1 / 16

BAIE WELKOM

BAIE WELKOM. Jesus het alle mag in die hemel en op aarde. Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

wynn
Télécharger la présentation

BAIE WELKOM

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. BAIE WELKOM

  2. Jesus het alle mag in die hemel en op aarde Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Mat 9:28 En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here. Mat 9:29 Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.

  3. Die Griekse woord vir mag = exousia Betekenis = Heerskappy Outoriteit Jurisdiksie Krag Reg Sterkte

  4. Jesus het die Volheid van die Godheid in Hom Kol 2:9 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; Kol 2:10en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag (exousia);

  5. Dit wat Adam en Eva verloor het, het Jesus kom terug vat Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. Gen 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

  6. Hy gee hierdie mag aan ons ! Luk 10:19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

  7. In Handelinge word die opdrag van Mat 28: 19 as volg beskryf: Han 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

  8. Die Griekse woord vir krag = dunamus Betekenis = Wonderwerkende krag Dinamiet krag Bonatuurlike vermoë Abundance : Oorvloed Volheid Rykdom

  9. Ons kry gesag en mag en is gewapend en gevaarlik ! Luk 9:1 En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag (dunamus) en gesag (exousia) gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. Luk 9:2 En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak

  10. Verduidelik na aanleiding van ‘n polisieman • Hy het die JURISDIKSIE van die Regering agter hom • Hy het die OUTORITEIT van die wet agter hom, maak nie saak hoe groot of hoe sterk hy is nie • Hy is ook GEWAPEND en sal skiet as hy moet

  11. Die Vader het ‘n welbehae daarin om die Koninkryk aan ons te gee Luk 12:31 Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Luk 12:32 Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.

  12. Die Koninkryk is ‘n Koninkryk van KRAG 1Kor 4:20 want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag. Mar 9:1 En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God met krag sien kom het nie.

  13. Waar die Koninkryk verkondig word is daar ‘n demonstrasie van KRAG en GESAG Mat 4:23 En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees. Mat 12:28 Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.

  14. Waar die Koninkryk verkondig word is daar GEWELD betrokke Luk 16:16 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin. ….en die Koninkryk is binne in ons Luk 17:21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

  15. Wat is die resultaat van die Koninkryk ? Rom 14:17 Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap die Heilige Gees.

More Related