1 / 32

Terminologie-opleiding op Universiteitsvlak

Terminologie-opleiding op Universiteitsvlak. Dr Mariëtta Alberts Bestuurder: Standaardisering en Terminologie-ontwikkeling PanSAT. Oorsig van referaat :. Inleiding Huidige Leksikografie-, Terminologie- en relevante opleiding Skole vir Tale as opleidingsentra vir

eli
Télécharger la présentation

Terminologie-opleiding op Universiteitsvlak

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Terminologie-opleiding op Universiteitsvlak Dr Mariëtta Alberts Bestuurder: Standaardisering en Terminologie-ontwikkeling PanSAT

  2. Oorsig van referaat: • Inleiding • Huidige Leksikografie-, Terminologie- en relevante opleiding • Skole vir Tale as opleidingsentra vir • (Leksikografie- en) Terminologie-opleiding • Voordele van Terminologie-opleiding • Nuwe opleidingsinisiatief • Slotsom SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  3. Inleidend • Taaldepartemente loop leeg – min studente skryf in • Tog skep die Suid-Afrikaanse meertalige bestel werksgeleenthede vir taalpraktisyns • Die taalpraktyk benodig opgeleide en kundige taalpraktisyns • Taalpraktisyns benodig op hul beurt opleiding in • Vertaalvaardighede • Redigeervaardighede • Tolkvaardighede • Woordeboeksamestelling SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  4. Leksikografiese en Terminologiese produkte ((vak)woordeboeke) word benodig vir: • Enkodering (skryf) • Dekodering (lees) • Vertaling • Redigering • Tolking • Kommunikasie SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  5. Leksikografie- en Terminologie-opleiding is van belang: • 11 Nasionale Leksikografiese Eenhede (NLEe) benodig vaardige en opgeleide leksikograwe • Terminologiekoördineringsafdeling, Nasionale Taaldiens benodig vaardige en opgeleide terminoloë • Taaleenhede (vgl Nasionale Taalbeleidsraamwerk) benodig vaardige en opgeleide vertalers, redigeerders, terminoloë • TISSA (Telefoontolkdiens vir Suid-Afrika) benodig vaardige en opgeleide tolke • Vakkundiges benodig gestandaardiseerde terme SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  6. Universiteit van Pretoria Voorgraadse kursus in Leksikografie en Terminologie Nagraadse kursus in Leksikografie en Terminologie (telematies) MA en Doktorale studies in Leksikografie en Terminologie UNISA Honneursgraad in Linguistiek(vertaalstudies) (Leksikografiese en terminologiese perspektiewe mbt vertaling) Universiteit van Stellenbosch Voorgraadse kursus in Leksikografie en Terminologie Nagraadse Kursus in Leksikografie en Terminologie MA en Doktorale studies in Leksikografie en Terminologie MPhil in vertaling met leksikografie as opsionele vak Universiteit van die Vrystaat BA Taalpraktyk Nagraadse diploma MA Taalpraktyk Huidige Leksikografie- en Terminologie-opleiding aan Suid-Afrikaanse Tersiêre Instellings SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  7. Universiteit van KwaZulu-Natal Universiteit van Pretoria Noordwes-Universiteit Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit Universiteit van Johannesburg Universiteit van Stellenbosch Universiteit van die Vrystaat Universiteit van die Witwatersrand UNISA Huidige Vertaal- en Tolkopleiding by Suid-Afrikaanse Tersiêre InstellingsBA, Nagraadse Diploma in Vertaling/Taalpraktyk, Honneurs in Linguistiek/ Taalstudies, MA/MPhil, DLitt/DPhil/PhD SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  8. Leksikografie Buro van die WAT DSAE Salex’97 (Rhodes Univ.) Afrilex-Salex’98 (UP) PanSAT-werkwinkels Afrilex-seminare NLEe Terminologie Terminologiekoördinerings-afdeling, NTD, DKK PanSAT: Opleiding van vakkundiges Opleiding van taalwerkers: Tersiêre instellings Staatsdepartmente (nasionaal, provinsiaal, plaaslik) Hansard-kantore Nasionale Taalliggame Ander Opleiding (bv indiensopleiding) SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  9. Skole vir Tale as Opleidingsentra • Verskeie tersiêre instansies besef reeds die potensiaal van leksikografie- en terminologie-opleiding – al is dit dan slegs modules binne ander taalkursusse • Tans word hierdie kursusse aangebied deur Departemente soos Afrikaans, Afrikatale of Linguistiek • Gegewe die behoefte aan algemene en vakwoordeboeke behoort daar ‘n spesifieke Departement binne ‘n Skool vir Tale toegewys te wees aan die onderrig van Leksikografie en Terminologie SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  10. Studente wat ‘n kursus in enige van die Departemente binne ‘n Skool vir Tale neem (bv Afrikatale, Afrikaans, Engels, Frans, Duits, Linguistiek, Romaanse Tale, ens) sal dan in staat wees om ‘n kursus in óf Leksikografie óf Terminologie óf beide te neem SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  11. Leksikografie is die oorkoepelende vak en studente kan opleiding kry in: • die teoretiese beginsels wat leksikografiewerk onderlê • metaleksikografie • woordeboekstrukture (makro, mikro, medio) • tipologie van woordeboeke • die funksie van woordeboeke • die teorie grondliggend aan die saamstel van woordeboeke SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  12. Terminologiestudente kan opleiding kry in: • die teoretiese beginsels onderliggend aan terminologiewerk/terminografie • die teorie van terminologie • strukture (makro, mikro, medio) • tipes vakwoordeboeke • die funksie van vakwoordeboeke • die verskil tussen leksikografie en terminologie SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  13. Terminologiestudente kan ook onderrig word in: • Begrippe (konsepte) en die onderlinge verhouding tussen verskillende begrippe • Primêre termskepping • Sekondêre termskepping • Kommunikatiewe waarde van terminologie • Kulturele verskille by termskepping • Saamstel van tweetalige of meertalige termlyste/vakwoordeboeke SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  14. Terminologiestudente kan praktiese ondervinding opdoen deur: • take te doen oor die saamstel van ‘n brontaaltermlys in ‘n gegewe vakgebied of domein (primêre termskepping); • saam met ander studente in spanverband aan ‘n twee- of meertalige terminologieprojek werk (sekondêre termskepping); • die terminologieprojekte van medestudente evalueer. • terminologiese materiaal (bv terme, definisies) uit verskeie bronne ekserpeer (onttrek) (bvhandboeke, leermateriaal (kurrikula), skripsies, M-verhandelinge en doktorale tesisse); SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  15. NLUs Lexicography School for Languages NLBs Terminology Statistics PLCs University A Human Language Technology Virtual Network Zoology TCS NLS Psychology LUs SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  16. Studente sal besef dat daar loopbaangeleenthede in tale is; Studente sal: opgelei word in die basiese beginsels en teorieë onderliggend aan terminologie en terminografie; opgelei word in die praktiese saamstel van verskeie soorte vakwoordeboeke; die waarde van spanwerk leer; praktiese ondervinding opdoen en riglyne kry oor tipiese werksomstandighede waar die werk deur kollegas en vakkundiges beoordeel word; Voordele vir Studente: SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  17. Voordele vir Studente (vervolg): • Studente sal leer hoe belangrik dit is om taalkundiges, taalpraktisyns, taalstrukture, die taalgemeenskap en vakspesialiste te raadpleeg. • Hulle sal die verskillende taalstrukture (PTKs, NTLe, NLEe, TKA, TEe) leer ken en leer hoe om daartussen te onderskei. • Hulle sal vaardighede hê wat hulle in staat sal stel om by (vak)woordeboekkantore diens te aanvaar (beperkte indiensopleiding). SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  18. Voordele vir Skool vir Tale: • ‘n Skool vir Tale sal bekend raak, want meertalige termlyste wat deur studente saamgestel is, kan aan vakkundiges, taalkundiges, -strukture, -praktisyns, akademici en taalgemeenskappe as konseplyste vir kommentaar gestuur word. • NLEe/TKA kan die finale termlyste tot hul databasisse voeg. • Die termlyste kan aan ander departemente en fakulteite voorsien word. • Ander departemente en fakulteite sal die waarde van die Skool vir Tale vir hul eie werksaamhede besef. • Skole vir Tale sal meer studente kry, want ‘n praktykgeöriënteerde vakrigting sal studente lok. SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  19. Voordele vir ander departemente en fakulteite: • Meertalige, gedefinieerde terminologielyste wat deur Terminologiestudente saamgestel is, sal beskikbaar wees aan verskeie departemente en fakulteite. • Verskeie departemente en fakulteite by tersiêre instellings kan bewus raak van die waarde van gestandaardiseerde meertalige terminologie. • Studente van ander departemente en fakulteite sal in staat wees om begrippe in hul eerste taal te verstaan. • Selfs al moet studente in ‘n ander/tweede taal eksamen skryf, is die begrip duidelik en verworwe. • Inligtingoordrag en kennisverwerwing geskied die doeltreffendste in die eerste taal. SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  20. Voordele vir ander universiteite • Universiteit van Pretoria: Academic Word List • Die Taalsentrum by die Universiteit van Stellenbosch is bv. reeds besig om terminologie (bv Generiese Akademiese Terminologie) op te teken en in drie tale (Afrikaans/Engels/Xhosa) aan almal op die kampus beskikbaar te stel. • As soortgelyke sentra by (alle) universiteite mbv ‘n virtuele netwerk aan mekaar verbind is, kan • almal gedokumenteerde terme gebruik, • duplisering sal verminder word, en • terme sal gestandaardiseer word. SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  21. Voordele vir taalkantore • Terminoloë wat opleiding kort, kan vir sodanige kursusse registreer. • Leksikograwe en terminoloë ontvang genoegsame teoretiese en praktiese onderrig oor alle fasette van die proses om (vak)woordeboeke saam te stel wat indiensopleiding tot die minimum sal beperk. • Taalpraktisyns (vertalers, redigeerders, tolke, leksikograwe, kopieskrywers, ens) wat daagliks met terminologie omgaan, kan hierdie kursusse bywoon. SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  22. Voordele vir Taalkantore (vervolg) • Die verskillende taalstrukture en taalkantore kan terugvoering gee aan die Skole vir Tale oor die gehalte van die opleiding en spesifieke behoeftes aanspreek ten opsigte van die inhoudelike van kursusse. • NLEe, TKA en ander taalkantore sal ‘n lys van moontlike werknemers hê. SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  23. Voordele vir Mensliketaaltegnologie: • Termlyste sal in elektroniese formaat, bv op universiteite se webtuistes beskikbaar wees, en sal na finalisering deur deskundiges, deel kan word van die virtuele netwerk van die Mensliketaaltegnologieprogram • Meertalige Terminologie in verskeie vakgebiede en domeine sal tot die beskikking van die gemeenskap wees. • Die tale sal tot funksionele tale ontwikkel. SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  24. SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  25. SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  26. Nuwe opleidingsinisiatief: • Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) het in Februarie 2005 ‘n samewerkingsooreenkoms met die Skool vir Tale, Universiteit van Pretoria aangegaan mbt ad hoc-terminologie-opleiding. • Ongelukkig is daar nie in hierdie stadium ‘n Sentrum vir Terminologie-ontwikkeling by die Universiteit van Pretoria se Skool vir Tale tot stand gebring nie. • Met behulp van ‘n Sentrum sou daadwerklike aandag aan die uiters noodsaaklike terminologie-opleiding en -ontwikkeling gedoen kon word. SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  27. PanSAT-opleiding • Opleiding aan PanSAT-strukture: • Nasionale Taalliggame (NTLe) • Nasionale Leksikografiese Eenhede (NLEe) • Provinsiale Taalkomitees (PTKs) • Heropleiding van werklose taalpraktisyns • Opleiding aan vakkundiges (op aanvraag) • Opleiding aan taalpraktisyns (op aanvraag) SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  28. SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  29. Ten slotte Die proses wat beskryf is, sal studente oplei in die beginsels en praktyk van (vak)leksikografie. Dit sal die verskillende taalkantore in staat stel om opgeleide personeel aan te stel eerder as om tyd af te staan aan indiensopleiding. Die saamstel van een-, twee en meertalige algemene en vakwoordeboeke sal vordering toon. SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  30. Tersiêre instansies sal baat, omdat meer studente wat in die taalrigting studeer, positiewe en waardevolle uitkomste ook aan ander departemente en fakulteite kan lewer. • Die virtuele netwerk van die Mensliketaaltegnologieprogram sal daarby baat om meertalige algemene woorde en gespesialiseerde terme te hê vir disseminasie na vakkundiges, taalpraktisyns en die taalgemeenskap in die breë. SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  31. Die taalgemeenskap sal baat as gevolg van: • Die beskikbaarheid van woorde en terme vir beter kommunikasie • Minderheidstale sal ontwikkel tot funksionele tale in die hoër echelons van die wetenskap, tegnologie, ekonomie, ens. • Die Suid-Afrikaanse tale sal (via MTT virtuele netwerk) op die Internet beskikbaar wees as funksionele (wêreld)tale SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

  32. Dankie vir u aandag! Navrae: marietta@pansalb.org.za http://www.pansalb.org.za Tel: 012 341 9638 Faks: 012 341 5938 SAAWK-simposium, 24 Junie 2005, Garstfontein, Pretoria

More Related