1 / 4

Beste Dagboek 30ste Januarie 2003

Beste Dagboek 30ste Januarie 2003

naasir
Télécharger la présentation

Beste Dagboek 30ste Januarie 2003

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Beste Dagboek 30ste Januarie 2003 Môre gaan al die graad tiene oorsee, ek is so opgewonde maar ek is ook baie moeg. Vandag het ek my paspoort, my visum en my reisigerstjeks gaan haal. My vliegkaartjie is in orde, ons gaan baie lande sien! Ons eerste bestemming is Italië, ek wil graag die Pietà in die Vatikaanstad gaan sien. Mev. Bailly het ons baie vertel van die Pietà. Sy sê dit is omtrent 500 jaar oud! Kan jy dit glo? My ma se senuwees is klaar! Dit is die tweede keer dat ek sonder haar gaan reis, maar die eerste keer dat ek oorsee gaan. Ek voel eintlik ‘n bietjie senuweeagtig. Dit sal seker lekker wees om saam met my vriende te reis. Ek moet gaan want ek moet gou my tasse pak. Gesels met jou môre! Chiquita

  2. Beste Dagboek 31ste Januarie 2003 Om sesuur vanmôre, het ons aan boord die vliegtuig gestap. Ons het met Alitalia gevlieg, en die kos was heerlik. Die opwinding was oorweldigend! Toe ons opgestyg het, het ek skoenlappers in my maag gehad. Ek kon nie wag om in Italië te land nie. Die aankoms in Italië was ongelooflik! Dit het soos ‘n prentjie uit ‘n sprokie gelyk. In die lug kan jy die coloseum, Vatikaanstad, Die Boog van Constantine en St. Peter se Katedraal duidelik sien. Wat ‘n verwelkoming! Nou is dit tyd vir pasta en Pavarotti! Tot môre! Chiquita

  3. Beste Dagboek Vandag was ons by Vatikaanstad waar die Pous bly. Mev. Bailly het ons gevat om die Pietà te gaan sien. Wat ‘n beeld! Die marmer is so pragtig.Maria het ‘n jong gesig, sy beur haar regte knie en gebruik haar regte hand vir ondersteuning. Sy is meer as twee meters lank en haar kleed is groot en wyd. Die luime van Christus is baie duidelik. Michaelangelo se naam is op die band van die beeld geskilder. Die beeld staan agter ‘n glas boks. Ons was baie gelukkig om dit te sien. Ek kan nie verduidelik hoe dit gevoel het nie! Ek waardeer elke oomblik in Italië. Ek kan nogsteeds nie glo dat ek regtig hier is nie! Tot volgende keer! Chiquita 1ste Februarie 2003

  4. Beste Dagboek 2de Februarie 2003 Ons het ‘n baie opwindend dag gehad! Ek voel so skuldig omdat ek soveel geld spandeer het. Ek het ‘n leerbaadjie en ‘n stylvol handsak van Gucci gekoop. Dit was nogal duur maar dit was werd elke sent! Die mode hier is baie verskillend, maar dit is pragtig. Baie van die klere wat hier verkoop word is deur ontwerpers gemaak, dit is seker hoekom dit so duur is. Na dit het ons ‘n paar Italiaanse lekkerny ondervind. Mev.Bailly het ons gevat na ‘n klein restourantjie toe. Aandete was heerlik! Nou verstaan ek hoekom almal mal is oor regte Italiaanse pasta. Op pad terug na die hotel toe, het ons roomys gekoop. Italiaanse roomys is watertandlekker! Ek het ‘n digby-opname prentjie van Maria (die Pietà) se gesig gevind. Dit is ‘n fantastiese prentjie. Tot môre! Chquita

More Related