1 / 255

By U, o Here, soek ek skuilplek. Bevry my deur u trou. Verhoor my, help my gou.

31: 1. By U, o Here, soek ek skuilplek. Bevry my deur u trou. Verhoor my, help my gou. Psalm 31:1 (vervolg) Wil tog u hande na my uitstrek. U is my rots, my, vesting my toevlug en my redding. Psalm 31: 2 Ek stel my in u hand vir leiding. Ter wille van u Naam sal U my nie beskaam.

wilbur
Télécharger la présentation

By U, o Here, soek ek skuilplek. Bevry my deur u trou. Verhoor my, help my gou.

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. 31: 1 By U, o Here, soek ek skuilplek. Bevry my deur u trou. Verhoor my, help my gou.

  2. Psalm 31:1 (vervolg) Wil tog u hande na my uitstrek. U is my rots, my, vesting my toevlug en my redding.

  3. Psalm 31: 2 Ek stel my in u hand vir leiding. Ter wille van u Naam sal U my nie beskaam. Deur U is daar vir my bevryding. Verlos my uit die vangnet wat hul vir my gespan het.

  4. Psalm 31:3 Vir afgodsdiens het ek veragting, maar U bly ek vertrou. U het my vasgehou. In U, Heer, stel ek my verwagting. Vry van die vyand gaan ek, beveilig na my staanplek.

  5. Psalm 31:4 Ek lê versmaai, 'n ding daar eenkant, bespot en uitgeteer. Teen my word saamgesweer. Die mense hou my op 'n afstand; op straat vlug hulle voor my daar staan ek sonder meely.

  6. Psalm 31:5 Sien, Here, my in my ellendes, vergete, asof dood; onthou my in my nood. 'n Skrik is ek vir my bekendes, 'n spot vir teëstanders, só erg het ek verander.

  7. Psalm 31:6 Heer, in u hande is my tye, moet my tog nooit verlaat, Hoor hoe ek pleitend praat. Bring die wat leuens praat tot swye. Heer, red my uit die hande van valse teëstanders.

  8. Psalm 31:7 U goedheid, Here, is oneindig vir hulle wat U dien en almal kan dit sien. Want u teenwoordigheid beveilig; U is vir ons 'n wering teen kwaad en sameswering.

  9. Psalm 31:8 Al was die dreiging hoe gevaarlik, U het my weggesteek toe ek om hulp kom smeek. U trou in nood is wonderbaarlik. Vir gunste menigvuldig is ons U dank verskuldig.

  10. Psalm 31:9 Betuig jul liefde vir die Here. wees sterk, hou goeie moed, vertrou Hom, God is goed. Hou nederig sy Naam in ere. Wie teen Hom opstaan, sondig. Laat ons sy lof verkondig.

  11. 32: 1 Gelukkig is die mens wat Hy vergewe; hy sal die Heer se goedheid bly belewe. Hy wat oortree se skuld word uitgewis as hy opreg en sonder valsheid is.

  12. Psalm 32:1 (vervolg) Ek was soos een wat baie nood gely het solank ek oor my sonde stilgebly het. Heeldag het ek om hulp geroep,o Heer, my liggaam was vermoei en uitgeteer.

  13. Psalm 32:2 Hoe salig dat U my van skuld bevry het toe ek voor U my sondelas bely het. Ek het gevra:"My God,skeld my dit kwyt: my opstand en my ongeregtigheid."

  14. Psalm 32:2 (vervolg) U het vergeef en,Heer, om hierdie rede soek dié wat glo U op in hul gebede, en elkeen wat in tyd van nood verkeer en U vertrou, sal op U steun, o Heer.

  15. Psalm 32:3 In watervloed sal Hy die hande uitstrek Hy is vir my in alle nood 'n skuilplek; ek word deur sange van triomf omring; teen onheil is Hy my beveiliging.

  16. Psalm 32:3 (vervolg) Wees nie 'n muil wat teen die leisels rem nie en wat hom nie deur toom en stang laat tem nie. Die goddeloosheid lei tot baie smart. Laat lei jou daarom deur 'n wyse hart.

  17. Psalm 32:4 Ek wil jou,vrome, op die regte spoor hou, jou onderrig, die goeie aan jou voorhou; hoe jy die weg moet volg, wil ek jou leer

  18. Psalm 32:4 (vervolg) Ek gee jou raad, vertrou net op die Heer. Verbly jul in die Here, singend,juigend.

  19. Psalm 32:4 (vervolg) Opregtes,sing, van God se trou getuigend; wees bly en sing, dié wat op Hom vertrou. Die Here sal met liefde jul omvou.

  20. 33: 1 Sing juigend, sing ’n nuwe loflied. Besing opnuut die Heer se Naam; bring nou ’n lofgesang met eerbied soos dit gehoorsames betaam.

  21. Psalm 33:1 (vervolg) Net deur sy gedagte is die Heer by magte om te laat geskied. Wat Hy doen, duur ewig. Vas staan dit en stewig soos Hy dit gebied.

  22. Psalm 33:2 Hy is vol liefde, vol genade, en Hy laat geld dit wyd en syd. Standvastig is sy trou, sy dade, en Hy bemin geregtigheid.

  23. Psalm 33:2 (vervolg) Slegs deur ’n gedagte was die Heer by magte om te laat ontstaan al die helder, verre glinsterende sterre en die helder maan.

  24. Psalm 33: 3 Die see se vloed het Hy laat saamkom. Hy hou die waters in een plek. Bewoners van die aarde, dien Hom - Hy wat ontsag by almal wek. Deur sy skeppingsopdrag,

  25. Psalm 33: 3 (vervolg) deur sy woord se almag kom die skepping voort. Almal moet ontsag hê as daar soveel krag lê in die Heer se woord.

  26. Psalm 33:4 Vir ewig sal sy plan bly vasstaan tot in die verste nageslag. Die nasies sal Hy laat tot niet gaan as hulle steun op eie mag. Hulle wat getrou bly, hulle onderhou

  27. Psalm 33:4 (vervolg) Hy, Hy sal hulle seën. God se volk leef sorgvry, want vir hulle sorg Hy deur geslagte heen.

  28. Psalm 33:5 Vanuit sy woonplek hoog verhewe sien Hy, die Koning, almal raak. En Hy kyk af op alle lewe, want alles is deur Hom gemaak.

  29. Psalm 33:5 (vervolg) Alle kundighede, alles hier benede is deur Hom gemaak. In sy alvermoë sien sy wyse oë al ons dade raak.

  30. Psalm 33:6 ’n Vors oorwin nie deur sy magte; wat baat die grootheid van sy leër? Hy wen nie deur die perd se kragte. Wie triomfeer, steun op die Heer.

  31. Psalm 33:6 (vervolg) En na dié wat Hom dien, sal die Here omsien, Hy sal hul behou. Hul sal deur sy krag wen, hulle wat sy mag ken en daarop vertrou.

  32. Psalm 33:7 Die Here gee ons sy beskerming, Hy sal sy oog op ons bly hou; ons stel ons hoop op sy ontferming; ons sal op Hom, ons hulp, vertrou. God se Naam is heilig,

  33. Psalm 33:7 (vervolg) by Hom is ons veilig; Hy sal altyd red. In ons vreugde lag ons, op sy goedheid wag ons, hoopvol in gebed.

  34. 34: 1 Ek sal Gods lof bly noem, ek sal die Here prys; altyd bly sing ek van sy roem, ek sal Hom eer bewys.

  35. Psalm 34:2 Ootmoediges is bly - en almal sal dit hoor. Die Heer is groot, sing saam met my, wees almal bly daaroor.

  36. Psalm 34:3 Ek was in doodsgevaar, Hy het my roep gehoor - my lewe is deur Hom gespaar, ek prys sy Naam daarvoor.

  37. Psalm 34:4 Hul oë straal en lag - wie ly, sien op na Hom; wie swaarkry en sy hulp verwag vir hul sal uitkoms kom.

  38. Psalm 34:5 Hy slaan sy laer op, kom, ondervind en sien: Hy red die mens wat wag daarop, hom wat die Here dien.

  39. Psalm 34:6 Dien God, want Hy is goed. Hy is jou toevlugsoord. Hy sal dié met sy goedheid voed wat aan die Heer behoort.

  40. Psalm 34:7 Sy hand sal jou bedek as jy in nood verkeer - hul ly aan goedheid geen gebrek, die dienaars van die Heer.

  41. Psalm 34:8 Hoor, ek wil julle leer: Bly ver weg van die kwaad; dié wat geregtigheid begeer, hou op om kwaad te praat.

  42. Psalm 34:9 Hy help regverdiges. Doen goed, jaag vrede na. Kwaaddoeners, dié word uitgewis en laat geen teken na.

  43. Psalm 34:10 As hulle teenspoed ly, help Hy gebrokenes. God sal hul in hul nood bevry as hul regverdig is.

  44. Psalm 34:11 Hul word dan vrygespreek, want God sien na hul om; geen van hul bene word gebreek - van hul wat roep na Hom.

  45. Psalm 34:12 Die daders van die kwaad sal ondergaan en ly, omdat hul die opregtes haat. Sy dienaars maak God vry.

  46. 35: 1 Behartig tog, o Heer, my saak teen dié wat klagtes teen my maak; gryp skild en spies, laat hul beskaamd staan.

  47. Psalm 35:1 (vervolg) Heer, laat u Engel hulle jaag soos kaf waai in die wind se vlaag; laat hul ontnugter op die vlug slaan.

  48. Psalm 35:2 Maar ek sal in die Here juig en van sy redding luid getuig: "Hy breek die sterkste in sy oormag." Van almal voel ek my verlaat. My goedheid word beloon met kwaad. My goeie dade word geminag.

  49. Psalm 35:3 Met ander het ek saam getreur, hul in hul lyding opgebeur, net soos vir my familielede. Kom red my Heer, ek sal U prys; my dank voor die gemeente wys. Verhoor, o Here, my gebede.

  50. Psalm 35:4 Tree in vir my, beskerm my, Heer, teen hulle wat my vals blameer. U sien dis nié soos hulle sê nie. Laat reg, o Heer, aan my geskied; Voorkom dat hul my leed geniet, want hulle wil nie vrede hê nie.

More Related