eintlik regmatig en wettig is. Dit skep die verkeerde indruk. Dit moet eerste bevestig word of `n werknemer van die staat in sy kapasiteit as werknemer opgetree het want dit is logies dat die staat gewoonlik nie aanspreeklike is vir waar die werknemer opgetree het in sy private kapasiteit wanneer die handeling onregmatig was. • Dus, hy of sy moet binne die omvang van sy aanstelling optree. Onregmatigheid is nie outomaties `n delik nie. Slegs waar die handelinge op die regte van individue inbreuk maak en nadeel veroorsaak = staatsaanspreeklikheid. • Byvoorbeeld: Wrongful arrest, malicious prosecution and certain actions by public officers.

  22. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Unlawful administrative action Onregmatigeadministratiewehandelinge (b) Element van skuld – laakbare, skuldige gemoed. Geen delik as geen skuld. In SAR & H v Edwards was die staat aanspreeklik op die basis van die actio de pauperie, waar geen skuld benodig was nie. Intensie of nalatigheid

  23. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Unlawful administrative action Onregmatigeadministratiewehandelinge • Die onregmatige handeling moet deur `n werknemer van die staat uitgevoer word. • Artikel 239 definieer staatsorgaan. • Maar, partykeer moeilik om te bepaal of `n persoon `n werknemer van die staat is. Wiechers gee sekere formele en materiele toetse om te bepaal of `n persoon as `n werknemer van die staat optree:

  24. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Unlawful administrative action Onregmatigeadministratiewehandelinge Werknemer van die staat Materieletoetse Formeletoetse Die doel van die administrateur se handeling moet bepaal word • Het die handeling tydens gewone werksure plaasgevind? • Persoon in uniform? • Het hy/sy spesifiek of by implikasie aangedui dat hy/sy in kapasiteit as werknemer optree? • Nie altyd voldoende. Byvoorbeeld, wat sal die posisie wees as `n posamptenaar `n pakkie na ure aflewer, wat sy eie vervoer gebruik en dan in `n ongeluk kom? Die aard van die handeling moet bepaal word Die aard van die verhouding tussen die staat en die administrateur Werknemer as onder direk beheer van hoër liggaam wanneer handeling uitvoer.Waar admin. `n diskresie uitvoer – tree nie op as werknemer. Die staat kan nie die besluit beheer wat die administrateur maak nie. Karaktertrek van `n persoon wat as werknemer optree – draer van outoriteit-uitvoer van regeringsoutoriteit Doel van normale aktiwiteit – wat gewoonlik doen.

  25. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Unlawful administrative action Onregmatigeadministratiewehandelinge (d) Die element van skade Eiser moet bewys dat die onregmatige administratiewe handeling hom / haar skade of verlies veroorsaak het. Kan die vorm neem van benadeling van persoonlikheid, of vermoëns skade. (e) Die kousale verband Eiser moet bewys dat die onregmatige administratiewe handeling die oorsaak was van die skade of verlies.

  26. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Spesialekategorieë van deliktueleaanspreeklikheid • Die deliktuele aanspreeklikheid van die polisie • Apart oor die aard van die polisie se aktiwiteite. • Byvoorbeeld, die arrestasie van `n vermoede krimineel sonder `n lasbrief het gewoonlik die resultate dat die polisie die persoon jaag en dan vang – dringende situasie. Die arrestasie, byvoorbeeld, kan nie gedaan gemaak word of terug na die outoriteit verwys word vir heroorweging nie. • Dit beteken nie dat die beseerde party sonder remedie is nie en mag `n aksie vir skade instel oor die onregmatige handeling van die polisie. • Om suksesvol te wee, moet alle elemente van delik bewys (ook ommissio).

  27. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Special categories of delictual liability Spesialekategorieë van deliktueleaanspreeklikheid Byvoorbeeld: in die sake Minister of Safety and Security v Van Duivenboden, and Van Eeden v Minister of Safety and Security was die versuim van polisie offisiere ondersoek. (Sien ook Carmichele v Minister of Safety and Security – NB – p442 in handboek). In Van Duivenboden – skiet van `n man se vrou en kinders deur die man. Die vrou het dit reggekry om weg te kom al was sy geskiet. Sy het skuiling by respondent gesoek. Die respondent is toe ook gekiet en het ook op bure geskiet. Die respondent het toe van die staat geeis vir skadevergoeding vir die beserings wat hy opgedoen het. Die basis van die eis was die versuim van die polisie en dat hulle nalatig was om stappe te neem om gewere van die man te geneem het voor die tragedie, nieteenstaande dat daar wel gronde was om dit te doen. Verder, die versuim was die oorsaak van die respondent om gekiet te word. Op appèl aan die SCA, het die hof gevind dat die staat middelik aanspreeklik was vir die gevolge van die nalatige optrede van die polisie, want daar was `n direkte kousaliteit tussen die nalatigheid van die polisie om seker te maak of die man enige gewere kan besit na `n vorige insident.

  28. Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Spesialekategorieë van deliktueleaanspreeklikheid (a) Die kontrole toets In die verlede het die howe gesoek om staatsaanspreeklikheid te beperk vir die handelinge van polisie deur op die “kontrole toets” staat te maak. Die vraag wat deur die howe gevra was, was of die onregmatige handeling deur die polisie amptenaar plaasgeneem het terwyl hy / sy onder die beheer was van `n meer senior polisie amptenaar. Die howe het gevind dat die beoefening van persoonlike diskresie deur die polisie het nie gemaak dat die staat aanspreeklik was nie – dit ten spyte van die feit dat daar geen twyfel kan wees dat die amptenaar as `n werknemer van die staat opgetree het nie en nie in die persoonlike kapasiteit – dus, opgetree in eie diskresie en nie op die diskresie van die superieure amptenaar. In so geval, skade moet gekry word an die polisieman persoonlik – nadelig vir individu omdat die staat meer finansiele bronne het. Maar, Naidoo v Minister van Polisie hhet kontrole toets verwerp. – Hof het gevind dat `n polisie amptenaar wat betrokke is by polisie aktiwiteit is altyd onder die beheer van die senior amptenare en dus, onder die kontrole van die staat. Die middelike aanspreeklikheid vir die handelinge van die polisie / die diskresionêre magte van die polisie onderhewig aan die noukeurige ondersoek vir legaliteit in terme van PAJA

  29. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Special categories of delictual liability Spesialekategorieë van deliktueleaanspreeklikheid • (b) Die invloed van die Grondwet en die nuwe Police Act op staatsaanspreeklikheid. • 96 Grondwetisoleerspesifieke “komponente” of instellings van die publiekeadministrasie, en bepaal wat hullefunksies is. Vandatartikel 214 van die interim Grondwetvereis het datwetgewingdaargestelmoet word omvoorsieningtemaak vir “the institution and regulation of a South African Police Service…” is die nuwePolisie Wet geskep, naamlik, die South African Police Service Act. • Die howeonderskeitussenverskillendepolisiehandelinge: • Arrest in terms of warrant – arrest under warrant not liable or where there is a “reasonable belief” that officer was acting under a warrant. • Arrest without warrant – Section 40(1) of Criminal Procedure Act empowers a police officer to arrest a person without a warrant where such a person commits an offence in his / her presence.

  30. Delictual Liability of the State Deliktueleaanspreeklikheid van die Staat Special categories of delictual liability Spesialekategorieë van deliktueleaanspreeklikheid • Aanspreeklikheid van die staat vir Militêre personeel • Militêre personeel word ook verwag om gereeld met noodgevalle te doen te kry. • 3) Aanspreeklikheid van munisipaliteit • Sien handboek pp 447-448.

  31. Staatsaanspreeklikheid vir die handelinge van regsbank Judisiele handelinge veroorsaak nie dat die staat aanspreeklik sal wees skade nie, selfs waar die handelinge foutiewelik is en die individu skade gelei het. - Dit is ongewens vir judisiele amptenaar om betrokke te raak in eise vir skade. Daar is ander genoegsame remedies – appèl, hersiening, interne appèl. Die posisie van `n magsitraat is kompleks, aangesien die magistraat soms administratiewe en judisiele funksies uitvoer. Byvoorbeeld, detensie in die geval van veronderstelde kranksinnigheid is `n administratiewe handeling.

  32. Staatsaanspreeklikheid vir Wetgewendehandelinge Die staat is nie aanspreeklik vir die ongeldige wetgewende handelinge van die administrasie nie, vir die eenvoudige rede dat die wetgewende handelinge skep, verander en beeindig algemene verhoudinge en verhoudinge wat onstaan uit delik is individueel. Dus, `n ongeldige wetgewende maatstaf kan nie veroorsaak dat die staat aanspreeklik is nie. Die enigste geval waar die staat wel aanspreeklik is, is die geval waar wetgewing `n direkte en beperkte toepassing het (waar die `n spesifieke groep direk affekteer) wat skade veroorsaak. `n Wetgewende handeling wat foutief is kan aanleiding gee tot `n ongeldige administratiewe handeling en waar hierdie ongeldige handeling inbreuk maak op die regte van die subjek en skade veroorsaak, en individuele verhouding word geskep, naamlik `n deliktuele verhouding.

  33. Staatsaanspreeklikheid vir suiwerAdministratieweHandelinge Is die staat aanspreeklik vir die skade wat kom van die ongeldige ontrekking of ongeldige weiering van `n tegemoetkoming, byvoorbeel die onregmatige en nalatige weiering om `n handelslisensie aan `n applikant uit te ryk? – Die vraag is of die applikant skade kan eis van die staat vir verlies van wins en inkomste wat hy gelei het as gevolg van die onregmatige weiering van die lisensieraad. Op die oomblik herken Suid-Afrikaanse reg nie algemene deliktuele aanspreeklikheid van die staat vir nalatige uitvoering van administratiewe handelinge nie, behalwe vir polisie sake. Die staat kan nie langer staatmaak op die kontrole toets om die betaling van aanspreeklikheid, vir die diskresionêre handelinge van polisiemanne, te omseil nie. T Die howe het die siening aangeneem dat polisiemanne altyd onder beheer van `n superieure amptenaar is, en dat die staat aanspreeklik sal wees vir die handelinge van die polise, as al die elemente vir staatsaanspreeklikheid bewys kan word. Die Grondwet maak voorsiening vir die reg tot vryheid en handel ens en dat die administrasie aan die beginsels van geregtelike administratiewe handelinge (billikheid en redelikheid) moet voldoen en moet ook voldoen aan die basiese waardes en beginsels neergesit in Hoofstuk 10 van die Grondwet, insluitend die voorsiening van dienste wat onpartydig, billik, gelyk is.

  34. Die beperking van staatsaanspreeklikheid deur die aanname dat die staat nie deur sy eie wetgewing gebind is nie. Onder die vorige konstitusionele sisteem, was daar `n gemenereg voorveronderstelling dat die staat nie deur wetgewing gebind is nie. Alhoewel hierdie veronderstelling mag voorhou dat die staatsadministrasie mag optree soos dit wil, is dit nie die geval nie. Die veronderstelling was toegepas as `n beginsel van effektiewieteit om te verseker dat die staat nie onnodig gehinder word in die uitvoer van hul regeringsfunksies nie. In die lig van die 1996 Grondwet kan daar nou geargumenteer word dat die veronderstelling ongrondwetlik is. Botha sê dat dit absurd is om te sê dat die staat nie deur sy eie wetgewing gebind is nie, maar terselftetyd deur die Grondwet gebind is – wetgewing kan teen die Grondwet getoets word en is dus onderhewig aan die Grondwet. Om te bewys dat die regering nie deur sekere wetgewing verbind word nie, kan die staat op die beperkingsklousule staat maak. Die klousule voorsien vir die toepassing van die vereistes van redelikheid, regverdigheid, ensovoorts. Die onus rus op die staat om te bewys dat dit nie gebind is deur die wetgewing nie.

  35. Die staat het die magomsyaanspreeklikheidtewysigdeurwetgewing. Voorheen, was die staat vry om sekere aspekte van sy aanspreeklikheid vir deliktuele aksies te reguleer. Byvoorbeeld, dit mag bepaal watter prosedurele beginsels aan voldoen moet word wanneer daar `n eis ingestel word teen die staat vir skadevergoeding. Byvoorbeeld, kriteria wat sê dat `n aksie teen die staat binne `n sekere periode ingestel moet word, byvoorbeeld, binne ses maande van die insident. Onder die nuwe grondwetlike bedeling, is die HvR van toepassing op alle reg. Dit bind die wetgewer, uitvoerende gesa, die regsbank en alle staatsorgane. Wetgewing wat inbreuk maak op `n fundamentele reg en wat beveel dat die staat nie deliktueel aanspreeklik sal wees vir sy handelinge nie, of wat die kondisies vir staatsaanspreeklikheid voorskryf, sal definitief uitgedaag word om ongrondwetlik te wees. Met ander woorde, die onus rus op die staat om die hof te oortuig dat die wetgewing redelik en regverdigbaar is. Dit is logies dat voorskrywende wetgewing of wetgewing wat staatsaanspreeklikheid uitsluit sal nie in lyn wees met die gees van die Grondwet en sy waardes en beginsels nie. `n Statutêre beperking van staatsaanspreeklikheid sal die gees van die Grondwet ondermyn wat vereis dat alle staatsorgane verantwoordelik gehou word.

  36. Betaling van vergoedingdeur die staat Vergoeding deur staat in lyn met die Grondwet om die lewens van Suid-Afrikaanse burgers te bevorder: Workmen’s compensation Compensation for occupational injuries and diseases Compensation in the sphere of land reform The Restitution of Land Rights Act The Upgrading of Land Tenure Rights Act The Development Facilitation Act The Land Reform (Labour Tenants) Act. The Housing Act, as amended.

  37. Literatuur Handboek: Hoofstuk 21 Werkboek: Hoofstuk 8. Vrae 136-139. Klasnotas: Eenheid 5

More Related