1 / 34

Die Pottebakker

Die Pottebakker. ....hande wat vorm. Waar het die mens begin ?. Wanneer het dit gebeur?. Wanneer is die mens geskep ?. Wanneer is sy skepping voltooi ?. Alles wat is begin by die Skepper se gedagtes. Psa 92:5 (92:6) Hoe groot is u werke , o HERE; baie diep is u gedagtes ! .

manning
Télécharger la présentation

Die Pottebakker

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die Pottebakker ....hande wat vorm....

  2. Waar het die mens begin? Wanneerhet dit gebeur? Wanneer is die mens geskep? Wanneer is sy skepping voltooi?

  3. Alles wat isbegin by die Skepper se gedagtes Psa 92:5 (92:6) Hoe groot is u werke, o HERE; baie diep is u gedagtes! Psa 139:17 Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie! Jes 14:24 Die HERE van die leërskare het gesweer en gesê: Waarlik, soos Ek gedink het, so gebeur dit; en soos Ek besluithet, kom dit tot stand: • Jes 14:27 want JAHWEH van die leërskare het dit besluit — wie sal dit kan verydel? En sy hand is uitgestrek—wie sal dit kan afkeer? Mal 2:15 Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ‘n geslag (kinders, familie, saad) van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.

  4. …maar oor die mens se keuses dink Vader, maar die mens kies self… Jer 3:19Ék het wel gedink: o Hoe gaan Ek jou met seuns gelykstel en aan jou gee ‘n kosbare land, ‘n allersierlikste erfenis van die nasies! Ook het Ek gedink: Jy sal My noem: My Vader! en jy sal van My nie afvallig word nie.Jer 3:20Maar soos ‘n vrou troueloos skei van haar minnaar, so het julle troueloos teen My gehandel, o huis van Israel, spreek JAHWEH. Jer 3:21 ‘n Stem is gehoor op die kaal heuwels, smekende geween van die kinders van Israel, omdat hulle hul weg verdraai het, JAHWEH hulle God vergeet het. Jer 3:22Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal julle afkerighede genees. Hier is ons, ons kom na U toe, want U is JAHWEH onse God.

  5. Wanneer? Ons in Sy gedagtes voor die grondlegging van die aarde: Efs 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jahshua Messias wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Messias, Efs 1:4 soos Hy ons in Hom uitverkies hetvoor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, Efs 1:5 deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jahshua Messias, na die welbehae van sy wil, Efs 1:6 tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. Jes 46:8 Dink hieraan en wees beslis; neem dit ter harte, o afvalliges! Jes 46:9 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; Jes 46:10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen; Die aarde is geskep vir die mens, om gevul en oor geheers te word deur die mens – nie die mens vir die aarde nie. Ons was voor in Sy gedagtes toe hy hierdie wêreld se fondamente gelê het.

  6. Toe Hy dit sê, is ons geskape – na die aarde reeds voorberei was om ons te ontvang Gén 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. Gén 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. “na ons beeld” – m.a.w. in ewebeeld van Vader, sal Sy kind(ers) wees. Ons as mense weet goed om te sê : “hy is ‘n ewebeeld van sy pa, en aard so reg na hom” Dis een ding om ‘n seun te hê, maar as jou begeerte is om ‘n ewebeeld te hê, dan raak dit bietjie meer gekompliseerd. As dit Jahweh is wat dit begeer – dan raak dit ‘n werk van epiese statuur, die diens van ‘n beeldhouer van formaat word benodig…..

  7. Wanneer is die mens voltooi? Kom stap saam na die huis van die pottebakker sodat ons iets kan leer van ons self, ons wêreld en ons Maker….. Jer 18:1 Die woord wat van JAHWEH tot Jeremia gekom het: Jer 18:2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. Jer 18:3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om ‘n stuk werk op die skywe te maak. Jer 18:4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk— soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker —maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. Jer 18:5 Toe het die woord van JAHWEH tot my gekom en gesê: Jer 18:6Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek JAHWEH. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!

  8. Wat is die Pottebakker besig om te maak? Pottebakker = Jahweh Klei = mense (Israel) Onthou jy waaroor hierdie wêreld begin is - Jahweh se gedagtes en begeerte? Hy maak ‘n familie (kinders), na sy ewebeeld Met grond en water (klei) maak Hy hul

  9. Jy kan dit nie ontken nie – jy is ‘n beeld wat gevorm word….. Jes 29:16 o Julle verkeerdheid! Of moet die pottebakkerbeskou word as klei, dat die maaksel van sy maker kan sê: Hy het my nie gemaak nie, en die vormsel van sy vormer kan sê: Hy het geen verstand nie? ...en jy is nie gelyk aan die beeldhouer nie, maar ‘n ewebeeld is jy as jy klaar gevorm is – die oorspronklike, die werklike is, die EK IS.

  10. Jy is nog nie voltooid nie!

  11. Klei – aarde (grond) en water Job 33:4 Die Gees van God het my (Elihu) geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend. Job 33:5 As u kan, antwoord my; maak klaar teen my; staan gereed! Job 33:6 Kyk, teenoor God staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp. H2563 kho'-mer From H2560; properly a bubbling up, that is, of water, a wave; of earth, mire or clay (cement); also a heap; hence a chomer or dry measure: - clay, heap, homer, mire, motion, mortar.

  12. Grond = vlees Gén 3:19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer. H120 - 'âdâm - aw-dawm' From H119; ruddy, that is, a humanbeing (an individual or the species, mankind, etc.): - X another, + hypocrite, + common sort, X low, man (mean, of low degree), person. H119 - 'âdam - aw-dam' To showblood (in the face), that is, flush or turn rosy: - be (dyed, made) red (ruddy). H127 - 'ădâmâh - ad-aw-maw' From H119; soil (from its general redness): - country, earth, ground, husband [-man] (-ry), land.

  13. Water = Gees Jes 44:1 Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het! Jes 44:2 So sê JAHWEH, jou Maker en jou Formeerder (pottebakker) van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het! Jes 44:3 Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge. Dorsland / droë grond = Vleeslike wesens wat verhard het sonder die Gees – klei wat uitgedroog het (waterloos) geword het, kan nie vorm nie, maar breek net (dit is droë grond)

  14. Gaan kyk en verstaan – dan leer Ek jou iets van wat Ek doen.... Jes 40:17 Al die nasies is voor Hom soos niks: as niks en nietigheid word hulle by Hom gereken. Jes 40:18By wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel? Jes 40:19 Die ambagsman giet ‘n beeld, en die goudsmid trek dit oor met goud en smelt silwerkettings. Jes 40:20 Wie te arm is vir so ‘n offergawe, kies ‘n stuk hout wat nie vergaan nie; hy soek vir hom ‘n kunsvaardige ambagsman om ‘n beeld op te rig wat nie wankel nie. Jes 40:21 Weet julle nie? Hoor julle nie? Is dit julle nie van die begin af bekend gemaak nie? Het julle nie op die fondamente van die aarde gelet nie? Jes 44:9 Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid, en hulle lieflinge bring geen voordeel nie; en hulle getuies—dié sien niks en weet niks, sodat hulle beskaamd staan. Jes 44:10 Wie maak ‘n god en giet ‘n beeld wat geen voordeel aanbring nie (Vader giet ‘n beeld wat voordeel bring) ? Job 10:8U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my! Job 10:9 Bedink tog dat U my soos klei gevorm het, en wil U my tot stof laat terugkeer?

  15. Sodat jy kan verstaan wat met jou gebeur

  16. Geskape na die beeld van ‘n oorspronklike The ancient lost-wax process The origins of the lost-wax process of metal casting, called cire perdue, are lost in the mythologies of the Bronze Age, in the Far East as well as in Europe, Africa, and pre-Columbian America. Earliest records show the process to be over four thousand years old. Art bronzes today are cast using the very same process as that of ancient times. Technologically the materials have improved, but the process remains the same. As you will learn, the high cost of a bronze sculpture is due to the many hours of hands-on-labor involved. Once the clay sculpture is completed by the artist, the entire process in the foundry takes from six weeks to four months to produce a single bronze.

  17. Die oorspronklike

  18. Die negatief – van vormbare materiaal

  19. In die gelykenis van die oorspronklike – maar in was (tydelik)

  20. Die gelykenis oordek met giet-klei

  21. Edelmetaal ingegiet

  22. Uit die klei gebreek

  23. ‘n Ewige voorwerp, in ewebeeld van die oorspronklike

  24. In antieke tye

  25. Wie se beeld jy is, wie se deel jy is Mar 12:15 Maar Hy het hulle geveinsdheid geken en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My? Bring vir My ‘n penning, dat Ek dit kan sien. Mar 12:16 En hulle het dit gebring. En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? En hulle antwoord Hom: Die keiser s’n. Mar 12:17 Toe antwoord Jahshua en sê vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. En hulle was verwonderd oor Hom.

  26. Na wie lyk jy nou - Keiser, of Vader?

  27. Die pottebakker se handewerk voltooi ‘n voorwerp tot eer Heb 5:6 Soos Hy ook op ‘n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. Heb 5:7 Hy wat in die dae van sy vlees(klei) gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs— Heb 5:8Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; Heb 5:9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword Heb 5:10 en is deur God genoem ‘n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek; Heb 5:11 waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.

  28. Was Adam voor die sondeval ‘n voltooide mens?

  29. Die ewebeeld in aanskoue Kol 1:15Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; Kol 1:16 want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. Kol 1:17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. Kol 1:18 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees. Kol 1:19 Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon Kol 1:20 en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.

  30. Jy word gevorm na die beeld van die eerste voltooide ewebeeld Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk (vormwerk), vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Rom 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het (voor die grondlegging, toe Hy oor ‘n gesin gedink het), dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders (eindelik, Vader se eie erfgename); 2Ko 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

  31. Hoe meer water, hoe sagter die klei, hoe beter vorm jy, en minder breek jy!

  32. Die skepping van Vader se geslag, die hele verloop, beskryf 1Ko 15:38 Maar God gee dit ‘n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam. 1Ko 15:39 Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls. 1Ko 15:40 En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse. 1Ko 15:41 Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster. 1Ko 15:42 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid; 1Ko 15:43 daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag. 1Ko 15:44 ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam. 1Ko 15:45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 1Ko 15:46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 1Ko 15:47 Die eerste mens was uit die aarde aards (proses begin) , die tweede mens is die Here uit die hemel (proses voltooi). 1Ko 15:48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 1Ko 15:49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. 1Ko 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie. 1Ko 15:51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, 1Ko 15:52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. 1Ko 15:53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

  33. Soos dit met klei gaan, so met jou!

  34. Amen

More Related