1 / 23

Die ou-ou tyding

Die ou-ou tyding. Jes 52:6 Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek ! Jes 52:7 Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap

kiele
Télécharger la présentation

Die ou-ou tyding

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die ou-ou tyding

  2. Jes 52:6 Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!Jes 52:7 Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning! Jes 52:8 Hoor! Jou wagte! Hulle verhef die stem, hulle jubel almal saam; want hulle sien vlak voor hulle oë hoe JAHWEH terugkeer na Sion. Jes 52:9 Breek uit, jubel almal saam, puinhope van Jerusalem! Want JAHWEH het sy volk getroos, Jerusalem verlos.

  3. “…watter tipe god laat toe dat ou mense gemartel en vermoor word…” FB anoniem “…mens is op jou self aangewese, die ou storie van ‘nhoër hand is net dit – ‘n storie…” FB anoniem Heb 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘nbeloner is van die wat Hom soek. “Hy is” = dat JHWH bestaan, en teenwoordig is, hoor en sien, nog betrokke is “beloner” = gee goeie dinge, bevoordeel, bevorder, versorg – dat JHWH nie benadeel en wegneem nie, maar in goedheid toevoeg.

  4. Die frustrerende waarheid is dat: • Elohim goed is • Sy hart vol goedheid teenoor Sy geslag is • Hy Sy kinders beloon met meer as hul verdienste – veel meer • Sy gedagtes oor ons toekoms vol heerlike idees en verrassings is • Hy ‘n vriend is vir die wat met Hom wandel • Geen slegte dinge, versoekinge of kwaad wat met Sy kinders gebeur, van Hom kom nie. • Sy begeerte is om weer te wandel met Sy eie, en die verhouding te herstel • Maar nou word Hy ge”frame” deur die Bose, en….. • word Hy deur Sy kinders: • Ontken as of Hy nie bestaan nie, of • Vir die wat Hom nog erken, word Hy geken as ‘nGod van wraak, wat soek om te straf, en wie onverstaanbare wreedhede laat gebeur met Sy kinders as of dit Hom nie pla nie, of erger, as of Hy dit doen om Sy mag te wys.

  5. Hoe het sulke vervreemding gebeur? Oorsaak en gevolg: Sonde Leuens en misleiding: die Bedrieër Verwoesting en dood: die Moordenaar Onkunde en belangeloosheid: Materialisme Oorerwing en opvoeding: Mislukte ouerhuise Verbittering en hulpeloosheid: Vertroue op vlees (prinse) Hnd 7:34Ek het duidelik gesien die mishandeling van my volk wat in Egipte is, en hulle gesug gehoor en neergedaal om hulle te verlos. En nou, kom hier, Ek wil jou na Egipte stuur. Is ditnuut? Slegsnouaan die gebeur? Mat 9:36 En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie. Mat 9:37 Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Mat 9:38 Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur. Luk 24:21 En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.

  6. Die waarheid is anders Joh 17:1 Dit het Jahshua gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik— Joh 17:2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee. Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jahshua Christus wat U gestuur het. Joh 17:4 Ek het U verheerlik (U naam weer heerlik gemaak) op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring. Joh 17:5 En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was. Joh 17:6Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar. Joh 17:7Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom. Joh 17:8 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het. Joh 17:9Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. Joh 17:10 En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik. Joh 17:11 En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.

  7. Joh 17:12 Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word. Joh 17:13 Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê. Joh 17:14 Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Joh 17:15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. Joh 17:16 Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Joh 17:17Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. Joh 17:18 Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. Joh 17:19 En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees. Joh 17:20Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo—Joh 17:21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. Joh 17:22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Joh 17:23Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het. Joh 17:24 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.

  8. Wie hier is reeds wedergebore? Dus is jy gered – reeds die ewige lewe ontvang in Jahshua? Hoekom het ‘n goeie Vader jou nie dadelik na veiligheid gebring na wedergeboorte nie – dit sou tog die liefdevolste ding wees wat Hy kon doen vir jou?

  9. Drie stadia: oor twee stem (amper) almal saam. Die ou-ou tyding is vervul, die blye boodskap word gehoor Bank dit in jou kluis ! Ongered, in sonde Gewas in die bloed, verlos, wedergebore: dit is volbring 1 2

  10. Die derde stadia: hier verskil mense redelik wyd. Reg om dood te gaan Gaan nou eers dood 1 dag tot 88 jaar “dis beter om nou dood te gaan” Paulus ??? Ongered, in sonde Gewas in die bloed, verlos, wedergebore: dit is volbring 1 2 3

  11. Dit laat my onwillekeurig dink aan ʼn skadubeeld uit die ou-ou tyd. 3 2 1

  12. Dis ‘n 2000 jaar oue vraagstuk 3 2 Fil 1:21 Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins. Fil 1:22 Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal kies, weet ek nie. Fil 1:23 Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste; Fil 1:24 maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil. 3 2 3

  13. Vyf pilare tussen 2 & 3 Efs 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, Efs 4:12om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, Efs 4:13totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; Efs 4:14sodat ons nie meer kinders sou wees niewat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; Efs 4:15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, Efs 4:16 uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

  14. Ek stuur hulle soos U my gestuur het…. Om U goedheid, die korrekte beeld van U persoon, aan U geslag in hierdie wêreld te gaan bekend maak deur hul voorbeeld, hul dade, die middele tot hul beskikking – op elke manier wat ek hul as voorbeeld gegee het……. Hnd 1:4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wagop die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Hnd 1:5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. Hnd 1:6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? Hnd 1:7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; Hnd 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaríaen tot aan die uiterste van die aarde. Hnd 1:9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

  15. Krag ontvang om die goedheid van JHWH korrek te gaan bekend maak aan die volk wat in duister sit en begin glo het dat JHWH nie meer hoor nie – of as Hy nog betrokke is, ‘n God van straf en haat is teenoor hulle. Ons opdrag is om instrumenteel te wees daarin om die kinders van JHWH te oortuig dat HY IS, en dat HY GOED IS, en dat SY GOEDERTIERENDHEID nie opgehou het2000 jaar gelede nie, maar TOT IN EWIGHEID IS vir die wat Hom lief het.

  16. Hoe? Hoe ook al – volgens jou geloof. Vir die wat noue grense het in hul verstand, binne daardie grense. Vir ander wie se verstand onvrugbaar geword het en deur geloof alleen wandel, volgens slegs die grense van die Heilige Gees. MAAR DOEN IETS! ELKE DAG, BY ELKE GELEENTHEID, NIE NET MET DIE WAT VIR JOU LIEF IS NIE. Mat 25:27 Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het. Mat 25:28 Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het; Mat 25:29 want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. Mat 25:30 En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande. Mat 25:40 En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. Mat 25:41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

  17. Die pinkie is so klein ledemaat

  18. Maar kyk wat kan hy doen wanneer die HG hom gebruik “Naand Gerda. Dankie vir die notaboekie. Dit was die Here se teken aan ons dat Hy nie van ons vergeet het nie en dat Hy ons deur hierdie moeilike tyd sal help! Ongelooflik! Lekker aand verder. Dit was vir ons ook 'n voorreg om julle te kon ontmoet het! Sonja en Jean Eksteen” SMS ontvang 13 Aug 2014 Peter Boucher – PTA Wes, wag alleen op operasie. Hannes & Elzette Tredoux – Bure wat moeder besoek Jong meisie die aand laat by parkeer kiosk – “Baie, baie dankie – I am gratefullforyour help”

  19. Verkeerde fokus – die tydelike vs die ewige beloning? Jer 45:3 Jy (Barug) sê: Wee my tog, want JAHWEH het kommer aan my smart toegevoeg; ek is moeg van my gesug en vind geen rus nie! Jer 45:4 So moet jy vir hom sê: So spreek JAHWEH: Kyk, wat Ek gebou het, breek Ek self af; en wat Ek geplant het, ruk Ek self uit; en dit betref die hele aarde. Jer 45:5 En sou jy vir jou groot dinge soek? Soek dit nie; want kyk, Ek bring onheil oor alle vlees, spreek JAHWEH; maar Ek sal jou siel vir jou as buit gee in al die plekke waarheen jy sal gaan.

  20. Hier kom die werke in – verdienste kom na redding, nie vir redding nie 1Ko 15:58 Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

  21. Hierdie is die ou-ou tyding, en is steeds die begin en die einde van ons geloof, die anker van ons hoop en die rede vir ons blydskap.Het jy dit? Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle (U kinders) U ken (U aard en goedheid begryp), die enige waaragtige God, en Jahshua Christus wat U gestuur het (soos wat U aan hul openbaar is deur die beeld van U wat ek op aarde gedemonstreer het) .

  22. Pro 4:20 My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, Pro 4:21 laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. Pro 4:22 Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ‘n genesing vir hulle hele liggaam. Pro 4:23Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

  23. Amen

More Related