390 likes | 1.02k Vues
Matteus 13:24-30 en 36-40. Ingenooi deur God. Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God. “Before God said, ‘Let there be light’ there was chaos. So chaos is even older than the light.”. Ingaan in God se tyd.
E N D
Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God
“Before God said, ‘Let there be light’ there was chaos. So chaos is even older than the light.”
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons
Watter chaos in jou lewe mag op die oomblik besig wees om geboorte te gee aan nuwe uitbarstings van kreatiwiteit en insig? Watter onkruid veroorsaak dat nuwe gras aangeplant word?
Luister na ander en die tye Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor
Luister weer na God se Woord Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes
God boer nie met mielies, koring, druiwe of skape nie – dit laat Hy aan ons oor. God boer met genade (en geduld) Murray Janson
Watter effek het die feit dat God met genade boer op die manier waarop ons ons Christenskap uitleef?
God se geduld = Sy liefde vir en genade met mense; Sy sagte hande en oë!
God is byna altyd bereid om nog ’n kans te gee – Hy wag om te sien of die onkruid nie dalk in koring verander nie
Jesaja 55:13 “In die plek van die doringbos sal daar ’n sipres opskiet, in die plek van ’n dissel, sal daar ’n mirteboom opskiet…”
In God se boerdery word doringbome sipresse, distels mirtebome... Jakobs word Israels, Saulusse word Paulusse, Simons word Petrusse... selfs ek en jy is anders
Om ’n Christen te wees, beteken om die onvergeeflike te vergewe, omdat God die onvergeeflike in jou vergewe het!
Matteus 7:1 “Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie.”
Hoekom nie oordeel nie? Ons het nie altyd die vermoë om mense reg te beoordeel nie
“Moet niemand oordeel voordat jy nie ’n halwe maan in sy skoene geloop het nie.” Indiaanse spreuk
As jy wil oordeel, begin by jouself (die onkruid in jou eie lewe)
“Stadig, stadig… jy wil hê God moet sonde straf? Sê nou Hy begin by jou en my?”
“Onthou, geloof is nie ’n stok om mee te slaan nie, maar ’n stok om op te leun!”
3. Jy is nie in die onkruidverwydering-besigheid nie, maar in die saai-besigheid
Hoe “sien” jy die lewe en die wêreld? In terme van koring of in terme van onkruid?”
Fokus op wat God nou doen Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig
By God raak selfs onkruid wat jy as koring sien, koring. By God is sien nie glo nie, glo is sien.
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het