1 / 20

Gered

Gered. ....en hier begin ons wedloop.... ons stryd.

nasia
Télécharger la présentation

Gered

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Gered ....en hier begin ons wedloop....ons stryd...

  2. Heb 12:1 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, enmet volharding die wedloop loop wat voor ons lê, Heb 12:2 die oog gevestig op Jahshua, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. hoop-om-on-ay – hopefullendurance, constancy, patience

  3. Heb 12:14 Jaag(follow) die vrede na met almal, en (jaag) die heiligmaking(na) waarsonder niemand die Here sal sien nie; Heb 12:15 en pas op dat niemand in die genade van God veragter(terug te val) nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie. hag-ee-as-mos' – purification (suiwering)

  4. Vorige boodskap – Anderkant Eerstebeginsels Die oue was beskik om deur die nuwe vervang te word – maar die vernuwing is nie so maklik in die gedagtesvan die geslag van JHWH nie (Gal 3 & 4) Die ou dinge was nie nutteloos nie, en is steeds waardevolle rigtingwysers om die nuwe te verstaan – dis so beplan van die begin af (tabernakel) Begryp die 3-D beginsel van ons bestaan. Binne die voorhof, die waskom, en die gewete.

  5. Die Eerste beginsels, fondamente van die nuwe huis: Bekering uit dooie werke Geloof in God Leer van die doop Leer van Handoplegging Leer van opstanding van die dode Leer van ewige oordeel ....waarna ons moet aanbeweeg, verder na die volmaakte, wat insluit... Die wet op my hart geskrywe, en geoefen in die gebruik daarvan (Geestesvermoëns geoefen om goed van kwaad te onderskei) Verheldering en vernuwing van die manier hoe ons dink oor alles (Verlig in hul denke) Nabyheid aan Vader, en die bevestiging in ons gees dat Hy ons Abba is (Hemelse gawe gesmaak) Die werking van die Heilige Gees in jou lewe ervaar, en ook deel met ander (Heilige Gees deelagtig) Die verandering van die Logos na Rema voor jou oë, die opspring van lewe uit dooie woorde (Goeie woord van God gesmaak) Bonatuurlike ervaring van dinge wat ons dimensie nie kan verklaar nie (Kragte van die toekomstige wêreld)

  6. Skematies: 3-D Beginsel Allerheiligste geloof (volwassene) – 100% Heilige Geloof (tiener) – 60% Voorhof geloof (baba) – 30% Toekomstige, verligte denke, JHWH se weë Waarheid (Jahshua) Lewe (Jahshua) Weg (Jahshua) Offer-Lam (Jahshua) Reiniging (Jahshua) Logos - Woord (Jahshua) Sonde / oordeel / straf Bekering, berou, vergifnis Verborge manna – Rhema Woord Doop Lofprysing & aanbidding Handoplegging & HG doping Bedienings – Ef 4 Liggaam Gees Siel Feeste Pasga Tabernakels Pinkster

  7. Waar begin alle adam? • Joe verstek posisie is “ongered”, “onbekeerd”. • Geloof is die begin van bekering, die vereiste van redding • Vir kinders kom geloof maklik – hoekom? • Hoe ouer ‘n persoon, hoe meer die vestings opgewerp in sy siel teen geloof. • Alle onbekeerde mense is nie “slegte” mense nie, maar alle onbekeerde mense is verlore – sonder wedergeboorte sal jy die Koninkryk nie ingaan nie.

  8. Interessante vrae: • Wat is redding? • Wanneer is ek gered? • Wanneer is die gevare verby? • Wanneer is jy veilig? • Hoe weet mens dat jy bekeer is? • Is ‘n mens wat bekeerd is, ook gered? • Is dit belangrik dat ek sekerheid het mbt my redding? • Wat kan my sekerheid vernietig? • Wat van kinders (en babas) – wat vroeg sterf? • Wat (behoort) te gebeur na bekering? • Kan ek my redding verloor na wedergeboorte?

  9. Hoe word adam gered? Efs 1:7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, Efs 1:8 wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand, Efs 1:9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het, Efs 1:10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig— Efs 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, Efs 1:12 sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het, Efs 1:13in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, Efs 1:14 wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.

  10. Die begin = “geloof in Elohim” Efs 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;Efs 2:9nie uit die (dooie)werke nie, sodat niemand mag roem nie. Heb 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek. Rom 4:6 Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder (dooie) werke: Rom 4:7 Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. Rom 4:8 Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie. Rom 4:9 Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken. Rom 4:10 Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene. Hnd 14:21 En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en ‘n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikónium en Antiochíë, Hnd 14:22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan. Hnd 14:23 En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.

  11. Gered – jy kan weer verlore gaan. Heb 6:1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, Heb 6:2 van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel. Heb 6:3 En dit sal ons doen as God dit toelaat. Heb 6:4 Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, Heb 6:5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, Heb 6:6 en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

  12. ‘n Slagveld waar die stryd voortwoed 2Ko 10:3 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; 2Ko 10:4 want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, 2Ko 10:5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus, 2Ko 10:6 en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is. Mat 15:18 Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak. Mat 15:19 Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. Mat 15:20Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie. Heb 4:12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. Heb 4:13 En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.

  13. Dit klink na werk! • Efs 1:1 Paulus, ‘n apostel van Jahshua Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jahshua: Efs 1:2 Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jahshua Christus! Efs 4:20 Maar julle het Christus nie so leer ken nie, Efs 4:21 as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jahshua: Efs 4:22dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, Efs 4:23 en dat jullevernuwe moet word in die gees van julle gemoed Efs 4:24en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. Efs 4:25 Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede. Efs 4:26 Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; Efs 4:27 en gee aan die duiwel geen plek nie. Efs 4:28 Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het. Efs 4:29 Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor. Efs 4:30En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.Efs 4:31 Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. Efs 4:32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

  14. Werkwoorde...werkwoorde • Kol 1:1 Paulus, ‘n apostel van Jahshua Christus deur die wil van God, en die broeder Timótheüs, Kol 1:2 aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jahshua Christus! Kol 3:1 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Kol 3:2Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Kol 3:3 Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Kol 3:4 Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. Kol 3:5Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, Kol 3:6 waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, Kol 3:7 waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het. Kol 3:8 Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. Kol 3:9 Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het Kol 3:10en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, Kol 3:11 waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.

  15. Wat het dan van “autopilot” geword? Jak 1:12 Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet. Jak 1:13 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Jak 1:14Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Jak 1:15Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort. Jak 1:16 Moenie dwaal nie, my geliefde broeders. • Jak 4:5 Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon? Jak 4:6 Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Jak 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

  16. Ek begin dan veg met ‘n agterstand...is daar hulp? Heb 9:9 Dit was ‘n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome kan maak nie, Heb 9:10 omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling. 1Pe 3:20.......in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 1Pe 3:21waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jahshua Christus 1Pe 3:22 wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is. soon-i'-day-sis : to see completely, be informed, too become aware off, have the full (correct) perspective

  17. Militêre intelligensie, die binne inligting, korrekte perspektief – die skoon gewete meet nie skeef nie Tit 1:15Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel. Tit 1:16 Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk. 1Ti 3:8 Net so moet die diakens waardig wees, nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinsoekers nie, 1Ti 3:9 manne wat die verborgenheid van die geloof in ‘n rein gewete hou. Hnd 24:16 Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ‘n rein gewete te hê. Rom 2:14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie; Rom 2:15 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig, Rom 2:16in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jahshua Christus sal oordeel, volgens my evangelie.

  18. Gewete: getuie van jou redding 1Ti 1:17 Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen. 1Ti 1:18 Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Timótheüs, ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry 1Ti 1:19 en aan die geloof en ‘n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely, 1Ti 1:20 onder wie daar is Himenéüs en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie. 1Ti 1:5Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof1Ti 1:6 waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies; 1Ti 1:7 hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie. 1Ko 8:11 En moet die swakke broeder vir wie Christus gesterf het, verlore gaan deur jou kennis? 1Ko 8:12Maar deur so teen die broeders te sondig en hulle gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen Christus.1Ko 8:13 Daarom, as voedsel my broeder laat struikel, sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broeder nie te laat struikel nie.

  19. ‘n Skoon gewete is die waardevolste bondgenoot, die eerste en belangrikste hulp en bewaring van jou geloof. ‘n Vuil gewete is die hoofgetuie van die aanklaer in jou oordeel en vonnis.Dis die moeite werd om ‘n skoon gewete te verkry – en te bewaar!

  20. Amen

More Related