1 / 27

Skrifgesag: Is daar ‘n kernteologie?

Skrifgesag: Is daar ‘n kernteologie?. Pretoria 7 Oktober 2008 Piet.naude@nmmu.ac.za. Die relatiwiteit van die vraagstelling. Is “Skrifgesag” inderdaad vandag die belangrikste teologiese vraagstuk in Suid-Afrika?. Kernteologie?.

nile
Télécharger la présentation

Skrifgesag: Is daar ‘n kernteologie?

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Skrifgesag: Is daar ‘n kernteologie? Pretoria 7 Oktober 2008 Piet.naude@nmmu.ac.za

  2. Die relatiwiteit van die vraagstelling • Is “Skrifgesag” inderdaad vandag die belangrikste teologiese vraagstuk in Suid-Afrika?

  3. Kernteologie? • Diversiteit binne Xtendom net te groot om van “kernteologie” te praat: groot tradisies verteenwoordig verskillende hermeneutiese invalshoeke • Diversiteit binne Bybelwetenskappe net te groot om van “kernteologie” te praat (selfs konsep van “teks” bevraagteken) • Diversiteit binne sommige denominasies maak “kernteologie” moeilik (van “ortodoks”, “evangelies” tot “postmodern”)

  4. Die deurbraak vd Reformasie Impak en betekenis van “Sola Scriptura” • Herwin die grammaties-historiese studie vd Bybel as teks (bou op humanisme: Erasmus, Melanchton, Luther, Calvyn) • Lees die Bybel as een kanon (sacra Scriptura sui ipsius interpres) • Verskuif norm in teologie van pous/tradisie na Skrif: “bevry van die tirannie van menslike tradisies wat hoofvaardig op ons afgedwing word in die naam van die kerk” (Calvyn)

  5. Reformasie… • “Semper reformanda” volgens Skrifte! (valse reformasie “waar mense vrye lisensie neem om hulle nie meer te bepaal binne grense van die Woord van God nie, maar toevlug neem tot hul eie uitvindsels” (Calvyn) • Vertaal Bybel in volkstale (Duits, Frans, Engels, Nederl) en bou nuwe liedereskat • Demokratiseer hermeneutiek - vryheid om self te lees/interpreteer ogv oortuiging dat Bybel helder (claritas) en deursigtig (perspecuitas)is

  6. Reformasie… • Maak prediking sentrale fokus in erediens ipv sakramente: praedicatio verbum Dei est verbum Dei / coram Dei ex auditu Verbi

  7. Reformasie… • Maar: Behou relatiwiteit van die Bybel as gedeeltelike, maar genoegsame bekendmaking van God (“alg – besondere openbaring” – kyk NGB 2!) • Waak teen gevaar van “papierpous” (Luther) en nuwe skolastiek (Geref ortodoksie en elemente van neo-Calvinisme)

  8. Samehangende gronde vir normatiwiteit vd Bybel • Kanonies: die Bybel self getuig oor inspirasie (OT profete/NT) • Pneumatologies: “omdat die HG in ons hart getuig dat hulle van God is” (NGB 5) • Konfessioneel: geloofskonsensus soos uitgedruk in belydenisskrifte - vlg verskil in fokus tussen credo’s en NGB/HK!

  9. Reformatoriese normatiwiteit LET OP die Reformasie staan teenoor *Fundamentalisme Historiese foutloosheid, geen teensprake, inderdaad wetenskaplik bewysbaar *Positivisme Gesag ondermyn op rasionele en wetenskaplike studie

  10. NGK EN GESAG VD SKRIF • Sterk gebou op Reformasie-impulse, maar onvermoë om insigte van drie Verligtings te inkorporeer met positiewe hervertolking van tradisie * Afrikaners as “laatgekome nasie” (Van Jaarsveld) en post-1994 as “afstort in Verligting” (Smit, Naude): verbrokkeling van sosiale en hermeneutiese wêreld

  11. IMPAK VAN “VERLIGTINGS” • Eerste Verligting (Descartes/Kant): Bybelkritiek Outonomie, rasionaliteit en historisiteit daag gronde van “gesag” uit *Verskuif debat van tradisie en konfessie na outonome refleksie en geldigheid van “eksterne” getuienis *Groot bydrae tot holistiese teks-kennis!

  12. Eerste Verligting: “Bybelkritiek” • Die ontwikkeling van 1860 (pietisme) en 1881 (Kuyper) tot 1929 (Du Plessis-saak) • Herwin historiese Skrifsin teen1970’s (vroue in die amp) *Skeiding tussen Bybelwetenskappe (krities) en dogmatiek (naief): onvermoë aan beide kante! *Piëtistiese Skrifsin wat afskerm van kritiek *Predikante se onvermoë om lidmate tot tweede naiwiteit te begelei (skeiding tussen kweekskool/studeerkamer en kansel)

  13. Tweede Verligting (Marx, Feuerbach) Godsdienskritiek Ontmasker ideologiese basis van gesag (klas, ras, geslag, ekologie) Maak ons sensitief vir beide teks-produksie en teks-resepsie!

  14. Tweede Verligting: Godsdiens & Ideologie-kritiek • Blinde oog vir ideologiese volkshermeneutiek tussen 1935 Federale Sendingbeleid – 1985 Lategan,Vorster • Deurbraak van KS 1986 en publikasie van Loubser in 1987 • Die ironie van 1948: NP en VN Menseregte • Die vasskop teen kritiek as “politieke teologie” in 1948, 1960, 1968, 1982, 1985

  15. Die stilte van Bonhoeffer (nie-religieuse Christendom) en Barth (natuurlike teologie) en die stilmaak van Beyers Naude (1964) • Die nie-aanvaarding van Belhar en brief (1986) “omdat dit sake aanspreek wat vir die NG Sendingkerk van belang is”(1990): Waarom artikel 4?!

  16. Derde Verligting (Lacan, Lyotard) Waarheidskritiek “Gesag” in beginsel oorbodig omdat relativisme as intellektuele ideaal voorgehou word “Gesag” in beginsel onmoontlik omdat taal en redelikheid self gedekonstrueer word (vs logo-sentrisme) Opwindende moontlikheid vir diversiteit en herwinning van nie-rasionalistiese gronde

  17. Derde Verligting: “Waarheidskritiek” * “Ortodokse” en “Piëtistiese” reaksie op Sinode van Delft God met ons (1979) en V Huyssteen, Du Toit: Geloof en Skrifgesag (1982) *Nuwe Hervormers en post-moderniste primêr as bedreiging beskou en nie potensiële tradisie-verryking nie *Partriargale beheer oor “een waarheid”? *Onvermoë om pluraliteit te vier?

  18. Bakens vir verdere gesprek… • Normatiwiteit in die akademie/teologie • Normatiwiteit in die kerk • Normatiwiteit in die samelewing

  19. AKADEMIE • Studie v Skrif op hoogste moontlike vlak • Vryheid om te ondersoek en resultate bekend te maak • Vreeslose en billike aan-die-woord-stel van alle standpunte – tradisie en ook wat teen tradisie indruis! • Verskil en dissensus en relatiwiteit is inherent aan akademiese diskoers!

  20. Positiewe rol van kerklike teoloe • (i) Spesialiste maar steeds kanoniese lees (Bybel is boek vd geloof/kerk) • (ii) Histories-kritiese e.a. studies steeds “teologies” oorvertaal en geintegreer met ander vakgebiede • (iii) Konfessies/tradisie tegelyk uitgedaag en gerespekteer as voorveronderstelling, rigting en hermeneutiese grens: tree uit as gewete jou aankla

  21. (iv) Akademie ook in diens van geloofsopbou – dus liefde, respek en geduld met kerk/lidmate/pietiste • (v) Bestry fundamentalisme en nihilistiese post-modernisme

  22. NORMATIEF IN / VIR DIE KERK • Oop gesprek belangrik maar nie “grensloos” nie: ingebed in herinterpretasie van spraakreëls (minder as die grondwet!) • Prediking, liturgie, kategese & pastoraat as hermeneutiese vorming (“framing”): tweede naiwiteit! • Etiese rigtinggewing (“wet en evangelie”) met kompleksiteit en geduld (meer as die grondwet!)

  23. KERK • Geen “redelikheid” aan die evangelie nie: *logos word vlees! (Johannes) *moroon en skandaal (Paulus) *“klip waarop jy jou tande breek” (Barth) • Waar die evangelie gemaklik “relevant” en “verstaanbaar” word tree self-sekularisering in (Huber en Jes 2)

  24. NORMATIEF IN DIE SAMELEWING • Gevaar van teokrasie en corpus Christianum:’”gedwonge normatiwiteit” (godsdiensoorloe kolonialisme NS apartheid) • Grondwetlike reg op publieke godsdiensoefening (staat, skole, univ, werk) • Publieke beeld vd kerk: Kerklike hereniging?

  25. Profesie oor publieke sake (“lobby” ipv preek in ons nuwe demokrasie) • Lewenstyl van christene as sout en lig • Priesterlike diens wat God se liefde uitdra (enorme potensiaal!!)

  26. Slegs die Skrifte… • Debatte en studies en gesprekke oor “Skrifgesag” gaan nie oor Skrifgesag of behoud van belydenisse of bou v loopbaan of wen van argumente nie: • Dit gaan oor uitsig op God teenoor Godsverduistering - “omdat God Godself nog duideliker en meer volkome deur die Heilige Skrif aan ons bekendmaak” (NGB 2)

  27. Moet paradoks nooit prysgee nie • “Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar ‘n enige geestelike Wese is wat ons God noem. • God is ewig en onbegryplik… • …die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is” (NGB 1).

More Related