1 / 291

Ver verwyder van u tuiste, Here, luister, roep ek in 'n smeekgebed. Bied my in my wanhoop bystand teen die vyand. U alle

61: 1. Ver verwyder van u tuiste, Here, luister, roep ek in 'n smeekgebed. Bied my in my wanhoop bystand teen die vyand. U alleen sal my kan red. Psalm 61: 2 By U veilig en verhewe wil ek lewe; laat my intrek in u huis. U is my versterkte toring; in u woning

necia
Télécharger la présentation

Ver verwyder van u tuiste, Here, luister, roep ek in 'n smeekgebed. Bied my in my wanhoop bystand teen die vyand. U alle

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. 61: 1 Ver verwyder van u tuiste, Here, luister, roep ek in 'n smeekgebed. Bied my in my wanhoop bystand teen die vyand. U alleen sal my kan red.

  2. Psalm 61:2 By U veilig en verhewe wil ek lewe; laat my intrek in u huis. U is my versterkte toring; in u woning vind ek skuiling, is ek tuis.

  3. Psalm 61:3 My geloftes, my verwagting, al my smagting is bekend aan U, o Heer. Ek weet U, vervul die wense van die mense wat u Naam, o Heer, vereer.

  4. Psalm 61:4 Mag die Here wonderbare lewensjare aan die koning bly bewys. Ek sal my geloftes aan Hom singend nakom. Heer, u Naam sal ek bly prys.

  5. 62: 1 By God alleen is rus te vind; van Hom alleen kan uitkoms kom. Hy is my rots, Hy is my vesting. Hy het my vas aan Hom verbind, ek voel my veilig net by Hom; dààr staan ek vas; Hy is my redding.

  6. Psalm 62:2 Hoe lank soek julle nog my dood? Hoe lank word ek nog aangeval, bedrieg, vervloek en vals beskuldig? Ek word deur hulle omgestoot - 'n muur van klip wat óm wil val - deur vyande so menigvuldig.

  7. Psalm 62:3 By God alleen is rus te vind; my redding sal van Hom af kom. In Hom, my toevlug, staan ek stewig. Ek voel my vas aan Hom verbind en stel vertroue net in Hom al is die aanval ook hoe hewig.

  8. Psalm 62:4 Stort julle hart dan voor Hom uit, my volk, steun altyd net op Hom. Stel altyd slegs in Hom vertroue. Hy wat die aanval teen ons stuit laat onrus tot bedaring kom. Wie by Hom skuil, die bly behoue.

  9. Psalm 62:5 Vertrou op God se mag alleen. Sien af van roof, geweld en geld en weet: Ons, mense, is verganklik. Hy wat ons oordeel, een vir een, sal na verdienste ons vergeld. Ons is van God alleen afhanklik.

  10. 63: 1 Ek soek U, Heer, na wie ek smag, ek soek u grootheid en u mag. Hier in 'n dor en droë land voel ek 'n dors na U wat brand.

  11. Psalm 63:1 (vervolg) U heerlikheid wil ek aanskou. Ek wil, my God, na U toe kom, na U toe in u heiligdom, ek smag, Heer, na u liefdestrou.

  12. Psalm 63:2 Ek prys u troue liefde luid; ver bo die lewe gaan dit uit. Ek loof met hande opgehef u trou wat alles, Heer, oortref. As ek dit snags bepeins, weet ek: U is voortdurend naby my. Ek soek U op, U staan my by, u vleuels is oor my uitgestrek.

  13. Psalm 63:3 Die wat vir my die dood begeer, stort self diep in die afgrond neer; die swaard sal oor hul seëvier en aas maak vir die wilde dier. Die koning en wie God vertrou, is bly in Hom; hul prys sy Naam, God sal die valse mens beskaam, en dig sal hy sy mond moet hou.

  14. 64: 1 God, hoor my as in nood ek kla, as ek om u beskerming vra. Die goddelose wil my skaad. Bewaar my, Here, van hul kwaad.

  15. Psalm 64:2 Die vyand, Heer, het saamgespan en onreg word teen my beplan. Geheime strikke word gestel, vals dinge word van my vertel.

  16. Psalm 64:3 Hul woordepyle, giftig, skerp, word met die tong na my gewerp. Hul planne maak hul agteraf. God vind hul nogtans met sy straf.

  17. Psalm 64:4 Deur God se pyl word hul getref. Wie kan hom teen Sy straf verhef? Hul tong het self hul val bewerk, tot spot van dié wat dit bemerk.

  18. Psalm 64:5 Dit wek by almal groot ontsag vir God se dade en Sy krag en hul getuig van wat die Heer hul uit sy krag en dade leer.

  19. Psalm 64:6 Laat wie regverdig is Hom eer en hom verbly in God die Heer. Laat God vir hom 'n toevlug wees; laat hy die Here prys en vrees.

  20. 65: 1 Aan U kom toe ons lofgesange. Ons kom ons skuld bely. Na u is almal se verlange. Van sondes maak U vry.

  21. Psalm 65:1 (vervolg) By U, o Here, vind ons vrede; ons sondes word verskoon. Ons word verhoor in ons gebede in Sion waar U woon.

  22. Psalm 65:2 U kies ons uit in u genade om in u huis te woon; U wys ons daar u troue dade; u guns word ons betoon. Ook dié uit lande afgeleë vertrou op U, o Heer, ook hul wat leef oor verre seë wil hul na U toe keer.

  23. Psalm 65:3 U huis, o Heer, staan oop, is heilig. Dis goed om daar te woon. Wie by U bly, dié is beveilig. U guns word hul betoon. U is met mag en krag omgewe. Ons sien U in u krag; ook wie in verre lande lewe, het vir u werk ontsag.

  24. Psalm 65:4 U krag kom só tot openbaring: die see hou op rumoer, U bring die nasies tot bedaring, u berg staan ongeroer. Voor U word elke mag gedweë. U laat die mensdom juig. Ook in die lande afgeleë word van u mag getuig.

  25. Psalm 65:5 U maak ons koringlande vrugbaar, die grond is week gereën, sag deur die kluite loop die ploegskaar, oorvloedig is u seën. Vol water is die groot riviere, die grasvelde staan ruig, daar's volop weiding vir die diere, die aarde sing en juig.

  26. 66: 1 Juig, almal op die aarde, roem Hom; sing, alle mense, tot Gods eer; bring, die verering wat Hom toekom; U werke wek ontsag, o Heer.

  27. Psalm 66:1 (vervolg) Voor u gesag breek alle teenstand en voor u mag moet almal buig; voor U, o Heer, kruip elke vyand; voor U moet almal sing en juig.

  28. Psalm 66:2 Hoor hoe die God van wonderwerke die see verdeel het met sy hand, hoe, in sy almag sonder perke, sy volk kon trek oor droë land. Geen mag kon keer dat Hy ons red nie. Dit het ons juigend bly gemaak. Teen God durf niemand hom verset nie; Sy oog sien elke nasie raak.

  29. Psalm 66:3 Loof alle volke, loof en prys Hom; laat almal luid die lof vertel van Hom uit wie ons lewe voortkom, ons God, die God van Israel. Ons is beproef met vuur en water, deur U gevang, Heer, in 'n net, maar uitgelei na oorvloed later en uit beproewinge gered.

  30. Psalm 66:4 Ek bring my offers na u huis toe wat ek in nood belowe het; toe ek U roep, het U geluister; ek was opreg in my gebed. Kom, almal, hoor van my verlossing, hoor, dienaars van die Here, hoor: Hom wil ek met 'n loflied toesing, my smekinge het Hy verhoor.

  31. 67: 1 Mag God verskyn in sy genade, mag Hy ons red, mag Hy ons seën, mag Hy bekend word vir sy dade dwarsoor die ganse aarde heen.

  32. Psalm 67:1 (vervolg) Gee vir seëninge, gee vir goeie dinge Hom ons dank en eer. Alle volke ,prys Hom, loof, o ganse mensdom, prys die goeie Heer.

  33. Psalm 67:2 Mag al die volke aan U lof bring, Regverdige, wat hul regeer; mag hulle bly wees oor u leiding, mag hulle oor u jubel, Heer. Gee vir seëninge, gee vir goeie dinge Hom ons dank en eer. Alle volke ,prys Hom, loof, o ganse mensdom, prys die goeie Heer.

  34. Psalm 67:3 Die land het nou sy oes gelewer. Ons is geseën deur God, ons Heer. Die hele aarde moet die Gewer vir seëninge dank en eer. Gee vir seëninge, gee vir goeie dinge Hom ons dank en eer. Alle volke ,prys Hom, loof, o ganse mensdom, prys die goeie Heer.

  35. 68: 1 Die vyand vlug as Godverskyn; soos rook wat voor die wind verdwyn, soos was in vlamme sag word. Al is sy haters hoe gedug, as Hy verskyn, gaan hulle vlug, en uitmekaar gejaag word.

  36. Psalm 68:1 (vervolg) Regverdiges, dié seën Hy, dié wat getrou is, maak Hy bly. Hul jubel in vervoering. Laat ons 'n pad vir Hom berei, vir Hom wat op die wolke ry, en nou voor Hom ons lof sing.

  37. Psalm 68:2 Oor eensames ontferm Hy Hom op Sion in sy heiligdom en gee aan hul 'n woonplek. Hy sal die weerloses beskerm, Hom oor gevangenes ontferm, sy hande oor hul uitstrek.

  38. Psalm 68:2 (vervolg) Maar dié wat opstaan teen sy troon laat Hy in kaal woestyne woon, in dor en barre lande. Vir óns, Sy volk, het Hy geseën by Sinai met oorvloed reën uit liefdevolle hande.

  39. Psalm 68:3 U het met krag u volk gelei deur die woestyn en hul bevry; die aarde het gebewe. U het die wolk vir hul bestel, in oorvloed, God van Israel, die droë land laat lewe.

  40. Psalm 68:3 (vervolg) U het die land met reën deurdrenk en dit toe aan u volk geskenk as hulle eie woning. Voortvlugtend in hul nederlaag is leërs uitmekaargejaag, hoe magtig ook hul konings.

  41. Psalm 68:4 Die konings moes verward vertrek toe sneeu die Salmonsberg bedek as teken van Sy almag. Jy, hooggekruinde Basansberg, die Sionsberg sal jou verdwerg, waar God woon in sy almag.

  42. Psalm 68:4 (vervolg) Hy het van Sinai gekom met strydwaens na sy heiligdom, derduisende wat skitter. Gevangenes het saamgekom, geskenke is gebring vir Hom, Hy, Sion se besitter.

  43. Psalm 68:5 Loof dan die God wat deur sy krag ons dra en help van dag tot dag. Hy is vir ons die redder. Dis Hy wat ons in doodsgevaar beskerming gee en ons bewaar maar sondaars sal verpletter.

  44. Psalm 68:5 (vervolg) Ons sien U na u heiligdom in feestelike optog kom; my God, U is my Koning. Die stamme loof U in 'n koor; die leiers van u volk loop voor in optog na u woning.

  45. Psalm 68:6 O God, wat red, toon u gesag, laat konings neerbuig voor u mag, hul hande na U uitsteek. Tree op teen die wat ons vertrap; roep hulle, Heer, tot rekenskap. Hoor as ons U om hulp smeek.

  46. Psalm 68:6 (vervolg) Ons moet aan God 'n lofsang wy, aan Hom wat deur die hemel ry; sy mag reik bo die wolke. Erken dat Hy almagtig is, Hy wat van die begin af is. Kom, loof Hom alle volke.

  47. 69: 1 Red my, o God, steek uit u hand. Die water styg tot by my mond, my voete voel geen vaste grond. Diep in 'n modderpoel beland, roep ek my hees en sonder krag; met moeë oë bly ek wag.

  48. Psalm 69:2 So baie is teen my gekant; ek word beskuldig sonder grond, en as ek pleit, snoer hul my mond. Maak, Here, my daarteen bestand. Al staan ek sondig voor U, Heer, wees U my redding en verweer.

  49. Psalm 69:3 Dink, God, aan dié wat U vertrou; maak hulle, God van Israel, maak hulle nie teleurgestel. Laat hul die hoop op U behou. Laat U vir ons 'n uitkoms bly as ons om hulp roep as ons ly.

  50. Psalm 69:4 Om U ontwil word ek bespot; ek staan daar as 'n vreemdeling, alleen, in my familiekring. U huis, die het ek lief, o God, en daarom is dit dat ek ly, en wie U smaad, die tref ook my.

More Related